






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Woordelys: I

WOORDELYS: I

Definisies vir regeringsterme, alfabeties gelys. (Tans nie beskikbaar in Afrikaans; beskikbaar in Engels)



A   B   C   D   E   F   G   H   I   J   K   L   M   N   O   P   Q   R   S   T   U   V   W   X   Y   Z  



Ikapa elihlumayo - Die Wes-Kaapse strategie wat op die groei en ontwikkeling van die provinsie gemik is

Immigrant - 'n Persoon wat na 'n ander land verhuis om daar te gaan woon.

Immigrasie - Verhuising na 'n ander land met die oog op permanente vestiging daar.

Immunisering/inenting - Proses om mense 'n entstof (vaksien) in te spuit sodat hulle weerstand teen sekere siektes kan opbou.

Indaba - 'n Vergadering om belangrike kwessies te bespreek.

Indringerspesies - Dit is diere en plante wat "oorgeneem" en hulle gevestig het in gebiede waar hulle nie van nature voorkom nie. Hulle kan 'n nadelige uitwerking op ander plante en diere en op die omgewing h. Byvoorbeeld, die portjackson is 'n plant wat van Australi hierheen gebring is. Dit gebruik soveel water dat die inheemse plante uitsterf.

Inflasie - Die algemene en volgehoue styging in pryse. Dit word gemeet as 'n persentasieverandering in die verbruikersprysindeks (VPI).

Informele nedersetting - Huise en hutte wat op onontwikkelde grond gebou is. Daar is geen dienste soos elektrisiteit, lopende water en sanitasie nie.

Infrastruktuur - Basiese geriewe en dienste, soos paaie, waterpype, skole en hospitale.

Inheems - Met betrekking tot iets wat natuurlik in 'n gebied voorkom of oorspronklik daarvandaan kom, of iets wat in 'n bepaalde omgewing geproduseer word, of daar woon of groei.

Inheemse spesies - Diere- of plantspesies wat natuurlik voorkom in 'n bepaalde gebied.

Inkomstebelasting - Die belasting wat jy betaal op enige inkomste wat jy het, soos jou salaris of loon.

Inkubasie - Die proses om pasgebore (veral vroeggebore) babas in 'n beheerde toestand te versorg waar die temperatuur, vogtigheid en suurstof op die beste vlak gehou kan word om te verseker dat die kind optimaal te ontwikkel.

Inligtings- en kommunikasietegnologie (IKT) - Tegnologie, produkte en dienste wat by die uitbeelding, verwerking, berging en versending van elektroniese inligting betrokke is.

Insolvensie - Bankrotskap. Wanneer 'n persoon nie hul skuld kan betaal nie, selfs al word al hul besittings verkoop.

Intellektuele eiendom
VERWANTE INLIGTING

* Patent (Glossary)
* Kopiereg (Glossary)
* Handelsmerk (Glossary)


Interdik - 'n Hofbevel wat 'n persoon verbied om iets te doen of om iemand te dwing om iets te doen.

Internasionale Monetre Fonds (IMF) - 'n Spesiale agentskap van die Verenigde Nasies wat verantwoordelik is vir die stabilisering van internasionale wisselkoerse. Dit staan lenings aan lidlande toe.

Internetdiensverskaffer - 'n Geakkrediteerde maatskappy wat individue of sakeondernemings aan die internet koppel.

Interpellasie
VERWANTE INLIGTING

* Parlement (Glossary)
* Kabinetsminister (Glossary)


Intestate erfopvolging
VERWANTE INLIGTING

* Testate erfopvolging (Glossary)
* Testament (Glossary)


Invoer- en uitvoerbeheerr - Maatrels wat getref word om te verseker dat goedere wat uit die land geneem en die land ingebring word, veilig en wettig is



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 13 Julie 2004 hersien



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





