Aansoek om 'n lisensie vir 'n gemeenskapsklankuitsaaidiens: vierjaar-termyn
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die gemeenskapsuitsaailisensie vervul in die behoeftes van 'n gemeenskap vir 'n periode van hoogstens vier jaar. Dit is hernubaar, mits die aansoek om hernuwing nie vroeër nie as ses maande en nie later nie as drie maande voor die vervaldatum van die bestaande lisensie ingedien word. Dit is slegs hernubaar op voorwaarde dat die lisensiehouer voldoen het aan die voorwaardes wat deur die lisensie-owerheid gestel is. Die lisensie word toegeken aan gemeenskappe wat hulleself as 'n Artikel 21-maatskappy, 'n trust, vrywillige vereniging of enige ander wettig erkende entiteit sonder winsoogmerk gevestig het. Die doelstellings van die vierjarige gemeenskapsuitsaailisensie is die volgende:
om die reg op kommunikasie en vryheid van uitdrukking te bevorder om diversiteit in die uitsaaiwese te bewerkstellig om die gemeenskap aktief in die rol van regisseur, bestuurder en gehoor by praktyk van kommunikasie te betrek om 'n stem aan gemeenskappe te gee programme aan te bied wat die gemeenskap se besondere belangstellings en behoeftes weerspieël, insluitende behoeftes met betrekking tot kultuur, taal, godsdiens en demografie.
n Vierjarige gemeenskapsuitsaailisensie word in die volgende kategorieë toegestaan:
Klankuitsaaidiens
Televisie-uitsaaidiens.
Die lisensie bly vier jaar lank geldig.
Die Departement van Kommunikasie help vierjaar-lisensiehouers met uitsaai- en vervaardigingstoerusting op voorwaarde dat hulle die Departement se vereistes nakom.
Bo
Stappe om te volg
OKASA sal 'n uitnodiging rig om vir 'n gemeenskapsklankuitsaaidiens aansoek te doen en sal beskikbare frekwensies aan verskillende gebiede toeken. As jy om 'n lisensie aansoek wil doen, moet jy die volgende doen:
Stig 'n werkgroep wat vir die aansoekproses verantwoordelik sal wees en as applikant namens die gemeenskap sal optree.
Sorg dat die werkgroep die volgende doen:
handtekeninge in die gemeenskap insamel n bedryfsplan opstel n demokratiese verkiesing van Raadslede fasiliteer op die ligging van die ateljee en die uitsaaiterrein besluit n kopie van die aansoekvorm vir 'n uitsaaidiens en seinverspreiding aanvra die aansoekvorm invul die oorspronklike aansoekvorm en 16 gewaarmerkte kopieë daarvan by die OKASA inhandig, en terselfdertyd die aansoekfooi betaal.
Onvolledige aansoeke sal aan die applikant teruggestuur word. Geen verantwoordelikheid sal vir enige ongerief aanvaar word nie.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit kan drie tot vier maande neem.
Bo
Koste
R250 vir die uitreik van die lisensie sodra dit toegestaan is.
Bo
Vorms om in te vul
Aansoekvorms sal in die Staatskoerant-bylaes verskyn.
Bo
Kontakbesonderhede
