Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Crime Stop is 'n reeks oproepsentrums wat by die publiek inligting oor misdadigers en hulle bedrywighede insamel. Lede van die publiek word gehelp deur oproepsentrumpersoneel wat goed opgelei is in ondersoekende onderhoudvoering. Dit stel jou in staat om die Suid-Afrikaanse Polisiediens in 'n veilige omgewing, en sonder enige bedreiging, oor kriminele bedrywighede in te lig. Jy kan vra om anoniem te bly Om te waarborg dat informante se identiteit nie bekend sal word nie, word opsporingsmeganismes en inbeller-identifikasietegnologie nie by Crime Stop toegelaat nie. Die inligting wat jy verstrek, word aan speurders oorgedra.
Sekere Crime Stop-oproepsentrums verbind informante ook regstreeks met ondersoekbeamptes deur die telefoonkonferensiestelsel te gebruik. Dit stel die ondersoekbeampte in staat om die informant regstreeks te ondervra.
Let wel: dit word slegs gedoen indien jy daartoe instem.
Jy kan kriminele bedrywighede ook elektronies op die Suid-Afrikaanse Polisiediens se webwerf aanmeld. Jou anonimiteit word ook hier gewaarborg, behalwe as jy aandui dat dit nie gedoen hoef te word nie.
Bo
Stappe om te volg
Bel die Crime Stop-nommer: 08600 10 111.
Die agent by die oproepsentrum sal sekere vrae aan jou stel. Indien jou inligting bruikbaar is, sal hy of sy 'n unieke kodenommer aan jou verstrek.
Indien die inligting wat jy verstrek nie bruikbaar genoeg is nie, sal die agent aan jou verduidelik waarom dit nog nie bruikbaar genoeg is nie en jou raad gee oor hoe om bykomende inligting te bekom.
Bruikbare inligting word gekoppel aan die kodenommer wat aan jou verstrek is.
Jy sal gevra word om Crime Stop binne 'n gegewe tyd weer by 08600 10 111 te bel om te hoor of die inligting positief was en of jy vir 'n beloning kwalifiseer .
In die toekoms sal die agent die saak slegs met jou bespreek indien jy die korrekte kodenommer verstrek, en mits jou identiteit ooreenstem met die 'profiel' wat op rekord is.
Die agent sal die oproep onmiddellik beëindig indien hy of sy vermoed dat jy nie die persoon is wat die oorspronklike oproep gemaak het nie. Hierdie is 'n beskermingsmaatreël, en is nie onderhandelbaar nie.
Indien jy 'n misdaad elektronies aanmeld, moet jy die inligting op die terugvoervorm op die SAPD-webwerf verstrek. 'n Verwysingsnommer sal op die skerm verskyn sodra jy die vorm ingedien het.
Crime Stop sal die inligting aan die betrokke ondersoekeenheid oordra om op te volg, met die versoek om binne 24 uur terug te rapporteer en so gou moontlik oor die afloop van die ondersoek verslag te doen.
Indien jy vir 'n beloning in aanmerking kom , sal die ondersoekbeampte die bedrag van die beloning vasstel en die eis ooreenkomstig National Information 2/2001 verwerk.
Sodra die beloning gereed is, sal Crime Stop met jou in verbinding tree om af te spreek oor hoe die betaling sal geskied.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
In ooreenstemming met Crime Stop se internasionale standaarde word geen nommeridentifikasie of en ander opsporingsmeganismes op Crime Stop se perseel toegelaat nie aangesien dit die vertrouensverhouding oor anonimiteit, wat tussen die SAPD en die informant bestaan, ernstige skade kan berokken.
Crime Stop sal die inligting aan die betrokke ondersoekeenheid oordra met die versoek dat hulle binne 24 uur moet terugrapporteer, en daarna so gou moontlik oor die afloop van die ondersoek verslag moet doen.
Indien jy daarvoor kwalifiseer én vooraf 'n beloning aangevra het, sal die ondersoekbeampte die beloning bepaal en dit ooreenkomstig NI 2/2001 verwerk.
Sodra die beloning gereed is, sal Crime Stop met jou in verbinding tree om te reël hoe jy betaal sal word.
Bo
Koste
Oproep van 'n selfoon af : gewone selfoontariewe word gehef
Bo
Vorms om in te vul
Jy hoef geen vorms in te vul nie omdat die misdaad telefonies aangemeld word. As jy die misdaad egter op die SAPD-webwerf, aanmeld, moet jy die elektroniese terugvoervorm invul.
Bo
Kontakbesonderhede
