Aansoek om 'n lisensie vir 'n kommersiële uitsaaidiens
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Kommersiële uitsaaidienslisensie word uitgereik aan 'n uitsaaidiens wat met winsoogmerk bedryf word of deel is van 'n entiteit met winsoogmerk. Die South African Broadcasting Corporation is die enigste gelisensieerde openbare uitsaaier in Suid-Afrika.
Enigiemand wat van plan is om 'n kommersiële uitsaaidiens te lewer, moet voldoen aan die bepalings in die bylaes tot die Uitnodiging om vir 'n kommersiële klankuitsaailisensie aansoek te doen for a Commercial Sound Broadcasting Licence, wat volgens wet in die Staatskoerant gepubliseer is. Die bylaes bestaan normaalweg uit ses dele, naamlik:
algemene bepalings en voorwaardes: proses wat gevolg moet word korporatiewe status: wetlike status van aansoeker programme: plaaslike-inhoudkwotas, taal; programuitsending aanvraag na en behoefte aan die voorgestelde diens finansies tegniese vereistes.
Die aansoekvorm en die voorgestelde geografiese gebiede verskyn in die Staatskoerant waarin die spesifieke uitnodiging om aansoeke gepubliseer is.
Bo
Stappe om te volg
Vul die aansoekvorm in drukskrif in. Gebruik slegs hoofletters.
Dien die oorspronklike aansoekvorm en 16 gesertifiseerde kopieë daarvan saam met die nie-terugbetaalbare aansoekfooi by die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika in.
Onvolledige aansoeke sal aan die aansoeker teruggestuur word. Daar sal geen verantwoordelikheid vir enige ongerief aanvaar word nie.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit kan 6 tot 12 maande neem om 'n lisensie uit te reik.
Bo
Koste
Nie-terugbetaalbare aansoekfooi: R30 000
Sodra die lisensie toegestaan is, moet R2 500 betaal word.
Bo
Vorms om in te vul
Aansoekvorms verskyn in die Staatskoerant.
Bo
Kontakbesonderhede
