Aansoek om 'n beslote korporasie in 'n maatskappy te omskep
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
In die geval van 'n beslote korporasie wat besondere groei getoon het, kan die aandeelhouers verplig wees om bykomende kapitaal in die BK te belê om dit verder te laat uitbrei.
Dit is ook moontlik dat die BK met groot ondernemings meeding en daarom verkies om eerder 'n maatskappy te wees om sy bedrywighede meer lewensvatbaar en mededingend te kan maak.
Bo
Stappe om te volg
Vul vorm CM5 in indien die BK se naam verander moet word.
Maak 'n afskrif van vorm CM1 tot en met vorm CM44C.
Indien enige veranderings gaan plaasvind, soos wanneer 'n lid gaan bedank, die finansiële jaareinde gaan verander of ? ander rekenpligte amptenaar aangestel gaan word, moet vorms CK2 en CK2A voor of na die omskepping ingedien word. Die vorms vir die omskepping van 'n BK kan aanlyn ingevul word.
Die rekenpligtige beampte en die ouditeur van die BK hoef nie dieselfde persoon te wees nie.
Bo
Regsraamwerk
Maatskappywet, 1973
Bo
Diensstandaard
Indien geen dokumente afsonderlik van die maatskappydokumente ingedien is nie, neem dit twee tot vyf dae om 'n beslote korporasie in 'n maatskappy te omskep. Indien BK-dokumente afsonderlik ingedien is, neem dit drie weke om die proses af te handel.
Bo
Koste
R350 vir die akte en statute
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
