Beskerm jouself teen brande
Beplan vooruit...
As 'n vuur ontstaan...
Hou 'n emmer water en 'n emmer sand gereed.
Probeer om klein vuurtjies te blus voordat hulle versprei.
Bly self buite gevaar.
BEL 107!
Waarsku mense in die gebou om uit te gaan.
Kruip laag onderdeur die rook om van die brand af weg te kom.
Bou huise ten minste drie meter van mekaar af sodat brande nie versprei nie.
Elke huis benodig meer as een uitgang in geval 'n brand uitbreek.
Hou vuurhoutjies, aanstekers, paraffien en gif op veilige plekke en ver van jong kinders af. Gebruik 'n kinderbestande prop op paraffienbottels.
Baie kinders verbrand elke jaar erg. Wees veral versigtig om jong kinders te beveilig. Hou stowe op 'n gelyk oppervlakte - weg van trekke en enigiets wat kan brand.
Vure en kookstowe moet nooit sonder toesig gelaat word nie.
Gebruik water teen hout-, papier- en materiaalbrande.
Gebruik sand vir paraffienbrande.
Gas en elektrisiteit
Help mense om uit te kom, en bly dan buite
UIT!
Bel nooddienste op 107 en kry gou hulp! Hoe gouer jy bel, hou gouer sal hulp arriveer.
Skakel die elektrisiteit af voordat 'n elektriese brand geblus word.
Tree gou op met gasbottels. Draai eers die gas af. Gebruik dan 'n deksel of klam lap om die vlamme te blus.
As jy nie die gas kan afdraai nie, gaan uit en bly buite.
Hou paaie skoon sodat die brandweerwa gou by die brand kan uitkom.
Hou brandkrane vry van hindernisse sodat die brandbestryders water kan kry om die brand te blus.
Skakel vir hulp
Ken en vertoon die noodnommer en leer jong kinders hoe om 107 in geval van nood te skakel.
As jy bel, gee die volledige adres en 'n landmerk (bv. winkel of skool) naby die brand sodat die brandbestryders jou gou kan vind.
Vir alle noodgevalle, skakel
Blus kerse en brandende lampe voordat jy gaan slaap of uit die huis gaan.
Dis gevaarlik om in die bed te rook.
Vanaf selfone af: 480 7700
Beskerm jouself teen vloedwater
As jou huis oorstroom is ...
Beskerm jou gesondheid
Vloedwater is vuil en kan jou familielede siek maak.
Jy hoef nie in die gemeenskapsaal te bly om vir hulp te kwalifiseer nie.
Jy kan by vriende of familie bly.
As jy nêrens het om te bly nie, kan jy in die gemeenskapsaal gehuisves word.
As jy die huis móét verlaat, maak seker jou kosbaarhede is veilig.
Beplan vooruit
Kaapstad het 'n nat en koue winterseisoen. Gebiede wat in die somer droog lyk, kan in die winter oorstroom.
SOMMER
Moenie toelaat dat kindes in vloedwater speel nie.
Pas op vir skerp voorwerpe in die water.
Was jou hande met seep en skoon water voordat jy kos hanteer.
Help vriende en familie - voorsien hulle van skuiling as jou eie plek nie oorstroom is nie.
Om oorstromings te rapporteer, skakel
Bou op hoogliggende grond - geboue in vloedgebiede of naby vloedwaterdamme is gevaarlik.
Beskerm jou huis
Bou die vloer bokant die grondoppervlak.
Maak vore rondom jou perseel om die water weg te lei en hou afvoerpype skoon.
Vir alle noodgevalle
Vanaf selfone: 480 7700
Waarsku ander mense om nie in gebiede waar vloede maklik plaasvind, te hou nie.
