Aansoek om 'n maatskappy met aandelekapitaal te registreer
Beskrywing
Aangesien die registrasie van 'n maatskappy met aandelekapitaal ingewikkeld is, word aansoekers aangeraai om die dienste van 'n prokureur daarvoor te bekom.
Die akte van oprigting en statute van 'n maatskappy moet spesiaal opgestel en aangepas word om by die maatskappy met aandelekapitaal te pas en dit moet deur 'n notaris, wat 'n professionele regspraktisyn is, gesertifiseer word. 'n Openbare maatskappy kan Tabel A op die aansoekvorm volledig só aanvaar of dit laat aanpas met dien verstande dat dit steeds aan die vereistes van die Maatskappywet, 1973 voldoen. 'n Privaat maatskappy kan Tabel B op die aansoekvorm volledig só aanvaar of dit laat aanpas met dien verstande dat dit steeds aan die vereistes van die Maatskappywet, 1973 voldoen.
Stappe om te volg
Vul die volgende aansoekvorms in:
Doen aansoek om 'n naam te reserveer deur vorm CM5 voor te lê - Aansoek om die reservering van 'n naam . Die vorm is by die Departement van Handel en Nywerheid te kry.
Vul vorm CM29 in - Inhoud van register van direkteure, ouditeure en amptenare . Die vorm is by die Departement van Handel en Nywerheid te kry.
Elke direkteur van die maatskappy moet een kopie van vorm CM47 invul. Die vorm is by die Departement van Handel en Nywerheid te kry.
Vul vorm CM31 in om toestemming te gee dat 'n persoon as ouditeur mag optree. Die vorm is by die Departement van Handel en Nywerheid te kry.
Vul vorm CM44 in - Akte van oprigting van 'n maatskappy met aandelekapitaal wat skedule 1 aanneem , of vorm CM44A - Akte van oprigting van 'n maatskappy met aandelekapitaal wat skedule 1 nie aanneem nie . Alle direkteure van die maatskappy moet vorm CM44C - Ondertekenaars van akte van oprigting - invul.
Verleen formeel prokurasie aan die prokureur, deur te verklaar dat jy hom of haar magtig om namens jou op te tree.
n Maatskappy wat met kapitaal registreer, moet ook die volgende dokumente indien:
Inlywingsertifikaat
Dit is die dokument wat deur die Registrateur van Maatskappye onderteken en gestempel word sodra al die meegaande dokumente nagegaan en gefinaliseer is.
Akte van oprigting plus CM2A, CM2B en CM2C indien daar meer as een aandeelhouer is, of CM2D indien daar net een aandeelhouer is.
Regsraamwerk
Maatskappywet, 1973
Wet op Maatskappyname, 1960
Wet op die Beheer van Aandeleblokke, 1980
Diensstandaard
Dit kan tot vyf dae neem om 'n maatskappy met aandelekapitaal te registreer.
Koste
Die fooi beloop R350 plus R5 per R1 000 gemagtigde kapitaal in die geval van waarde per aandeel, of R5 per R1 000 in die geval van aandele met geen waarde nie.
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
