Aansoek om geskiktheidsertifikaat om melk te hanteer en te vervoer
Beskrywing
Melkskure is persele wat gebruik word vir die higiëniese produksie en hantering van melk. Jy moet skriftelik om 'n geskiktheidsertifikaat vir 'n melkskuur aansoek doen. Die aansoek moet die inligting bevat wat hieronder genoem word.
Kry meer inligting by die Departement van Gesondheid.
Stappe om te volg
Lê 'n geskrewe aansoek voor aan die plaaslike owerheid waar die melkskuur staan of gebou gaan word.
Verskaf die volgende inligting:
Jou naam, adres en telefoonnommer n Titelbewys van die perseel
Die getal personeellede wat aangestel is of waarskynlik aangestel sal word
Die maksimum getal koeie wat gemelk sal word n Terreinplan wat noord aandui, asook al die aanliggende en aangrensende geboue en hulle funksies n Skets wat die uitleg van al die melkskuurfasiliteite op 'n skaal van 1:100 toon. Die vloerplan, deursnitaansig en vertikale aansig moet getoon word.
Verskaf enige verdere inligting wat die plaaslike owerheid van jou vra.
n Inspekteur van die plaaslike owerheid sal jou perseel volledig inspekteer. Daarna sal die inspekteur sy verslag en aanbeveling aan die plaaslike owerheid stuur.
As die inspekteur se verslag en aanbeveling gunstig is, word 'n geskiktheidsertifikaat uitgereik.
Regsraamwerk
Regulasies oor Melkskure en die Vervoer van Melk
Diensstandaard
Dit wissel van gebied tot gebied.
Koste
Die diens is gratis.
Vorms om in te vul
Aansoek om 'n geskiktheidsertifikaat vir 'n melkskuur. Hierdie vorm is beskikbaar by die Departement van Gesondheid of by die munisipaliteit
Kontakbesonderhede
