n Versoek aan die CCMA om 'n ooreenkoms te beding vir betooglinievorming tydens 'n staking of uitsluiting
Beskrywing
Die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 erken die reg tot betooglinievorming . 'n Geregistreerde vakbond mag aan sy lede en ondersteuners toestemming verleen om betooglinies te vorm as teken van vreedsame protes.
Betooglinievorming mag plaasvind op enige plek waartoe die publiek toegang het, maar buite die perseel van die werkgewer, behalwe as die werkgewer daartoe instem dat dit op die perseel mag plaasvind.
Geregistreerde vakbond kan die Kommissie vir Konsiliasie, Mediasie en Arbitrasie vra om ooreenkoms tussen die partye in geskil te beding oor die reëls wat vir die staking of uitsluiting sal geld. Indien geen ooreenkoms bereik kan word nie, moet die Kommissie vir Konsiliasie, Mediasie en Arbitrasie die reëls vir die betooglinievorming vasstel. Hier moet die besondere omstandighede van die werksplek en ander plekke waar betooglinievorming gaan plaasvind in ag geneem word, asook enige toepaslike gedragskode.
Die reëls mag die werknemers toelaat om betooglinies op die werkgewer se perseel te vorm indien die CCMA beslis dat die werkgewer onredelik was toe hy betooglinievorming op die perseel verbied het.
Kry meer inligting by die Departement van Arbeid.
Stappe om te volg
Geregistreerde vakbond kan Vorm LRA 4.1 invul om die CCMA te versoek om ooreenkoms te beding vir die reëls vir betooglinievorming tydens staking of uitsluiting.
Beteken afskrif van hierdie vorm aan die ander party.
Lewer bewys dat die vorm aan die ander party bedien is deur die volgende aan te heg:
n afskrif van die geregistreerde bewys van die Poskantoor;
n afskrif van die getekende ontvangsbewys indien die vorm per hand afgelewer is;
n ondertekende verklaring deur die persoon wat die vorm afgelewer het as bewys van gelewerde diens; of n afskrif van die faksbewys, of enige ander aanvaarbare bewys van gelewerde diens.
Stuur die ingevulde vorm aan die Registrateur: Provinsiale Kantoor van die CCMA.
Indien meer as een party by die geskil betrokke is, of indien die geskil teen meer as een party bestaan, moet die bykomende name en besonderhede op afsonderlike stuk papier geskryf en by die vorm aangeheg word.
Regsraamwerk
Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 , Artikel 69
Diensstandaard
Dit word bepaal deur hoe lank dit neem om die griewe uit die weg te ruim.
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
