Verlening en terugtrekking van toestemming tot aanneming deur 'n kind se ouer of voog
Beskrywing
Toestemming tot aanneming is toestemming wat skriftelik aan die voorgenome aannemende ouers gegee word om 'n kind te mag aanneem. Toestemming tot aanneming kan deur die ouers, die voog, of die kind verleen word. 'n Kind kan tot sy aanneming toestem as hy of sy tien jaar oud of ouer is. Ten spyte van die bepalings in enige ander wet het die ouer van 'n kind, as hy of sy toestemming tot sy of haar kind se aanneming verleen het, vir tot 60 dae nadat die toestemming verleen is die reg om sy of haar toestemming terug te trek. 'n Kinderhof sal nie 'n aannemingsbevel toestaan voordat die periode van 60 dae verstryk het nie.
Omstandighede waarin toestemming tot aanneming nie verleen hoef te word nie:
As die kind se ouers oorlede is en daar geen voog vir die kind aangestel is nie.
As die ouer weens geestesongesteldheid nie bevoeg is om toestemming te verleen nie;
die kind verlaat het en dit nie bekend is waar hy of sy is nie;
die kind fisiek, emosioneel of seksueel aangerand of mishandel het of toegelaat het dat die kind aangerand of mishandel word;
die seduksie, abduksie of seksuele uitbuiting van die kind veroorsaak of aangehelp het, of veroorsaak het dat die kind onsedelike dade pleeg of die kind gehelp het om onsedelike dade te pleeg;
sy of haar toestemming op onredelike wyse weerhou;
van 'n kind wat buite die eg gebore is, versuim het om homself te laat erken as die vader van die kind, of nie sy ouerlike pligte met betrekking tot die kind nagekom het nie en geen goeie rede vir sy versuim kan aanvoer nie;
die vader is van 'n kind wat buite die eg gebore is en verwek is uit 'n bloedskendige verhouding met die kind se moeder;
die vader is van 'n kind wat buite die eg gebore is, en hy skuldig bevind is aan die misdaad van verkragting of aanranding van die kind se moeder; of daar bevind is , na 'n ondersoek deur die kinderhof nadat die moeder of kind so 'n bewering gemaak het, dat hy die moeder of die kind verkrag of aangerand het: So 'n bevinding sal egter nie 'n skuldigbevinding aan die misdaad van verkragting of aanranding daarstel nie; of ovan 'n kind wat buite die eg gebore is, versuim het om binne 14 dae te reageer op 'n kennisgewing wat, soos hieronder bedoel, op hom beteken is.
Kennisgewing van toestemming tot aanneming:
As net een ouer toestemming verleen het en die ander ouer nie beskikbaar is om toestemming te verleen nie, of as die ander ouer nie toestemming hoef te verleen nie, sal die kommissaris sodanige toestemming bevestig korrigeer Engels: commissioner shall attesting such consent en daarna binne 14 dae 'n kennisgewing op die ander ouer beteken. Die kennisgewing lig die ouer in dat toestemming verleen is en gee aan hom of haar die geleentheid om ook sy of haar toestemming te verleen, of dit te weerhou; of redes aan te voer waarom sy of haar toestemming ook verkry moet word en daar nie van afgesien moet word nie; of aansoek te doen om die kind aan te neem, as hy die kind se biologiese vader is en die kind is buite die eg gebore is.
As die moeder van 'n buite-egtelike kind toegestem het tot die wysiging van die besonderhede van haar kind se geboorteregistrasie, sal die kind se vader daarvan in kennis gestel word. Hy moet dan binne 14 dae vandat hy die kennisgewing ontvang het die nodige wysigings aanbring.
As die moeder van die kind nie toegestem het tot die wysiging van die besonderhede van haar kind se geboorteregistrasie nie, sal die persoon wat homself as die kind se vader wil laat erken by die betrokke kinderhof moet aansoek doen om 'n verklarende bevel wat bevestig dat hy die kind se vader is en dat die vereiste toestemming van die moeder nie nodig is nie.
n Kennisgewing van 'n buite-egtelike kind se biologiese vader word net vereis as die vader skriftelik erken het dat hy die kind se vader is; en as hy sy besonderhede op die kind se geboorteregister ingevul het en gesorg het dat die besonderhede te alle tye korrek is; of die kind se moeder, ten tye van die verlening van haar toestemming, skriftelik bevestig het dat die kind se vader erken het dat hy die kind se vader is; en sy identiteit en verblyfplek bekendgemaak het; of n maatskaplike werker 'n verslag ingedien het by die kommissaris wat die moeder se toestemming bevestig het of by die kinderhof waaraan die aansoek om aanneming gerig is, waarin bevestig word wie en waar die vader van die kind is. Hierdie verslag moet ingedien word binne 60 dae nadat die moeder haar toestemming gegee het, of op enige stadium voordat die kinderhof die aannemingsbevel toestaan.
n Ouer wat toestemming verleen het en wat die ander ouer se toestemming wil laat kanselleer, moet die kommissaris hieroor inlig wanneer sy of haar toestemming deur die kommissaris bevestig word.
Kry meer inligting by die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling:
Stappe om te volg
Verlening van toestemming:
As jy die kind se ouer of voog is, vul vorm 12, Toestemming van ouer of voog tot die aanneming van 'n kind in; en as jy die kind is, vul vorm 13, Kind se toestemming tot aanneming in.
Toestemming moet skriftelik verleen word. As dit in Suid-Afrika gegee word, moet die persoon of persone wat toestemming gee dit in die teenwoordigheid van 'n kommissaris van kindersorg onderteken, wat dan die toestemming sal bevestig.
Toestemming wat buite Suid-Afrika verleen word, moet onderteken word in die teenwoordigheid van en bevestig word deur 'n amptenaar in diens van 'n Suid-Afrikaanse ambassade of konsulaat, of deur 'n regter, landdros, vrederegter of openbare beampte van die betrokke land.
Alhoewel die toestemming die voorgenome aannemende ouers se name moet bevat, kan die kinderhof toestemming erken wat deur die kind se ouers of voog verleen is en wat nie die name of enige ander besonderhede van die voorgenome aannemende ouers bevat nie, as hy tevrede is dat dit in die kind se beste belang sal wees.
Terugtrekking van toestemming:
Toestemming moet skriftelik teruggetrek word. As jy die kind se ouer of voog is, vul vorm 12A, Terugtrekking van toestemming tot aanneming deur kind se ouer of voog in. Hierdie vorm moet binne 60 dae nadat die toestemming gegee is voor enige kommissaris ingevul word.
As jy die kind is, vul vorm 13A voor enige kommissaris in voordat die kinderhof die aannemingsbevel toestaan.
As die toestemming teruggetrek sou word in 'n ander distrik as die distrik waar dit gegee is of waar die aannemingsaansoek aangehoor gaan word, moet die kommissaris dadelik die betrokke hof en die betrokke of geakkrediteerde maatskaplike werker daarvan in kennis stel, mits dit bekend is in watter hof die aannemingsaansoek aangehoor gaan word; of die kommissaris wat die toestemming bevestig het daarvan in kennis stel, as dit nie bekend is in watter hof die aannemingsaansoek aangehoor gaan word nie.
Die kommissaris sal dadelik die hof waar die aannemingsaansoek aangehoor sal word identifiseer en sowel die hof as die betrokke of geakkrediteerde maatskaplike werker van die terugtrekking in kennis stel.
Regsraamwerk
Wet op Kindersorg, 1983
Diensstandaard
Die tyd wat dit sal duur om die aannemingsaansoek te verwerk, sal afhang van die ingewikkeldheid van die geval.
Voordat die kommissaris die toestemming bevestig, moet hy die persoon wat toestemming gee in kennis stel ovan die regsgevolge van 'n aanneming;
odat, in die geval waar 'n ouer toestemming gee, die betrokke ouer die toestemming skriftelik, binne 60 dae nadat toestemming verleen is, mag terugtrek deur vorm 12A voor enige kommissaris in te vul;
odat, in die geval waar 'n kind toestemming gee, die betrokke kind die toestemming skriftelik, voordat die aannemingsbevel deur die kinderhof gemaak word, mag terugtrek deur vorm 13A voor enige kommissaris in te vul; en odat die betrokke persoon nie teenwoordig mag wees wanneer die aannemingsaansoek oorweeg word nie, tensy die hof, op sy diskresie, aan hom of haar toestemming verleen om teenwoordig te mag wees omdat hy van mening is dat sy of haar teenwoordigheid in die kind se beste belang sal wees.
Koste
Hierdie diens is gratis.
Vorms om in te vul
Vorm 12: Toestemming van ouer of voog tot die aanneming van 'n kind
Vorm 12A: Terugtrekking van toestemming tot aanneming deur kind se ouer of voog
Vorm 12B: Aanneming van 'n pleegkind
Vorm 13: Kind se toestemming tot aanneming
Vorm 13A: Terugtrekking van kind se toestemming tot aanneming - is nie via die Web beskikbaar nie, maar kan by die landdroshof verkry word
