Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die Hoofdirektoraat: Konsulêre Dienste van die Departement van Buitelandse Sake bied, in samewerking met die konsulêre afdelings van Suid-Afrikaanse verteenwoordigers in die buiteland, sekere dienste aan Suid-Afrikaanse burgers wat in die buiteland werk, woon en reis.
Watter dienste kan Suid-Afrikaanse burgers van konsulêre beamptes verwag?
Nooddienste:
Hulp met ontruimingsbeplanning vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland tydens politieke oproer, mensgemaakte of natuurrampe.
Kommunikasie, in geval van nood, met Suid-Afrikaanse burgers wat hulle in die buiteland bevind se gesin, familie en/of vriende in Suid-Afrika.
Verskaffing van nie-finansiële bystand met repatriasie en in geval van dringende mediese of professionele aandag.
Skakeling met plaaslike owerhede om Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland te soek en op te spoor. Dit sluit burgers uit wat deur eisers in 'n geregtelike proses gesoek word.
Hulp aan gesinne om die oorplasing van fondse aan gesinslede wat in nood verkeer, te vergemaklik.
Verskaffing van steundienste en advies in gevalle waar mense gyselaar geneem of ontvoer is.
Die aard van die voorval en die veiligheid van beamptes kan 'n uitwerking hê op ons vermoë om te reageer.
Aanhouding:
Tree met mense wat in die buiteland gearresteer is of aangehou word, se gesin in verbinding indien die persoon wat gearresteer is of in aanhouding verkeer so 'n versoek rig.
Fasiliteer die oordrag van fondse aan gevangenes in die buiteland, met nakoming van die wette en regulasies van die staat wat die arrestasie uitgevoer het én die Suid-Afrikaanse Reserwebank se reëls oor die oordrag van fondse na die buiteland.
Fasiliteer die versending van briewe en medikasie aan Suid-Afrikaanse burgers wat in die buiteland aangehou word. Hierdie diens is onderhewig aan die voorwaardes en die heersende fooie van die Departement van Buitelandse Sake, en in ooreenstemming met die wette en regulasies in die land waar die arrestasie plaasgevind het. Die fooie kan van tyd tot tyd aangepas word.
Fasiliteer die bedien van regsdokumente, via juridiese kanale, aan verweerders in die buiteland.
Fasiliteer, via juridiese kanale, versoeke om uitlewering, versoekbriewe om by 'n rogatore kommissie bystand te verleen, ediktale sitasies of dagvaardings, en getuienis op kommissie.
Heg apostille en egtheidsertifikate by amptelike openbare dokumente aan.
Verskaf, in samewerking met die Kantoor van die Gesinsadvokaat, raad, leiding en steun aan die toesighoudende ouer of voog in die geval van abduksie/ontvoering van Suid-Afrikaanse kinders na die buiteland. Indien daar bewyse is dat die kind se gesondheid en veiligheid in gevaar is, word die saak as 'n noodgeval hanteer.
Voorsien 'n lys met die name van plaaslike regsgeleerdes.
Ander dienste:
Help om verlore, gesteelde en beskadigde paspoorte of paspoorte wat verval het in die buiteland te vervang .
Voorsien 'n noodlening van beperkte omvang .
Verwittig Suid-Afrikaanse burgers se naasbestaandes in geval van dood, lewensbedreigende siekte of besering. Nie-finansiële bystand, en raad oor verskillende opsies vir die hantering van die stoflike oorskot van Suid-Afrikaners wat in die buiteland te sterwe gekom het, word ook voorsien.
Versoek plaaslike owerhede om verdagte sterftes van, en misdaad teenoor, Suid-Afrikaanse burgers te ondersoek.
Voorsien leiding en advies oor aanneming via die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling.
Voorsien bystand en leiding aan buitelandse verteenwoordigers oor hulle landsburgers wat hulle in Suid-Afrika bevind.
Reageer op versoeke om inligting of probeer om die navraer na die regte bron te verwys.
Watter dienste word nie deur konsulêre beamptes gelewer nie?
om ontslag uit die gevangenis te bewerkstellig om by hofverrigtinge in die buiteland in te meng om regshulp te verleen om by hofverrigtinge in te meng of dit in werking te stel om die plaaslike owerheid te vra om voorkeurbehandeling aan Suid-Afrikaners te verleen om misdaad of sterftes te ondersoek om jou misdaadrekord namens jou na te gaan om vir verassings, begrafnisse, of die repatriasie van stoflike oorskot na Suid-Afrika te betaal om 'n ontvoerde kind in bewaring te neem om 'n Suid-Afrikaanse toesigooreenkoms in die buiteland af te dwing of 'n land te verplig om uitspraak in 'n toesigsaak te lewer om rekeninge, hetsy vir hotelverblyf, regskoste, mediese onkoste of ander, te betaal om reisuitgawes te betaal om werk wat deur reisagente, lugrederye, banke, ensovoorts gedoen word, te onderneem om verblyf, werk of werkpermitte namens jou te bekom om persoonlike besittings te stoor of na verlore goedere te soek om persoonlike e-posse te ontvang om pensioen- en maatskaplikesekerheidsvoordele te betaal om burgers met dubbele burgerskap formeel by te staan in die tweede land waarvan hulle burgerskap het.
Bo
Stappe om te volg
Tree met jou naaste Suid-Afrikaanse verteenwoordiger of met die Hoofdirektoraat: Konsulêre Dienste by die Departement van Buitelandse Sake in Pretoria in verbinding. Afhangend van die soort diens wat verlang word, kan jy gevra word om 'n geldige vorm van identifikasie te toon. Doen vooraf telefonies navraag indien jy twyfel.
Konsulêre dienste is 24 uur per dag, sewe dae van die week beskikbaar. Oor naweke en na ure word hulp in samewerking met die Departement se operasionele kantoor in Pretoria verleen.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
