Namakwa Distriksmunisipaliteit bestaande uit die Namakwaland - en Hantam areas, is verbind tot gemeenskapsontwikkeling. Rampbestuur is die segment van die Munisipaliteit, wat 'n belangrike rol speel in veiligheid, paraadheid en deurlopende bewusmaking aangaande rampbestuur, in sy onderskeie gemeenskappe.
Rampbestuur kan verdeel word in twee segmente, nl.
Harde rampe en Voorkoming van Rampe
Harde rampe soos vloede, aardbewings, droogtes, epidemies, ens. is toestande wat enige land of gebied kan tref sonder maniere om dit te keer. Deur seker te maak dat deurlopende beplanning en strategieë in plek is en bly, kan versagting van rampe toegepas word. Rehabilitasie en die hantering daarvan word die belangrikste vir volhoubaarheid geag.
Voorbeeld van 'n vloede in 1997 waar die Buffelsrivier, wat normaalweg 'n droë loop is, in vloed was.
Rampe het ook nie altyd 'n negatiewe uitwerking nie. In sommige gevalle het 'n ramp situasie 'n positiewe uitkoms, soos in Calvinia, waar deurdringende reëns veroorsaak het dat 'n aantal kleihuise ineen gestort het. Hierdie Ramp het tot gevolg gehad dat die Distriksmunisipaliteit besluit het om vir hierdie gesinne nuwe huise te bou. Sulke voorvalle bevestig net weer dat Munisipaliteite deurlopend moet sorg dat hul Rampbestuursplanne op datum is en bly.
n Nuwe steen huis wat gebou word in die plek van die kleinhuise wat ineen gestort het.
Kommunikasie is vir enige organisasie van kardinale belang. Rampbestuur beskou radiokommunikasie as 'n prioriteit in die Namakwa gebied omdat landlyn en selfoon kommunikasie in die gebied redelik beperk is. Daar word deur middel van die NNAR (Nood Alarm Radio) radiostelsel op elke dorp'n radio installeer vir nood kommunikasie na die beheersentrum. Hierdie diens is toeganklik vir alle gemeenskappe. Die Distriksmunisipaliteit beskik ook oor 'n beheersentrum wat 24 uur beman word waar alle noodoproepe of radioroepe ontvang word. Die bemanning van die sentrum moet toesien dat die regte diens geaktiveer word.
Toerusting binne die Beheerstrum te Springbok
Opleiding is ook 'n belangrike fasset van rampbestuur. Daar word veral gekonsentreer op Noodhulp en Brandbestryding. Die afgelope 2002/3 boekjaar is daar reeds 73 persone opgelei. Hierdie persone was verteenwoordigend van die hele Namakwaland en Hantam areas. Die belangrikste is om mense van verskillende gemeenskappe te bemagtig met die basiese vaardighede wat uitgebrei sal word, sodat daar later 'n sterk vrywilligerkorps bestaan.
Enige navrae kan direk gerig word aan:
Senior Rampbestuurder / Brandbestrydingsbeampte
Posbus 5
Tel: 027 - 712 8050
Faks: 027 - 712 8040
