TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Departement van Maatskaplike Ontwikkeling
DEPARTEMENT VAN MAATSKAPLIKE ONTWIKKELING: OORSIG
OORSIG
DIENSTE
NUUS
PUBLIKASIES
KONTAK
Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling bied ontwikkeling, maatskaplike beskerming en maatskaplike welsynsdienste aan alle Suid-Afrikaners. Hierdie dienste strek oor die hele lewensiklus van die mens en omvat belangebevordering, bevordering, voorkoming, sorg en versagting van omstandighede
Die Departement is verbind tot maatskaplike hervorming, beliggaam deur die beginsel van maatskaplike geregtigheid en die Handves van Regte. Om hierdie rede strewe die Departement daarna om 'n beter lewe vir die armes, kwesbares en uitgeslote mense in die samelewing te skep.
Dit is die taak van die Departement om armoede te verminder en maatskaplike integrasie te bevorder deur die ontwikkeling en monitering van 'n maatskaplike beleid wat 'n bemagtigende omgewing skep en terselfdertyd na 'n afname in armoede meebring. Die voorsiening van maatskaplike beskerming en maatskaplike welsynsdienste aan alle Suid-Afrikaners word verseker en navorsing word gedoen om die maatskaplike aanwysers te ontwikkel wat nodig is vir die implementering van programme en vir openbare aanspreeklikheid.
Alle werk van die Departement berus op vennootskappe en die beginsels van Batho Pele oor dienslewering. Dit vereis uitgebreide en voortgesette oorlegpleging met alle sektore van ons samelewing. Programme word geïntegreer met dié van ander regeringsdepartemente en alle regeringsfere. Die Departement werk in vennootskap met NRO's, geloofgebaseerde gemeenskappe, die sakesektor, georganiseerde arbeid en ander rolspelers.
As professionele maatskaplike dienswerkers, streef die Departement se personeel daarna om gemeenskappe te bemagtig en selfstandigheid aan te moedig deur omstandighede vir 'n volhoubare lewensbestaan te skep. Dit beteken dat die omvang van keuses wat vir gemeenskappe beskikbaar is, uitgebrei
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Desember 2003 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
