Aansoek om 'n beslote korporasie te deregistreer of te likwideer
Beskrywing
Indien 'n beslote korporasie nie meer sake doen nie kan hy die Registrateur van Maatskappye versoek om hom te deregistreer en om hom uit die databasis te verwyder. In so 'n geval moet die lede van die korporasie die Registrateur van Maatskappye van hierdie verwikkeling in kennis stel.
n BK mag ophou sake doen en vra om te deregistreer, of hy kan gelikwideer word. In albei gevalle kan die omstandighede ingewikkeld en tegnies wees, en moet spesialisinligting aan die Registrateur van Maatskappye verstrek word.
Likwidasie impliseer dat die BK
nie sy skuld kan vereffen nie;
opgehou het om sake te doen ; of se lede die BK se bates onder mekaar wil verdeel.
Die BK kan as gevolg van regsoptrede in die hof gelikwideer word, of die likwidasie kan vrywilliglik geskied . Indien die BK-lede om vrywillige likwidasie aansoek doen, vereis die Registrateur van Maatskappye 'n sekuriteit .
As deregistrasie plaasvind, word die BK uit die databasis geskrap en hou hy op om te bestaan. Nadat die deregistrasie afgehandel is, kan die onderneming in 'n ander vorm, byvoorbeeld as 'n onderneming met alleeneienaarskap, aanhou sake doen.
n Geskrewe verklaring deur enige belanghebbende persoon moet by die Registrateur van Maatskappye ingedien word.
Stappe om te volg
Dien gewaarmerkte afskrifte van die al die lede van die BK se identiteitsdokumente in.
Indien die BK vrywilliglik gelikwideer word, moet twee afskrifte van vorm CK6 ingedien word.
Regsraamwerk
Diensstandaard
Dit kan een tot twee dae neem om die deregistrasie af te handel.
Koste
Vorms om in te vul n Brief om die BK te deregistreer.
Kontakbesonderhede
