Nuusbrief
NUUSBRIEF
KERSBOODSKAP DEUR DIE UITVOERENDE BURGEMEESTER
Ons is stadig besig om die einde van die jaar te nader. Vir baie van ons munisipaliteite sal hierdie jaar lank onthou word met die samestelling van ons IDP's. Hierdie was egter 'n baie moeilike tydperk veral met die druk wat daarmee gepaard gegaan het. Tenspyte van al ons probleme wat ons ondervind het gedurende hierdie jaar wil ek graag al ons raadslede sowel as munisipale amptenare bedank vir hul bydrae en spangees wat aan die dag gelê was om die sukses van ons onderskeie IDP's te verseker. Laat ons as munisipaliteite nou hierdie hersieningsperiode gebruik om die tekortkominge binne ons IDP's aan te spreek om sodoende gehalte dienslewering te verseker.
Die nuwe jaar is egter die tyd waar hierdie werksplan (IDP's) geimplementeer moet word. Laat ons, ons amptenare aanmoedig om tot diens van ons gemeenskappe te wees en laat ons die "Batho Pele" beginsels ten volle uitleef. As munisipaliteite moet ons ook die belangrikheid van ons Prestasie Bestuurstelsel in alle êrns opneem.
Kersfees is 'n tyd van vrede en liefde, kom laat ons as Christene die herdenking van die geboorte van onse Here Jesus met groot eerbied en respek hanteer en laat ons die blye boodskap van Kersfees aan ons naaste oordra.
As ons beplan om iewers heen te reis, laat ons die spoedgrense respekteer en veilig by ons bestemmings aankom.
Ons matrikulante en skoliere wat so pas hul eksamens voltooi het, baie geluk. Onthou harde werk word beloon met sukses.
Aan alle inwoners van die Namakwa streek wens ek 'n geseënde en voorspoedige Nuwe Jaar toe. Mag al u wense gedurende hierdie jaar vervul word met die liefde van ons Hemelse Vader.
FEES - SIMBOOL VAN REDE
Die Namakwa Fees was vir almal van die streek een groot verassing. Hierdie dag sal onthou word as 'n dag waar almal as een groot familie saam gekuier het. Hier laat die leiers van ons gemeenskappe die duiwe vry om die boodskap van vrede uit te dra.
LOSLIT DAG TRAP VAS BY NDM
Vir baie jare was loslitdag nog net een van daardie dae van 'n ondersteuning en die werksdag gaan soos normaal voort. Hierdie jaar het die personeel van die Namakwa Distriksmunisipaliteit egter besluit om nie meer terug te staan nie en het sommer die vere laat waai. Hier is 'n groepfoto van die aktiewe skoolgroep en die "Super Vlytige Vingers". Hierdie dag sal nog lank onthou word.
DIE DONKIE WAS TOE RêRIG 'n WONDERLIKE DING !
Nog nooit het donkie se kind kon droom dat hy op so 'n wonderlike wyse vereer sou word nie. Wel, by hierdie spesifieke geleentheid was hy die middelpunt van aandag, die ster van die dag, en ook die taxi van die dag.
Dit is dan ook presies wat beoog word met die loodsing van die Namakwa Donkie-kart. 'n Donkie kar taxi was in die strate van Okiep te sien. Die LUR virVervoer Paaie en Openbare werke mnr John Block wat die projek geloods het op 17 September 2002 in Okiep het sommer heel eerste ervaar hoe dit voel om op 'n donkie kar taxi te ry. Te oordeel aan sy effe benoude gesig, maar tog met 'n glimlag, kon dit seker nie te erg gewees het nie.
Die inisiatiefis deel van 'n provinsie-wye projek op Landelike mobiliteit wat deur mnr Block se Departement geimplementeer is. Mnr Block verduidelik: "Baie Noord Kaap inwoners leef in ver afgelee landelike gebiede en klein dorpies en hulle vermoe om rond te beweeg word beperk. Die Landelike Mobiliteitsprojek probeer om beter maniere te vind om die situasie te verbeter."
Verskeie loodsprojekte is al probeer in-die amter vyidistrikte van die provinsie. In die Namakwa Distrik word gekyk na die rol van die donkiekar. Mnr Block het ook verwys na veral die historiese verbintenis wat die mense van hier- die gebied het met die donkiekar.' 'Die oupas en oupagrootjies het donkies en karre gehad en vandag het ons dit nog. Dit is deel van ons lewens bestaan vir al die j are al"
Die doel van die Landelike Mobiliteitsprojek is om die veiligheid van die mobiliteit van landelike inwoners te verhoog deur hulle te help om hulle donkiekarre padwaardig te maak. Die donkies sal ook nooit weer afgeskeep voel nie, want die Diere-beskermingsvereniging gaan beslis 'n ogie hou om te verseker dat die donkies spekvet en gesond biy. ook gaan nuwe ekonomiese geleenthede vir die donkiekarre in die gebied geskep word. Die projek is geloods as deel van die toerisme projek en toerisme in Okiep kan baat vind by die projek. Drie toere is beskikbaar op 'n daaglikse basis. Twee is spesifiek gerig op die blomme seisoen, terwyl die ander reg deur diejaar beskikbaar saal wees. Die projekleier van die Okiep Toerisme Projek is mnr Ashley Raymond. Mnr Block het'n beroep op die plaaslike toerisme industrie gedoen om die projek ie ondersteun.
DIE DONKIE WAS TOE RêRIG 'n WONDERLIKE DING !
Die Nasionale Mariene Week het plaasgevind vanaf 14 - 18 Oktober 2002 en verskeie programme is regdeur die land geloods. As deel van hierdie week het die Noord Kaap se Provinsiale regering aktiwiteite geloods om skoliere binne ons provinsie en veral in die Namakwaland streek meer bewus te maak van die mariene lewe. Die veldtog was gehou in Alexander Baai, Port Nolloth, Kleinzee, Springbok en Hondeklip.
n Plakkaat kompetisie was ook geloods deur die taakspan. Die doel hiervan is om 'n kalender vir 2003 saam te stel waar die bewusmaking van ons mariene lewe deurgangs plaasvind.
Verskeie hoogeplaasde sprekers binne ons provinsie en streek het hierdie verrigtinge gedurende die week by gewoon.
Organiseersers is dit eens dat hierdie 'n baie suksesvolle week was en hoop dat hierdie projek voort gebou kan word met die positiewe reaksie van skoliere.
Pryse is toegeken aan die onderskeie leerders vir gehalte kunswerke. Die sukses van die Mariene Week word toegrskryf aan die positiewe gesindheid wat daar geheers het onder die organiseerders en verskeie rolspelers. Erkenning word ook gegee aan elke instansie en organisasie wat 'n bydraw gelewer het om hierdie MAriene Week 2002 'n groot sukses te maak.
Agtergrond
Die onderskeie munisipaliteite in die Namakwa Distrik se "IDP's" is almal voltooi en is een van die belangrikste meganismes daarmee munisipaliteite hulle funksie as meer ontwikkelingsgerigte instansies sal verwesenlik.
Munisipaliteite is egter wetlik verplig om jaarliks hul "IDP's" te hersien. Die vraag kan egter tereg gevra word: Wat behels die hersiening ?
Die hersieningsproses moet nie gei'nterpreteer word as 'n "oorskryf van die "IDP's" nie aangesien een van die hoekstene van die hersieningsproses juis die implementering van die huidige "IDP's" is. Die "IDP's" moet 'n lewendige dokument wees wat voortdurend verbeter en aangepas kan word om by die veranderde omstandighede aan te pas. 'n Voorbeeld wat soms gebruik word, is dat dit soos 'n oop leer moet wees waar blaaie van voltooide projekte (of nie meer belangrike aangeleenthede) uitgehaal word terwyl nuwe blaaie ingevoeg kan word.
Die hersiening is juis die proses om bogenoemde te "vergemaklik ferwyl daar deurlopend publieke deelname is sodat 'n ingeligte publiek weet waarheen die pad lei.
Kern elemente van die hersieningsproses
Die kern aspekte van die hersieningsproses stem grootliks ooreen met die wetlike funksies soos wat dit omskryf word in die Munisipale Stelsels Wet. ander wetgewing en beleide. tesame met aspekte wat geTdentifiseer is met die opsielling van die "IDP's".
Die belangrikste elemente van die hersieningsproses is as vciSw
Kommentaaar van die LUR en ander rolspelers insluitende Verteenwoordigende Forums, wykskomitees.*Aspekte wat wetlik vereis word byvoorbeeld Rampbestuursplanne.
pstel en implementering van 'n Prestasie Bestuur Stelsel.
Voorbereiding en inkorperering van sektor programme en projekte.
Ruimtelike ontwikkelings raamwerke.
Gemtegreerde Plaaslike Ekonomiese Ontwikkelings programme.
Proses
Die hersieningsproses is tans reeds geihisieer in die hele Namakwa Distrik. Alle Munisipaliteite is reeds besig met die proses en om bestaande strukture byvoorbeeld Verteen- woordigende Forums, te mobiliseer.
Die hersieningsproses word ook positiefbevorder en bevoordeel vanaf-Provinisrzric vlak waar verskeie aksies geloods is om munisipaliteite by te staan soos byvoorbeeld met Prestasie Bestuurstelsel werkswinkels en hulp met die opstel van Ruimtelike Raamwerke. Beter koordinasie met Staatsdepartemente word ook voorsien.
Die "PIMS" Sentrum by die Namakwa Distriksmunisipaliteit is tans ook besig om Munisipaliteite te besoek en hulp te verleen met die hersieningsproses.Munisipaliteite hot onderneem dat die hersieningsproses in Februarie
Die voorsiening van toilette in die regsgebied van die Namakwa Distriksmunisipaliteit het 'n groot prioriteit geword en met hierdie noodsaaklike behoefte wat daar bestaan onder die inwoners van die streek, word die volgende droë sanitasie toilette verskaf:
Pofadder - 48 toilette
As munisipaliteit is dit vir ons belangrik om aan ons mense die beste dienste te lewer.
Verskeie opledings en bewusmakingsprogramme sal geskied om verbruikers voor te berei op die instandhouding van hierdie toilette.
Die bouwerk sal binne kort 'n aanvang naam en plaaslike arbeid binne elke gemeenskap sal gebruik word.
Ons wil alle inwoners wat hierdie toilette sal ontvang, baie geluk toe wens.
KHAI-MA WYS DIT WEER !
Pella, hoof toerisme sentrum van die Khai-Ma Munisipaliteit. 'n Dorp waar dinge vir die mense gebeur. Op die 18de Oktober 2002 is die Biblioteek vir die mense van die dorp amptelik geopen en nou kan kinders sowel as ouers ure spandeer om hul hennis verder te verbreed.
Volgens mevrou Beukes, burgemeester van die Khai-Ma munisipaliteit is dit hul strewe om die lewensstandaarde van die mense te verbeter, nie net deur die daarstel van infrastruktuur nie, maar ook deur die uitbreiding van kennis, kundigheid en vaardigheid. Vir die mense was dit weereens 'n geskiedkundige dag, 'n datum waarop die kinders kan sê: "Hierdie stap kan ook ouers en onderwysers help om sosiale prbleme wat ondervind word hok te slaan.
Pella is egter nie die enigste dorp waar die dinge in die Khai-Ma area gebeur nie. Verskeie ontwikkelingsprojekte is ook aan die gang by die ander dorpe binne die munisipale gebied. Mevrou Beukes skryf die sukses van die munisipaliteit toe aan die geoe spangees wat daar heers onder die raadslede en munisipale amptenare en dat hierdie munisipaliteit altys bereid is om te leer. Sy noem verder dat dit belangrik vir elke munisipaliteit is om sy tekort kominge te erken om sodiende sukses vir al sy mense te verseker.
Kom laat ons as inwoners van die Khai-Ma Munisipaliteit daarna strewe om as een groot familie saam te lewe en ons mense se lewens verder verbeter. Khai-Ma beteken - Ons het opgestaan!
