TENDERS VIR VOORRADE
Tenders word hiermee ingewag vir die voorsiening en aflewering van voorrade aan die Namakwa Distriksmunisipaliteit te Calvinia, Fraserburg en Springbok magasyne.
Tenderaars moet duidelik onderskei tussen die drie genoemde magasyne wat betref prys, aflewering en diens.
Tenderaar moet dus duidelik meld vir watter magasyne getender word of as daar net byvoorbeeld vir een plek se magasyn getender word.
In die geval van veral batterye en bande moet dit op 'n dag tot dag basis beskikbaar wees.
Enige kortings moet duidelik gemeld word.
Indien enige item of produk 'n waarborg het, moet die waarborg duidelik gestel word veral die duur daarvan.
Duidelike melding van vervoerkoste moet ook gemaak word na onderskeie magasyne.
Tender asseblief net vir wat gevra word en nie vir ekstras nie.
Waar daar spesifikasies gevra word, moet dit verstrek word.
Geldigheidsduur van tender moet gemeld word.
Om in aanmerking te kom, moet streng aan bogenoemde voldoen word, indien nie sal tender nie oorweeg word.
Aflewering moet geskied in hoeveelhede soos en wanneer benodig gedurende die tydperk.
Tender dokumente is beskikbaar by bogenoemde kantoor te Springbok.
TENDER 18/2009 BOUTE EN MOERE VIR PADSKRAPERLEMME
Minimum spesifikasie: SAE Grade 8
Prys van BOUT moet MOER insluit
TENDER 19/2009 OORPAKKE
Tweestuk blou Groottes 32 -48
Tweestuk oranje Groottes 32 - 48
Materiaal moet katoen, nie polyester-katoen wees.
Gewig per m2 van material moet gemeld word.
Moet krimpbestand wees.
Volledige oorpakke moet as monsters ingedien word.
Namakwa DM moet op die agterkant van oorpakke gedruk wees.
TENDER 20/2009 VEILIGHEIDSSKOENE
Skoene moet aan SABS voldoen.
Aanmekaar gegote sool.
Bestand teen hitte, olies, suur en alkalise stowwe.
TENDER 21/2009 BUITE EN BINNEBANDE - NUUT EN VERSOOL SOOS
GELYS
Diens soos pas, balansering en herstel van alle bande moet daagliks gelewer kan word en ook op tender wees.
X16 8 LAAG
X20 12 LAAG
X20 14 LAAG
Nuwe buite-en binnebande moet ook daagliks beskikbaar wees waar moontlik.
TENDER 22/2009 BATTERYE EN BATTERYWATER
Batterye vir motors , vragmotors, bakkies en grondverskuiwingsmasjiene. Die volgende batterye is algemeen in gebruik: 610, 622, 638, 674, 682, 688, 689. 675 en 630 moet voor getender word.
Batterye moet op daaglikse basis beskikbaar wees.
Duidelike melding van loodheffing moet gemaak word.
Alle tipes filters bv. Olie-, Lug-, Brandstof-, Hidroliese-en waterfilters waar van toepassing op motors,bakkies, vragmotors en grondverskuiwingsmasjiene.
n Lys van filters wat algemeen gebruik word is beskikbaar op aanvraag en moet voor getender word.
TENDER 24/2009 PADTEKENS
Alle tipes R,W,G en TW tekens.
Groottes: 900mm en 1200mm
Voorsiening van tekens volgens die standaardspesifikasies van die SABS se
Padverkeerswet.
Staal met chromodek-versterking boute en moere ingesluit.
TENDER 25/2009 BRANDSTOF
Grootmaatvoorsiening aan en aflewering by die magasyne op Calvinia,Fraserburg en
Springbok. Prys per liter.
TENDER 26/2009 OLIES, GHRIES, TEENVRIESMIDDEL, REMVLOEISTOF EN
GHRIESVERWYDERAAR
Veeldoelige L2 Ghries
Olie prys per liter gelewer aan Calvinia, Fraserburg en Springbok magasyne.
Ghries prys per kilogram gelewer aan bogenoemde store.
UITSLUITINGS
Persone of instansies wat gedurende die voorafgaande vyf jaar skuldig bevind is aan bedrog of korrupsie of wat opsetlik 'n staatskontrak afgeskeep, teruggetree uit of versuim het om 'n staatskontrak uit te voer, word uitgesluit uit hierdie tenderproses.
Persone in diens van die staat mag nie tender nie.
VEREISTES
Voornemende tenderaars moet 'n oorspronklike belastinguitklaringsertifikaat met hul tender indien.
Voornemende tenderaars wie se munisipale belasting en diensgelde vir maande agterstallig is, se tenders sal nie oorweeg word nie. Voornemende tenderaars moet 'n opbetaalde munisipale rekening/s saam met hul tender indien.
Voornemende tenderaars moet op die databasis van die Namakwa Distrikmunisipaliteit geregistreer wees. ( Kontak Ockert Sauls by 079 112 0260 ).
Verdere besonderhede kan verkry word by W Snel of C. Van Wyk by tel nr. 027 341 8100 of T Williams of L Boyce by tel nr. 027 712 8051 of
Tenders op voorgeskrewe tenderdokument en in verseëlde koeverte, duidelik gemerk
TENDERS VIR VOORRADE" en tendernommer moet die ondergetekende op die laaste teen 12:00 op Vrydag 05 Junie 2009 bereik waarna dit onmiddellik by onderstaande adres in die openbaar oopgemaak sal word.
Tenders wat elektronies of per faks ingedien word, sal nie aanvaar word nie.
Onvolledige tenders, asook tenders wat na die bestemde tyd en datum ontvang word, sal nie oorweeg nie.
Die Namakwa Distrik Munisipaliteit is nie verplig om die laagste of enigste tender te aanvaar nie.
WAARNEMENDE MUNISIPALE BESTUURDER
TEL: 027 712 8000
