GOEDGEKEUR OP: 4 APRIL 1999 DATUM VAN INWERKINGTREDING: sal bepaal word deur Premier (ENGELSE TEKS DEUR DIE PREMIER GETEKEN)
Om rasgebaseerde wetgewing oor beplanning en ontwikkeling te vervang; om 'n sisteem vir ontwikkelingsbeplanning in die provinsie te vestig en wetgewing in die Provinsie met betrekking tot provinsiale beplanning, streekbeplanning en ­ontwikkeling en stedelike en landelike ontwikkeling tot een wet te konsolideer; om beplanning en ontwikkeling op provinsiale, streeks- en munisipale vlak vir stedelike en landelike gebiede te reguleer, te moniteer en te ondersteun; om raamwerke, norms en standaarde, onder meer met betrekking tot terreine waar munisipaliteite wetgewende bevoegdheid het, te voorsien met die oog op die bepaling en handhawing van standaarde wat noodsaaklik is vir ordelike gekoördineerde beplanning en ontwikkeling of vir die bevordering van geïntegreerde sosiale en ekonomiese ontwikkeling waar provinsiale of streeksbelange dit vereis; om, waar provinsiale en streeksbelange dit vereis, voorsiening vir beleid, beginsels en riglyne te maak en parameters voor te skryf vir beplanning en volhoubare ontwikkeling, insluitende omgewingsbeskerming en grondontwikkelingsbestuur; om voorsiening te maak vir 'n beplanninghersieningsraad; om voorsiening te maak vir versnelde ontwikkelingsprosesse, veral met betrekking tot die verwydering van beperkings en grondontwikkeling waar gesondheid, menslike nood, die herstel van grondregte, die opgradering van grondbesit of sekerheid van verblyfreg en ander redes die versnelling van normale ontwikkelingsprosedures noodsaak; en om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan.
DAAR WORD BEPAAL deur die Provinsiale Parlement van die provinsie Wes-Kaap, soos volg:-
INLEIDENDE BEPALINGS
Indeling van Wet
Hierdie Wet word as volg ingedeel: HOOFSTUK I Ontwikkelingsraamwerke (artikels 3 tot 6) HOOFSTUK II Grondontwikkelingsbestuur (artikels 7 tot 21) HOOFSTUK III Onderverdeling van grond (artikels 22 tot 32) HOOFSTUK IV Versnelde ontwikkeling (artikels 33 tot 42) HOOFSTUK V Opheffing van beperkings (artikels 43 tot 47) HOOFSTUK VI Beplanninghersieningsraad en bemiddeling (artikels 48 tot 52) HOOFSTUK VII Algemene beginsels vir beplanning en ontwikkeling en beleid (artikels 53 en 54) HOOFSTUK VIII Publieke deelname (artikels 55 en 56) HOOFSTUK IX Regering van samewerking, opdra en delegering (artikels 57 tot 59) HOOFSTUK X Strafbepalings (artikels 60 tot 64) HOOFSTUK XI Algemene bepalings (artikels 65 tot 75)
Woordomskrywings
In hierdie Wet, tensy uit die samehang anders blyk, beteken­
"aangewese grond" grond wat ingevolge artikel 35 vir versnelde ontwikkeling aangewys is; 11
"aanwending", met betrekking tot grond, die wettige gebruik van grond vir 'n doel of vir die verbetering van grond soos voorgeskryf, en het "aanwend" 'n ooreenstemmende betekenis; 64
"Administrateur"-
adie persoon wat ingevolge die Wet op Provinsiale Regering, 1986 Wet 69 van 1986, as sodanig aangestel was; of b die bevoegde gesag aan wie die uitvoering van die Grondgebruik­ordonnansie ingevolge artikel 2358 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993 Wet 200 van 1993, opgedra is, of cdie Provinsiale Minister, waar bevoegdhede en pligte ingevolge enige wet aan die Administrateur verleen is; 1
"adverteer", een of meer van die metodes van bekendmaking van 'n aangeleentheid wat die owerheid wat adverteer as die mees geskikste metode beskou om soveel persone as moontlik wat 'n belang het by die aangeleentheid in ooreenstemming met die beleid, riglyne of verordeninge wat na verwys word in artikel 55, en wat aan die bepalings van artikel 56 voldoen, te bereik, insluitende­
die betekening van 'n kennisgewing, of die vertoning van 'n kennisgewingbord op 'n grondeenheid, of cdie publisering van 'n kennisgewing in die pers, of die hou van openbare vergaderings, of die samestelling en implementering van raadplegende forums of die aangaan van sosiale ooreenkomste, hetsy voor of na die indiening van 'n aansoek, en het "advertering" 'n ooreenstemmende betekenis; 
afwyking"-
ingevolge artikel 15 goedgekeur;
ii uit hoofde van 'n voorwaarde ingevolge 'n bepaling van hierdie Wet opgelê, of iii wat ingevolge enige bepaling van hierdie Wet wettig is, of n gebruiksreg op 'n tydelike grondslag ingevolge artikel 15 toegestaan;
beperking" 'n serwituut of voorwaarde wat teen die titelakte van onroerende eiendom geregistreer is en die aanwending daarvan beperk, en enige ander wetlike beperking op die beplanning, ontwikkeling of aanwending van onroerende eiendom; 
beplanninghersieningsraad" 'n beplanninghersieningsraad ingevolge artikel 48 ingestel; 
bewoner" 'n persoon wat nie noodwendig grond wat hy of sy bewoon, besit nie, maar wat daardie grond met die uitdruklike of stilswyende toestemming van die eienaar of persoon in beheer, bewoon; 
departementshoof" die hoof van die departement van die Provinsiale Administrasie van Wes-Kaap wat met die uitvoering van hierdie Wet handel;
diensteooreenkoms" 'n skriftelike ooreenkoms beoog in artikel 69 , wat tussen 'n ontwikkelaar van grond en 'n munisipaliteit aangegaan word en ingevolge waarvan die onderskeie verantwoordelikhede van die twee partye vir die beplanning, ontwerp, voorsiening, installering, finansiering en onderhoud van interne en eksterne ingenieursdienste en die standaard van dié dienste bepaal word; 
Dorpe-ordonnansie" die Ordonnansie op Dorpe, 1934 (Ordonnansie 33 van 1934); 
eienaar", met betrekking tot grond, die persoon in wie se naam daardie grond in 'n aktesregistrasiekantoor geregistreer is, wat die houer van 'n geregistreerde serwituutreg of huurkontrak en enige regsopvolger van so 'n persoon kan insluit, en omvat dit 'n persoon wat deur die geregistreerde eienaar gemagtig is om as sodaning op te tree, enige persoon aan wie die beheer van dié bates regtens toevertrou is of 'n persoon aan wie grond ingevolge 'n grondbeskikbaarheidsooreenkoms beskikbaar gestel is; 
eienaarsvereniging" 'n vereniging wat ingevolge artikel 29 tot stand gekom het; 
gebruiksreg", met betrekking tot grond, die reg om daardie grond aan te wend in ooreenstemming met die sonering daarvan, insluitende enige wettige afwyking of vergunning; 
geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk" 'n ontwikkelingsraamwerk wat handel met die integrering van verskillende strategieë en sektorale planne in verband met ontwikkeling, soos ekonomiese, ruimtelike, sosiale, infrastrukturele, behuisings-, institusionele, fiskale, grondhervormings-, vervoer-, omgewings- en waterplanne, om die optimale toekenning van skaars hulpbronne in 'n bepaalde geografiese gebied te verkry, en omvat dit 'n geïntegreerde ontwikkelingsplan soos in artikel 10B van die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993 (Wet 209 van 1993), omskryf; 
grond" grond met of sonder verbeterings; 
grondbeskikbaarheidsooreenkoms" 'n ooreenkoms aangegaan tussen 'n persoon of die liggaam waardeur grond beskikbaar gestel word vir versnelde ontwikkeling en die persoon of liggaam waaraan grond beskikbaar gestel word; 
grondeenheid" 'n stuk grond ingesluit 'n serwituutreg of 'n huurkontrak wat in 'n aktesregistrasiekantoor geregistreer is of geregistreer kan word; 
Grondgebruik-ordonnansie" die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, 1985 (Ordonnansie 15 van 1985); 
grondhervormingsplan" 'n skriftelike strategie of sektorale plan wat met beplanning vir grondhervorming in 'n bepaalde gebied handel, insluitende grondhervormingsprogramme en grondherstelprojekte soos in provinsiale en nasionale wetgewing en beleid, beoog; 
grond ontwikkel" om grond vir bewoning of aanwending voor te berei en te ontwikkel, onder meer deur die opvulling, drooglegging of platstoot van gebiede; die verwydering van plantegroei; die installering van ingenieursdienste; die onderverdeling van grond of die oprigting of verandering van of aanbou aan geboue en strukture op grond, en het "grondontwikkeling" of "ontwikkeling van grond" 'n ooreenstemmende betekenis; 
Grondwet" die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet 108 van 1996); 
hersonering" die wysiging van 'n soneringskema ingevolge artikel 14 , 16 of 18 ten einde 'n verandering van sonering met betrekking tot bepaalde grond teweeg te bring; 
hoof uitvoerende beampte" die hoof uitvoerende beampte van 'n munisipaliteit; 
implementeringsplan" 'n skriftelike strategie wat 'n integrale deel van 'n geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk van die betrokke owerheid uitmaak en die aksieplanne, programme en begrotings vir die uitvoering van ontwikkelingstrategieë in daardie geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk vervat, uiteensit; 
in die pers publiseer" om in ooreenstemming met die regulasies en riglyne ingevolge Hoofstukke VII en VIII gemaak, 'n kennisgewing te publiseer in die nuusblad of nuusblaaie wat die departementshoof of hoof uitvoerende beampte, na gelang van die geval, van tyd tot tyd bepaal of die Provinsiale
Koerant, óf in beide sodanige nuusblad of nuusblaaie en die Provinsiale Koerant, en het "publikasie in die pers" 'n ooreenstemmende betekenis; 
ingenieursdienste" dienste wat in die proses van grondontwikkeling geïnstalleer word vir die voorsiening van water, elektrisiteit en riolering en die bou van strate, paaie en stormwaterdreineringstelsels, insluitende alle verwante dienste en toerusting; 
munisipaliteit" 'n munisipaliteit soos in artikel 10B van die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993 (Wet 209 van 1993), omskryf, en omvat dit 'n plaaslike owerheid, 'n metropolitaanse raad en 'n distriksraad; met dien verstande dat vanaf die datum wanneer die wetgewing beoog in artikel 155 van die Grondwet in werking tree, 'n "munisipaliteit" soos in daardie wetgewing beoog; 
omgewingsimpakevaluering" 'n geskrewe evaluering van die impak op die omgewing van 'n aktiwiteit geïdentifiseer ingevolge artikel 67 en wat die voorgeskrewe elemente bevat; 
omgewingsplan" 'n skriftelike strategie of sektorale plan wat met omgewingsaangeleenthede in 'n bepaalde gebied handel en omvat 'n omgewingstrategie of omgewingsbestuursplan soos beoog in ander provinsiale en nasionale wetgewing; 
onderverdeel", met betrekking tot grond, om die grond te onderverdeel, hetsy deur­
opmeting;
die toewysing, met die oog op die afsonderlike registrasie van grondeenhede, van onverdeelde dele daarvan op enige wyse, insluitende die bemarking en sluit van kontrakte vir die vervreemding, verkoop of uitruil van gedeeltes van die eiendom, of cdie voorbereiding daarvan vir onderverdeling, insluitende die verrigting van enige voorgeskrewe handeling; 56
onderverdelingsplan" 'n plan wat die voorgeskrewe inligting weergee, insluitende, sonder om beperk te wees tot, die relatiewe ligging van onderverdeelde grondeenhede, openbare plekke en openbare strate op 'n grondeenheid wat onderverdeel sal word; 
ontwikkelingsbeplanning" 'n strategiese en deelnemende proses om ekonomiese, ruimtelike, sosiale, infrastrukturele, behuising, institusionele, fiskale, grondhervormings-, vervoer-, omgewings-, water en ander strategieë
of sektorale planne te integreer met die oog op die optimale toekenning van skaars hulpbronne aan die verskillende sektore en geografiese gebiede en die ondersteuning van die hele bevolking op 'n wyse wat volhoubare groei en billikheid bevorder, met die klem op die instaatstelling van arm en gemarginaliseerde gemeenskappe; 
ontwikkelingsdoelwitte" doelwitte wat gestel is in 'n geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk om ontwikkeling, insluitende die grondontwikkelingsdoelwitte waarna in artikel 28 van die Wet op Ontwikkelingsfasilitering, 1995 (Wet 67 van 1995), verwys word, te rig; 
ontwikkelingsrade" die Wes-Kaapse Provinsiale Ontwikkelingsraad en Streekontwikkelingsrade ingestel en plaaslike ontwikkelingsforums erken ingevolge die Wes-Kaapse Wet op die Provinsiale Ontwikkelingsraad, 1996 (Wet 5 van 1996); 
ontwikkelingsreël" 'n bepaling of beperking ingevolge 'n sonering wat die toelaatbare omvang van grondgebruik en grondverbetering uiteensit; 
openbare liggaam" 'n nasionale en provinsiale staatsdepartement en 'n voorgeskrewe parastatale organisasie; 
openbare plek" enige grond wat op 'n goedgekeurde plan, diagram of kaart aangedui word as 'n oopruimte of 'n openbare plek ten opsigte waarvan die eiendomsreg as sodanig ingevolge artikel 28 van hierdie Wet by 'n munisipaliteit berus; 
openbare straat" enige grond wat op 'n goedgekeurde plan, diagram of kaart aangedui word as opsy gesit vir straatdoeleindes en waarvan die eiendomsreg as sodanig ingevolge artikel 28 van hierdie Wet by 'n munisipaliteit berus; 
oorlegsonering" 'n kategorie voorskrifte en ontwikkelingsreëls van toepassing op 'n spesifieke gebied, wat nie die onderliggende sonerings van grondeenhede binne die gebied verander nie, maar sodanige gebied vir onderverdeling, heropbou, stadsvernuwing, omgewingsbeskerming of enige ander doel soos in soneringskemaregulasies of soneringskemaverordeninge uiteengesit, aanwys en omvat 'n onderverdelingsgebied soos in regulasies omskryf; 
opmeter" 'n persoon wat as 'n professionele opmeter of 'n opmeter ingevolge die Wet op Professionele Opmeters en Tegniese Opmeters, Wet van 1984, geregistreer is, en wie se naam in die register beoog in artikel 74 van daardie Wet ingeskryf is; 59
opskortende voorwaarde" 'n voorwaarde ingevolge artikel 69 opgelê wat vereis dat 'n verdere goedkeuring verkry of ooreenkoms aangegaan moet word voordat daar uit hoofde van die goedkeuring opgetree kan word; 
plaaslike owerheid" 'n plaaslike raad of 'n landelike of verteenwoordigende raad of 'n metropolitaanse plaaslike raad soos omskryf in artikel 10B van die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993 (Wet 209 van 1993); 
Premier" die Premier van die Provinsie, wat ingevolge die bepalings van die Grondwet optree; 
Provinsiale Minister" die lid van die Provinsiale Kabinet van Wes-Kaap wat verantwoordelik is vir beplanning en verwante aangeleenthede; 
Provinsie" die provinsie Wes-Kaap; 
raad" die oorgangsraad of raad van 'n munisipaliteit; 
raadplegende forum" 'n komitee van belanghebbende partye wat saamgestel is met die oog daarop om konsensus te bereik oor beplannings­en ontwikkelingsaangeleenthede wat hulle raak, en omvat dit, waar toepaslik, die ontwikkelingsrade; 
register" 'n versameling dokumente wat 'n munisipaliteit in verband met alle afwykings en vergunningsgebruike soos voorgeskryf of vereis kragtens soneringskemaverordeninge, hou en in stand hou; 
regulasie" 'n regulasie ingevolge hierdie Wet afgekondig; 
riglyn" 'n nie-verpligte voorskrif ingevolge hierdie Wet gemaak; 
sektorale plan" 'n skriftelike strategie of plan wat hoofsaaklik met een van die sektore of elemente of bepaalde onderwerpe wat deel vorm van 'n geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk, handel en kan 'n ruimtelike, ekonomiese, grondhervormings-, omgewings-, behuisings-, water-of vervoerplan wees; 
sone" grond wat vir 'n bepaalde sonering aangewys is, ongeag of dit uit een of meer grondeenhede of 'n deel van 'n grondeenheid bestaan; 
soneer", met betrekking tot grond, om die grond vir 'n bepaalde sonering aan te wys; 
sonering", 'n kategorie voorskrifte wat die ontwikkeling van grond reguleer en die doeleindes waarvoor grond gebruik kan word en die ontwikkelingsreëls wat ten opsigte van daardie kategorie voorskrifte geld, soos deur die tersaaklike soneringskemaregulasies of soneringskemaverordeninge bepaal, uiteensit, en omvat dit oorlegsonerings, prestasiesonerings, impaksonerings, intensiteitsonerings en ander vorms van buigsame sonerings; 
n soneringskaart ingevolge artikel 11 opgestel;
n kaart van 'n dorpsaanlegskema, wat uit hoofde van artikel 7 van die Grondgebruik-ordonnansie geag was 'n soneringskema te wees en ingevolge regulasie 8 van die regulasies gemaak kragtens artikel 60 van die Dorpe-ordonnansie, opgestel is en by Provinsiale Kennisgewing 460 van 1937 afgekondig is, of c'n skemakaart wat ingevolge die regulasies gemaak kragtens die Wet op die Ontwikkeling van Swart Gemeenskappe, 1984 Wet 4 van 1984, opgestel is; 69
soneringskema" 'n skema vir die sonering van grond, bestaande uit soneringskemaregulasies of soneringskemaverordeninge en 'n register, met of sonder 'n soneringskaart; 
skemaregulasies deur die Provinsiale Minister ingevolge artikel 8 gemaak;
enige finale staat van 'n dorpsaanlegskema wat ingevolge artikel 7 van die Grondgebruik-ordonnansie geag word 'n soneringskema te wees;
cskemaregulasies ingevolge die Grondgebruik-ordonnansie goedgekeur, of d enige dorpsbeplanningsvoorwaardes goedgekeur ingevolge die regulasies wat kragtens die Wet op die Ontwikkeling van Swart Gemeenskappe, 1984 Wet 4 van 1984, gemaak is, en vir die toepassing van die Wes-Kaapse Wet op die Delegering van Bevoegdhede, 1994 (Wet 7 van 1994), word skemaregulasies geag nie regulasies te wees nie; 
soneringskemaverordeninge" verordeninge deur 'n munisipaliteit ingevolge artikel 8 goedgekeur vir die doeleindes uiteengesit in Hoofstuk II; 
sosiale ooreenkoms" 'n omvattende ooreenkoms wat tussen belanghebbende partye aangegaan is, insluitende die voordeeltrekkende gemeenskap en die verskaffers van dienste betreffende 'n projek, wat infrastruktuur, fondse en behuisingsprodukte insluit; 
voorgenome ontwikkeling, insluitend die relatiewe ligging van bestaande geboue en strukture en die plasing van ingenieursdienste op die betrokke grondeenhede en onmiddellik aanliggende erwe, en ander voorgeskrewe inligting of besonderhede, weergee; 
transportbesorger" 'n transportbesorger soos omskryf in artikel 102 van die Registrasie van Aktes Wet, 1937 (Wet 47 van 1937); 
uitoefen" om ingevolge 'n gebruiksreg aan te wend, welke aanwending enige voorgeskrewe aktiwiteit kan insluit; 
verantwoordelike munisipaliteit" 'n munisipaliteit wat 'n bevoegdheid mag uitoefen of funksie mag verrig ingevolge hierdie Wet; 
vergunningsgebruik" 'n bykomende gebruiksreg of 'n variasie op 'n ontwikkelingsreël wat ingevolge soneringskemaregulasies of soneringskemaverordeninge met die toestemming van die raad in 'n bepaalde sone toegelaat word; 
vervangingskema" 'n soneringskaart wat enige ander soneringskaart of 'n gedeelte daarvan ingevolge artikel 14 (a) vervang, of waar sonerings nie op 'n kaart aangedui is nie, 'n soneringskaart wat die grondgebruikregte wat ingevolge artikel 14 toegeken is, vervang; 
vervoerplan" 'n skriftelike strategie of plan wat met vervoeraangeleenthede in 'n bepaalde gebied handel en omvat 'n vervoerplan wat goedgekeur is ingevolge nasionale en provinsiale wetgewing wat handel met stedelike of landelike vervoer soos voorgeskryf; 
voorgeskryf" voorgeskryf by wyse van regulasies of riglyne in die Provinsiale Koerant gepubliseer, en het "voorskryf" en "voorgeskrewe" 'n ooreenstemmende betekenis; 
voorlopige eiendomsreg" die titelvorm soos beoog en omskryf in artikel 62 van die Wet op Ontwikkelingsfasilitering, 1995 (Wet 67 van 1995), en 
waterplan" 'n skriftelike strategie of sektorale plan wat met die beskikbaarheid en voorsiening van water in 'n bepaalde gebied handel en omvat dit 'n waterdiensteplan soos beoog in die Waterdienstewet, 1997 (Wet 108 van 1997) of nasionale en provinsiale wetgewing soos voorgeskryf. 
"Staat" sluit die nasionale, provinsiale en plaaslike regering in; 54
"struktuurplan" 'n plan goedgekeur ingevolge artikel 46 van die
Grondgebruik-ordonnansie en 'n plan in Bylae VII bedoel; 
"terreinontwikkelingsplan" 'n plan wat volle besonderhede van die
HOOFSTUK I
ONTWIKKELINGSRAAMWERKE
Gesamentlike komitees en tegniese advieskomitees
 (a) Die Provinsiale Minister kan 'n gesamentlike komitee vir die onderneming van sodanige aangeleenthede van 'n beplanningsaard met betrekking tot die opstel van 'n geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk vir die Provinsie of sektorale plan vir 'n streek daarvan, wat meer as een distriksraadgebied of 'n gebied groter as 'n metropolitaanse gebied, affekteer, instel.
Die rade van twee of meer munisipaliteite kan 'n ooreenkoms, om te voorsien vir die gesamentlike onderneming van sodanige aangeleenthede van 'n beplanningsaard soos wat ooreengekom is, sluit en mag 'n staande of ad hoc gesamentlike komitee, waarvan die lede deur die betrokke rade uit die geledere van raadslede aangestel word op die grondslag en voorwaardes wat die betrokke rade bepaal, insluitend die betaling van lede en toewysing van kostes aan die betrokke munisipaliteite, instel.
Die Provinsiale Minister, in oorleg met die provinsiale minister vir plaaslike bestuur, kan met inagname van die bepalings van Hoofstuk IX en na oorleg met betrokke munisipaliteite, 'n munisipaliteit gelas om lid van 'n gesamentlike komitee ingevolge subartikel te word.
n Munisipaliteit of gesamentlike komitee kan, op die grondslag en voorwaardes wat daardie munisipaliteit of gesamentlike komitee bepaal, tegniese advieskomitees, bestaande uit persone wat in diens van munisipaliteite, staats-of provinsiale departemente is of ontwikkelingsliggame of -rade of enige ander liggaam verteenwoordig, instel om 'n raad of gesamentlike komitee oor enige aangeleentheid in verband met beplanning en ontwikkeling te adviseer.
Opstel, wysiging en hersiening van ontwikkelingsraamwerke
 (a) Die Provinsiale Minister moet, onderworpe aan regulasies en na oorleg met die munisipaliteite en ontwikkelingsrade en in oorleg met ander provinsiale ministers wat betrokke is, 'n provinsiale geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk ten opsigte van die Provinsie opstel en aan die Kabinet voorlê vir goedkeuring.
Die Provinsiale Minister kan, na oorleg met die munisipaliteite en ontwikkelingsrade en in oorleg met ander provinsiale ministers wat betrokke is, 'n provinsiale sektorale plan ten opsigte van die Provinsie of streek wat meer as een distriksraadgebied affekteer, opstel en aan die Kabinet voorlê vir goedkeuring.
n Metropolitaanse raad of distriksraad moet 'n geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk ten opsigte van sy regsgebied opstel en dit ná oorleg met die betrokke plaaslike owerhede en ontwikkelingsrade aan die Provinsiale Minister voorlê vir goedkeuring.
n Plaaslike owerheid, onderworpe aan regulasies en na oorleg met die betrokke ontwikkelingsrade,­
moet 'n geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk ten opsigte van sy regsgebied opstel en aan die Provinsiale Minister voorlê vir goedkeuring, of kan 'n geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk, in samewerking met een of meer ander plaaslike owerhede ten opsigte van hul onderskeie regsgebiede, opstel en aan die Provinsiale Minister voorlê vir goedkeuring.
n Geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk in subartikel , of bedoel, word opgestel in ooreenstemming met die riglyne of regulasies wat die Provinsiale Minister voorskryf.
n Geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk moet op die voorgeskrewe stadiums, voor die datum waarop dit ingevolge subartikel , of aan die Provinsiale Kabinet of Provinsiale Minister, na gelang van die geval, voorgelê word, vir alle belanghebbende partye, vir insae en die indien van besware of die rig van vertoë by die kantoor van die betrokke munisipaliteit, gesamentlike komitee of ontwikkelingsrade beskikbaar wees.
a Die Provinsiale Kabinet moet die voorgeskrewe elemente van 'n geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk wat ingevolge subartikel 1a of 'n sektorale plan wat ingevolge subartikel 1b voorgelê is, na oorweging van besware of vertoë wat ontvang is, goedkeur of afkeur.
Die Provinsiale Minister moet die voorgeskrewe elemente van 'n geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk wat ingevolge subartikel of voorgelê is, in oorleg met ander Provinsiale Ministers wat betrokke is en na oorweging van besware of vertoë wat ontvang is, met inagname van artikel 5 , goedkeur of afkeur, maar mag 'n ontwikkelingsraamwerk wat oor munisipale beplanning handel, slegs afkeur indien, na die mening van die Provinsiale Minister­
die voorgeskrewe prosedures en ander vereistes nie nagekom is nie;
ii die geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk nie met nasionale of provinsiale beleid, riglyne, norms en standaarde, en met ander goedgekeurde nasionale, provinsiale of streeksontwikkelingsraamwerke, bestaanbaar of versoenbaar is nie of waar aspekte van provinsiale of streeksbelang nie voldoende aangespreek is nie; en iii besware wat ander munisipaliteite, nasionale en provinsiale departemente of openbare liggame aangaande aspekte van provinsiale of streeksbelang teen die ontwikkelingsraamwerk ingebring het, nie voldoende aangespreek is nie.
Die Provinsiale Minister moet die munisipaliteite wat betrokke is in kennis stel van sy of haar besluit ingevolge subartikel (b) met dien verstande dat indien 'n geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk afgekeur is, hy of sy skriftelike redes vir sodanige besluit sal voorsien insluitende voorgestelde wysigings vir heroorweging deur sodanige munisipaliteit en herindiening van sodanige geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk vir 'n finale besluit ingevolge subartikel (b).
'n Geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk goedgekeur ingevolge subartikel 6a of kan te eniger tyd, maar moet minstens al om die 5 jaar, op die voorgeskrewe wyse deur die betrokke munisipaliteit, gesamentlike komitee of die departementshoof met die goedkeuring van die Provinsiale Minister of Provinsiale Kabinet, na gelang van die geval, hersien word; met dien verstande dat die Provinsiale Minister nie goedkeuring van die hersiening van die geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk goedgekeur ingevolge artikel 6(b) wat handel met munisipale beplanning mag weerhou nie, uitgesonderd om een van die redes in daardie subartikel gemeld.
a Alle struktuurplanne wat op die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet bestaan, moet deur die betrokke munisipaliteit, gesamentlike komitee of departementshoof hersien word om bestaanbaar te wees met die algemene doel van 'n ruimtelike plan soos uiteengesit in artikel 51c­
i voor 31 Desember 2001, of binne die verlengde tydperk deur die Provinsiale Minister bepaal, iidaarna, minstens al om die 5 jaar, in samewerking met die hersiening van die geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk.
b 'n Struktuurplan verval indien dit nie ingevolge paragraaf a op of voor 31 Desember 2001 òf binne die verlengde tydperk deur die Provinsiale Minister bepaal, hersien is nie.
a i Waar 'n raad dit gerade ag, kan sy hoof uitvoerende beampte, behoudens die bepalings van paragraaf c van hierdie subartikel, 'n sektorale plan ten opsigte van die geheel of 'n deel van die betrokke munisipale gebied opstel, en dit aan die raad voorlê vir goedkeuring met inagname van artikel 54.
iiDie opstel en goedkeuring van die sektorale plan moet voldoen aan die munisipaliteit se verordeninge oor publieke deelname en riglyne soos voorgeskryf deur provinsiale en nasionale wetgewing.
Waar die raad 'n sektorale plan ingevolge subartikel (a) goedkeur, moet die hoof uitvoerende beampte die sektorale plan binne 60 dae na die datum van sodanige goedkeuring aan die departementshoof ter inligting voorlê.
Geen sodanige sektorale plan mag onbestaanbaar wees met 'n geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk in subartikel , of beoog nie.
Wanneer 'n geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk of sektorale plan opgestel, gewysig of hersien word, moet die natuurlike en ontwikkelde omgewing en ekologies­volhoubare ontwikkeling in die algemeen in ag geneem word, en alle voorgeskrewe stappe wat in hierdie verband geneem is, moet vermeld word in die geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk of sektorale plan.
Die bepalings van subartikels tot met betrekking tot geïntegreerde ontwikkelingsraamwerke is aanvullend by die bepalings van artikel 10D (b), item 3 van Bylae 2 en item 2 van Bylae 2A van die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993 (Wet 209 van 1993), met betrekking tot die formulering van geïntegreerde ontwikkelingsplanne.
a Die stedelike en streekstruktuurplanne gelys in Bylae VII, word vanaf die inwerkingtreding van hierdie Wet geag struktuurplanne te wees ingevolge hierdie Wet.
Onderworpe aan die bepalings van subartikel , bly artikel 27 van die Wet op Fisiese Beplanning, 1991 (Wet 125 van 1991) van toepassing op struktuurplanne in paragraaf (a) vermeld, totdat sodanige planne hersien of vervang is.
Algemene doel van en spesiale bepalings aangaande geïntegreerde ontwikkelingsraamwerke en sektorale planne
 (a) Die algemene doel van 'n geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk is om strategieë, voorstelle en riglyne, insluitende ontwikkelingsdoelwitte en implementeringsplanne, deur middel van ontwikkelingsbeplanning voor te skryf sodat die algemene beginsels vervat in Bylae IV van hierdie Wet bevorder word.
Die algemene doel van 'n sektorale plan, as deel van 'n geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk, is om gedetailleerde strategieë, voorstelle en riglyne voor te skryf vir die spesifieke sektor, element of onderwerp waarvoor dit opgestel word.
Die algemene doel van 'n ruimtelike plan is om die ruimtelike implikasies van 'n geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk aan te dui en om strategieë, voorstelle en riglyne voor te skryf vir die toekomstige ruimtelike ontwikkeling van die gebied waarop dit betrekking het (insluitende, sonder om beperk te wees tot, ontwikkelingsdoelwitte, voorstelle vir grondhervorming, stadshernuwing, heropbou, integrasie, omgewingsbeplanning, vervoerbeplanning, infrastruktuurbeplanning en stadsontwerp), sodat die algemene beginsels in Bylae IV en die algemene welsyn van die betrokke gemeenskap en ordelike beplanning in die gebied op die doeltreffendste wyse bevorder word.
Die magtiging betreffende besluitneming oor hersonering deur 'n raad in ooreenstemming met die ontwikkelingsriglyne vervat in 'n struktuurplan verval op die datum van inwerkingtreding van hierdie wet.
n Geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk of sektorale plan verleen nie enige reg of neem nie enige reg weg ten opsigte van grond nie, behalwe in die mate dat subartikels en verdere goedkeurings vir ontwikkeling vereis.
a Wanneer 'n geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk ingevolge artikel 46b goedgekeur word, kan die Provinsiale Minister, in oorleg met ander provinsiale ministers en munisipaliteite wat betrokke is, spesifieke maatreëls, wat slegs op daardie geïntegreede ontwikkelingsraamwerk van toepassing is, met betrekking tot aspekte van provinsiale of streeksbelang, voorskryf insluitende maatreëls waarvolgens goedkeurings deur 'n bepaalde owerheid ingevolge hierdie Wet voorgeskryf of enige ander wet, bestaanbaar moet wees met die geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk of waarvolgens verdere goedkeurings deur 'n bepaalde owerheid vereis word vir 'n omskrewe tipe ontwikkeling.
b Wanneer 'n sektorale plan ingevolge artikel 410 goedgekeur word, mag 'n raad­
i bepaalde maatreëls van toepassing op die sektorale plan, wat die bestaanbaarheid van ontwikkelingsvoorstelle of ander planne op 'n laer vlak opgestel, met die sektorale plan, met inagname van aspekte van nasionale, provinsiale of streeksbelang, voorskryf en (ii)bepaal hoe die sektorale plan implementeer moet word.
Die maatreëls soos voorgeskryf ingevolge subartikel of bind die Staat, tensy die Provinsiale Minister die Staat daarvan vrystel in 'n bepaalde geval of kategorie gevalle, onderworpe aan die voorwaardes wat die Provinsiale Minister oplê.
Die Provinsiale Minister kan regulasies maak en riglyne uitreik ter bereiking van enige oogmerk van hierdie Hoofstuk, insluitende regulasies en riglyne betreffende­
die inhoud en wyse van opstel, hersiening of wysiging van geïntegreerde ontwikkelingsraamwerke, insluitende ontwikkelingsdoelwitte;
die wyse en stadiums waarop belanghebbende en geaffekteerde partye aan die proses moet deelneem;
cdie verpligting van munisipaliteite om geïntegreerde ontwikkelingsraamwerke of sektorale planne binne voorgeskrewe tydperke op te stel, en maatreëls wat verdere goedkeurings deur 'n bepaalde owerheid vir 'n omskrewe tipe ontwikkeling vereis of maatreëls betreffende die bestaanbaarheid van ontwikkelingsgoedkeurings met 'n goedgekeurde plan.
Waar grond geleë in die regsgebied van een munisipaliteit in die regsgebied van 'n ander munisipaliteit ingelyf word, bly enige geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk, sektorale plan en struktuurplan wat op dié grond van toepassing is, behoudens die bepalings van hierdie Hoofstuk van krag totdat­
die Provinsiale Minister skriftelike kennis van die munisipaliteit van die intrekking of vervanging daarvan ontvang, of die Provinsiale Minister, in oorleg met die munisipaliteit in wie se regsgebied die grond geleë is, ander reëlings daaromtrent tref by kennisgewing in die Provinsiale Koerant.
HOOFSTUK II
GRONDONTWIKKELINGSBESTUUR
Bestaande dorpsaanlegskemas, dorpsbeplanningskemas en skemaregulasies
 Enige dorpsaanlegskema gelys in Bylae V, word vanaf die inwerkingtreding van hierdie Wet geag 'n soneringskema te wees wat ingevolge hierdie Wet van krag is.
Enige dorpsbeplanningskema gelys in Bylae VI, word vanaf die inwerkingtreding van hierdie Wet geag 'n soneringskema te wees wat ingevolge hierdie Wet van krag is.
Die skemaregulasies wat ingevolge artikel 8 van die Grondgebruik-ordonnansie gemaak is, bly vanaf die inwerkingtreding van hierdie Wet van krag binne die Provinsie.
Skemaregulasies bedoel in subartikel 3 is nie van toepassing nie op grond geleë­
binne 'n voormalige ontwikkelingsgebied, goedgekeur ingevolge artikel 33 van die Wet op die Ontwikkeling van Swart Gemeenskappe, 1984 (Wet 4 van 1984), en binne 'n ingelyfde of bestaande gebied, soos omskryf in die Wet op
Landelike Gebiede (Raad van Verteenwoordigers), 1987 (Wet 9 van 1987); met dien verstande dat enige goedkeuring voor die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet verleen in die veronderstelling dat dié skemaregulasies wel van toepassing was binne daardie gebiede, geag word wettig te wees.
a Enige bepaling in enige soneringskema wat onbestaanbaar is met die bepalings van hierdie Wet, insluitende­
strafbepalings;
ii advertering, en iii appèlreg ten opsigte van vergunningsgebruike of ander tipes aansoeke, word geag herroep te wees met ingang van die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet.
b 'n Verwysing in enige wet na­
i 'n dorpsaanlegskema, goedgekeur ingevolge Hoofstuk 4 van die Dorpe­ordonnansie, of ii'n dorpsbeplanningskema, goedgekeur ingevolge die regulasies kragtens die
Wet op die Ontwikkeling van Swart Gemeenskappe, 1984 (Wet 4 van 1984), word geag 'n verwysing na 'n soneringskema te wees ingevolge hierdie Wet.
Maak en wysiging van soneringskemaregulasies en soneringskemaverordeninge
 'n Plaaslike owerheid kan, ná oorleg met die Provinsiale Minister en by kennisgewing in die Provinsiale Koerant, soneringskemaverordeninge maak, goedkeur en wysig ten opsigte van grond waarop die regulasies bedoel in artikels 7 , 7 , 7 en 7 van toepassing is, met inagname van aspekte van provinsiale of streeksbelang, die bepalings van 'n toepaslike geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk of sektorale plan en wat nie onbestaanbaar is met die bepalings van soneringskemaregulasies goedgekeur ingevolge subartikel nie.
Niemand mag grond waarop subartikel en van toepassing is of waarvoor geen soneringskemaregulasies of soneringskemaverordeninge afgekondig is nie, sonder die voorafverkreë magtiging van die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit, gebruik of ontwikkel nie.
n Raad kan magtiging verleen vir enige verandering van gebruik of vir enige ontwikkeling van grond ingevolge subartikel , of kan vereis dat aansoek gedoen moet word voor die beoogde verandering van gebruik of ontwikkeling ingevolge hierdie Wet, of verordeninge opgestel ingevolge hierdie Wet, gelees met artikel 16.
Die Provinsiale Minister kan skemaregulasies maak, goedkeur en wysig, by kennisgewing in die Provinsiale Koerant, met betrekking tot die bestuur van stedelike en landelike ontwikkeling en oor aspekte van provinsiale of streeksbelang gelees met Hoofstuk IX vir die doeleindes uiteengesit in artikel 9 ; met dien verstande dat sodanige soneringskemaregulasies in die afwesigheid van soneringskemaverordeninge ten opsigte van sodanige grond, sal geld.
n Munisipaliteit moet 'n afskrif van sy geldende soneringskemaregulasies of soneringskemaverordeninge ter insae van die publiek beskikbaar hê en moet afskrifte daarvan beskikbaar stel vir verkoop aan die publiek.
Doel en inhoud van soneringskemas
 Die algemene doel van 'n soneringskema is om die beginsels vervat in Bylae IV en die bepalings van 'n geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk of sektorale plan wat op die gebied van die soneringskema van toepassing is, te bevorder en te implementeer en om gebruiksregte te bepaal met die doel om groei en stedelike en landelike ontwikkeling te bestuur.
a Soneringskemaregulasies en soneringskemaverordeninge, saamgelees met die soneringskaart, bind die Staat, tensy die Provinsiale Minister na oorleg met die betrokke munisipaliteit in 'n bepaalde geval of kategorie gevalle die Staat vrystel van voldoening aan hierdie bepaling.
Tensy ingevolge paragraaf (a) vrygestel, word alle grond wat behoort aan die Staat of 'n liggaam waarvan die Staat die enigste of grootste aandeelhouer is of was en­
i wat op die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet nie ingevolge provinsiale wetgewing gesoneer was nie, of iiwat op 'n soneringskaart aangedui was vir staatsdoeleindes of vir 'n sonering of reservering sonder ontwikkelingsreëls ingevolge enige ander wetgewing wat handel met die sonering van staatsgrond of vir 'n sonering waarvoor die grond nie aangewend word nie, geag gesoneer te wees in ooreenstemming met die aanwending daarvan op die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet soos deur die betrokke raad bepaal, na oorweging van die bepalings van enige ander nasionale wetgewing wat handel met die sonering van sodanige grond en na oorleg met die staat of betrokke openbare liggaam.
Soneringskemaregulasies en soneringskemaverordeninge kan voorsiening maak vir die volgende aspekte, maar is nie daartoe beperk nie:
verskillende metodes waarvolgens grondontwikkeling en -gebruik gesoneer of bestuur word, insluitende die aanduiding van sones volgens grondgebruike of intensiteit van aanwending, die gebruik van oorlegsonering, impaksonering of enige ander metode waarvolgens ontwikkeling bestuur word, en prosedures om ontwikkelingsregte, wat nie met die bedoeling van hierdie Wet onbestaanbaar is nie, te verkry;
primêre en vergunningsgebruike in sekere sones en prosedures vir die verkryging van sekere regte, wat nie met die bedoeling van hierdie Wet onbestaanbaar is nie;
cdie voorskryf van ontwikkelingsreëls vir grondgebruike, distrikte of sones, wat ontwikkelingsreëls wat op 'n omskrewe tipe natuurlike, omgewing-sensitiewe, kulturele, argitektoniese, historiese en ontwikkelde omgewing van toepassing is, kan insluit;
die konsolidering en onderverdeling van grondeenhede;
die voorwaardes waarop strydige geboue en gebruiksregte kan voortbestaan of gewysig kan word;
alternatiewe ontwikkelingsmoontlikhede vir bestaande gebruiksregte, insluitende die oordrag van ontwikkelingsregte en die toekenning van ontwikkelingsbonusse, soos voorgeskryf;
beheer oor estetiese aspekte en ontwerpsriglyne, insluitende gebouontwerp, advertensietekens, grensmure, en maatreëls om toeganklikheid vir persone met gestremdhede te bevorder;
beheer oor grondwerke wat ontwikkeling voorafgaan, soos die opvulling, drooglegging of platstoot van gebiede, die verwydering van plantegroei en die sloping van geboue;
beskermingsmaatreëls ten opsigte van gebiede van die natuurlike omgewing en omgewing-sensitiewe gebiede, soos vleilande, vloedvlaktes, duine, steil hellings en die omgewing in die algemeen;
beskermingsmaatreëls ten opsigte van die stadsrand, landbougrond en stedelike en landelike gebiede wat van kulturele belang is, insluitende, sonder om beperk te wees tot, argitektoniese, historiese, sosiale of wetenskaplike belang;
kdie aanmoediging van ekonomiese aktiwiteit, veral in die informele sektor, en gemengde grondgebruike;
die bevordering van stadsvernuwing of heropbou, integrasie en opgradering deur middel van oorlegsonerings of enige ander metode; en verdere voorgeskrewe aspekte.
Ten einde die duplisering van beperkings tot die minimum te beperk, mag voorwaardes met betrekking tot ontwikkelingsreëls waarmee in soneringskemas of regulasies gehandel word, nie in die titelakte van enige grondeenheid ingesluit word nie.
 Alle verantwoordelike munisipaliteite moet die soneringskemaregulasies wat op hul onderskeie regsgebiede van krag is, met inagname van die bepalings van artikel 8, hersien­
binne 4 jaar vanaf die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet, of binne 4 jaar van die datum waarop sy regsgebied herdefinieer is.
Die wysiging of hersiening van soneringskemaregulasies moet op die wyse in munisipale verordeninge voorgeskryf, of by gebrek aan sodanige verordeninge, op die wyse in provinsiale regulasies of riglyne voorgeskryf, geadverteer word.
Opstel van soneringskaart
 'n Verantwoordelike munisipaliteit moet binne die voorgeskrewe tydperk 'n soneringskaart opstel wat sones en grondeenhede in artikel 12 bedoel, aandui ten opsigte van grond wat in sy regsgebied geleë is.
'n Soneringskaart moet, nadat dit opgestel en deur die raad goedgekeur is, ter insae van en vir die rig van vertoë deur alle belanghebbendes by die kantoor van die munisipaliteit beskikbaar wees en beswaarmakers moet gewys word op hul reg van appèl ingevolge artikel 50.
 'n Verantwoordelike munisipaliteit moet 'n register wat alle besonderhede met betrekking tot goedgekeurde afwykings en vergunningsgebruike met betrekking tot grondeenhede in sy regsgebied bevat, in oorstemming met die voorgeskrewe riglyne of regulasies hou en in stand hou.
Die register maak deel uit van die munisipaliteit se soneringskema.
Waar 'n soneringskaart ten opsigte van grond opgestel en goedgekeur is, moet enige grondeenheid ten opsigte waarvan afwykings in die register opgeneem is, onderskeibaar aangetoon word.
Strydigheid met provinsiale wette
 Wanneer enige bepaling van 'n soneringskema strydig is met 'n provinsiale wet, ordonnansie, verordening of regulasie ingevolge daarvan gemaak, moet die Provinsiale Minister, na oorleg met die betrokke munisipaliteite, by kennisgewing in die Provinsiale Koerant, bepaal dat die bepalings van sodanige soneringskema, provinsiale wet, ordonnansie, regulasie of verordening, voorrang geniet.
Gebruiksregte
 (a) Met ingang van die inwerkingtreding van hierdie Wet word alle grond in artikel 8 van die Grondgebruik-ordonnansie bedoel, ten opsigte waarvan geen aanwendingsbepaling ingevolge artikel 14 daarvan gedoen is nie, geag gesoneer te wees in ooreenstemming met die wettige aanwending daarvan op 1 Julie 1986, soos deur die betrokke raad bepaal.
Met ingang van die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet word alle grond in artikel 8 bedoel, waarop subartikel (a) nie van toepassing was nie, geag gesoneer te wees in ooreenstemming met die wettige aanwending daarvan, soos deur die betrokke raad bepaal.
a Indien, op 2 Julie 2001, enige wettige gebruiksreg ten opsigte van grond waarop die toepaslike bepalings van artikel 7 van die Grondgebruik-ordonnansie, gelees met artikel 7 van hierdie Wet, van toepassing is en sodanige gebruiksreg nie uitgeoefen is nie, word die betrokke grond behoudens die bepalings van paragraaf b geag gesoneer te wees in ooreenstemming met die aanwending daarvan, soos deur die betrokke raad bepaal, en die soneringskaart moet dienooreenkomstig gewysig word.
Behoudens die bepalings van paragraaf (c), moet die beplanninghersieningsraad voor 1 Julie 2001 of voor 'n latere datum deur dit bepaal, op aansoek van die eienaar van die betrokke grond en, indien die eienaar na die mening van die beplanninghersieningsraad verlies gely het of sal ly, die tydperk wat verstryk op 1 Julie 2001 verleng met die verdere tydperk wat dit bepaal, maar wat nie 5 jaar oorskry nie.
By gebreke aan 'n verlenging ingevolge paragraaf (b), sal die beplanninghersieningsraad, op aansoek van die eienaar van die grond en in oorleg met die betrokke raad, mutatis mutandis ingevolge artikel 35 ter van die Dorpe-ordonnansie in Bylae II vervat, die bedrag van vergoeding bepaal en die aangeleentheid word vir die toepassing van artikel 72 van hierdie Wet geag nie afgehandel te wees nie.
Wanneer grond geag word gesoneer te wees soos beoog in subartikel , , (b) of van hierdie artikel of artikel 9 (b) of 16 (b), moet die mees beperkende sonering waarvolgens die aanwending van die grond toelaatbaar sal wees, hetsy met of sonder 'n afwyking of vergunning, na gelang die raad bepaal, toegestaan word.
a Ondanks die bepalings van subartikels 1 en 2, kan die raad van 'n verantwoordelike owerheid, 'n soneringskaart of deel daarvan vervang deur 'n soneringskaart ingevolge waarvan grond nie noodwendig in ooreenstemming met die aanwending daarvan gesoneer word nie.
Gebruiksregte wat uit hoofde van die bepalings van paragraaf (a) ontstaan, verval indien dit binne 'n periode van 5 jaar nadat dit aldus ontstaan het, nie uitgeoefen is nie, in welke geval sodanige grond geag gesoneer te wees in ooreenstemming met die aanwending daarvan soos deur die betrokke raad bepaal en moet die raad sy soneringskaart dienooreenkomstig wysig.
Voordat 'n soneringskaart ingevolge paragraaf (a) vervang word, is die bepalings van artikel 17 mutatis mutandis van toepassing.
Behoudens die bepalings van artikel 7 of subartikel of (a) of (b) van hierdie artikel verval enige gebruiksreg indien dit vir 'n ononderbroke tydperk van 3 jaar nie uitgeoefen word nie, en word die betrokke grond geag gesoneer te wees in ooreenstemming met die aanwending daarvan soos deur die betrokke raad bepaal.
Waar die wettige aanwending van grond­
op 1 Julie 1986 nie voldoen aan die sonering daarvan ingevolge die Grondgebruik-ordonnansie nie of by die inwerkingtreding van hierdie Wet en vir enige ononderbroke tydperk daarna nie aldus voldoen nie;
by die opname van die grond in die vervangingskema ingevolge subartikel en vir enige ononderbroke tydperk daarna nie voldoen aan die sonering van die grond ingevolge daarvan nie, of cby die toestaan van 'n hersonering ingevolge artikel 16 en vir enige ononderbroke tydperk daarna nie voldoen aan die sonering van die grond ingevolge daardie artikel nie, word die aanwending geag nie 'n misdryf ooreenkomstig die betekenis van artikel 64 te wees nie, en die eienaar van dié grond kan voortgaan om die grond ooreenkomstig die wettige aanwending soos hierbo beskryf, aan te wend.
Elke keer as die wettige gebruiksreg van grond nie bepaal kan word nie, moet 'n gebruiksreg by wyse van hersonering ingevolge artikel 16 of 18 toegeken word.
Ondanks die bepalings van hierdie artikel, maar behoudens 'n bepaalde hersonering, verval geen toegestane reg om een woonhuis op 'n grondeenheid op te rig of om 'n grondeenheid vir die bewoning van een woonhuis aan te wend nie.
Afwykingsaansoek
 (a) 'n Eienaar van grond kan by die betrokke hoof uitvoerende beampte skriftelik aansoek doen om­
i 'n verandering van die ontwikkelingsreëls wat ingevolge die soneringskemaregulasies of soneringskemaverordeninge op 'n bepaalde sone van toepassing is, of iiop 'n tydelike grondslag, vir 'n tydperk van hoogstens 10 jaar of 'n verlengde tydperk wat die betrokke raad van 'n verantwoordelike munisipalileit goedkeur, grond aan te wend vir 'n doel waarvoor geen voorsiening in die toepaslike soneringskemaregulasies of soneringskemaverordeninge ten opsigte van daardie bepaalde sone gemaak word nie.
Die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit kan 'n aansoek in paragraaf (a) bedoel, toestaan of weier met inagname van die bepalings van 'n geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk of sektorale plan, aspekte van provinsiale of streeksbelang en in ooreenstemming met die soneringskemaregulasies of soneringskemaverordeninge van toepassing op die gebied.
Die raad kan by die toestaan van 'n aansoek om 'n afwyking ingevolge paragraaf (b), bepaal dat 'n gebou vir die toepassing van die Wet op Deeltitels, 1986 (Wet 95 van 1986) en totdat sodanige gebou gesloop of vernietig word, geag word te voldoen aan die bepalings van die betrokke soneringskema.
Die hoof uitvoerende beampte moet­
die aansoek in ooreenstemming met die publieke deelname beleid in artikel 55 bedoel of soneringskemaverordeninge, laat adverteer;
die tersaaklike kommentaar van enige openbare liggaam wat na sy of haar mening belang by die aansoek het, of soos voorgeskryf, verkry;
cenige besware of kommentaar wat ten opsigte van die aansoek ontvang word, aan die aansoeker voorlê vir kommentaar;
die aansoek en alle tersaaklike dokumente aan die raad voorlê, en die eienaar en enige beswaarmakers van die raad se besluit en die redes daarvoor in kennis stel en, waar van toepassing, hulle voorsien van 'n afskrif van voorwaardes deur die raad opgelê en hulle wys op hul reg van appèl ingevolge artikel 50.
n Goedkeuring toegestaan ingevolge hierdie artikel verval indien en vir sover dit nie uitgeoefen word nie binne 3 jaar na die datum van goedkeuring, of binne die verlengde tydperk wat die raad in ooreenstemming met artikel 68 bepaal.
Waar 'n afwyking ingevolge subartikel in sy geheel of gedeeltelik verval het, moet die raad die betrokke register en soneringskaart dienooreenkomstig wysig.
Hersonering op aansoek van eienaar van grond
 Die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit kan 'n aansoek van 'n eienaar van grond om die hersonering daarvan toestaan of weier met inagname van die bepalings van 'n geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk of sektorale plan, aspekte van provinsiale of streeksbelang en in ooreenstemming met die soneringskemaregulasies of soneringskemaverordeninge van toepassing op die gebied.
i verval indien en vir sover die betrokke grond nie binne 'n tydperk van 3 jaar vanaf die datum waarop die aansoek om hersonering toegestaan is, aangewend word ingevolge die hersonering nie;
aa indien 'n tersaaklike aansoek om onderverdeling in ooreenstemming met die hersonering nie binne 'n tydperk van 3 jaar vanaf die datum waarop die aansoek om hersonering toegestaan is, ingevolge artikel 24 gedoen word nie, of bb waar 'n onderverdeling goedgekeur is, maar die betrokke onderverdeling of deel daarvan nie bevestig word nie, tensy die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit die tydperk van 3 jaar in ooreenstemming met artikel 68 verleng.
Behoudens die bepalings van artikel 7, 14 of 14 (a) of (b) word grond ten opsigte waarvan 'n sonering ingevolge subartikel (a) verval het, geag gesoneer te wees in ooreenstemming met die aanwending daarvan soos deur die raad bepaal.
Waar 'n aansoek om 'n hersonering ingevolge subartikel toegestaan word of 'n goedkeuring ingevolge subartikel verval het, moet die munisipaliteit die soneringskaart en, waar toepaslik, sy register dienooreenkomstig wysig.
Hersoneringsaansoek
 'n Eienaar van grond kan by die betrokke hoof uitvoerende beampte skriftelik aansoek doen om die hersonering van die grond ingevolge artikel 16.
Die hoof uitvoerende beampte moet­
die aansoek laat adverteer in ooreenstemming met die publieke deelname beleid in artikel 55 bedoel of soneringskemaverordeninge;
die tersaaklike kommentaar van enige openbare liggaam wat na sy of haar mening belang by die aansoek het, of soos voorgeskryf, verkry;
die aansoek en alle tersaaklike dokumente aan die raad voorlê, en die eienaar en enige beswaarmakers van die raad se besluit en die redes daarvoor in kennis stel en, waar van toepassing, hulle voorsien van 'n afskrif van voorwaardes deur die raad opgelê en hulle wys op hul reg van appèl ingevolge artikel 50.
Hersonering op inisiatief van raad
 Die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit kan op eie inisiatief 'n hersonering ingevolge artikel 16 toestaan, indien die hersonering in sy opinie in die openbare belang is.
Die bepalings van artikels 16 en 17, is mutatis mutandis van toepassing op so 'n hersonering; met dien verstande dat waar die munisipaliteit nie die eienaar van die grond is nie, die eienaar, indien sy of haar adres bekend is of verkry kan word, van die voorgenome hersonering in kennis gestel moet word en die geleentheid gebied moet word om kommentaar te lewer.
Vergoeding en aanskaffing van eiendom
 'n Eienaar wie se grond waardevermindering ondergaan omdat die grond of 'n deel daarvan ingevolge artikel 14 (a) of 18 in stryd met sy of haar wense hersoneer word, kan skriftelik vergoeding daarvoor van die betrokke munisipaliteit eis.
Die munisipaliteit moet aan die eienaar die bedrag aan vergoeding betaal waartoe die eienaar en die munisipaliteit ooreenkom.
Waar 'n eienaar geregtig is om vergoeding ingevolge subartikel en ook ingevolge 'n ander wet te eis, is hy of sy nie geregtig om vergoeding ingevolge albei te ontvang nie.
Indien geen ooreenkoms binne 90 dae nadat 'n skriftelike eis om vergoeding by die munisipaliteit ingedien is nie, soos beoog in subartikel , bereik is nie, kan die eienaar of munisipaliteit die aangeleentheid na die beplanninghersieningsraad, verwys óf indien die eienaar en die munisipaliteit ooreenkom, die aangeleentheid na mediasie of arbitrasie verwys vir 'n bepaling van die vergoeding betaalbaar.
Waar op 1 Julie 1986 gevolg nie gegee is nie aan die bepalings van artikel 35 ter in Bylae II vervat, of artikel 57 van die Dorpe-ordonnansie, en die aangeleentheid nie op die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet afgehandel is nie, moet daarmee gehandel word ingevolge artikel 72 .
Wanneer 'n bepaling ingevolge subartikel gemaak word, kan die beplanninghersieningsraad, mediator of arbiter gelas dat die raad die betrokke grond moet koop of onteien.
Oordrag en oprigting van geboue op grondeenhede
Voordat oordrag van enige reg op 'n gebou ten opsigte van 'n goedkeuring ingevolge artikel 15, 16 of 18 toegestaan, deur die Registrateur van Aktes gedoen word, moet die eienaar bewys aan die munisipaliteit lewer dat­
alle voorwaardes waarop sodanige goedkeuring toegestaan is, nagekom is, of waar dié goedkeuring vir 'n gefaseerde ontwikkeling toegestaan is, alle voorwaardes van toepassing op die tersaaklike fase nagekom is en ingenieursdienste wat dié fase by bestaande munisipale dienste aansluit, ten genoeë van die munisipaliteit voorsien is, en geen skriftelike munisipale magtiging om onroerende eiendom oor te dra, soos deur wet vereis, word uitgereik nie tensy dié bewys gelewer is.
Voortsetting van soneringskema
Waar grond geleë in die regsgebied van een munisipaliteit in die regsgebied van 'n ander munisipaliteit ingelyf word of 'n ander munisipaliteit aangewys word ten opsigte van die grond, bly enige soneringskema wat op dié grond van toepassing is, behoudens die bepalings van hierdie Hoofstuk en totdat dit gewysig of vervang is deur die nuut saamgestelde of aangewese munisipaliteit, van krag.
HOOFSTUK III
ONDERVERDELING VAN GROND
Sonering moet onderverdeling voorafgaan
 (a) Geen aansoek om onderverdeling mag ingevolge hierdie Hoofstuk oorweeg word nie, tensy en totdat die betrokke grond ingevolge Hoofstuk II gesoneer is op 'n wyse wat die beginsel van onderverdeling, soos omskryf in soneringskemaregulasies of soneringskemaverordeninge of riglyne ingevolge subartikel , uitdruklik magtig.
Die bepalings van paragraaf (a) belet nie die gelyktydige oorweging van aansoeke om hersonering en onderverdeling nie.
Die Provinsiale Minister kan, indien die vereiste in paragraaf (a) aansoeke sal vertraag, 'n bepaalde kategorie aansoeke, na oorleg met munisipaliteite in die Provinsie en by kennisgewing in die Provinsiale Koerant, van daardie vereiste vrystel.
By die bevestiging van 'n onderverdeling of deel daarvan word sodanige onderverdeling geag 'n vervangingskema te wees; met dien verstande dat die bepalings van artikel 14 (c) in so 'n geval nie geld nie.
Waar 'n onderverdeling of deel daarvan ingevolge subartikel geag word 'n vervangingskema te wees, moet die raad die soneringskaart en, waar van toepassing, sy register so gou doenlik wysig.
Die Provinsiale Minister moet regulasies en riglyne met betrekking tot sonerings maak wat onderverdeling uitdruklik magtig en kan voorskryf dat, by bevestiging van die onderverdeling, openbare plekke en openbare strate geag word ingevolge ander provinsiale wetgewing gesluit te wees.
Onderverdeling van grond
 Behoudens die bepalings van artikel 22, mag niemand, insluitende die Staat, vanaf die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet enige grond in die Provinsie onderverdeel nie behalwe in ooreenstemming met 'n aansoek ingevolge artikel 25 of 37 toegestaan, tensy die Provinsiale Minister dié kategorie van onderverdeling, na oorleg met munisipaliteite in die Provinsie, by kennisgewing in die Provinsiale Koerant, van die bepalings van hierdie Hoofstuk of Hoofstuk IV vrystel; met dien verstande dat die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit, 'n eienaar van grond kan magtig om met sy of haar grond te handel soos gemeld in paragraaf (b) of (c) van die omskrywing van "onderverdeel".
Grond wat op die datum van inwerkingtreding van die Dorpe-ordonnansie as 'n dorp uitgelê was of deur middel van werklike opmeting in grondeenhede en openbare plekke onderverdeel was en waarvan die algemene plan of diagram in die kantoor van 'n Landmeter-generaal goedgekeur is, word vir die toepassing van hierdie Wet geag 'n bevestigde onderverdeling te wees, uitgesonderd vir sover 'n gedeelte daarvan of 'n grondeenheid daarin verder onderverdeel, uitgelê of verander word, mits ingenieursdienste volgens voorgeskrewe standaarde geïnstalleer word.
Enige kontrak of koop en verkoop wat in stryd met die bepalings van subartikel gesluit is, is ongeldig, en enige ontwikkelaar en enige persoon of koper wat gedeeltelik of ten volle gepresteer het kragtens 'n ooreenkoms of kontrak wat ingevolge daardie subartikel ongeldig is, is geregtig om van die ander party terug te vorder wat hy of sy aldus gepresteer het.
Onderverdelingsaansoeke
 'n Eienaar van grond kan by die betrokke hoof uitvoerende beampte skriftelik aansoek doen om die toestaan van 'n onderverdeling ingevolge artikel 25.
Die hoof uitvoerende beampte moet­
die aansoek in ooreenstemming met die publieke deelname beleid in artikel 55 bedoel of soneringskemaverordeninge, laat adverteer;
die tersaaklike kommentaar van enige openbare liggaam wat na sy of haar mening belang by die aansoek het, of soos voorgeskryf , verkry;
cenige besware of kommentaar wat ten opsigte van die aansoek ontvang word, aan die aansoeker voorlê vir kommentaar;
die aansoek en alle tersaaklike dokumente aan die raad voorlê, en die eienaar, enige beswaarmakers en die Landmeter-generaal van die raad se besluit en die redes daarvoor in kennis stel en, waar van toepassing, hulle voorsien van 'n afskrif van voorwaardes deur die raad opgelê en hulle wys op hul reg van appèl ingevolge artikel 50.
Toestaan of weiering van aansoek
 Die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit kan 'n aansoek om die onderverdeling van grond toestaan of weier met inagname van die bepalings van 'n geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk of sektorale plan, aspekte van provinsiale of streeksbelang en in ooreenstemming met die soneringskemaregulasies of soneringskemaverordeninge van toepassing op die gebied.
Wanneer so 'n aansoek toegestaan word, moet die raad tersaaklike sonerings met betrekking tot die onderverdeling aandui vir die toepassing van artikel 222.
Goedkeuring van algemene plan of kaart
Indien 'n aansoek ingevolge artikel 25 toegestaan word, moet die eienaar van die grond 'n algemene plan of kaart, soos deur die Landmeter-generaal aangedui, aan die Landmeter-generaal voorlê vir goedkeuring.
Bevestiging van onderverdeling
 Indien die Landmeter-generaal 'n algemene plan of kaart soos beoog in artikel 26 goedgekeur het, moet die eienaar binne 'n tydperk van 5 jaar vanaf goedkeuring kragtens artikel 25, òf 5 jaar nadat alle opskortende voorwaardes kragtens artikel 69 opgelê, nagekom is òf binne 'n verlengde goedkeuring kragtens artikel 68 , die Registrateur van Aktes voorsien van die dokumente en inligting wat hy of sy vereis, die Registrateur van Aktes se vereistes in verband met die rojering van bestaande titelvoorwaardes nakom, ingenieursdienste in ooreenstemming met 'n voorwaarde opgelê ingevolge artikel 69 voorsien en die registrasie van minstens een grondeenheid verkry.
Waar 'n eienaar versuim het om aan die bepalings van subartikel te voldoen met betrekking tot 'n onderverdeling of deel daarvan, verval die goedkeuring kragtens artikel 25 met betrekking tot dié onderverdeling of deel daarvan by verstryking van die tydperk in subartikel beoog, en moet die betrokke kaart of algemene plan in ooreenstemming met die vereistes van die Landmeter-generaal gewysig word.
Sodra daar met betrekking tot 'n onderverdeling of deel daarvan op so 'n wyse aan die bepalings van subartikel voldoen is dat die goedkeuring van die aansoek nie ingevolge subartikel kan verval nie, word die onderverdeling of deel daarvan geag bevestig te wees.
Eiendomsreg op openbare strate en openbare plekke
Die eiendomsreg op alle grond wat beslaan word deur openbare strate en openbare plekke wat as sodanig aangedui word op 'n onderverdelingsplan wat ingevolge artikel 25 of Hoofstuk IV goedgekeur is, berus na bevestiging van die onderverdeling of 'n deel of fase daarvan by die munisipaliteit in wie se regsgebied die grond geleë is, en daardie munisipaliteit betaal nie vergoeding daarvoor nie indien sodanige voorsiening in ooreenstemming met die behoefte daaraan wat ontstaan uit die onderverdeling, of in ooreenstemming met 'n beleid wat die Provinsiale Minister van tyd tot tyd, na oorleg met munisipaliteite in die Provinsie, bepaal en artikel 31 van die Registrateur van Aktes Wet, 1937 (Wet 47 van 1937), is van toepassing.
Eienaarsvereniging
 Die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit, kan, wanneer hy of sy 'n aansoek om onderverdeling ingevolge artikel 25 toestaan, voorwaardes oplê met betrekking tot die verpligte stigting van 'n eienaarsvereniging deur die aansoeker om onderverdeling.
'n Eienaarsvereniging wat uit hoofde van die bepalings van subartikel 1 tot stand kom­
is 'n regspersoon;
i die beheer oor en instandhouding van geboue, dienste of fasiliteite wat uit die onderverdeling ontstaan, ten doel het; (ii)voorsiening maak vir die uitvoering van die bepalings van paragraaf (c), en iii deur die raad goedgekeur is ten einde te verseker dat aan die bepalings van subparagrawe i en ii voldoen word;
chet al die eienaars van grondeenhede wat uit die onderverdeling ontstaan as lede, wat mede-aanspreeklik is vir uitgawes aangegaan in verband met die vereniging, en d word na die bevestiging van die onderverdeling of gedeelte daarvan outomaties die eienaar van alle gemeenskaplike eiendom, insluitende private paaie en private plekke wat uit die onderverdeling ontstaan.
n Eienaarsvereniging of huiseienaarsvereniging wat uit hoofde van 'n voorwaarde opgelê ingevolge die Grondgebruik-ordonnansie tot stand gekom het en wat by die inwerkingtreding van hierdie Wet bestaan, word geag 'n eienaarsvereniging te wees wat uit hoofde van die bepalings van subartikel tot stand gekom het.
a Indien 'n eienaarsvereniging bedoel in subartikel 2 of 3 versuim om enige van sy verpligtinge uit hoofde van die bepalings van subartikel 2bi of c na te kom en sy lede na die mening van die raad nadelig getref word deur daardie versuim, kan die raad alle stappe doen wat nodig is om die versuim reg te stel en die bedrag aan enige uitgawes wat die raad ten opsigte van daardie stappe aangegaan het, van die eienaars bedoel in subartikel (c) terugvorder.
Bedrae aldus teruggevorder, word vir die toepassing van subartikel (c) geag uitgawes in verband met die betrokke eienaarsvereniging aangegaan, te wees.
Wysiging of rojering van onderverdelingsplan
 Die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit kan, nadat 'n aansoek kragtens artikel 25 toegestaan is, maar voor bevestiging van die onderverdeling, na oorweging van besware wat ten gevolge van subartikel ontvang is en ná oorleg met die eienaar en die Landmeter-generaal oor grondeenhede wat nog nie ingevolge 'n goedkeuring geregistreer is nie, die onderverdelingsplan, insluitende 'n kaart of algemene plan, wysig of rojeer mits elke openbare straat of openbare plek ten opsigte van 'n bevestigde deel van 'n onderverdeling gesluit word ingevolge regulasies wat kragtens hierdie Wet gemaak is.
Die hoof uitvoerende beampte moet, die voorgenome wysiging of rojering van die onderverdelingsplan adverteer in ooreenstemming met die publieke deelname beleid in artikel 55 bedoel of soneringskemaverordeninge, die eienaar in kennis stel van die raad se besluit en sy of haar aandag vestig op die reg tot appèl ingevolge artikel 50.
Die bepalings van subartikels en is mutatis mutandis van toepassing op alle algemene planne wat by die inwerkingtreding van hierdie Wet van krag was.
Oordrag van en oprigting van geboue op grondeenhede
 Voordat registrasie van grondeenhede ten opsigte van 'n goedkeuring kragtens artikel 25 deur die Registrateur van Aktes gedoen word, moet die eienaar aan die munisipaliteit bewys lewer dat ­
aan alle voorwaardes waarop die goedkeuring toegestaan is, voldoen is, of waar dié goedkeuring vir 'n gefaseerde ontwikkeling toegestaan is, alle voorwaardes van toepassing op die tersaaklike fase nagekom is en ingenieursdienste wat die fase by bestaande munisipale dienste aansluit, ten genoeë van die munisipaliteit voorsien is, en geen skriftelike munisipale magtiging om onroerende eiendom oor te dra, soos by wet vereis, word uitgereik nie, tensy daardie bewys gelewer is.
Indien grond onderverdeel is en 'n eienaarsvereniging uit hoofde van die bepalings van hierdie Wet tot stand gekom het, mag die Registrateur van Aktes die oordrag van 'n grondeenheid wat deel uitmaak van die onderverdeelde eiendom nie registreer nie, tensy 'n transportbesorger se sertifikaat dat alle geld wat die oordraer aan die regspersoon verskuldig is, betaal is of dat voorsiening ten genoeë van die regspersoon gemaak is vir die betaling daarvan, aan die Registrateur van Aktes vertoon word.
n Gebou of struktuur slegs opgerig word op 'n grondeenheid wat deel uitmaak van 'n onderverdeling wat bevestig is, tensy die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit vooraf sy goedkeuring verleen.
Enige aansoeker ingevolge hierdie Hoofstuk kan by die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit, aansoek doen om goedkeuring van 'n registrasiereëling wat bekend staan as voorlopige eiendomsreg, en dan geld die bepalings van artikel 38 mutatis mutandis.
Eiendomsreg op sekere plekke en grond wanneer onderverdeling nie bevestig word nie
Indien die onderverdelingsplan, insluitende 'n kaart of 'n algemene plan, heeltemal of gedeeltelik verval het ingevolge artikel 27 of dit heeltemal of gedeeltelik gerojeer word ingevolge artikel 30, val die eiendomsreg van die grond wat beslaan word deur openbare strate en openbare plekke, soos aangedui op die plan of deel daarvan wat verval het of wat aldus gerojeer word, terug na die geregistreerde eienaar van die grond.
HOOFSTUK I
VERSNELDE ONTWIKKELING
Toepassing van hierdie Hoofstuk
Hierdie Hoofstuk is slegs van toepassing waar grond, met inagneming van provinsiale of streeksbelang, dringend beskikbaar gestel moet word vir­
gesubsidieerde behuising, of kleinskaalboerdery, waar gesondheidsredes, menslike nood, die herstel van grondregte, die herverdeling van grond, die opgradering van grondbesit of heropbou dit vereis of in ander omstandighede deur die Provinsiale Kabinet bepaal en by kennisgewing in die Provinsiale Koerant bekend gemaak.
Beskikbaarstelling van grond vir toepassing van hierdie Hoofstuk
 'n Munisipaliteit kan grond identifiseer en beskikbaar maak vir aanwysing ingevolge artikel 35 ooreenkomstig met die voorgeskrewe prosedure wat advertering insluit.
n Lid van die Provinsiale Kabinet kan staatsgrond wat deur die Provinsie beheer word of grond wat deur die Provinsie by wyse van aankoop of onteiening of op 'n ander wyse verkry is of in die proses van verkryging is, vir aanwysiging ingevolge artikel 35 beskikbaar stel nadat die voorneme om grond vir aanwysing beskikbaar te stel, op die voorgeskrewe wyse geadverteer is en in oorleg met die betrokke munisipaliteit.
n Statutêre liggaam of enige ander persoon kan grond waarvan hy of sy die eienaar is, of wat in die proses van oordrag aan hom of haar of dit is, of ten opsigte waarvan 'n grondbeskikbaarheidsooreenkoms gesluit is, vir aanwysing ingevolge artikel 35 beskikbaar stel nadat die voorneme om grond vir aanwysing beskikbaar te stel, op die voorgeskrewe wyse geadverteer is in oorleg met die betrokke munisipaliteit.
Grond kan ingevolge artikel 35 vir aanwysing beskikbaar gestel word ten spyte daarvan dat nie-statutêre ontwikkeling en onderverdeling by wyse van die vestiging van mense daarop plaasgevind het.
Die bepalings van artikels 6 tot en met 23 van die Onteieningswet, 1975 (Wet 63 van 1975), is mutatis mutandis van toepassing op die onteiening van grond ingevolge subartikel , en by die toepassing daarvan word 'n verwysing in daardie artikels na­
minister" en "Staat" uitgelê as 'n verwysing na die Provinsiale Minister en die provinsiale regering onderskeidelik, en artikel 2" uitgelê as 'n verwysing na subartikel .
Aanwysing van grond vir versnelde ontwikkeling
 Die Provinsiale Minister kan by aansoek van 'n munisipaliteit en na oorweging van al die voorgeskrewe dokumente en inligting en kommentaar wat in reaksie op advertering ontvang is en met inagneming van enige toepaslike geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk, sektorale plan of struktuurplan, grond wat ingevolge artikel 34 beskikbaar gestel is, by kennisgewing in die Provinsiale Koerant en op die voorwaardes in daardie kennisgewing uiteengesit, vir versnelde ontwikkeling aanwys, en daarna word die betrokke grond verder beplan en ontwikkel ingevolge die bepalings van hierdie Hoofstuk.
Die Provinsiale Minister kan te eniger tyd by aansoek en in oorleg met die betrokke munisipaliteit, die kennisgewing in subartikel bedoel wysig of dit terugtrek voordat vestiging ingevolge artikel 41 'n aanvang neem; met dien verstande dat die opskorting van 'n serwituut of beperking ingevolge artikel 36, hetsy voor of na die aanvang van vestiging, opgehef kan word.
Grond wat ingevolge nasionale wetgewing vir ontwikkeling met die oog op die verkryging van sekerheid van verblyfreg of vir vestiging aangewys is of grond toegeken deur bevel van die Hof vir Grondeise, kan, sonder dat enige verdere stappe gedoen is, deur die Provinsiale Minister aangewys word as grond vir versnelde ontwikkeling by kennisgewing in die Provinsiale Koerant met inagname van enige voorwaardes wat deur die betrokke nasionale Minister met die aanwysing van sodanige grond, opgelê is.
Grond wat vroeër ingevolge artikel 3 aangewys is of grond in artikel 11 of 19 van die Wet op Minder Formele Dorpstigting, 1991 (Wet 113 van 1991), bedoel, word geag grond te wees wat ingevolge hierdie artikel vir versnelde ontwikkeling aangewys is; met dien verstande dat indien die ontwikkeling daarvan onvoltooid is of enige aangeleentheid by die inwerkingtreding van hierdie Wet nog nie afgehandel is nie, sodanige aangeleentheid afgehandel word ingevolge Wet 113 van 1991 of hierdie Wet, soos deur die die Provinsiale Minister bepaal.
Grond wat vir versnelde ontwikkeling ingevolge hierdie Hoofstuk aangewys word, word vir die toepassing van artikel 9 van die Wet op Minder Formele Dorpstigting, 1991, geag grond te wees wat ingevolge Hoofstuk I van daardie wet aangewys is.
Wanneer grond deur 'n lid van die Provinsiale Kabinet of die Provinsiale Behuisingsraad ingevolge artikels 34 of 34 beskikbaar gestel is, moet die munisipaliteit skriftelike ooreenkoms bereik met die lid of Provinsiale Behuisingsraad oor die befondsing van die ontwikkeling; met dien verstande dat die betrokke lid fondse van die Provinsiale Behuisingsraad of uit enige ander bron kan bekom om die ontwikkeling te ondersteun.
Die bepalings van artikels 9 en 10 van die Wet op die Beskikbaarstelling van Sekere Grond vir Vestiging, 1993 (Wet 126 van 1993), waardeur die verantwoordelike nasionale Minister, uit geld wat deur die Parlement bewillig is, 'n voorskot of subsidie aan enige persoon, trust, groep persone of regspersoon kan toestaan vir die aanskaffing van aangewese grond of grond wat ingevolge daardie Wet aangewys gaan word en die beplanning en ontwikkeling daarvan, is van toepassing op grond wat ingevolge hierdie Hoofstuk aangewys is.
Opskorting en opheffing van wetlike bepalings en beperkings deur Provinsiale Minister
 'n Munisipaliteit kan, by aansoek vir die aanwysing van grond ingevolge artikel 35 , versoek dat enige beperking of wetlike bepaling betreffende die beplanning, ontwikkeling of aanwending van sodanige grond wat binne die wetgewende bevoegdheid van die Provinsiale Parlement berus opgeskort of opgehef word.
Die Provinsiale Minister kan, by kennisgewing in die Provinsiale Koerant, sodanige beperking of wetlike bepaling soos bedoel in subartikel , opskort of ophef indien dit bestaande beheermaatreëls dupliseer of die afhandeling van aansoeke of die ontwikkeling of aanwending van grond onnodig sal vertraag; met dien verstande dat sodanige opskorting of opheffing, gelyktydig met of te eniger tyd voor of na die aanwysing van grond ingevolge artikel 35 , kan plaasvind.
Die Provinsiale Minister kan die verantwoordelike nasionale Minister versoek om 'n bevoegdheid kragtens artikel 12A van die Wet op Minder Formele Dorpstigting, 1991 soortgelyk aan dié wat ingevolge subartikel aan die Provinsiale Minister opgedra word, by kennisgewing in die Provinsiale Koerant, uit te oefen ten opsigte van 'n wet wat buite die wetgewende bevoegdheid van die Provinsiale Parlement val.
Voordat die Provinsiale Minister of die verantwoordelike nasionale Minister, na gelang van die geval, optree soos in subartikel , of beoog, moet hy of sy die voorstel eers op die voorgeskrewe wyse adverteer of, by gebrek aan regulasies, op die wyse wat hy of sy goedvind.
Subartikels en word nie uitgelê as sou dit die opskorting van 'n geregistreerde reg op minerale magtig nie.
Die Provinsiale Minister of nasionale Minister, na gelang van die geval, kan 'n kennisgewing in subartikels , en beoog, op aansoek deur die betrokke munisipaliteit of Provinsiale Minister, by kennisgewing in die Provinsiale Koerant wysig of intrek.
Die bepalings van artikels 45, 46 en 47 is mutatis mutandis van toepassing op enige beperking wat ingevolge subartikel of opgeskort of opgehef is, en by registrasie van 'n algemene plan deur die Registrateur van Aktes of in die geval van hersonering word enige beperking wat ingevolge subartikel of opgeskort of opgehef is, gerojeer binne die tydperk wat die Provinsiale Minister bepaal.
Beplanning en ontwikkeling van aangewese grond
 'n Eienaar van aangewese grond, insluitende die Staat, moet 'n terreinontwikkelingsplan of onderverdelingsplan vir die ontwikkeling van sodanige grond aan die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit, of voorgeskrewe owerheid, vir goedkeuring voorlê, welke voorlegging vergesel moet gaan van die voorgeskrewe dokumente en inligting, wat die voorgestelde sonerings met betrekking tot daardie grondeenhede aandui.
Die terreinontwikkelingsplan of onderverdelingsplan word op die voorgeskrewe wyse geadverteer of, by gebrek aan regulasies, op die wyse soos bepaal deur die owerheid wat gemagtig is om die onderverdeling of ontwikkeling goed te keur.
Die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit kan 'n terreinontwikkelingsplan of onderverdelingsplan toestaan of weier met inagname van enige voorwaardes opgelê kragtens artikel 35 of betreffende 'n ooreenkoms tussen die eienaar en die raad en kan addisionele voorwaardes op die ontwikkeling van dié grond oplê; met dien verstande dat die raad, wanneer voorwaardes opgelê word, moet verseker dat die aangewese grond beplan en ontwikkel word op 'n wyse wat die latere opgradering van ingenieursdienste daarop moontlik maak.
Wanneer die terreinontwikkelings- of onderverdelingsplan goedgekeur word ingevolge subartikel moet die raad vir die toepassing van artikel 22 die tersaaklike sonerings met betrekking tot die grondeenhede aandui.
Voorlopige eiendomsreg
 Enige aansoeker ingevolge hierdie Hoofstuk kan by die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit aansoek doen om goedkeuring van die registrasiereëling bekend as voorlopige eiendomsreg.
Die raad kan 'n aansoek ingevolge subartikel goedkeur of weier; met dien verstande dat 'n aansoek nie geweier mag word nie indien­
aan die bepalings van artikel 38 (a) tot (g) van die Wet op Ontwikkelingsfasilitering, 1995 (Wet 67 van 1995), voldoen is, en die raad tevrede is dat die transportbesorger of opmeter wat verantwoordelik is vir die uitreiking van sertifikate, oor voldoende versekering beskik om hulle in staat te stel om die sertifikate uit te reik.
Die bepalings van artikel 38 , en van die Wet op Ontwikkelingsfasilitering, 1995, is mutatis mutandis van toepassing op aansoeke ingevolge hierdie Wet.
Nadat 'n aansoek ingevolge subartikel goedgekeur is, kan die titelvorm wat as voorlopige eiendomsreg bekend staan, in die registrasiekantoor geregistreer word sodra die opmeter die prosedures voorgeskryf in artikel 62 van die Wet op Ontwikkelingsfasilitering, 1995, nagekom het.
a Die eerste oordrag van voorlopige eiendomsreg word in ooreenstemming met die bepalings van die Registrasie van Aktes Wet, 1937 Wet 47 van 1937, geregistreer en geskied by wyse van 'n transportakte in die vorm wat in daardie Wet voorgeskryf word.
Registrasie van oordrag van voorlopige eiendomsreg vestig in die houer van die voorlopige eiendomsreg die regte uiteengesit in artikel 62 van die Wet op Ontwikkelingsfasilitering, 1995.
Die bepalings van artikel 62 , , , en en artikel 63 van die Wet op Ontwikkelingsfasilitering, 1995, betreffende die omskepping van informele titelreëlings in eiendomsreg is mutatis mutandis van toepassing op aansoeke ingevolge hierdie Wet.
Die bepalings ten opsigte van spesiale transportaktes in artikel 64 van die Wet op Ontwikkelingsfasilitering, 1995, is mutatis mutandis van toepassing op aansoeke ingevolge hierdie Wet.
Vir die toepassing van Hoofstuk VII van die Wet op Ontwikkelingsfasilitering, 1995, in soverre dit betrekking het op versnelde ontwikkeling en voorlopige eiendomsreg, word enige verwysing in verband met 'n aansoek in die Provinsie na­
n grondontwikkelingsaansoek, -applikant en -gebied uitgelê as 'n verwysing na 'n aansoek, 'n eienaar en aangewese grond of die grond waarop die aansoek ingevolge hierdie Wet betrekking het;
n tribunaal uitgelê as 'n verwysing na die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit;
n aangewese beampte uitgelê as 'n verwysing na 'n departementshoof of hoof uitvoerende beampte, na gelang van die geval, ingevolge hierdie Wet;
n stigtingsvoorwaarde uitgelê as 'n verwysing na 'n voorwaarde ingevolge artikel 69, en enige goedkeuring, vereiste, optrede of bepaling in daardie Wet bedoel, uitgelê as 'n verwysing na die ooreenstemmende goedkeuring, vereiste, optrede of bepaling in hierdie Wet bedoel.
Die Provinsiale Minister kan regulasies maak en prosedures voorskryf ten opsigte van die toekenning van voorlopige eiendomsreg en alle ander aspekte in hierdie artikel vermeld.
Opmeting en goedkeuring van algemene plan
Die eienaar van aangewese grond wat onderverdeel gaan word, moet na goedkeuring van 'n onderverdelingsplan ingevolge artikel 37 en, waar tersaaklik, goedkeuring van 'n aansoek ingevolge artikel 38, 'n algemene plan aan die betrokke Landmeter-generaal voorlê vir goedkeuring of voorlopige goedkeuring en, nadat goedkeuring of voorlopige goedkeuring verkry is, die plan aan die betrokke Registrateur van Aktes voorlê vir registrasie.
Registrasie van algemene plan
 Die Registrateur van Aktes begin om 'n algemene plan te registreer wanneer die algemene plan ingevolge artikel 39 goedgekeur of voorlopig goedgekeur is en alle voorgeskrewe aangeleenthede nagekom is.
Sodra 'n algemene plan deur die Registrateur van Aktes geregistreer is soos beoog in subartikel 1­
word die aangewese grond behoudens die bepalings van hierdie Wet geag 'n bevestigde onderverdeling in ooreenstemming met Hoofstuk III te wees, en die verdere bepalings van Hoofstuk III is op sodanige onderverdeling van toepassing;
word 'n serwituut of beperking wat ingevolge artikel 36 opgeskort is, gerojeer, en cberus die eiendomsreg op alle grond wat beslaan word deur openbare strate en openbare plekke wat op daardie plan aangedui word, in ooreenstemming met die bepalings van artikel 28 by die betrokke munisipaliteit.
Waar grond nie onderverdeel gaan word nie, word 'n serwituut of beperking wat ingevolge artikel 36 opgeskort is, gerojeer binne die tydperk wat die Provinsiale Minister bepaal.
Vestiging van persone op aangewese grond
 Die eienaar van aangewese grond kan behoudens subartikel 'n grondeenheid op daardie grond aan 'n persoon toeken vir vestiging.
Vestiging van 'n persoon op grond ingevolge subartikel toegeken, mag slegs plaasvind nadat 'n opmeter, met die oog op die opstel van 'n algemene plan, die grondeenheid opgemeet en die erfbakens geplaas het; met dien verstande dat die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit, in 'n bepaalde geval toestemming kan verleen dat vestiging kan plaasvind op 'n wyse wat die raad bepaal selfs al is die betrokke erfbakens nog nie geplaas nie.
Die bepalings van subartikel verhoed nie die opgradering van bestaande onwettig gevestigde gebiede nie.
Vestiging op grond ingevolge subartikel toegeken, kan plaasvind voordat die algemene plan vir die aangewese grond goedgekeur of voorlopig goedgekeur is.
n Grondeenheid kan met of sonder die betaling van vergoeding, na gelang die eienaar bepaal, toegeken word.
Registrasie van eiendomsreg
 Indien die eienaar van aangewese grond voornemens is om eiendomsreg op 'n grondeenheid toegeken kragtens artikel 41 , oor te dra, dien hy of sy, sodra die algemene plan vir die aangewese grond ingevolge artikel 40 geregistreer is en ná die toekenning, 'n transportakte ten gunste van die persoon aan wie die grondeenheid toegeken is, op die vorm wat ingevolge die Registrasie van Aktes Wet, 1937 (Wet 47 van 1937) vir die doel voorgeskryf is, by die registrasiekantoor in, en daarna registreer die Registrateur van Aktes die grondeenheid in die naam van daardie persoon.
'n Transportakte bedoel in subartikel 1 word opgestel deur­
n transportbesorger, of indien die eienaar van die grondeenheid die Staat of 'n munisipaliteit is, enige persoon in diens van die Staat of daardie munisipaliteit wat deur die Provinsiale Minister of die raad, na gelang van die geval, vir dié doel aangewys is.
Die vorm van 'n transportakte beoog in subartikel is soos ingevolge die Registrasie van Aktes Wet, 1937, voorgeskryf en word deur die eienaar van die grondeenheid of sy of haar behoorlik gemagtigde agent in die teenwoordigheid van 'n transportbesorger of 'n persoon bedoel in subartikel onderteken op die wyse ingevolge daardie Wet voorgeskryf.
'n Persoon beoog in subartikel 2­
maak die feit dat die transportakte bedoel in subartikel of 'n volmag, aansoek of toestemming wat die Registrateur van Aktes vir die doel van die registrasie van die oordrag kan vereis, deur hom of haar opgestel is, openbaar deur 'n endossement te dien effekte op die transportakte, volmag, aansoek of toestemming, na gelang van die geval, te onderteken, en aanvaar uit hoofde van so 'n ondertekening mutatis mutandis verantwoordelikheid ingevolge artikel 15A en van die Registrasie van Aktes Wet, 1937, vir die juistheid van die feite in so 'n dokument vervat, en kan, ondanks andersluidende bepalings van enige ander wet, al die funksies van 'n transportbesorger met betrekking tot die registrasie van 'n transportakte, soos in hierdie artikel beoog, verrig.
n Transportbesorger of persoon bedoel in subartikel dien die transportakte tesame met die nodige ondersteunende dokumente by die registrasiekantoor in op die wyse ingevolge die Registrasie van Aktes Wet, 1937, voorgeskryf.
Die Registrateur van Aktes beskik oor die transportakte en die ander dokumente in subartikel bedoel asof die transportakte ingevolge artikel 20 van die Registrasie van Aktes Wet, 1937 in die teenwoordigheid van die Registrateur van Aktes onderteken is.
Eiendomsreg op 'n grondeenheid word geag deur die Registrateur van Aktes oorgedra te gewees het op die datum van registrasie van 'n transportakte bedoel in subartikel .
HOOFSTUK 
OPHEFFING VAN BEPERKINGS
Aansoeke om opheffing of verslapping
 'n Eienaar van grond kan skriftelik aansoek doen by die betrokke hoof uitvoerende beampte om die wysiging, opskorting, opheffing of verslapping ingevolge artikel 44 van 'n beperking wat teen die titelakte van die grond of enige tersaaklike register, kaart of plan geregistreer is.
Die hoof uitvoerende beampte moet­
die aansoek laat adverteer in ooreenstemming met die publieke deelname beleid in artikel 55 bedoel of soneringskemaverordeninge;
die tersaaklike kommentaar van enige openbare liggaam wat na sy of haar mening belang by die aansoek het, of soos voorgeskryf, verkry;
cenige besware of kommentaar wat ten opsigte van die aansoek ontvang word, aan die aansoeker voorlê vir kommentaar;
die aansoek en alle tersaaklike dokumente aan die raad voorlê, en die aansoeker en enige beswaarmakers van die raad se besluit en die redes daarvoor in kennis stel en, waar van toepassing, hulle voorsien van 'n afskrif van voorwaardes, insluitende vervangende titelvoorwaardes, deur die raad opgelê en hulle wys op hul reg van appèl ingevolge artikel 50.
Indien 'n bepaling in 'n titelakte voorsiening maak dat daardie bepaling onder sekere omstandighede verslap of kwytgeskeld kan word, kan die persoon of liggaam daarin genoem, of waar sodanige persoon of liggaam of opvolger in titel nie meer bestaan nie, die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit, sodanige verslapping magtig.
Toestaan of weiering van aansoek
Die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit kan, onderworpe aan artikel 43 , 'n aansoek om die wysiging, opskorting, opheffing of verslapping van 'n beperking wat die beplanning, ontwikkeling of aanwending van enige eiendom beperk, toestaan of weier met inagname van die bepalings van 'n geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk of sektorale plan, aspekte van provinsiale of streeksbelang en in ooreenstemming met die soneringskemaregulasies of soneringskemaverordeninge van toepassing op die gebied.
Bekendmaking van besluite
 Indien geen appèl ingedien is teen 'n besluit kragtens artikel 43 of 44 nie, moet die betrokke raad, sy besluit dienooreenkomstig aan die partye bekend maak en, indien die titelakte gewysig moet word, ook die Registrateur van Aktes en die Landmeter-generaal en 'n kennisgewing binne die voorgeskrewe tydperk in die Provinsiale Koerant publiseer.
Indien 'n appèl ingedien is teen 'n raadsbesluit kragtens artikel 433 of 44, moet die beplanninghersieningsraad sy besluit aan die betrokke partye bekend maak en, indien die titelakte gewysig moet word, moet die raad die Registrateur van Aktes en die Landmeter-generaal, binne die voorgeskrewe tydperk in kennis stel en 'n kennisgewing in die Provinsiale Koerant publiseer.
Optrede van Registrateur van Aktes en Landmeter-generaal
Die betrokke Registrateur van Aktes en Landmeter-generaal moet so gou moontlik nadat hulle ingevolge artikel 45 verwittig is, die gepaste inskrywings en endossemente wat nodig is om die uitwerking van sodaninge besluite weer te gee, maak in of op enige tersaaklike geldende register, titelakte, kaart of plan wat in hul onderskeie kantore geregistreer is of aan hulle voorgelê word.
Vergoeding
 'n Persoon wat skade gely het omdat 'n titelvoorwaarde ingevolge artikel 44 gewysig, opgeskort, opgehef of verslap is in stryd met sy of haar wense, kan binne die voorgeskrewe tydperk skadevergoeding daarvoor eis van die persoon wat ten tyde van die wysiging, opskorting, opheffing of verslapping die eienaar van die grond was ten opsigte waarvan die titelvoorwaarde gewysig, opgeskort, opgehef of verslap is.
Indien die betrokke eiser en eienaar nie binne 90 dae nadat 'n eis om vergoeding ingevolge subartikel 1 ingedien is, tot 'n ooreenkoms kom betreffende die bedrag aan skadevergoeding betaalbaar nie, moet enige vraag of die persoon sodanige skade gely het en betreffende die omvang van daardie skade, op versoek van enigeen van die partye deur die beplanninghersieningsraad, of in ooreenkoms tussen die partye by arbitrasie, beslis word.
HOOFSTUK VI
BEPLANNINGHERSIENINGSRAAD EN BEMIDDELING
Instelling en samestelling van beplanninghersieningsraad
 Die Premier moet by kennisgewing in die Provinsiale Koerant 'n beplanninghersieningsraad vir die Provinsie instel.
Die verteenwoordigende liggame van die dissiplines deur die Provinsiale Minister ingevolge hierdie artikel bepaal, kan by die oproep tot nominasies in die pers, elk in ooreenstemming met die voorgeskrewe prosedure een of meer persone vir aanstelling tot 'n paneel van beplanninghersieningsraadlede nomineer, welke genomineerdes permanent in die Provinsie moet woon en toepaslike kennis van en ervaring in die dissiplines betreffende beplanning en ontwikkeling soos beapaal deur die Provinsiale Minister moet hê insluitend omgewingsbetuur, stads-en streekbeplanning, siviele ingenieurswese, landmeting, die reg, argitektuur, landskapsargitektuur, waardasie en eiendomsontwikkeling.
a Die Premier sal, van tyd tot tyd, 'n paneel van beplanninghersieningsraadlede aanstel, wat nie 'n getal van 20 oorskry nie, vanuit persone genomineer ingevolge subartikel 2 op grond van hul kennis van en ervaring in die dissiplines betreffende beplanning en ontwikkeling en 'n voorsitter en ondervoorsitter vir die beplanninghersieningsraad aanstel op die voorwaardes wat hy of sy bepaal, insluitend voorwaardes aangaande die betaling van vergoeding en toelaes van lede, met die instemming van die Provinsiale Minister verantwoordelik vir finansies.
Voor die aanstelling van 'n persoon as 'n lid, moet die Premier-
sy of haar intensie om sodanige persoon aan te stel, by kennisgewing in die Provinsiale Koerant of plaaslike pers bekend maak, en enige besware ten opsigte van sodanige aanstelling ontvang, oorweeg.
Geen persoon word as voorsitter of ondervoorsitter aangestel tensy hy of sy gekwalifiseerd is om­
toegelaat te word om kragtens die Wet op die Toelating van Advokate, 1964 (Wet 67 van 1964) as advokaat te praktiseer; of toegelaat te word om kragtens die Prokureurswet, 1979 (Wet 53 van 1979) as prokureur te praktiseer, of caangestel te word as landdros kragtens die Wet op Landdroshowe, 1944 Wet 32 van 1944 saamgelees met artikel 10 van die Wet op Landdroste, 1993 Wet 90 van 1993, en vir 'n ononderbroke tydperk van minstens 5 jaar as advokaat of prokureur gepraktiseer, of die pos van landdros beklee, het nie.
Die aanstelling van elke persoon tot 'n paneel van beplanninghersieningsraadlede is vir 'n tydperk van 4 jaar geldig en die aanstelling van die voorsitter en ondervoorsitter is vir 'n periode van 6 jaar vanaf hul onderskeie aanstellingsdatums geldig; met dien verstande dat indien op die datum van verstryking van sodanige aanstelling, enige beplanninghersieningsraad waarop dié lid, onder­voorsitter of voorsitter dien, na gelang van die geval, 'n appèl waarmee dit handel, nog nie afgehandel is nie, sodanige lid of lede voortgaan om te dien op die bepaalde raad en sodanige voorsitter of ondervoorsitter voortgaan om in dié hoedanigheid op sodanige raad op te tree, slegs vir doeleindes van en totdat dié appèl afgehandel is.
a Die Premier kan die ampsbediening van die voorsitter beëindig, indien hy of sy oortuig is dat grondige redes daarvoor bestaan en redes vir sodanige beëindiging uiteensit.
Die Premier kan, op skriftelike versoek van die voorsitter, wat die redes vir dié versoek uiteensit, die tydperk van ampbediening van 'n lid beëindig, indien hy of sy oortuig is dat grondige redes daarvoor bestaan.
n Persoon wat tot die paneel van beplanninghersieningsraadlede aangestel is, kan by skriftelike kennisgewing aan die Premier, bedank.
Indien 'n vakature ontstaan, kan die vakature deur aanstelling van 'n persoon in ooreenstemming met subartikels , en gevul word.
Die administratiewe pligte en funksies van die beplanninghersieningsraad word gelewer deur 'n sekretariaat wat bestaan uit persone in diens van die provinsiale administrasie soos aangewys deur die Provinsiale Minister.
Die beplanninghersieningsraad lê 'n jaarlikse verslag aangaande die uitgawes en die aantal en kategorie van beplanningsappèlle in 'n kalenderjaar aangehoor, aan die Premier voor.
 Die beplanninghersieningsraad bestaan uit die voorsitter bedoel in artikel 48 en minstens 4 lede deur die voorsitter aangestel vanuit die paneel van beplanninghersieningsraadlede vir die doeleindes van die aanhoor van 'n bepaalde appèl; met dien verstande dat die lede wat so aangestel is, een lid genomineer deur die departementshoof en een lid genomineer deur georganiseerde plaaslike regering, sal insluit.
Die ondervoorsitter van die beplanninghersieningsraad tree op as voorsitter van die raad wanneer die voorsitter afwesig is of nie in staat is om die funksies van die amp uit te oefen nie; met dien verstande dat wanneer die voorsitter weens afwesigheid of onvermoë nie in staat is om die verhoor van 'n appèl te voltooi nie, daardie verhoor de novo voor die ondervoorsitter sal begin.
Die verhore van die beplanninghersieningsraad vind plaas in 'n oop vergadering, waar persone met 'n belang in 'n bepaalde appèl teenwoordig mag wees.
Die vergaderings van 'n beplanninghersieningsraad word gehou op die tye en plekke wat die voorsitter van dié raad bepaal; met dien verstande dat sodanige raad sy eerste vergadering om te oorweeg hoe met elke appèl gehandel moet word, binne 14 dae vanaf die datum dat die departementshoof dié appèl aan die voorsitter van die beplanninghersieningsraad voorgelê het, sal plaasvind.
n Lid van die beplanninghersieningsraad is nie teenwoordig tydens die bespreking of stemming oor 'n aangeleentheid of item voor die raad waarin hy of sy 'n direkte of indirekte geldelike belang, hetsy deur homself of haarself of deur sy of haar gade, metgesel, naaste familie, besigheidsverbintenis of werkgewer, het nie.
Die beslissing van 'n meerderheid van die lede van 'n beplanninghersieningsraad wat op 'n vergadering daarvan aanwesig is, maak die besluit van die beplanningsraad uit, en by 'n staking van stemme het die voorsitter 'n beslissende stem benewens sy of haar beraadslagende stem.
n Appellant ingevolge artikel 50, kan te eniger tyd, voor of na verhoor, 'n appèl terugtrek met die instemming van die voorsitter en op die voorwaardes soos deur die voorsitter bepaal, waarop die verrigtinge met betrekking tot daardie appèl gestaak is.
Die beplanninghersieningsraad moet wanneer 'n beslissing geneem word, onderworpe aan regulasies ingevolge artikel 70, sodanige beslissing en redes daarvoor opteken en dit aan die betrokke partye oordra.
 Die volgende liggame en persone het 'n reg van appèl na die beplanninghersieningsraad teen 'n besluit geneem ingevolge hierdie Wet, soneringskemaregulasies of soneringskemaverordeninge:
n aansoeker wat veronreg voel deur 'n besluit van 'n munisipaliteit;
n persoon wat voor die goedkeuring van die aansoek deur die munisipaliteit of Provinsiale Minister, beswaar en skriftelike vertoë betreffende die aansoek gemaak het;
c'n persoon of liggaam wat veronreg voel deur 'n bepaling gemaak of voorskrif uitgevaardig ingevolge artikel 92b, 112, 141, 2, 3, 4 of 5, 162b of 625;
n munisipaliteit met betrekking tot 'n besluit deur 'n aanliggende munisipaliteit of Provinsiale Minister geneem;
die departementshoof met betrekking tot 'n besluit deur of namens 'n munisipaliteit geneem, en enige persoon of liggaam wat veronreg voel deur die versuim van 'n munisipaliteit of Provinsiale Minister om 'n belsuit te neem binne 'n voorgeskrewe periode of wat versuim om 'n voorgeskrewe prosedure te volg;
met dien verstande dat geen appèlreg bestaan ten opsigte van besluite ingevolge Hoofstuk I of IV geneem nie.
mag 'n skriftelike appèl op die voorgeskrewe wyse by die departementshoof indien waarin hy of sy die gronde waarop sodanige appèl gebaseer is, die besluit waarteen appèlleer word en herstel verlang, synde dit op prosedurele gronde of teen die hele of gedeelte van die besluit deur 'n munisipaliteit of Provinsiale Minister, uiteensit, en moet gelyktydig 'n kopie van sodanige appèl by die munisipaliteit of Provinsiale Minister, teen wie se besluit dié appèl geloods word, indien.
Magte en pligte van die beplanninghersieningsraad
 'n Beplanninghersieningsraad mag enige inligting wat dit vereis vanaf betrokke partye opvra en 'n ondersoek na 'n appèl instel in ooreenstemming met voorgeskrewe prosedures.
Vir die doeleindes van 'n ondersoek kan die voorsitter enige persoon in die voorgeskrewe wyse dagvaar wat na die oordeel van die raad instaat mag wees om belangrike inligting oor die onderwerp van die ondersoek te kan lewer, of wie die raad vermoed enige dokument of voorwerp onder sy of haar beheer het wat betrekking het op die appèl, om voor die raad te verskyn op die tyd en plek uiteengesit in die dagvaarding, om ondervra te word of die boek, dokument of voorwerp voor te lê.
'n Dagvaarding beoog in subartikel 2 moet­
in die voorgeskrewe vorm wees;
besonderhede bevat van die aangeleentheid in verband waarmee die betrokke persoon voor die beplanningsraad moet verskyn;
cdeur die voorsitter van die beplanningsraad of 'n persoon deur hom of haar daartoe gemagtig, onderteken word, en op die voorgeskrewe wyse beteken word.
Die beplanninghersieningsraad moet partye tot 'n dispuut van besonderhede of enige inligting deur die raad verkry voorsien in ooreenstemming met subartikels en .
Die voorsitter tydens 'n ondersoek moet 'n aantekening van verrigtinge, getuienis gegee en besluite deur die beplanninghersieningsraad geneem, hou en laat byhou op 'n wyse na sy of haar oordeel, met inagname van voorgeskrewe prosedures.
Enige persoon wat gedagvaar is om voor die beplanninghersieningsraad te verskyn en wat sonder voldoende rede­
versuim om voor die beplanninghersieningsraad te verskyn op die datum in die dagvaarding vermeld of om teenwoordig te wees totdat hy of sy deur die voorsitter verskoon is van verdere teenwoordigheid, versuim om 'n dokument of voorwerp in ooreenstemming met die dagvaarding voor te lê, cversuim om 'n vraag wat wettiglik aan hom of haar gestel is, na die beste van sy of haar vermoë, te beantwoord, of valse getuienis aflê voor die beplanninghersieningsraad, wetend dat die getuienis vals is, is skuldig aan 'n misdryf.
moet die oorweging van 'n appèl uitstel of opskort na ontvangs van skriftelike kennisgewing deur partye tot 'n appèl dat hul tot mediasie ingevolge artikel 52 toegetree het, hangende 'n verslag soos beoog in artikel 52 .
kan 'n aangeleentheid na mediasie verwys in welke geval die raad sy oorweging van sodanige appèl sal opskort hangende 'n verslag soos beoog in artikel 52 ;
ckan oorweging van 'n appèl uitstel terwyl die betrokke partye onderhandel om die hersiening en wysiging van die besluit of voorskrif waarteen 'n appèl ingedien is;
kan, indien sy lede eenparig is, 'n besluit gee gebaseer op die dokumente aan die raad voorgelê, sonder om 'n verhoor in te stel;
kan die aangeleentheid laat opteken vir 'n verhoor, onderworpe aan die aard en kompleksiteit van die appèl;
sal, wanneer 'n vraag oor die uitleg, betekenis, geldigheid, redelikheid en toepaslikheid van 'n voorwaarde opgelê ingevolge artikel 69 ontstaan met betrekking tot ­
i die afstaan van grond, die betaling van geld of die voorsiening van ingenieursdienste of fasiliteite, of iidie verdeling tussen 'n eienaar van grond en 'n munisipaliteit van die koste verbonde aan daardie dienste of fasiliteite;
die vraag oorweeg en beslis en sodanige voorwaarde verander, wysig of skrap, en g kan, indien na sy oordeel, 'n appèl ingewikkelde en komplekse regs-of feitelike vrae bevat wat nie behoorlik of regverdig deur die raad beslis kan word nie, die verrigtinge staak in welke geval die appellant 'n aksie in 'n bevoegde hof mag instel.
Die beplanninghersieningsraad kan 'n appèl van die hand wys of in sy geheel of gedeeltelik handhaaf of ten opsigte daarvan 'n besluit neem wat die betrokke besluitnemer kon geneem het waar die raad tevrede is dat geen redelike besluitnemer tot enige ander beslissing kon gekom het nie; met dien verstande dat­
die raad, op skriftelike versoek van die munisipaliteit of Provinsiale Minister, 'n saak kan terugverwys na die munisipaliteit of Provinsiale Minister tesame met sy bevindinge en besluit met 'n voorskrif om die aangeleentheid te heroorweeg binne 'n tydpwerk deur die beplanninghersieningsraad bepaal, of die raad, 'n aangeleentheid na die Provinsiale Minister kan verwys vir 'n besluit, indien die aangeleentheid eksklusief met 'n saak van provinsiale of streekbelang handel met inagname van die bepalings van Hoofstuk IX, of cdie raad moet 'n aangeleentheid, buiten dié wat bedoel word in subartikel 7f, na 'n betrokke munisipaliteit verwys, tesame met sy bevindinge en besluit, indien die besluit wat die beplanninghersieningsraad andersins sou neem, die betrokke munisipaliteit direk sal betrek in kapitale uitgawes waarvoor nie in die huidige finansiële jaar begroot is nie.
Die beplanninghersieningsraad moet sy besluit in ooreenstemming met die doelwitte en beginsels vervat in Bylae IV neem na oorweging van die dokumente aan hom voorgelê en waar toepaslik met inagname van­
enige beleid, regulasie, verordening of riglyne ingevolge hierdie Wet goedgekeur of sake van provinsiale of streekbelang ingevolge Hoofstuk IX;
enige verslag oor mediasie soos beoog in artikel 52 ;
enige omgewingsriglyne ingevolge artikel 67 uitgevaardig, en enigebeginsel of beleid deur die beplanninghersieningsraad aanvaar soos gereflekteer in vorige besluite van die raad.
Die beplanninghersieningsraad kan 'n besluit rakende kostes, wat na oorweging as regverdig in die omstandighede beskou word, neem, insluitend 'n bevel wat­
die betaling van die vergoeding en reiskostes aan beplanninghersieningsraadlede betaal ten opsigte van 'n bepaalde appèl;
die betaling van die vergoeding en reiskostes van 'n mediator ingevolge artikel 52 aangestel;
cdie betaling van die redelike uitgawes aangegaan deur enige party tot 'n appèl wat direk in verband staan tot die voorbereiding van'n kennisgewing van appèl, die verhoor daarvan, die voorlegging van getuienis by 'n verhoor, die gedagvaarde getuienis van kundiges en verteenwoordiging van enige party by sodanige verhoor;
die betaling van die redelike uitgawes aangegaan tot die administratiewe kostes van die beplanninghersieningsraad in die prosessering van die appèl, en die terugbetaling van enige appèlfooie, gelas.
Die besluit van 'n beplanninghersieningsraad is, onderworpe aan hersiening deur òf appèl tot 'n bevoegde hof en die bepalings van subartikel (g), finaal en bindend op die Provinsiale Minister, die munisipaliteit en enige ander betrokke party.
Bemiddeling
 Die beplanninghersieningsraad of Provinsiale Minister of 'n raad, kan op aansoek van enige party by 'n geskil of, indien dit na die oordeel van die beplanninghersieningsraad of Provinsiale Minister of die raad wenslik is, ná oorleg met die partye by 'n geskil, 'n persoon wat vir alle partye by die geskil aanvaarbaar is, as bemiddelaar in daardie geskil aanwys.
Indien al die partye by die geskil nie ooreen kan kom oor 'n persoon wat as bemiddelaar aangestel moet word nie, kan die beplanninghersieningsraad of Provinsiale Minister of die raad, na gelang van die geval, 'n persoon uit die paneel van bemiddelaars in subartikel beoog, aanwys om op die voorgeskrewe wyse as bemiddelaar in daardie geskil op te tree.
Die Provinsiale Minister stel 'n paneel van bemiddelaars aan op grond van hul kwalifikasies en ondervinding in of kennis van bemiddeling in beplannings-en ontwikkelings- of verwante geskille, met inbegrip van ingenieursgeskille, met die doel om as bemiddelaars ingevolge subartikel aangestel te word.
Die Provinsiale Minister stel die paneel van bemiddelaars aan vir die tydperk wat hy of sy by hul aanstelling bepaal en op die voorwaardes, insluitende voorwaardes aangaande die betaling van vergoeding of toelaes, wat hy of sy, met die instemming van die Provinsiale Minister verantwoordelik vir finansies, ten tyde van die paneellid se aanstelling bepaal.
n Bemiddelaar ingevolge subartikel aangestel, moet met die partye by 'n geskil beraadslaag, die navrae doen en ondersoeke instel wat hy of sy nodig ag, poog om die geskil te besleg en 'n verslag rakende die uitslag van die bemiddeling vir die partye by die geskil opstel in ooreenstemming met die doelwitte en beginsels in Bylae IV vervat en met inagname van 'n goedgekeurde geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk of sektorale plan, beleide ingevolge artikel 54 of 55 goedgekeur en riglyne ingevolge artikel 67, 70 en , uitgereik.
Die bepalings van artikel 51 , en is mutatis mutandis van toepassing op 'n ondersoek ingevolge subartikel van hierdie artikel, en by die toepassing daarvan word 'n verwysing in artikel 51 , en na "beplanningsraad" en "voorsitter" uitgelê as 'n verwysing na die bemiddelaar.
Alle besprekings, onthullings en voorleggings tydens bemiddeling is gepriviligeerd, tensy die partye tot die teendeel ooreenkom.
Enige party by 'n geskil betreffende 'n vraag soos beoog in artikel 51 (f) of ten opsigte van 'n appèl ingevolge artikel 50 kan binne die voorgeskrewe tydperk by die beplanninghersieningsraad aansoek doen om opskorting van enige ondersoek daaromtrent, en indien die beplanninghersieningsraad tevrede is dat daar voldoende rede bestaan waarom die geskil vir bemiddeling verwys moet word, kan die beplanninghersieningsraad gelas dat daardie ondersoek opgeskort en vir bemiddeling verwys word onderworpe aan die bepalings en voorwaardes wat die beplanninghersieningsraad toepaslik ag.
HOOFSTUK VII
ALGEMENE BEGINSELS VIR BEPLANNING EN ONTWIKKELING EN BELEID
Toepassing van beginsels en beleid
 Die algemene beginsels in Bylae IV uiteengesit en enige beleid bedoel in artikel 54, maak raamwerke, norms en standaarde met betrekking tot gekoördineerde beplanning en ontwikkeling en die bevordering van geïntegreerde sosiale en ekonomiese ontwikkeling uit en is in die belang van die Provinsie of 'n streek oor die hele Provinsie van toepassing en­
bind die Staat;
word toegepas wanneer regulasies, riglyne, soneringskemaregulasies en verordeninge opgestel en toegepas word en is ook van toepassing op administratiewe praktyk met betrekking tot beplanning en ontwikkeling;
cwordtoegepas wanneer 'n ontwikkelingsraamwerk, grondhervormingsplan, soneringskema, vervoerplan of soortgelyke plan of skema deur die Staat opgestel en geadministreer word ingevolge 'n wet wat daardie owerheid uitvoer, en is van toepassing wanneer die Staat 'n diskresie uitoefen of 'n besluit neem ingevolge hierdie Wet of enige ander wet wat op beplanning en ontwikkeling betrekking het, insluitende 'n wet wat op die onderverdeling, aanwending en beplanning van grond betrekking het.
Die Premier kan by proklamasie in die Provinsiale Koerant-
benewens die beginsels in Bylae IV uiteengesit, maar nie in stryd daarmee nie, enige beplannings- en ontwikkelingsbeginsel voorskryf, en enige beginsel in Bylae IV uiteengesit, in meer besonderhede, maar nie in stryd daarmee nie, voorskryf, en daarna geld daardie beginsel in die Provinsie op die grondslag in subartikel uiteengesit.
Voordat 'n proklamasie soos beoog in subartikel 2 gepubliseer word, moet die Premier alle belanghebbendes insluitend plaaslike regering die geleentheid bied om besware in te dien of vertoë te rig.
Provinsiale beleid
 Die Provinsiale Minister kan, op eie inisiatief of op die versoek van 'n raad, by kennisgewing in die Provinsiale Koerant, in oorleg met ander betrokke provinsiale ministers en met inagname van die algemene beginsels in Bylae IV uiteengesit en die bepalings van Hoofstuk IX, van tyd tot tyd beleid oor sake van provinsiale of streeksbelang betreffende beplanning en ontwikkeling in die Provinsie uitvaardig en wysig.
Voor publisering van 'n proklamasie soos beoog in subartikel 1, moet die Provinsiale Minister met alle munisipaliteite in die Provinsie oorleg pleeg en belanghebbendes 'n geleentheid bied om vertoë te rig met betrekking tot sodanige voorgestelde beleid en enige addisionele stappe wat volgens hom of haar toepaslik is, neem, insluitend publisering in die plaaslike pers, om voldoening van die beginsels van rolspelerdeelname ingevolge hierdie Wet te verseker.
HOOFSTUK VIII
PUBLIEKE DEELNAME
Publieke deelname beleid
 Die Provinsiale Minister kan, by kennisgewing in die Provinsiale Koerant, regulasies maak en riglyne uitvaardig oor publieke deelname tydens grondontwikkelingsbestuur en stedelike en landelike ontwikkeling, met inagname van die algemene beginsels in Bylae IV uiteengesit en die bepalings van Hoofstuk IX en sodanige regulasies en riglyne sal van toepassing wees in die afwesigheid van munisipale verordeninge oor sodanige sake.
Die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit moet 'n beleid vir publieke deelname opstel en goedkeur, soos voorgeskryf, ten opsigte van aansoeke ingevolge Hoofstukke II, III en V gemaak, insluitend adverteringsopsies buiten die betekening of publisering van 'n kennisgewing; met dien verstande dat sodanige beleid nie onbestaanbaar met provinsiale publieke deelname beleid is nie en in 'n munisipale verordening of soneringskemaverordeninge vervat is.
Wanneer regulasies of riglyne soos beoog in subartikel opgestel word, moet die Provinsiale Minister met alle munisipaliteite in die Provinsie oorleg pleeg en belanghebbende persone en liggame die geleentheid beid om vertoë te rig met betrekking tot sodanige beleid en kan hy enige addisionele stappe, wat hy of sy nodig ag, neem om voldoening van die beginsels van rolspelerdeelname ingevolge hierdie Wet te verseker.
Advertering
 (a) Elke kennisgewing ingevolge hierdie Wet vereis of gemagtig, moet publiseer word in die pers in ten minste twee van die drie provinsiale tale, naamlik Afrikaans, Engels of isiXhosa, volgens die beleid beoog in artikel 55 of, by gebrek aan beleid, in die tale wat na die mening van die departementshoof of hoof uitvoerende beampte, na gelang van die geval, die geskikste vir 'n besondere doel is.
die plek waar en die ure waartydens besonderhede van die aangeleentheid ter insae beskikbaar sal wees, aandui;
ii meld dat besware ingedien kan word by iemand in die kennisgewing aangedui voor 'n datum insgelyks aangedui, wat minstens 21 dae, maar hoogstens 60 dae, moet wees na die datum waarop die kennisgewing aldus beteken of gepubliseer word;
iii duidelik aandui op watter grondeenheid of grondeenhede die aangeleentheid betrekking het deur die erf- of plaasnommer en algemene ligging en, waar toepaslik, die plaasnaam, straatadres en voorstad van die betrokke grondeenheid of grondeenhede te gee, en iv voldoen aan enige voorgeskrewe vereistes.
Wanneer ook al die betekening van 'n kennisgewing aan 'n persoon ingevolge hierdie Wet gemagtig of vereis word, word dit beteken aan elke eienaar of bewoner van grond wat na die mening van die departementshoof of hoof uitvoerende beampte 'n belang by die aangeleentheid het en wie se adres hy of sy ken of kan verkry.
Wanneer ook al die betekening van 'n kennisgewing aan 'n persoon ingevolge hierdie Wet gemagtig of vereis word, word dit geag doeltreffend en voldoende aan daardie persoon beteken te gewees het­
indien dit aan die geadresseerde persoonlik afgelewer is;
indien dit by die geadresseerde se woon- of besigheidsplek in die Republiek by 'n persoon vermoedelik bo die ouderdom van 16 jaar gelaat is en 'n skriftelike ontvangserkenning daarvoor aan die munisipaliteit voorgelê is;
cindien dit per geregistreerde pos gepos is na die persoon se jongsbekende woon-of besigheidsadres in die Republiek en 'n tersaaklike bewys van inlewering daarvan voorgelê word;
as die persoon se adres in die Republiek onbekend is, indien dit beteken is aan sy of haar agent of verteenwoordiger in die Republiek op die wyse in paragraaf (a), (b) of (c) bepaal, of as die persoon se adres en agent in die Republiek onbekend is, indien dit op die onroerende eiendom waarop dit betrekking het, vertoon word op die wyse vereis deur die betrokke munisipaliteit se verordeninge of deur die Provinsiale Minister goedgekeur.
HOOFSTUK IX
REGERING VAN SAMEWERKING, OPDRA EN DELEGERING
Provinsiale bevoegdhede en pligte
 Enige bevoegdheid wat ingevolge hierdie Wet aan enige lid van die Provinsiale Kabinet verleen word, moet in die mate dat die uitoefening van daardie bevoegdheid betrekking het op die wettige wetgewende bevoegdhede van 'n munisipaliteit, op so 'n wyse uitgelê word dat dit nie daardie wetgewende bevoegdhede van 'n munisipaliteit kompromitteer of belemmer nie.
Enige bepaling van hierdie Wet wat 'n plig aan munisipaliteite opdra en wat betrekking het op enige funksionele terrein waar munisipaliteite wetgewende en uitvoerende bevoegdhede het, bind munisipaliteite tot die mate vereis deur­
die belange van gekoördineerde beplanning en ontwikkeling in die provinsie of 'n streek daarvan, of die bevordering van geïntegreerde sosiale en ekonomiese ontwikkeling in die
Provinsie, of (c)die belange van ordelike en gekoördineerde stedelike en landelike ontwikkeling.
Indien 'n raad in die opinie van die Provinsiale Minister versuim om sy magte, pligte en uitvoerende verpligtinge ingevolge artikel 601 uit te oefen of te verrig, kan die Provinsiale Minister, met inagname van die bepalings van artikel 139 van die Grondwet en subartikel 4­
enige goedkeuring of magtiging deur die raad toegestaan strydig met die bepalings van artikel 60 , terugtrek;
die magte uitoefen en pligte van die raad verrig met betrekking tot daardie saak en enige bedrag spandeer deur die Provinsiale Minister in verband daarmee van die munisipaliteit verhaal en cdie raad gelas tot die stappe wat geneem moet word om voldoening aan artikel 601 te verseker en sodanige lasgewing sal enige ander konflikterende besluit van die betrokke raad oorheers.
Voordat ingevolge subartikel 3 opgetree word, moet die Provinsiale Minister­
die munisipaliteit by kennisgewing en skriftelik versoek om bewys te lewer binne 30 dae van die datum van sodanige kennisgewing, waarom hy of sy nie moet optree nie, die aard en besonderhede van enige mag, plig of uitvoerende verpligting nie uitgeoefen deur die munisipaliteit nie, aandui, en cdie aard van die werk, verbeteringe, uitbreidings of veranderings wat gedoen moet word en die tydperk waarin dit uitgevoer, gedoen of gemaak moet word, aandui, om voldoening aan die vereistes van artikel 60 te verseker.
Die Provinsiale Minister moet by kennisgewing in die Provinsiale Koerant sake van provinsiale of streekbelang, hetsy in samewerking met ander provinsiale ministers of na oorleg met munisipaliteite in die Provinsie, identifiseer, en kan finale besluite oor sodanige provinsiale beplanning en ontwikkelingsake neem, insluitend sake wat deur die beplanninghersieningsraad na hom of haar verwys word.
Wanneer ook al die Provinsiale Minister besluit of 'n saak in provinsiale of streekbelang ingevolge hierdie Wet is of wanneer enige beleid, raamwerke, norme, standaarde en riglyne ingevolge hierdie Wet voorsien word, moet ag geslaan word, onder meer op die oorwegings in subartikel (b) tot (e) en aangeleenthede soos­
die beskerming van die natuurlike omgewing, insluitende die landbouhulpbronbasis van die Provinsie en die bestuur van natuurlike hulpbronne;
die beskerming van verskynsels van beduidende natuurlike, argitektoniese, geskiedkundige of argeologiese belang; (c)die voorsiening, doeltreffende gebruik en bewaring van energie;
die voorsiening van belangrike kommunikasie-, diens- en vervoerfasiliteite;
die billike verdeling van opvoedkundige, gesondheids- en ander fasiliteite;
die koördinering van munisipaliteite en ander openbare liggame se beplanningsaktiwiteite;
die oplossing van beplanningskonflikte waarby munisipaliteite en ander openbare liggame betrokke is;
die gesondheid en veiligheid van die bevolking, en die beskerming van die finansiële en ekonomiese welsyn van die Provinsie en munisipaliteite in die Provinsie.
Alle plaaslike owerhede mag die bevoegdhede of funksies ingevolge hierdie Wet aan 'n verantwoordelike munisipaliteit toegewys, uitoefen of verrig; met dien verstande dat die Provinsiale Minister in samewerking met 'n plaaslike owerheid of kategorie van plaaslike owerheid of op versoek van 'n plaaslike owerheid of kategorie owerheid en by kennisgewing in die Provinsiale Koerant, sodanige plaaslike owerheid of kategorie plaaslike owerheid van die uitoefening van enige bevoegdheid of verrigting van enige funksie, in die geheel of ten dele, mag uitsluit en dié uitgeslote plaaslike owerheid of kategorie plaaslike owerheid mag vervang met 'n munisipaliteit of kategorie munisipaliteit om die relevante bevoegdheid uit te oefen of funksie te verrig met inagneming van:
die kapasiteit van 'n munisipaliteit of 'n kategorie munisipaliteit om 'n spesifieke funksie effektief uit te oefen;
die handhawing van standaarde wat noodsaaklik is vir gekoördineerde beplanning in die Provinsie;
die bevordering van geïntegreerde sosiale en ekonomiese ontwikkeling in die Provinsie;
die belange van gekoördineerde stedelike en landelike ontwikkeling in die Provinsie, en die belange van provinsiale beplanning en streeksbeplanning en -ontwikkeling in die Provinsie.
Opdra en delegering aan munisipaliteite
 Die Provinsiale Minister kan enige van die bevoegdhede of funksies kragtens hierdie Wet of uit hoofde van 'n titelakte aan hom of haar verleen, absoluut, voorwaardelik, in die algemeen of spesifiek aan 'n raad opdra of delegeer, al bestaan daar geen goedgekeurde geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk, sektorale plan of struktuurplan nie.
Die opdra en delegering van bevoegdhede of funksies deur hierdie Wet gemagtig, geskied in ooreenstemming met die Grondwet en met inagname van die bepalings van artikel 57 en tree in werking tot daardie effek by proklamasie of kennisgewing, na gelang van die geval, in die Provinsiale Koerant.
Opdra en delegering aan ander funksionarisse
 Die Provinsiale Minister kan enige van die bevoegdhede of funksies wat kragtens hierdie Wet of uit hoofde van 'n titelakte aan hom of haar verleen word, absoluut, voorwaardelik, in die algemeen of spesifiek opdra of delegeer aan enige raad of komitee of geskikte persone in diens van die Provinsiale Administrasie van Wes-Kaap.
Die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit kan enige van die bevoegdhede of funksies wat kragtens hierdie Wet of uit hoofde van 'n titelakte aan hom verleen word, absoluut, voorwaardelik, in die algemeen of spesifiek delegeer aan enige geskikte persoon in sy diens.
n Hoof uitvoerende beampte en departementshoof kan enige van die bevoegdhede of funksies wat kragtens hierdie Wet of uit hoofde van 'n titelakte aan hom of haar verleen word, absoluut, voorwaardelik, in die algemeen of spesifiek delegeer aan enige geskikte persone in diens van die raad of die Provinsiale Administrasie van Wes-Kaap, na gelang van die geval.
HOOFSTUK X
STRAFBEPALINGS
Voldoening aan bepalings van hierdie Wet, soneringskemas en voorwaardes
 Elke munisipaliteit moet voldoen, en voldoening afdwing, aan­
die bepalings van hierdie Wet of, vir sover dit ingevolge hierdie Wet van toepassing is, die bepalings van enige wet in Bylae III gelys;
die bepalings van 'n soneringskema uitgevaardig ingevolge hierdie Wet, of cvoorwaardes, insluitende titelvoorwaardes met betrekking tot beplanning en ontwikkeling, opgelê ingevolge hierdie Wet of ingevolge enige wet in Bylae III gelys, en mag niks doen waarvan die gevolg in stryd met die bedoeling van hierdie subartikel is nie.
a i die bepalings ingevolge hierdie Wet in 'n soneringskema opgeneem;
ii voorwaardes, insluitende titelvoorwaardes, opgelê ingevolge hierdie Wet of kragtens enige wet in Bylae III gelys, of iii die bepalings van hierdie Wet of van enige wet in Bylae III gelys wat ingevolge hierdie Wet of enige verordening kragtens hierdie Wet gemaak, van toepassing is, oortree of versuim om daaraan te voldoen nie, of b enige grond aanwend vir 'n ander doel of op 'n ander wyse as dié wat op 'n soneringskaart of 'n goedgekeurde bouplan aangedui word nie, of waar 'n sonering nog nie op 'n kaart aangedui word nie, op 'n ander wyse as volgens die wettige aanwending van die grond nie.
Geen bepaling van subartikels 1 en 2 magtig die munisipaliteit om regstelling van 'n strydigheid te eis of 'n strydigheidsheffing te bepaal ten opsigte van 'n plan vir 'n gebou, vanaf die eienaar van sodanige grond, wat in stryd met 'n bepaling van of 'n voorwaarde ingevolge hierdie Wet of 'n soneringskema, foutief goedgekeur is, vir sover so 'n plan reeds uitgevoer was toe die foutiewe goedkeuring aan die eienaar uitgewys is nie.
Ondersoek en magtiging van oortredings
 Enige belanghebbende party wat redelike gronde het om te glo dat artikel 60 of oortree word, kan die betrokke raad skriftelik versoek om uitvoering te gee aan die bepalings van daardie artikel.
Die hoof uitvoerende beampte van die raad moet­
n ondersoek oor die aangeleentheid binne die voorgeskrewe tydperk laat uitvoer en die tersaaklike kommentaar van enigiemand wat na sy of haar mening belang daarby het, aanvra, indien die versoek soos bedoel in subartikel ontstaan vanuit die werklike of verwagte informele vestiging van persone op grond of die oprigting of okkupasie van enige strukture op grond deur daardie persone, 'n ondersoek gelas na die feite van die aangeleentheid en die wyse waarop en tydperk waarin regstelling daarvan geaffekteer kan word, en cdie versoek en alle tersaaklike dokumente aan die raad voorlê.
Indien die raad bevind dat 'n oortreding begaan is, kan die raad­
behoudens subartikel (b), ingevolge artikel 62 optree, en in die omstandighede in subartikel (b) beoog, gelas dat die strydigheid binne 'n tydperk wat vermeld word, reg gestel moet word by wyse van die opgradering van die grond, ingevolge die bepalings van Hoofstuk IX of op enige ander wyse wat die raad gelas.
Die hoof uitvoerende beampte moet die belanghebbende partye binne die voorgeskrewe tydperk van die raad se besluit in kennis stel.
Indien die hoof uitvoerende beampte nalaat om binne die voorgeskrewe tydperk uitvoering te gee aan die bepalings van subartikel of , of indien die raad na die mening van die belanghebbende party steeds versuim om sy bevoegdhede of pligte bevredigend uit te oefen of te verrig, moet die Provinsiale Minister op skriftelike versoek van die belanghebbende party en indien hy of sy bevind dat die raad versuim het om daardie bevoegdhede of pligte bevredigend uit te voer of te verrig, ingevolge artikel 57 optree.
Regstelling van strydighede
 (a) Indien grond of 'n gebou of enige deel daarvan ontwikkel of aangewend is of daar andersins in stryd met artikel 60 opgetree is, moet die munisipaliteit 'n lasgewing aan die eienaar beteken om daardie strydigheid reg te stel voor 'n datum daarin vermeld, wat nie later as 2 maande na die datum van die lasgewing is nie.
n Strydigheid moet reggestel word deur die onwettige aanwending van die grond of gebou te beëindig of te staak of deur aan alle voorwaardes, titelaktes en bepalings van 'n soneringskema te voldoen binne die tydperk in die lasgewing vermeld.
Die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit kan op aansoek of uit eie beweging instem tot die verlenging van die tydperk waarbinne die strydigheid reggestel moet word ingevolge paragraaf (b) totdat 'n besluit in subartikel of beoog, geneem is; met dien verstande dat 'n verlenging outomaties toegestaan moet word, as 'n gebou gesloop moet word om die strydigheid reg te stel, totdat 'n besluit ingevolge subartikel of geneem is.
Enige aansoek om goedkeuring van 'n vergunningsgebruik, 'n afwyking, 'n hersonering, 'n onderverdeling of die opheffing van 'n beperking na aanleiding van 'n lasgewing moet by die munisipaliteit ingedien word binne die tydperk in subartikel (a) bedoel.
Indien die eienaar versuim om aan die lasgewing te voldoen, moet die munisipaliteit, behoudens die bepalings van subartikel , alle verdere stappe doen wat nodig is om die strydigheid reg te stel.
Indien die eienaar die bestaan of die aard en omvang van die strydigheid waarop die lasgewing betrekking het, betwis, moet hy of sy voor of op die datum in subartikel (a) bedoel 'n skriftelike verklaring oor die aangeleentheid aan die betrokke hoof uitvoerende beampte voorlê.
Wanneer die eienaar die bestaan of die aard en omvang van die strydigheid waarop die lasgewing betrekking het, betwis of aansoek doen om 'n goedkeuring ingevolge hierdie Wet, moet die hoof uitvoerende beampte die tersaaklike kommentaar van enigiemand wat na sy of haar mening belang by die aangeleentheid het, versoek en daarna 'n verslag met 'n aanbeveling oor optrede aan die raad voorlê.
Die raad moet daarop, met inagneming van al die feite en die openbare belang, die stand van sake oorweeg en­
n besluit neem oor die bestaan of die aard en omvang van die strydigheid;
indien die strydigheid bestaan en indien aansoek gedoen is om 'n goedkeuring ingevolge hierdie Wet, besluit of daardie aansoek geweier en die strydigheid reggestel moet word en of die betrokke aansoek goedgekeur en 'n strydigheidsheffing terselfdertyd betaal moet word;
cindien die strydigheid reggestel moet word, die tydperk bepaal waarbinne dit gedoen moet word, en indien 'n strydigheidsheffing betaal moet word, die bedrag van die heffing vasstel.
'n Strydigheidsheffing word verskuldig en betaalbaar­
in een gekapitaliseerde som voor of op die datum, of periodiek met tussenposes, wat die raad bepaal, en moet bereken word met terugwerkende krag vanaf die datum waarop die betrokke grond of gebou of enige deel daarvan ontwikkel ofgebruik is of daar andersins in stryd met artikel 60 opgetree is.
Die persoon wat op die datum van betekening van die lasgewing die eienaar van die betrokke grond of gebou is, is aanspreeklik vir die betaling van die strydigheidsheffing.
Geen skriftelike munisipale magtiging om eiendomsreg op onroerende goed oor te dra, soos vereis word by wet, mag uitgevaardig word nie, tensy sodanige strydigheidsheffing gekapitaliseer en betaal is nie.
Enige goedkeuring ingevolge subartikel (b) verleen, word eers van krag wanneer die strydigheidsheffing gekapitaliseer is en daarna, moet die soneringskaart en register dienooreenkomstig aangeteken word.
Enige bedrag wat ingevolge subartikel deur 'n munisipaliteit bestee word, is deur daardie owerheid op die eienaar verhaalbaar.
Indien iemand verontreg voel deur 'n besluit van die raad ingevolge subartikel , kan hy of sy op die voorgeskrewe wyse en binne die voorgeskrewe tydperk na die beplanninghersieningsraad ingevolge artikel 50 teen die besluit appelleer.
Geregtelike bevel en ander strafbepalings
 Die Provinsiale Minister kan, waar provinsiale of streeksbelang dit noodsaak, of 'n munisipaliteit, wanneer die ontwikkeling of aanwending van grond in stryd is met of nie voldoen aan die bepalings van hierdie Wet of 'n goedkeuring of magtiging daarkragtens verleen nie of waar die betrokke omgewing beskadig is vanweë 'n handeling of versuim wat 'n misdryf ingevolge hierdie Wet uitmaak, aansoek doen vir 'n bevel ingevolge subartikel .
Ondanks andersluidende wetlike bepalings met betrekking tot geregshowe, het 'n regter en 'n landdros die regsbevoegdheid om 'n bevel in die omstandighede hieronder omskryf, te maak­
wat enige persoon verbied om te begin of voort te gaan met die ontwikkeling of aanwending van grond;
wat die Provinsiale Minister of munisipaliteit, na gelang van die geval, magtig om enige struktuur of enige gedeelte daarvan af te breek; met dien verstande dat 'n magtiging slegs verleen mag word nadat 'n besluit soos beoog in artikel 62 of geneem is;
cwat 'n persoon gelas om die omgewing te herstel op die grondslag en voorwaardes wat die regsprekende beampte goedvind;
wat die Provinsiale Minister of munisipaliteit, na gelang van die geval, magtig om die herstelwerk soos beoog in paragraaf (c) uit te voer as die persoon daarin vermeld, sou nalaat om die herstelwerk op die grondslag en voorwaardes in die bevel uiteengesit, uit te voer, en wat in die omstandighede soos beoog in paragraaf (d) vergoeding aan die Provinsiale Minister of munisipaliteit, na gelang van die geval, vir die herstelwerk toeken, en daarna is die bepalings van artikel 300 , , en van die Strafproseswet, 1977 Wet 51 van 1977, mutatis mutandis van toepassing.
Misdrywe, oplegging van boetes en strawwe
enige bepaling van hierdie Wet of enige bevel, lasgewing, verbod, voorwaarde, vereiste of kennisgewing daarvolgens gegee, opgelê, gestel of uitgereik, oortree of versuim om daaraan te voldoen, of n persoon by die uitoefening van 'n bevoegdheid ingevolge artikel 71 dreig, weerstaan, hinder of belemmer, of vuil, beledigende of skeltaal teenoor die persoon gebruik, of weier of versuim om na sy of haar beste vermoë te antwoord op 'n vraag wat ingevolge daardie artikel aan hom of haar gestel is, is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met 'n geskikte boete van hoogstens R500 000 of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens 5 jaar of met daardie boete sowel as daardie gevangenisstraf.
Iemand wat aan 'n misdryf kragtens hierdie Wet skuldig bevind is en wat na skuldigbevinding voortgaan met die handelswyse ten opsigte waarvan hy of sy aldus skuldig bevind is, is aan 'n voortdurende misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete van hoogstens R10 000 ten opsigte van elke dag waarop hy of sy aldus daarmee voortgaan of voortgegaan het.
Die bepalings van artikel 341 van die Strafproseswet, 1977 (Wet 51 van 1977), betreffende die afkoop van sekere geringe misdrywe by wyse van boetes is mutatis mutandis van toepassing op 'n oortreding van enige bepaling van hierdie Wet.
HOOFSTUK XI
ALGEMENE BEPALINGS
Indiening van aansoek
 Aansoeke sal ingevolge die regulasies, riglyne en verordeninge ingevolge hierdie Wet gemaak, ingedien word met inagname van enige beleid ingevolge Hoofstuk VIII goedgekeur en die beginsels in Bylae IV; met dien verstande dat die departementshoof of hoof uitvoerende beampte, na gelang van die geval kan, by gebrek aan regulasies, riglyne of verordeninge oor die onderwerp, van tyd tot tyd die formaat van enige aansoek wat ingevolge hierdie Wet by hom of haar gedoen moet word, voorskryf.
Alle aansoeke ingevolge hierdie Wet met betrekking tot die voorgestelde ontwikkeling of aanwending van grond of geboue, in sover dit moontlik is, gelyktydig ingedien, geadverteer of bekend gemaak en oorweeg word, tensy die betrokke raad die aansoeke uitsluit van die bepalings van hierdie subartikel; met dien verstande dat 'n aansoek vir die hersonering van grond, wat uitdruklik die beginsel van onderverdeling magtig, 'n aansoek vir onderverdeling van sodanige grond mag voorafgaan.
Die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit kan van tyd tot tyd aansoekfooie bepaal vir die oorweging van enige aansoek ingevolge hierdie Wet, onderworpe aan provinsiale riglyne en regulasies ingevolge hierdie Wet.
Verstrekking van kommentaar en inligting
Indien 'n openbare liggaam, op versoek van die Provinsiale Minister of 'n raad of die departementshoof of 'n hoof uitvoerende beampte, versuim om enige kommentaar of ander inligting binne 'n tydperk van 60 dae vanaf die datum waarop daardie kommentaar of ander inligting aldus vereis is, verstrek nie, word daardie openbare liggaam geag geen kommentaar te gehad het nie, of ander inligting om te verstrek nie, tensy goedkeuring vir 'n verlengde tydperk vooraf van die Provinsiale Minister of betrokke raad verkry is.
 Die Provinsiale Minister kan by kennisgewing in die Provinsiale Koerant aktiwiteite identifiseer waarvoor omgewingsimpakevaluerings vereis word.
Die Provinsiale Minister kan vereis dat sekere voorgeskrewe aktiwiteite nie onderneem mag word nie, behalwe in ooreenstemming met 'n geskrewe magtiging deur die Provinsiale Minister of die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit.
Die magtiging in subartikel sal slegs uitgereik word na oorweging van 'n omgewingsimpakevaluering.
Die Provinsiale Minister kan by kennisgewing in die Provinsiale Koerant enige gebied in die Provinsie soos in sodanige kennisgewing gedefinieer as 'n omgewings­sensitiewe gebied verklaar en enige ontwikkeling of aktiwiteit in sodanige gebied verbied.
Geen persoon mag enige verbode ontwikkeling of aktiwiteit onderneem, of veroorsaak dat dié ontwikkeling of aktiwiteit onderneem word wat deur die Provinsiale Minister by kennisgewing in die Provinsiale Koerant as verbode in 'n omgewings­sensitiewe gebied verklaar is nie, behalwe as hy of sy deur die Provinsiale Minister of raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit daartoe gemagtig is en op grond van die voorwaardes in die magtiging vervat.
Die Provinsiale Minister sal slegs 'n aktiwiteit identifiseer ingevolge subartikel en 'n omgewings-sensitiewe gebied ingevolge subartikel verklaar in oorleg met die Provinsiale Minister verantwoordelik vir die omgewing.
Grondslag van oorweging van aansoeke en verlenging van geldigheid van goedgekeurde aansoeke
 Wanneer enige aansoek ingevolge hierdie Wet oorweeg word, moet rekening gehou word met die wenslikheid van die beoogde aanwending van grond, onder meer by wyse van meting aan die beginsels in Bylae IV vervat, angeleenthede van provinsiale of streeksbelang ingevolge Hoofstuk IX, die bepalings van 'n tersaaklike geïntegreerde ontwikkelingsraamwerk, sektorale plan, struktuurplan of soneringskemaregulasies of soneringskemaverordeninge, in sover dit op wenslikheid betrekking het, of met die uitwerking van die aansoek op bestaande regte, maar nie op enige beweerde reg op beskerming teen handelskonkurrensie nie.
'n Skriftelike aansoek aan die betrokke hoof-uitvoerende beampte gemaak om die verlenging van die geldigheid van 'n goedgekeurde aansoek mag slegs toegestaan word indien­
die omstandighede wat ten tyde van die oorspronklike goedkeuring geheers het, nie wesenlik verander het nie;
alle tersaaklike of voorgeskrewe kommentaar wat vereis word op die tydstip dat die verlenging oorweeg word, oorspronklik op 'n wyse tot bevrediging van die publieke deelname beleid ingevolge Hoofstuk VIII, verkry is, en cdie beleid van enige openbare liggaam wat kommentaar op die oorspronklike aansoek gelewer het, nie in so 'n mate verander het dat dit die goedkeuring van die aansoek, of die voorwaardes waarop die aansoek goedgekeur is, sou geraak het nie.
Voorwaardes
 Wanneer 'n raad of die Provinsiale Minister ingevolge hierdie Wet magtiging of vrystelling verleen, 'n aansoek toestaan, enige lasgewing of kennisgewing uitreik, kan hulle die voorwaardes oplê wat hulle goedvind, insluitende voorwaardes wat ingesluit is in ooreenkomste tussen 'n eienaar en die raad.
Die voorwaardes kan, met inagneming van­
die gemeenskapsbehoeftes en openbare uitgawes wat na die mening van die Provinsiale Minister of die raad uit die betrokke magtiging, vrystelling of goedkeuring kan ontstaan en die openbare uitgawes wat in die verlede aangegaan is en wat na die mening van die Provinsiale Minister of die raad die magtiging, vrystelling of goedkeuring vergemaklik, en die verskillende belastings en heffings wat in die verlede betaal is of in die toekoms betaal sal word deur die eienaar van die betrokke grond, voorwaardes met betrekking tot die afstaan van grond of die betaling van geld insluit, wat regstreeks of onregstreeks in verband staan met die behoeftes en verpligtinge wat voortspruit uit die magtiging, vrystelling of goedkeuring ten opsigte van die voorsiening van ingenieursdienste of fasiliteite.
Die betrokke raad moet voorwaardes met betrekking tot ingenieursdienste insluit in 'n diensteooreenkoms wat die raad opstel met inagname van enige regulasies of riglyne wat die Provinsiale Minister van tyd tot tyd hieroor neerlê, welke ooreenkoms finaal beslag gegee moet word voor die datum in die voorwaardes gestel, of as geen tydperk gestel is nie, binne een jaar vanaf die goedkeuring, maar in elk geval voordat ingenieursdienste in of op die betrokke grond aangebring word.
Behoudens die bepalings van hierdie Wet ten opsigte van die opheffing van titelvoorwaardes, kan óf die Provinsiale Minister óf 'n raad, na gelang van die geval, met betrekking tot 'n voorwaarde opgelê deur hulself ingevolge subartikel , Hoofstuk IV of V opgelê of kragtens 'n wet gelys in Bylae III, insluitende voorwaardes in ooreenkomste vervat, en na oorweging van besware wat ten gevolge van advertering ingevolge subartikel ontvang is en ná oorleg met die eienaar van die betrokke grond en, in die geval van die Provinsiale Minister, met die betrokke munisipaliteit­
enige voorwaarde verander, wysig of skrap, en bykomende voorwaardes oplê, en daardie bykomende voorwaardes word geag ingevolge daardie subartikel opgelê te gewees het.
Die departementshoof, waar die Provinsiale Minister ingevolge subartikel kan optree, of die hoof uitvoerende beampte, waar 'n raad aldus kan optree, na gelang van die geval, moet, indien hy of sy van mening is dat die afstanddoening of wysiging van voorwaardes of die oplegging van bykomende voorwaardes kragtens subartikel die belang wat enigiemand by grond het, nadelig tref, die voorgestelde afstanddoening of wysiging van voorwaardes of die oplegging van bykomende voorwaardes, in ooreenstemming met die publieke deelname beleid bedoel in artikel 54 of 55 of soneringskemaverordeninge, adverteer.
Wanneer opskortende voorwaardes opgelê word, word 'n aansoek geag eers goedgekeur te wees wanneer die voorwaardes nagekom is, en die tydperke ten opsigte van die verval van enige gebruiksreg of goedkeuring tree eers by nakoming in werking.
n Goedkeuring verval, waar geen tydperk in die goedkeuring vermeld word nie, indien die opskortende voorwaarde nie binne 3 jaar nagekom word nie, of waar 'n tydperk aldus vermeld word, by verstryking van dié tydperk, tensy óf die Provinsiale
Minister óf die raad van 'n verantwoordelike munisipaliteit die tersaaklike tydperk op enige tydstip verleng, in ooreenstemming met die bepalings van artikel 68 .
Regulasies, riglyne en verordeninge
 Die Provinsiale Minister kan by kennisgewing in die Provinsiale Koerant regulasies, wat nie onbestaanbaar met die bepalings van hierdie Wet of enige ander wet in die algemeen is nie, maak oor enige aangeleentheid wat hy of sy nodig of raadsaam ag om voor te skryf ten einde doeltreffend uitvoering te gee aan die oogmerke en bepalings van hierdie Wet, insluitende­
die voorsiening van raamwerke en die voorskryf van norms en standaarde wat noodsaaklik is vir ordelike gekoördineerde beplanning en ontwikkeling of vir die bevordering van geïntegreerde sosiale en ekonomiese ontwikkeling;
die monitering en ondersteuning van plaaslike regering;
cdie bevordering van die ontwikkeling van plaaslike regering se vermoë ten einde munisipaliteite in staat te stel om hul funksies te verrig en hul eie sake te bestuur;
maatreëls om toe te sien dat munisipaliteite hul funksies ten opsigte van aangeleenthede in Bylaes 4 en 5 van die Grondwet vermeld, doeltreffend verrig;
die verduideliking van die onderskeie verantwoordelikhede van verskillende regeringsfere en hul departemente en die koördinering van sektorale departemente en rolspelers;
maatreëls met betrekking tot die omgewing, insluitende aansoekprosedures wat ekologies volhoubare ontwikkeling sal bevoordeel;
standaarde ten opsigte van ingenieursdienste wat voorsien moet word, die hoeveelheid grond wat beskikbaar gestel moet word vir fasiliteite en die verdeling van die koste daarvan tussen die relevante munisipaliteite en die eienaar;
ooreenkomste en kontrakte in die algemeen, insluitende ingenieursdiensteooreenkomste, grondbeskikbaarheidsooreenkomste, omgewingskontrakte en die instel van omgewingsmoniteringskomitees;
die terugvordering van koste wat die Provinsiale Administrasie van Wes-Kaap redelikerwys aangegaan het ten opsigte van die beplanninghersieningsraad of paneel van bemiddelaars en aansoekgelde, appèlgelde en deposito's wat gehef of betaal moet word;
die bevoegdhede en pligte van eienaarsverenigings, en maatreëls ten opsigte van die bepaling en betaling van boetes ingevolge artikel 64 opgelê.
Die Provinsiale Minister kan verskillende regulasies ten opsigte van verskillende munisipaliteite of kategorieë munisipaliteite maak en kan riglyne uitreik oor enige aspek wat hy of sy nodig ag.
n Lys van regulasies, algemene beginsels en riglyne deur die Provinsiale Minister ingevolge hierdie Wet gemaak, moet op dieselfde wyse in die Provinsiale Parlement ter tafel gelê word as die lys beoog in artikel 17 van die Interpretasiewet, 1957 (Wet 33 van 1957), en indien die Provinsiale Parlement by besluit so 'n regulasie, algemene beginsel of riglyn of enige bepaling daarvan afkeur, verval daardie regulasie, algemene beginsel of riglyn of bepaling, maar sonder om afbreuk te doen aan die geldigheid van enigiets ingevolge daarvan gedoen voordat dit verval het, of enige reg of verpligting ingevolge daarvan verkry of opgedoen voordat dit aldus verval het.
n Munisipaliteit kan verordeninge maak en riglyne uitreik, wat nie onbestaanbaar met die bepalings van hierdie Wet is nie, oor enige aspek wat hy nodig ag ten einde beter uitvoering aan die oogmerke en bepalings van hierdie Wet te gee.
Regulasies en verordeninge gemaak en riglyne uitgereik ingevolge hierdie Wet moet bestaanbaar wees met die beginsels in Bylae IV van hierdie Wet uiteengesit.
Die Provinsiale Minister en 'n munisipaliteit moet in die proses om enige regulasie of verordening te maak of riglyne uit te reik, deursigtigheid bevorder en openbare deelname aanmoedig, soos in artikel 195 van die Grondwet beoog.
Regulasies met finansiële implikasies moet in oorleg met die provinsiale minister verantwoordelik vir finansies gemaak word.
Wanneer hierdie artikel toegepas word, moet die bepalings van Hoofstuk IX in ag geneem word.
Reg van betreding
Enigiemand wat skriftelik deur die Provinsiale Minister, die departementshoof, 'n raad of hoof uitvoerende beampte daartoe gemagtig is, kan behoudens die reg op privaatheid ingevolge die Grondwet verleen, op enige redelike tyd, ná redelike kennisgewing en met veroorsaking van so min ongerief as moontlik, enige grond betree ten einde­
enigiets te doen wat die Provinsiale Minister, die departementshoof, 'n raad of hoof uitvoerende beampte, na gelang van die geval, ingevolge hierdie Wet kan of moet doen, of navraag, ondersoek of opmetings te doen wat verband hou met die bevoegdhede of pligte van die Provinsiale Minister, die departementshoof, 'n raad of hoof uitvoerende beampte, na gelang van die geval, ingevolge hierdie Wet.
Oorgangsbepalings
 Enige regulasie gemaak, enige proklamasie, kennisgewing, sertifikaat of ander dokument uitgereik, enige opdrag of lasgewing, goedkeuring, toestemming of magtiging uitgereik of verleen, enige vrystelling, lisensie of permit uitgereik, of enige aanstelling, bepaling, ander stap of ding gedoen ingevolge die bepalings van enige wet wat deur hierdie Wet herroep word, word geag ingevolge die bepalings van hierdie Wet uitgereik, toegestaan, gemaak, geneem of gedoen te gewees het, en bly van krag totdat dit ingevolge hierdie Wet herroep of ingetrek word.
Desnieteenstaande die bepalings van artikel 74, kan 'n aangeleentheid in verband waarmee voor die inwerkingtreding van hierdie Wet opgetree is ingevolge 'n wet gelys in Bylae I of III en wat by die inwerkingtreding van hierdie Wet nie afgehandel is nie, vanaf dié inwerkingtreding afgehandel word ingevolge daardie wet of hierdie Wet, soos deur die Provinsiale Minister bepaal word.
Toepassing van Wet
 Enige aansoek met betrekking tot die beplanning, ontwikkeling of aanwending van grond in die Provinsie, met uitsondering van 'n ontwikkelingsaansoek ingevolge die Wes-Kaapse Wet op Dobbelary en Wedrenne, 1996 (Wet 4 van 1996), word ook ingevolge die bepalings van hierdie Wet gedoen en die prosedures kragtens hierdie Wet voorgeskryf, is van toepassing, tensy die Provinsiale Minister besluit dat 'n aansoek op 'n meer toepaslike wyse ingevolge 'n ander wet afgehandel kan word.
Wanneer die Provinsiale Minister sy of haar diskresie ingevolge subartikel 1 uitoefen, moet hy of sy die bepaling en handhawing van noodsaaklike minimum standaarde vir ordelike gekoördineerde beplanning en ontwikkeling, die bevordering van geïntegreerde sosiale en ekonomiese ontwikkeling in die Provinsie en die bepalings van Hoofstuk IX in ag neem.
Herroeping van wette
 Die wetgewing gelys in Bylae I word hiermee herroep tot die mate in daardie Bylae aangedui.
Enige verwysing in enige ander wet of dokument na enige van die wette in Bylae I of III gelys, word met ingang van die inwerkingtreding van hierdie Wet, of die datum waarop die herroeping van daardie wet in werking tree, geag 'n verwysing te wees na hierdie Wet.
Kort titel en datum van inwerkingtreding
 Hierdie Wet heet die Wes-Kaapse Wet op Beplanning en Ontwikkeling, 1999, en tree in werking op die datum wat die Premier by proklamasie in die Provinsiale Koerant bepaal.
Verskillende datums kan ingevolge subartikel 1 vasgestel word ten opsigte van verskillende bepalings van hierdie Wet.
BYLAE I
ORDONNANSIE EN REGULASIES HERROEP
Nommer en jaar van wet of ordonnansie
Kort titel
Ordonnansie op Grondgebruik-beplanning, 1985
Datum waarop herroeping in werking tree
Datum van inwerkingtreding van hierdie Wet
Datum van inwerkingtreding van hierdie Wet
Datum van inwerkingtreding van hierdie Wet
R1897 van 12 September 1986 Regulasies betreffende die Instelling en Wysiging van Dorpsbeplanningskemas vir die Provinsie die Kaap die Goeie Hoop ingevolge die Wet op die Ontwikkeling van Swart Gemeenskappe, 1984 (Wet 4 van 1984)
Regulasies betreffende Dorpstigting en Grondgebruik ingevolge die Wet op die Ontwikkeling van Swart Gemeenskappe, 1984 (Wet 4 van 1984), vir sover dit in die Provinsie van toepassing is.
Datum van inwerkingtreding van hierdie Wet
Datum soos deur die Premier by proklamasie bepaal
BYLAE II
Artikel 35 ter van Ordonnansie 33 van 1934
ter. Ten opsigte van elke bepaling wat na die inwerkingtreding van die Wysigingsordonnansie op Dorpe, 1969 (Ordonnansie 25 van 1969), deur die Administrateur ingevolge artikel 35 bis voorgeskryf word of is vir 'n plaaslike owerheid se skema wat opgestel word of op goedkeuring wag, is daar, behoudens die bepalings van subartikels , , en ­
n verhogingsheffing aan sodanige plaaslike owerheid verskuldig deur die eienaar van enige grond waarvan die waarde vermeerder word of is ten gevolge daarvan dat sodanige bepaling aldus voorgeskryf word of is, en vergoeding deur sodanige plaaslike owerheid verskuldig aan die eienaar van enige grond waarvan die waarde verminder word of is ten gevolge daarvan dat sodanige bepaling aldus voorgeskryf word of is.
n Verhogingsheffing by subartikel (a) beoog, is 'n bedrag gelyk aan vyftig persent van die geraamde verskil.
Die vergoeding by subartikel (b) beoog, is 'n bedrag gelyk aan die hele geraamde verskil.
a Die geraamde verskil kan by ooreenkoms tussen die plaaslike owerheid en die eienaar vasgestel word en elke sodanige ooreenkoms­
i moet aan die Administrateur voorgelê word tesame met 'n verslag van die plaaslike owerheid oor die redes, feite en omstandighede wat daartoe gelei het dat hy en die eienaar die geraamde verskil op die ooreengekome bedrag vasgestel het, en iiis onderworpe aan die goedkeuring van die Administrateur.
Die Administrateur kan, na oorweging van die verslag by paragraaf (a) beoog en as hy, na oorleg met die plaaslike owerheid en die eienaar van mening is dat die bedrag waartoe hulle ooreengekom het, nie 'n ware weergawe van die geraamde verskil is nie, gelas dat, tensy 'n verdere ooreenkoms soos by paragraaf (a) beoog, deur die plaaslike owerheid en die eienaar getref word binne 'n tydperk van drie maande vanaf die datum van sodanige lasgewing en deur hom goedgekeur word, die geraamde verskil vasgestel moet word deur die skattingshof saamgestel kragtens Hoofstuk II van die Skattingsordonnansie, 1944 (Ordonnansie 26 van 1944), wat ingevolge genoemde ordonnansie regsbevoegdheid het in die gebied waar die betrokke grond geleë is, en die bepalings van genoemde Hoofstuk uitgesonderd artikels 17, 19 en 214 en van artikels 81 en 822 van genoemde ordonnansie is mutatis mutandis van toepassing ten opsigte van sodanige hof en sy bevoegdhede, funksies en pligte.
As geen sodanige ooreenkoms getref is nie na verstryking van die tydperk by paragraaf (b) beoog, moet die plaaslike owerheid die betrokke skattingshof skriftelik in kennis stel van dié feit en sodanige hof bepaal daarna 'n tyd wanneer en 'n plek waar hy sal sit om die geraamde verskil vas te stel en gee skriftelike kennis van minstens een-en-twintig dae aan die Administrateur, die plaaslike owerheid en die eienaar van die tyd en plek aldus bepaal.
Die skattingshof ontvang en oorweeg, op die tyd en plek ingevolge paragraaf (c) bepaal, die getuienis wat die Administrateur, die plaaslike owerheid en die eienaar, hetsy persoonlik of deur middel van 'n verteenwoordiger, aanbied en stel daarna die geraamde verskil vas.
Die bedrag ingevolge paragraaf (d) vasgestel, is afdoende en bindend vir die plaaslike owerheid en die eienaar en word vir alle doeleindes geag die bedrag te wees waartoe die plaaslike owerheid en die eienaar ooreengekom het en die bepalings van paragraaf (b) is, na sodanige vasstelling, nie van toepassing nie ten opsigte van die bedrag aldus vasgestel.
n Behoorlike verrekening moet gedoen word ten opsigte van enige bedrag wat voor 'n vasstelling ingevolge paragraaf (d) betaal is ten gevolge van 'n ooreenkoms by paragraaf (a) beoog en enige bedrag wat ingevolge subartikel geag word betaal te gewees het ter volle of gedeeltelike vereffening van 'n verhogingsheffing.
a Die plaaslike owerheid of die eienaar kan, as 'n ooreenkoms soos by subartikel 4 beoog, nie binne 'n tydperk van drie maande vanaf die vasgestelde datum getref is nie, die ander skriftelik in kennis stel dat 'n geskil in verband met die geraamde verskil tussen hulle ontstaan het en vereis dat sodanige geskil deur middel van arbitrasie besleg word en moet die Administrateur van sodanige geskil in kennis stel.
Indien, binne 'n tydperk van nege maande vanaf die vasgestelde datum, geen ooreenkoms soos by subartikel beoog, aan die Administrateur voorgelê is nie of hy nie in kennis gestel is dat 'n geskil soos by paragraaf (a) beoog, ontstaan het nie, kan hy, deur middel van 'n skriftelike kennisgewing aan die plaaslike owerheid en die eienaar gelas dat, tensy so 'n ooreenkoms getref word òf die plaaslike owerheid òf die eienaar ingevolge paragraaf (a) optree binne 'n tydperk van drie maande vanaf die datum van sodanige lasgewing, dit geag sal word dat 'n geskil in verband met die geraamde verskil ontstaan het tussen die plaaslike owerheid en die eienaar en dat sodanige geskil deur middel van arbitrasie besleg moet word.
Ingeval enige geskil soos by hierdie subartikel beoog, ontstaan of geag word te ontstaan het, word die geraamde verskil deur middel van arbitrasie ingevolge die Wet op Arbitrasie, 1965 (Wet 42 van 1965), vasgestel deur 'n enkele arbiter wat aangestel word by ooreenkoms tussen die plaaslike owerheid en die eienaar of, by ontstentenis van sodanige ooreenkoms, deur die Administrateur wie se beslissing in verband met sodanige aanstelling afdoende en bindend vir die plaaslike owerheid en die eienaar is.
n Arbiter wat aangestel is om 'n geskil by subartikel beoog, te besleg, ken die koste van die arbitrasieverrigtinge toe­
a in die geval van 'n geskil by subartikel 5a beoog­
i teen die plaaslike owerheid as die geraamde verskil soos deur die arbiter vasgestel- aa in die geval van 'n verhogingsheffing, gelyk is aan of minder is as, en bb in die geval van vergoeding, gelyk is aan of meer is as, die bedrag wat laas deur die eienaar skriftelik as die geraamde verskil voorgestel is voordat sodanige geskil ontstaan het;
iiteen die eienaar as die geraamde verskil soos deur die arbiter vasgestel­aa in die geval van 'n verhogingsheffing, gelyk is aan of meer is as, en bb in die geval van vergoeding, gelyk is aan of minder is as die bedrag wat laas deur die plaaslike owerheid skriftelik as die geraamde verskil voorgestel is voordat sodanige geskil ontstaan het, en iii in enige geval nie by subparagrawe i en ii beoog nie, teen die plaaslike owerheid en die eienaar onderskeidelik met inagneming veral van die verhouding waarin­aa in die geval van 'n verhogingsheffing, die bedrag waarmee die geraamde verskil soos deur die arbiter vasgestel, minder is as die bedrag wat laas deur die plaaslike owerheid skriftelik as die geraamde verskil voorgestel is voordat sodanige geskil ontstaan het, staan tot die bedrag waarmee die geraamde verskil aldus vasgestel, meer is as die bedrag wat laas deur die eienaar skriftelik as 'n geraamde verskil voorgestel is voordat sodanige geskil ontstaan het, en bb in die geval van vergoeding, die bedrag waarmee die geraamde verskil soos deur die arbiter vasgestel, meer is as die bedrag wat laas deur die plaaslike owerheid skriftelik as die geraamde verskil voorgestel is voordat sodanige geskil ontstaan het, staan tot die bedrag waarmee die geraamde verskil aldus vasgestel, minder is as die bedrag wat laas deur die eienaar skriftelik as die geraamde verskil voorgestel is voordat sodanige geskil ontstaan het, en b in die geval van 'n geskil wat ingevolge subartikel 5b geag word te ontstaan het, teen die plaaslike owerheid en die eienaar, wat gesamentlik en afsonderlik daarvoor aanspreeklik is.
Die betaling van 'n verhogingsheffing of vergoeding te benewens enige ander verpligting wat aan die plaaslike owerheid of die eienaar van die betrokke grond opgelê word ten gevolge van die bepalings van die betrokke skema en sodanige heffing of vergoeding betaalbaar­
a in die geval van 'n verhogingsheffing­
i voordat sodanige grond of enige gedeelte daarvan aangewend of omgeskep word vir enige gebruik wat gemagtig of toegelaat word by die bepaling by subartikel 1 beoog maar wat nie aldus gemagtig of toegelaat was voor die vasgestelde datum nie, of iivoordat sodanige grond of enige gedeelte daarvan, uitgesonderd 'n gedeelte wat onderworpe is aan 'n lasgewing ingevolge subartikel 9 uitgereik, aan enige persoon oorgedra word, en b in die geval van vergoeding, binne 'n tydperk van ses maande vanaf die datum van die ooreenkoms by subartikel 4 of 5b beoog of van die toekenning deur 'n arbiter ingevolge hierdie artikel gedoen, na gelang van die geval.
Wanneer dit ook al die voorneme is om grond oor te dra ten opsigte waarvan 'n verhogingsheffing verskuldig is maar nog nie betaal is nie of om enige gedeelte van sodanige grond oor te dra en­
die verpligting om sodanige grond of sodanige gedeelte oor te dra, ontstaan uit of ten gevolge van 'n kontrak wat deur die eienaar en die voornemende transportnemer aangegaan is voor die vasgestelde datum, of die eienaar van sodanige grond en die voornemende transportnemer skriftelik ooreengekom het dat sodanige transportnemer aanspreeklikheid vir die betaling van sodanige heffing aanvaar, kan die Administrateur, na oorleg met die eienaar, die voornemende transportnemer en die plaaslike owerheid, beslis dat sodanige eienaar, by die oordrag van sodanige grond of van sodanige gedeelte aan sodanige transportnemer, geheel en al of gedeeltelik vrygestel word van aanspreeklikheid vir die betaling van sodanige heffing, en by sodanige oordrag word sodanige transportnemer, behoudens enige verdere sodanige vrystelling, aanspreeklik vir die betaling, by die voorkoms van enige gebeure by subartikel (a) beoog, van sodanige heffing in die mate waarin sodanige heffing nie deur sodanige eienaar betaal is nie.
a Waar die plaaslike owerheid 'n gedeelte van die grond in subartikel 1a genoem, nodig het vir enige doel wat ook al wat hy van tyd tot tyd by wet gemagtig of verplig word om uit te voer, kan die plaaslike owerheid, deur middel van 'n skriftelike kennisgewing wat aan die eienaar beteken word voordat enige ooreenkoms soos by subartikel 4 beoog, getref word, die eienaar in kennis stel dat hy voornemens is om die Administrateur te versoek om ingevolge paragraaf c te gelas dat sodanige gedeelte van die plaaslike owerheid oorgedra moet word.
Die plaaslike owerheid en die eienaar moet daarna die waarde onmiddellik voor die vasgestelde datum van die gedeelte van grond by paragraaf (a) beoog, vasstel ooreenkomstig die bepalings van subartikels , en en vir die doeleindes daarvan­
i word enige verwysing in genoemde subartikels na die geraamde verskil geag 'n verwysing na die waarde van sodanige gedeelte te wees;
iiis die bepalings van genoemde subartikel 6 van toepassing asof die vasstelling van sodanige waarde betrekking het op die betaling van vergoeding, en iii word die tydperk by subartikel 5a beoog, geag 'n aanvang te geneem het op die datum waarop die kennis in paragraaf a genoem, gegee word.
cDie plaaslike owerheid moet die Administrateur skriftelik in kennis stel van die waarde vasgestel ooreenkomstig die voorafgaande bepalings van hierdie subartikel en die Administrateur kan gelas dat, as die waarde aldus vasgestel gelyk is aan of minder is as die bedrag van die verhogingsheffing wat ten opsigte van die betrokke grond verskuldig is, die gedeelte in paragraaf a genoem, oorgedra moet word aan die plaaslike owerheid en, by die oordrag van sodanige gedeelte aan die plaaslike owerheid, word die waarde aldus vasgestel, geag 'n bedrag te wees wat betaal is ter volle of gedeeltelike vereffening, na gelang van die geval, van sodanige verhogingsheffing.
n Behoorlike verrekening ten opsigte van enige bedrag betaal ten opsigte van die betrokke verhogingsheffing moet gedoen word by die oordrag aan die plaaslike owerheid van die gedeelte van grond by paragraaf (a) beoog.
a Die Administrateur kan, òf in die algemeen òf met betrekking tot die regsgebied van enige plaaslike owerheid, beslis dat die bepalings van subartikel 1 nie van toepassing is nie ten opsigte van enige klas of tipe van bepaling wat ingevolge artikel 35 bis voorgeskryf kan word en enige beslissing ingevolge hierdie paragraaf gedoen, kan­
i gedoen word met terugwerkende krag tot 'n datum wat nie vroeër is nie as die ses-en-twintigste dag van September 1969, en (ii)te eniger tyd deur hom verander of ingetrek word.
b Die Administrateur kan, op skriftelike aansoek van die plaaslike owerheid of die eienaar en as hy van mening is, na oorleg met die plaaslike owerheid en die eienaar, dat spesiale omstandighede bestaan wat sodanige optrede regverdig, beslis dat, ongeag of die geraamde verskil ingevolge hierdie artikel vasgestel is of nie­
i die bepalings van subartikel 1 nie van toepassing is of geag word nie van toepassing te gewees het nie ten opsigte van die betrokke grond;
iiin die geval van 'n verhogingsheffing, die persentasie beoog by subartikel 2 verminder word of geag word verminder te gewees het tot 'n persentasie deur hom gespesifiseer, of iii in die geval van vergoeding, net dié proporsie van die geraamde verskil wat hy gelas, verskuldig is of geag word verskuldig te gewees het aan sodanige eienaar, en in sodanige geval moet 'n behoorlike verrekening gedoen word ten opsigte van enige bedrag wat voor sodanige beslissing betaal is as 'n verhogingsheffing of vergoeding en enige bedrag wat ingevolge subartikel geag word betaal te gewees het ter volle of gedeeltelike vereffening van 'n verhogingsheffing.
Waar die goedkeuring van 'n plaaslike owerheid by wet vereis word vir­
die oprigting of verandering of uitbreiding van 'n gebou op grond ten opsigte waarvan 'n verhogingsheffing verskuldig is of op enige gedeelte van sodanige grond;
die uitvoering van enige werk wat ook al op sodanige grond of op enige gedeelte daarvan, of cdie aanwending of omskepping van sodanige grond of enige gedeelte daarvan of enige gebou daarop vir enige gebruik, wat gemagtig of toegelaat word by die bepaling by subartikel beoog maar wat nie aldus gemagtig of toegelaat was voor die vasgestelde datum nie, word sodanige goedkeuring nietemin nie toegestaan nie tensy­
i sodanige verhogingsheffing betaal is;
iienige grond wat onderworpe is aan 'n lasgewing ingevolge subartikel 9 uitgereik, aan sodanige plaaslike owerheid oorgedra is, of iii sekuriteit vir die betaling van sodanige verhogingsheffing of vir die oordrag van die grond in paragraaf ii genoem, ten genoeë van sodanige plaaslike owerheid aan hom verstrek is.
Ondanks die bepalings van enige ander ordonnansie insake die storting van gelde in of die bestryding van uitgawe uit enige besondere fonds of rekening van 'n plaaslike owerheid, moet elke verhogingsheffing gestort word in 'n afsonderlike rekening en aangewend word alleenlik­
om uitgawe te beskryf wat, na die mening van die plaaslike owerheid, betrekking het op of in verband staan met of nodig is vir die uitvoering van sy skema, met inbegrip van die betaling van vergoeding ingevolge hierdie artikel verskuldig en die bestryding van die koste van arbitrasieverrigtinge wat teen sodanige plaaslike owerheid toegeken word, of met die goedkeuring van die Administrateur, om uitgawe te bestry wat deur die plaaslike owerheid aangegaan is met betrekking tot die voorsiening van kapitaalwerke of geriewe binne sy regsgebied.
Vir die toepassing van hierdie artikel beteken­"eienaar" die persoon wie se naam in 'n Registrasiekantoor van Aktes geregistreer is as die eienaar van die betrokke grond op die vasgestelde datum; "geraamde verskil" die verskil tussen die waarde van die betrokke grond onmiddellik voor en onmiddellik na die vasgestelde datum, met inagneming van die bepalings van die skema van toepassing op sodanige grond; "koste van arbitrasieverrigtinge" die koste van en verbonde aan arbitrasieverrigtinge wat deur enige party daarby aangegaan is en omvat dit die besoldiging van die arbiter en takseergelde; "vasgestelde datum" die datum waarop die bepaling by subartikel 1 beoog, voorgeskryf word of is, en "waarde" die bedrag wat die betrokke grond sou behaal het as dit op die oop mark deur 'n gewillige verkoper aan 'n gewillige koper verkoop was."
BYLAE III
WETGEWING BEDOEL IN ARTIKELS 29, 60, 69 EN 72
Ordonnansie op Dorpe, 1934 (Ordonnansie 33 van 1934)Wet op Opheffing van Beperkings, 1967 (Wet 84 van 1967)Regulasies ingevolge die Wet op die Ontwikkeling van Swart Gemeenskappe, 1984 (Wet 4 van 1984)Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, 1985 (Ordonnansie 15 van 1985)Wet op Minder Formele Dorpstigting, 1991 (Wet 113 van 1991)Wet op Landelike Gebiede, 1987 (Wet 9 van 1987) (Raad van Verteenwoordigers)Wet op Fisiese Beplanning, 1991 (Wet 125 van 1991)
BYLAE I
ALGEMENE BEGINSELS VIR BEPLANNING EN ONTWIKKELING
BEGINSELS VAN WETGEWING, BELEID, ADMINISTRATIEWE PRAKTYK, REGULASIES EN VERORDENINGE VIR BEPLANNING EN ONTWIKKELING
Wette, regulasies, beleids- en riglyndokumente oor beplanning en ontwikkeling moet­
duidelik, asook algemeen beskikbaar, wees vir diegene wat waarskynlik daardeur geraak sal word;
voorligting en inligting aan diegene wat daardeur geraak word, verskaf, benewens om as regulerende maatreëls te dien;
daarop gemik wees om vertroue en aanvaarding by diegene wat waarskynlik daardeur geraak sal word, te bevorder, en verdere inhoud gee aan die fundamentele regte, soos in die Grondwet uiteengesit.
BEGINSELS VAN BESLUITNEMING EN GESKILBESLEGTING
Elke voorgestelde ontwikkeling moet op meriete beoordeel word en geen spesifieke grondgebruik moet vooruit of in die algemeen as minder belangrik of wenslik beskou word as enige ander grondgebruik nie, tensy 'n ontwikkelingsraamwerk of struktuurplan aandui dat 'n spesifieke tipe grondgebruik beskerm moet word.
Besluite moet geneem word op advies van geskikte gekwalifiseerde en ervare persone in diens van die betrokke owerheid en deskundiges op die gebied van die landbou, beplanning, die ingenieurswese, die geologie, die mynbou, omgewingsbestuur, die reg, opmeting of enige ander gebied wat die Provinsiale Minister bepaal.
Voordat 'n besluit geneem word, moet die wenslikheid daarvan om 'n geskil oor ontwikkeling of beplanning tussen partye vir bemiddeling te verwys, oorweeg word.
As die betrokke owerheid van mening is dat bemiddeling wenslik is, moet die geskil vir bemiddeling verwys word, maar as bemiddeling onwenslik is, of as bemiddeling misluk het, moet 'n openbare ondersoek gehou of 'n besluit geneem word.
Voordat enige belangrike besluit ingevolge hierdie Wet geneem word, moet die wenslikheid daarvan om 'n openbare ondersoek oor die aangeleentheid te hou, oorweeg word.
As 'n openbare ondersoek gehou word voordat 'n besluit geneem word, moet die ondersoek toeganklik vir die publiek wees, en enige persoon wat geregtig is om by die ondersoek te verskyn, kan deur enige ander persoon verteenwoordig word.
Skriftelike redes vir 'n besluit ingevolge hierdie Wet geneem, moet op versoek voorsien word.
Die departementshoof moet 'n rekord hou van redes wat verstrek is vir besluite wat die Provinsiale Administrasie van Wes-Kaap geneem het, en die hoof uitvoerende beampte vir besluite deur die betrokke raad geneem.
So 'n rekord moet ter insae van lede van die publiek lê, en enige persoon of liggaam moet die redes kan publiseer.
n Besluit ingevolge hierdie Wet geneem, is onderworpe aan hersiening deur enige bevoegde afdeling van die Hoë Hof.
BEGINSELS VAN ROLSPELERDEELNAME EN MENSLIKE HULPBRON-ONTWIKKELING
Lede van gemeenskappe wat deur beplanning en ontwikkeling geraak word, moet aktief by die proses van beplanning en ontwikkeling betrek word.
Die vaardighede en vermoëns van alle persone, insluitende minderbevoorregte persone, wat by beplanning en ontwikkeling betrokke is, moet ontwikkel word.
Alle sektore van die ekonomie (regerings-en nie-regeringsektore) moet aangemoedig word om tot beplanning en ontwikkeling by te dra ten einde alle regeringsfere se vermoë om beplanning en ontwikkeling te onderneem, te maksimaliseer, en met dié doel:
moet owerhede daarna streef om alle sektore van die ekonomie se funksies en verantwoordelikhede met betrekking tot beplanning en ontwikkeling, en die gewenste verhouding tussen dié sektore, duidelik te omskryf en bekend te maak, en moet 'n owerheid wat verantwoordelik is vir die administrasie van hierdie Wet en enige ander wet met betrekking tot beplanning en ontwikkeling, besonderhede van die betrokke wetgewing en van die persone wat verantwoordelik is vir die administrasie van daardie wetgewing, verstrek aan enige persoon wat die inligting verlang.
BEGINSELS VAN ONTWIKKELING IN DIE ALGEMEEN
Doeltreffende administratiewe praktyke vir grondontwikkeling moet bevorder word.
Ontwikkeling moet sekerheid van verblyfreg tot gevolg hê, en vir die wydste moontlike verskeidenheid titelalternatiewe, insluitende individuele en gemeenskaplike titel, voorsiening maak.
By die ontwikkeling van grond moet die regmatige belange van enige bewoners van daardie grond in ag geneem word.
Die verskillende regeringsvlakke moet die belange van die verskillende sektore wat betrokke is by of geraak word deur ontwikkeling koördineer ten einde strydige aansprake op skaars hulpbronne te minimaliseer.
Die effektiewe funksionering van 'n ontwikkelingsmark, gebaseer op vrye mededinging tussen leweransiers van goedere en dienste, moet gestimuleer word.
BEGINSELS VAN HERSTRUKTURERING VAN DIE RUIMTELIKE OMGEWING
Daar moet vir landelike en stedelike beplanning en ontwikkeling voorsiening gemaak word, en die ontwikkeling van bestaande en nuwe formele en informele vestigings moet gefasiliteer word.
Die onwettige besetting van grond moet ontmoedig word, met behoorlike erkenning van informele ontwikkelingsprosesse.
Voldoende grond vir permanente ontwikkeling en tydelike ontvangsgebiede moet in ooreenstemming met nasionale en provinsiale beleid geïdentifiseer en ontwikkel word.
die integrasie van die sosiale, ekonomiese, institusionele, omgewings- en fisiese aspekte van beplanning en ontwikkeling;
geïntegreerde ontwikkeling en beplanning in landelike en stedelike gebiede met die oog op onderlinge ondersteuning;
die optimale gebruik van bestaande hulpbronne, insluitende hulpbronne met betrekking tot die landbou, grond, minerale, grootmaatinfrastruktuur, paaie, vervoer en sosiale fasiliteite;
die aanmoediging van 'n gediversifiseerde kombinasie van grondgebruike, insluitende gemengde grondgebruike;
die ontmoediging van die verskynsel van stadspreiding, die beskerming van die landbouhulpbronbasis en die aanmoediging van die ontwikkeling van meer kompakte stede;
'n bydrae tot die regstelling van histories verwronge ruimtelike vestigingspatrone in die Wes-Kaap, en die aanmoediging van omgewingsvolhoubare ontwikkelingspraktyke en prosesse.
BEGINSELS VAN VOLHOUBARE ONTWIKKELING
Volhoubare ontwikkeling moet bevorder word deur­
beplannings-en ontwikkeling binne die fiskale, institusionele en administratiewe vermoë van die Provinsie te bevorder;
die vestiging van lewensvatbare gemeenskappe te bevorder;
volgehoue beskerming van die omgewing te bevorder;
op 'n bekostigbare wyse in die basiese behoeftes van alle gemeenskappe te voorsien, en die veilige gebruik van grond, met inagneming van faktore soos geologiese formasies, gevaarlik ondermynde gebiede en vloedvlaktes, te verseker.
BEGINSELS VAN DIE BESKERMING VAN DIE OMGEWING
Ontwikkeling moet in ooreenstemming met die ekologiese eienskappe van die omgewing wees.
Ontwikkeling moet let op die natuurlike prosesse wat in 'n bepaalde omgewing heers.
Ontwikkeling in ongeskikte omgewings, soos gebiede met 'n hoë watertafel, moerasse, vloekvlaktes, steil hellings en gebiede wat vatbaar is vir waaisand, moet ontmoedig word.
Ontwikkelingsbeplanning moet ag slaan op drakragbeperkings, veral wat watertekorte betref.
Ontwikkelingsbeplanning moet ag slaan op die estetiese eienskappe van landskappe en die omgewing.
BYLAE 
DORPSAANLEGSKEMAS INGEVOLGE DIE ORDONNANSIE OP DORPE, 1934, WAT INGEVOLGE ARTIKEL 7 VAN DIE GRONDGEBRUIK-ORDONNANSIE GEAG IS SONERINGSKEMAS TE WEES WAT OP 1 JULIE 1986 VAN KRAG
SKEMA
Kraaifontein Vishoek
BYLAE VI
GOEDGEKEURDE DORPSBEPLANNINGSKEMAS INGEVOLGE DIE REGULASIESGEMAAK KRAGTENS DIE WET OP DIE ONTWIKKELING VAN SWART GEMEENSKAPPE, 1984 (WET 4 VAN 1984)
SKEMA
BYLAE VII
STEDELIKE EN STREEKSTRUKTUURPLANNE (VOORMALIGE GIDSPLANNE) INGEVOLGE DIE WET OP FISIESE BEPLANNING, 1991 (WET 125 VAN 1991)
NAAM EN DATUM VAN GOEDKEURING TIPE PLAN
Kaapse Metropool Volume 1: Stedelike struktuurplan Skiereiland 
Atlantis en omgewing Stedelike struktuurplan
Worcester en omgewing Stedelike struktuurplan
Oudtshoorn en omgewing Stedelike struktuurplan
George en omgewing Stedelike struktuurplan
