n Huwelik volgens die gewoontereg
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike, 1998 het op 15 November 2000 in werking getree. Indien jy voor daardie datum volgens die gewoontereg reeds in 'n erkende huwelik was, word jou huwelik volgens die nuwe wet erken. Indien 'n man reeds meer as een vrou het, word al die huwelike volgens die nuwe wet erken. Die Wet erken ook huwelike wat na hierdie datum volgens die gewoontereg voltrek is en stipuleer die reëls vir mense wat ingevolge die gewoontereg trou sodat hulle huwelik erken kan word.
n Huwelik volgens die gewoontereg word erken mits paartjies wat ingevolge die gewoontereg in die huwelik tree aan die volgende vereistes voldoen:
Albei partye in die huwelik moet ouer as agtien jaar wees.
Albei partye moet toestem om volgens die gewoontereg te trou.
Die huwelik moet onderhandel word, gevier word en gesluit word ingevolge die gewoontereg.
Lobola is nie 'n noodsaaklike voorvereiste vir die geldigheid van 'n huwelik volgens die gewoontereg nie.
Neem kennis dat hierdie huwelike nog altyd ingevolge die gewoontereg erken is.
Wanneer moet ek my huwelik registreer?
Indien jy voor 15 November 2000 ingevolge die gewoontereg getroud is, moet jy jou huwelik by die Departement van Binnelandse Sake registreer. Indien jy getroud is nadat die wet in werking getree het, moet jy jou huwelik binne drie maande na die huwelik registreer.
Huwelike volgens die Gewoontereg en Gemeenskap van Goedere?
Alle huwelike wat ingevolge die gewoontereg voltrek is nadat die Wet in werking getree het is binne gemeenskap van goedere. Dit beteken dat die man en vrou 'n gelyke aandeel het in bates, geld en eiendom en dit beteken ook dat albei die skuld deel. Indien die partye verkies dat hulle huwelik op huweliksvoorwaarde berus moet hulle voor die huwelik 'n huweliksvoorwaardekontrak sluit. Indien hulle dit wil verander nadat hulle reeds getroud is, moet hulle by die Hoërhof aansoek doen.
Ingevolge die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike, 1998 geniet die vrou dieselfde regte en status as die man om te besluit oor wat met die eiendom gebeur. Ingevolge die gewoontereg het die vrou nou die handelingsbevoegdheid om 'n kontrak te sluit sonder die bystand van die man.
Wat gebeur indien my man met 'n ander vrou wil trou'n?
Die man moet 'n geskrewe ooreenkoms/kontrak sluit wat uitstippel wat met die eiendom sal gebeur en die man moet by die hof aansoek doen om die geskrewe kontrak goed te keur. Die hof moet verseker dat die eiendomsbelange van al die vrouens beskerm word.
Wat gebeur indien ons 'n burgerlike huwelik wil aangaan nadat ons reeds volgens die gewoontereg getroud is?
Indien jou man geen ander vroue het nie, kan jy sowel 'n burgerlike huwelik as 'n huwelik volgens die gewoontereg aangaan. Nie een van julle twee sal egter huwelike met iemand anders volgens die gewoontereg kan aangaan indien julle reeds volgens die burgerlike reg met mekaar getroud is nie.
Bo
Stappe om te volg
Die man of vrou kan die huwelik registreer by die naaste Departement van Binnelandse Sake. Dit is wenslik dat albei huweliksmaats die huwelik gaan registreer om die registrasie te bespoedig. Indien jou huweliksmaat egter weier kan jy dit alleen gaan registreer met die nodige bewyse by jou.
ID-nommers, name en geboortedatums van sowel die man as die vrou name van die ouers van sowel die man as die vrou asook die name van die tradisionele leier die besonderhede van die ooreenkoms ten opsigte van lobola of magadi, twee persone wat as getuies by die huwelik was n Brief of 'n beëdigde verklaring van die tradisionele leier.
Die vorm moet bevestig en geteken word in die teenwoordigheid van:
n registrasiebeampte, o n aangewese persoon wat deur die Direkteur-Generaal aangewys is om funksies ooreenkomstig hierdie regulasies uit te voer.
Die aansoek moet by 'n registrasiebeampte of 'n aangewese persoon ingedien word wat jou dan van 'n erkenning van ontvangs van die aansoek moet voorsien in die vorm van Vorm B: Acknowledgement of receipt of application for registration of customary marriage
Die registrasiebeampte of aangewese persoon sal die aansoek aanstuur na die naaste streeks- of distrikskantoor van die Departement sodat dit in die bevolkingsregister ingesluit kan word.
Hou die sertifikaat in veilige bewaring want dit is belangrik.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard n Verkorte sertifikaat word onmiddellik uitgereik.
n Volledige sertifikaat neem ses tot agt weke.
Die registrasiebeampte sal jou meedeel indien hy of sy weier om die huwelik volgens gewoontereg volgens die verwagting te registreer en sal die redes vir die weiering uiteensit.
Bo
Koste
Die volgende bedrae moet aan die Departement van Binnelandse Sake betaal word:
duplikaat sertifikaat van huwelik volgens die gewoontereg: R11
soek en reproduksie van gewoontereghuweliksregister of enige ondersteundende dokumentasie tot die register : R53
verskaffing van 'n uittrekssel uit die gewoontereghuweliksregister: R53
n Bedrag van R11 is deur die eggenotes aan 'n toegewysde persoon betaalbaar ten opsigte van 'n aansoek om registrasie van 'n huwelik volgens die gewoontereg wat by die toegewysde persoon ingedien is.
Doen asseblief navraag by die kontakpersone by Binnelandse Sake vir 'n aanduiding van die kostes wat betrokke is.
Bo
Vorms om in te vul
Let wel: Die vorms in nie aanlyn beskikbaar nie. Tree asseblief met jou naaste departementele kantoor in verbinding.
Bo
Kontakbesonderhede
