Die Stad Kaapstad beoog die verhuring van die eiendom bekend as die Stadsaal (synde erf 4942, Kaapstad) aan die City Hall Redevelopment and Management Company, wat deur die Kaapstadse Vennootskap en Kaapse Erfenistrust as 'n niewinsgewende artikel 21-maatskappy gestig is om die institusionele model vir die herontwikkeling en bestuur van die stadsaal te wees.
In hooftrekke behels die voorstel:
n Langtermyn-huurooreenkoms van minstens 50 jaar met die maatskappy;
Die Stad behou eienaarskap van die stadsaal;
Die maatskappy sal die stadsaal opknap en herontwikkel;
Die maatskappy sal vir die bestuur, sekuriteit, skoonmaak en instandhouding van die gebou verantwoordelik wees.
Die maatskappy se visie is dat die Stadsaal 'n sentrum moet wees vir erfenistoerisme, prestasiedeelname, ervaring, ontwikkeling en aanleer van tradisionele, inheemse, kontemporêre en klassieke musiek.
Enige besware, kommentaar of alternatiewe voorstelle moet skriftelik voor 3 Oktober 2008 gerig word aan die Bestuurder: Eiendomsdienste, Posbus 4557 Kaapstad 8000 of per hand afgelewer word by Eiendomsbestuur Departement, 13de Verdieping, Burgersentrum, Hertzog Boulevard, Kaapstad.
Skakel asseblief weeksdae tussen 08:00 en 16:00 vir mnr K Gallagher by tel: 021 400 4701 om nadere besonderhede van die voorstel.
STADSBESTUURDER
HIERDIE STAD WERK VIR JOU
