Aansoek om 'n sertifikaat van akkreditasie van 'n privaat agentskap om dienste vir dispuutoplossing te lewer
Beskrywing
Privaat agentskap is ? geregistreerde agentskap wat 'n dispuutoplossingsdiens lewer.
Enige bedingingsraad of privaat agentskap mag by die beheerliggaam aansoek doen om akkreditasie om dispute deur konsiliasie op te los; en te arbitreer in gevalle waar dispute ná konsiliasie steeds onopgelos is.
Die beheerliggaam mag meer inligting ter ondersteuning van die aansoek aanvra en kan derhalwe versoek dat die aansoeker een of meer vergaderings saam met die beheerliggaam bywoon.
Vir meer inligting, besoek die Departement van Arbeid
Stappe om te volg
Doen by die beheerliggaam van die Kommissie vir Konsiliasie, Mediasie en Arbitrasie aansoek om akkreditasie.
Heg ? afskrif van die agentskap se gedragskode, asook die motivering vir akkreditasie, by die aansoekvorm aan.
Dien die aansoek by die CCMA se beheerliggaam in.
Regsraamwerk
Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 
Diensstandaard
Daar is geen vasgestelde tydsraamwerk nie.
Koste
Die diens is gratis.
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
