Aansoek om 'n verwyderingsertifikaat vir ingevoerde drank
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die invoerder moet 'n verwyderingsertifikaat hê om gebottelde drankprodukte wat vir verkope in Suid-Afrika bestem is uit die plek van binnekoms te verwyder en die land binne te bring. Die invoerder moet vir elke besending so 'n sertifikaat hê.
Bo
Stappe om te volg
Pak die besending drank by die plek van binnekoms uit onder toesig van 'n inspekteur van die Departement van Landbou.
Gee jou aansoek om 'n verwyderingsertifikaat aan die inspekteur.
Vul 'n afsonderlike aansoekvorm in vir elke drankproduk waarvan die houer, samestelling, etiket, handelsnaam of bottelgrootte van dié van die ander drankprodukte in die besending verskil.
Die besending moet vergesel word deur:
n 750 ml-monster uit daardie besending, wat deur die inspekteur getrek sal word; en sertifikate van oorsprong, ouderdom, samestelling en kultivar, wat deur die amptelike liggaam in die land van oorsprong uitgereik is.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Daar is geen vasgestelde tydsraamwerk vir hierdie diens nie.
Bo
Koste
R64 plus R3,20 per hektoliter of 'n deel daarvan.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
