SOKKER TOERNOOI 2004 TE AGGENEYS OP 28.10.2004
Die Departement Sosio Ekonomiese Ontwikkeling van Namakwa Distriksmunisipaliteit het vir die tweede agtereenvolgende jaar met groot sukses die Burgemeester Sokkertoernooi op 28.8.2004 te Aggeneys aangebied. Hierdie toernooi het drie mikpunte ten doel gehad:
Tweedens wou ons verseker dat NAMAKWALAND ook deel sal uitmaak van enige voordele, hetsy ekonomies, sport of sosiale ontwikkeling, wat uit die 2010 Wêreld Sokker Toernooi mag voortspruit.
Derdens is dit ons visie om jong sportmanne en vroue bewus te maak van die geleenthede en moontlikhede wat daar is om hulle tot nasionale deelname te ontwikkel, met spesifieke verwysing na die 2010 sokker toernooi. Die Burgemeester Sokkertoernooi was in 2003 alleenlik vir die mans, maar ons het besef, dat vrouens nie uitgesluit kan word nie en is gelyke deelname hierdie keer verseker deurdat ses vrouespanne ook in 2004 aan die toernooi kon deelneem.
Die keuring en kretiria waarop die spanne kwalifiseer berus op die basis van uitspeelwedstryde en is en bly die verantwoordelikheid van die SUID-AFRIKAANSE VOETBAL ASSOSIASIE.
Waar die NAMAKWA DISTRIKSMUNISIPALITEIT in 2003 alleen die finansiële uitgawes van die toernooi gedra het, is daar in 2004 besluit om meer instansies te betrek. Daar is toe besluit om nie alleen finansiële ondersteuning by hulle te vra nie, maar om ook hul morele steun te verkry. Met groot entoesiasme is daar deur van die instansies gereageer en ons wil die volgende instansies hartlik bedank vir hul ruimhartige ondersteuning:
EERSTE NASIONALE BANK
DEPARTEMENT SPORT, KUNS EN KULTUUR
KAROO HOOGLAND MUNISIPALITEIT
Hierdie onbaatsugtige bydraes was die motivering vir die reuse sukses en uitstaande sportmanskap wat gehandhaaf was. Sonder hierdie ondersteuning sou hierdie toernooi byna onmoontlik wees. 'n Verdere inspirasie vir die sukses was die opbouende boodskap van die burgemeester. Sy boodskap was gerig op die strewe na groter hoogtes en dat die jeug, veral die sportmanne en sportvroue, die vernietigende uitwerking van die MIV/VIGS pandemie nie gering moet skat nie en die regering moet ondersteun om die siekte te beveg asook die persone te ondersteun wat alreeds deur die siekte geinfekteer en geaffekteer is.
DIE WENNERSPRYSE HET DIE VOLGENDE INGESLUIT:
NAASWENNERS
DIE WENSPANNE:
NAASWENNERS:
Elke speler het ook 'n sportsak en'n sportpet ontvang. Die Speaker wil graag almal bedank vir hul bydrae, in besonder die befondsers en die spelers/speelsters, en spreek die hoop uit dat die toernooi van krag tot krag sal groei. Ons sien uit na 2005 maar veral na 2010!
