Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning
OMSENDSKRYWE 6/2008
AAN ALLE MUNISIPALE BESTUURDERS IN DIE WESKAAP
WYSIGING VAN SONERINGSKEMAS VAN TOEPASSING IN DIE WESKAAP
Die meeste van die soneringskemas wat goedgekeur is in ingevolge artikel 7 van die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, 1985 (Ordonnansie 15 van 1985), sowel as die artikel 8 regulasies, maak voorsiening vir 'n spesifieke sone waar "Landbou" 'n primêre reg is. Terselfdertyd is daar dan 'n definisie van die term "Landbou" in die woordomskrywing van die soneringskemaregulasies. Die betrokke definisie is egter baie eng en alle munisipaliteite is onlangs versoek om insette te lewer of papegaaitelerye as 'n primêre reg of as vergunningsgebruik in die Landbousone I toegelaat moet word. Verskeie insette in dié verband is ontvang.
In 'n hofuitspraak oor die toepassing van Artikel 14 van die Ordonnansie, het die hof beslis dat indien natuurlike veld op 'n plaas nie fisies vir wild-of byeboerdery of die oes van veldblomme gebruik is nie, daar nie 'n Landbou I sonering aan die grond toegeken kan word nie.
Dit is natuurlik ondenkbaar dat elke vierkante meter van 'n plaas op 'n intensiewe wyse benut kan word en daarom is dit belangrik dat die spesifieke definisie/woordomskrywing soos dit nou voorkom in die onderskeie skemaregulasies, gewysig moet word.
Akwakultuur brei ook al meer uit en aangesien dit spesifieke plasingsfaktore het is dit noodsaaklik om voorsiening daarvoor te maak.
Die voorstel is geadverteer in Provinsiale Gazette op 21 November 2008 en in The Argus en Die Burger op 21 November 2008. Vind asb aangeheg 'n voorbeelde van die kennisgewing. Dit sal waardeer word indien enige kommentaar of voorstelle by die Departement ingedien kan word nie later as 6 Februarie 2008 nie.
HOOF VAN DEPARTEMENT
Ns Die vorige omsendskrywe 05/2008 "Die protokol om met EIA aansoeker te handel in die feestyd 2008/9 " is uitgestuur aan alle Munisipaliteite.
ORDONNANSIE OP GRONDGEBRUIKBEPLANNING, 1985 (ORDONNANSIE 15 VAN 1985)
Die Minister van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning is van voorneme om -
ingevolge artikel 9 van die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, 1985 -
die Skemaregulasies afgekondig in terme van artikel 8 van die voorgenoemde Ordonnansie en gepubliseer in Provinsiale Kennisgewing, 353 van 20 Junie 1986 en 1048 van 5 Desember 1988, en alle Skemaregulasies van Skemas wat ingevolge artikel 7 van die voorgenoemde Ordonnansie geag is soneringskemas te wees, te wysig deur:
A die omskrywing van die term "Landbou" in die Woordbepaling soneringskemaregulasies soos beoog in paragraaf 1(a), en van die die omskrywing van die term "Landbou" in die Woordbepaling/Definalle soneringskemaregulasies soos beoog in paragraaf 1b, isies van te vervang met die volgende definisie:
Landbou", beteken -
die bewerking van grond vir die verbouing van gewasse en ander plante, insluitend plantasies, en die teel van diere, insluitend -
enige vorm van boerdery-aktiwiteit, byvoorbeeld vee-, bye-of voëlboerdery;
ii enige stoetery;
iii die bedryf van 'n wildsplaas op 'n ekstensiewe grondslag, en iv natuurlike veld, en omvat slegs daardie aktiwiteite en geboue wat direk verband hou met die hoof­boerdery-aktiwiteite op die plaas, maar sluit nie abattoirs, intensiewe voer­boerdery, akwakultuur of gedefinieerde vergunningsgebruike in nie;
B die invoeging van die volgende definisie in die Woordbepaling/Definisies -
Akwakultuur" beteken die kweek en teel van water-flora en -fauna, en die oes daarvan, -
in kunsmatig geboude damme of opgaartenks, of in hangende vorm van vlotte af, vir kommersiële doeleindes;
C die invoeging van "akwakultuur" as 'n vergunningsgebruik in alle soneringskemaregulasies soos beoog in paragraaf 1(a), onder Landbousone I en II en Nywerheidsone I en II, en
D die invoeging van "akwakultuur" in die skemaregulasies soos beoog by paragraaf 1(b) hierbo, as 'n vergunningsgebruik in alle ooreenstemmende sones as dié gemeld in paragraaf C hierbo.
Enige kommentaar moet skriftelik ingedien word by die kantoor van die Hoofdirekteur: Omgewings-en Grondbestuur by Privaatsak X9086, Kaapstad of by Dorpstraat 1, Kaapstad voor of op 6 Februarie 2009. Kommentaar kan ook gefaks word na 483 4185.
