Aansoek om 'n maatskappy in 'n beslote korporasie te omskep
Beskrywing
Die bestuurs- en administratiewe funksies vir 'n beslote korporasie is minder formeel en ook makliker as vir 'n maatskappy. Die senior bestuursamptenare van 'n maatskappy kan om hierdie rede besluit om 'n geregistreerde maatskappy liewer in 'n BK te omskep.
Indien die naam ook gaan verander wanneer die maatskappy in 'n BK omskep word, moet 'n afskrif van goedkeuring daarvoor - op vorm CK7 - saam met die aansoek om omskepping ingedien word.
Stappe om te volg
Laai aansoekvorm, CK7 in om die naam van die BK te reserveer indien die naam gaan verander.
Dien 'n brief met inligting oor die nuwe gevolmagtigde rekenpligtige amptenaar in.
Dien 'n brief ooreenkomstig Artikel 27 van die Wet op Beslote Korporasies, 1984 van die maatskappy se ouditeur in. Die brief moet aandui wie die nuwe ouditeur is.
Dien afskrifte van die identiteitsdokumente van al die lede van die BK in.
Regsraamwerk
Diensstandaard
Dit kan vier tot vyf dae neem om die aansoek te verwerk.
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
