NORMALE ONDERHOUD
In die huidige ekonomiese toestande bly die onderhoud van paaie n probleem. Daar is onlangs in die nasionale parlement tydens die departement van vervoer se begroting se toespraak gese die regering kan slegs 40% van provinsiale paaie onderhou. As daar gesien word dat hierdie distriks munisipaliteit in die huidige boekjaar 57 000 lem km pad in plaas van 112 000 lem km geskraap het wees die hoeveelheid fondse ontvang van die provinsiale regering dan is die syfer van 40% na aan korrek. Ons beleef tans ook n baie droe toestand wat veroorsaak dat die gruispaaie vinnig agteruitgaan nadat dit geskraap is.
Die GOP het voorsiening gemaak vir die skraap van 40 000 lem km gruispad maar wens die aftrede van twee senior personeellede was daar n redelike besparing in die salarisse van die departement en is daar dan ook 57 000 lem km geskraap. Die begroting vir die nuwe finasiele jaar is pas van provinsiale departement ontvang en is slegs 5.1% groter as die huidige begroting. As daar gekyk word salarisse wat met 11% verhoog is en n moontlike verhoging van 10% in wertuighuurtariewe dan lyk die toekoms nie baie goed nie.
Tydens Desember 2002 is ons gevra om n geteerde toeganspad na Nieuwoudtville Noord te bou. Die werk was gedeeltelik arbeidsinsentief gedoen en daar is van plaaaslike mense gebruik gemaaak om randstene te le. In die proses is daar 1 542 persoondae se arbeid geskep in die gemeenskap van Nieuwoudtville. Daar is ook n span mense opgelei om randstene te le asook n span wat teerwerk met die gedoen het. Die personeel van die distriksmunisipaliteit het ook geleer in die proses want hulle is gewoond om landelike paaie te te bou waar hulle baie meer spasie het om te werk.
KONSTRUKSIE VAN PAD NA KOMAGGAS
Die distriksmunisipaliteit het ook onlangs n tender uitgesit vir die bou en teer van gedeelte van hoofpad 745 en afdelingspad 2955 na Komaggas. n Totale afstand van 47 km pad gaan gebou word en nog 11.4 km gruispad word herwerk. Die distriksmunisipaliteit doen self die herwerk gedeelte en bou ook 13 km van die teer pad. Die gedeelte wat geteer word sluit Sperktakelpas in wat n groot verbetering aan die roete sal wees .
Soos op die foto gesien kan word klim die pas n steil berg uit en die gemeenskappe van Komaggas , Buffelsrivier , Kleinzee en Spektakel omgewing moet die berg op om in Springbok , hulle dorp uit te kom. Die projek sal R 40 miljoen kos om te voltooi en sal 20 maaande duur . Daar sal ook baie werk vir die plaaslike gemeenskappe geskep word.
Soos gesien kan word het die distriksmunisipaliteit reeds met sy werk begin . Die kontrakteur sal gedurende Julie 2003 met sy werk begin.
