OOGMERK
Om aan te toon dat die Stad as 'n waterdienste-owerheid en as 'n waterdiensteverskaffer daartoe verbind is om as 'n span saam te werk om uitmuntende diens aan die gemeenskap te lewer.
VISIE
Om leiding te gee ten opsigte van die voorsiening van billike, volhoubare, mensgesentreerde, bekostigbare en geloofwaardige waterdienste vir almal.
ONDERNEMING AAN AL ONS VERBRUIKERS
verseker die beskikbaarheid en betroubaarheid van waterhulpbronne te alle tye ontwikkel verbruikerstevredenheid en 'n magtigende omgewing vir die ontwikkeling van betekenisvolle verhoudings met alle belanghebbendes ontwikkel gemeenskapsbewustheid, kennisoordrag en ander vaardighede stel 'n billike tarief vas wat verseker dat alle inwoners, ook behoeftige huishoudings, toegang tot basiese water en sanitasie het verseker dat die beste bestuurspraktyke in watervoorsiening in werking gestel word voorsien 6 000 liter gratis water per maand ingevolge die tariefbeleid voorsien 4 200 liter gratis sanitasie per maand ingevolge die tariefbeleid (Let wel: Hierdie beleid word tans oorweeg vir hersiening - enige veranderinge sal vroegtydig aan ons verbruikers gekommunikeer word.)
skenk binne 24 uur aandag aan tegniese klagtes verminder die uitwerking op die omgewing deur te verseker dat die afvalwaterstelsel doeltreffend werk moedig die gebruik van alternatiewe waterbronne vir besproeiing en nywerhede aan
VERANTWOORDELIKHEDE VAN VERBRUIKERS
kom wette, munisipale ordonnansies, verordeninge en waterbeperkingkennisgewings na.
wees ingestel op waterbesparing en maak waterbesparing 'n leefwyse.
vreemde voorwerpe, gebruikte olie en materiale word nie in die rioolstelsel afgespoel nie.
reën-/oppervlakwater word nie in die rioolstelsel uitgelaat nie.
betaal vir dienste bo en behalwe enige gratis toekenning.
meld oortredings van die verordening by die waterdiensteblitslyn aan.
verseker dat die watermeter en rioolgrenskamer altyd toeganklik is.
Ten einde die bogenoemde verbruikershandves te handhaaf en ons diens aan verbruikers voortdurend te verbeter, installeer ons 'n gehaltebeheerstelsel om aan die vereistes van ISO 9001:2000 te voldoen. Rig asseblief alle kommentaar en voorstelle en ook die aanmelding van 'n verstopte riool, 'n gebarste waterhoo.eiding, 'n pyp wat lek of water wat sleg smaak aan ons waterblitslyn by 0860 10 30 54.
Waterbesparing is 'n lewenswyse
