Aansoek om 'n geskiktheidsertifikaat om voedsel te vervoer of te hanteer
Beskrywing
Enige persoon wat 'n voedselperseel wil bedryf of voedsel wil vervoer, moet 'n geskiktheidsertifikaat hê. Hierdie sertifikaat word uitgereik nadat inspekteurs van die plaaslike owerheid die perseel of die voertuig geïnspekteer het.
Kry meer inligting by die Departement van Gesondheid.
Stappe om te volg
Doen by jou plaaslike owerheid aansoek om toestemming, of 'n geskiktheidsertifikaat, om voedsel te vervoer of te hanteer.
Rig 'n geskikte perseel in wat uitsluitlik vir die hantering van voedsel gebruik sal word, of rig 'n voertuig in wat uitsluitlik vir die vervoer van voedsel gebruik sal word.
Hou hierdie voertuig of perseel te alle tye skoon om te sorg dat die voedsel wat vervoer of hanteer word nie deur vlieë, vuiligheid, vullis, onsuiwerhede of enige skadelike voorwerpe besoedel word nie.
Die voertuig en/of perseel sal deur die inspekteurs van die plaaslike owerheid ondersoek word om te kyk of dit aan die voorwaardes vir die vervoer en/of hantering van voedsel voldoen.
Regsraamwerk
Diensstandaard
Die diensstandaard hang van die inspekteurs van die plaaslike owerheid af.
Koste
Die diens is gratis, maar die plaaslike owerheid kan moontlik 'n minimumfooi hef.
Vorms om in te vul
Jy kan die vorms gratis by die Nasionale Departement van Gesondheid kry. Jy kan ook die vorms by die Munisipale kry.
Kontakbesonderhede
