






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Fasiliteite > Gesondheid > Rehabilitasiesentrums > Wes-Kaapse Rehabilitasiesentrum

Wes-Kaapse Rehabilitasiesentrum




BESKRYWING:



Bekendstelling van die WKRS
Die Karl Bremmer- en Conradie-hospitaal Rehabilitasiesentrums het saamgesmelt om 'n enkele Wes-Kaapse Rehabilitasiesentrum (WKRS) te vorm.

Die WKRS is 'n gespesialiseerde rehabilitasiesentrum wat verwysings hanteer uit alle vlakke van rehabilitasiesentrums (tersire, sekondre en primre dienste). Klinte kan ook hulleself na die WKRS buitepasintekliniek verwys vir een-stop beoordelings- en bestuursdoeleindes.


* Doelwitverklaring
* Dienste
* Bykomende Geriewe
* Uitvloeisels


DIE WKRS SE DOELWITVERKLARING:

Die Wes-Kaapse Rehabilitasiesentrum is toegewy aan die doelgerigte en doeltreffende rehabilitasie van mense met fisiese gestremdhede deur:
* Die verskaffing van vernuwende, ho-intensiteit, uitkoms-gerigte rehabilitasieprogramme in 'n veilige en ondersteunende omgewing
* Die volg van 'n interdissiplinre spanbenadering
* Vaardige en toegewyde personeel
* Die bemagtiging en opbou van vennootskappe met die brer gemeenskap
* Die bevordering van navorsings- en opleidingsinisiatiewe.


DIE WKRS SE DIENSTE

Die WKRS verskaf gespesialiseerde, ho-intensiteit rehabilitasie- en gemeenskap-herintegrasieprogramme aan mense wat permanente, stremmende nagevolge van beserings of siektes het. Dit het 'n maksimum kapasiteit van 240 beddens, en 'n daaglikse buitepasinte-kliniek. Sleutel-rehabilitasieprogramme sluit in:
* Beroerte
* Beserings van die Rugmurg
* Amputasies (na-amputasie rehabilitasie)
* Tuiste of werkplek-beoordelings
* Skoliosekliniek
* Gespesialiseerde rolstoel-sitplek klinieke
* Skouer-, hand- en urologie-klinieke.


Wat bevolkingsbehoeftes betref, sal die WKRS voorsiening maak vir 'n totale gebruikersbevolking van 485 950. Dit werk uit op een bed per 3 115 van die gebruikersbevolking in die Wes-Kaap.

Die WKRS bied unieke navorsings- en opleidingsgeleenthede vir 'n verskeidenheid gesondheidsorgwerkers, wat dokters, verplers, fisioterapeute, arbeidsterapeute, spraakterapeute, ensovoorts, sowel as nie-professionele gesondheidsorgwerkers soos tuisversorgers insluit.

BYKOMENDE GERIEWE BY DIE NUWE WKRS

Die Herberg: Vir huurders of versorgers wat opleiding, steun en berading ondergaan; en vir plattelandse binne-pasinte na die voltooiing van hulle rehabilitasieprogram

Stepping Stones: 'n Tradisionele woongebied vir klinte in die finale fase van rehabilitasie

Sport- en verwante bedrywighede: Binneshuise waterterapiegebied met 'n aangrensende binneshuise gimnasium, basketbalbaan, rolstoel-hindernisbaan, rolstoel-tydtoetsbaan, fenshui meditasietuin, en rolstoel-werkswinkel

Drie groot terapie-gebiede, elk met gimnasiums, beradingskamers en leefgebiede wat uit 'n kombuis, badkamer, eetkamer en slaapkamer bestaan

Daaglikse Buitepasinte-departement (DBD) vir gestremdheidbeoordeling, keuring, apteek- en radiologiedienste

Spesialis DBD-klinieke, byvoorbeeld skoliose; hand en skouer; plastiese snykunde; amputasie; gespesialiseerde rolstoel/karretjie-sitplek

POSITIE WE UITVLOEISELS VAN DIE WKRS-PROJEK


* Gestremde mense is aangestel op die Ingenieurs-konsultantspan om seker te maak dat voldoen word aan die spesiale behoeftes van gestremde klinte
* Die ontwerp van die opgradering van Mandalay- en Lentegeur-stasies is toegeken aan 'n argiteksfirma wat deur 'n gestremde persoon bestuur word om seker te maak dat voldoen is aan wreldwye toeganklikheidstandaarde
* Die infrastruktuur van die omliggende stadsgebied is aangepas by die behoeftes van gestremdes (sypaadjies, paadjies in parke, toegang tot winkelsentrums), en maatrels is ingestel om die verkeer te reguleer om seker te maak dat gestremde klinte maklik en veilig kan rondbeweeg
* Professionele mense in die staatsdiens het 'n aansienlike toename getoon in bewustheid van die spesiale behoeftes van gestremde mense.





Rolstoel-basketbal



PLEK:

Mitchell's Plain, Kaapstad


BESIT / BEFONDS DEUR:

Provinsiale Departement van Gesondheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)


FASILITEIT KATEGORIE:

Rehabilitasiesentrums 

KONTAKINLIGTING:



STRAATADRES:

103 Highlands Drive, Lentegeur, Mitchell's Plain


POSADRES:

Private Bag x 19, Mitchell's Plain, 7789

ALGEMENE NAVRAE:



TELEFOON:

021 370 2300


FAKS:

021 370 2400


KONTAKNOTAS:

Jenny Hendry is the Deputy Director and Head of the Institution
Maryna Smit is the Assistant Director: Nursing
Abie de Reuck is the Assistant Director: Administration
Carin Roux is the Assistant Director: Therapeutic Services
Jimmy van Rooyen is the Assistant Director: Clinical Services.





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Rehabilitasiedienste (Diens)
* Prostetiese en Ortotiese Dienste (Diens)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 21 Oktober 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





