Aansoek om name op die Raad vir Suid-Afrikaanse Geografiese Name se databasis te verander
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Geografiese name is name van terreinvorms op die aarde wat óf natuurlik, óf mensgemaak en aangepas is. Hierdie terreine kan bevolk of onbevolk wees.
Geografiese name wat binne die jurisdiksie van plaaslike regerings val, sluit strate, munisipale geboue en pleine, plaaslike parke en begraafplase, en geboue in privaat besit in. Geografiese name wat binne die bevoegdheid van die nasionale regering val, is name van dorpe, voorstede, nedersettings wat deur mense bewoon word, poskantore, stasies, lughawens, hawens en hoofweë, asook natuurlike landvorms soos berge, strome, riviere, baaie, landpunte, eilande, vleilande, en nasionale parke.
Alle regeringsdepartemente, provinsiale regerings, plaaslike owerhede, die Suid-Afrikaanse Poskantoor, eiendomsontwikkelaars of enige ander liggaam of persoon mag om goedkeuring van 'n naam aansoek doen.
Bo
Stappe om te volg
Kry 'n aansoekvorm by die Raad vir Suid-Afrikaanse Geografiese Name of by jou provinsiale raad vir geografiese name.
Dien die vorm saam met die volgende inligting in:
die taal waaraan die naam ontleen is die oorsprong en betekenis van die naam, indien bekend die plek wat die voorgestelde naam moet kry,byvoorbeeld, 'n poskantoor of spoorwegstasie die landdrosdistrik en provinsie waar die plek geleë is hoe ver, en in watter rigting, dié plek van die naaste dorp of landdros af geleë is.
Sluit 'n A4-grootte kaart in.
Verstrek die naam van die persoon wat die nuwe naam voorstel.
Dien die aansoekvorm by die stamowerheid of plaaslike owerheid in vir ondertekening of vir die aanbring van 'n amptelike stempel.
Dien die voltooide vorm by die Raad vir Suid-Afrikaanse Geografiese Name, Departement van Kuns en Kultuur in.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Daar is 'n wagperiode van minstens vier maande.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
