TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gebruiksvoorwaardes
GEBRUIKSVOORWAARDES
Daar is bepalings en voorwaardes vir die gebruik van die Cape Gateway webwerf. Hierdie bepalings en voorwaardes geld elke keer wanneer jy toegang tot die webwerf kry. Wanneer ons in hierdie bepalings en voorwaardes van Cape Gateway praat, bedoel ons die webwerf, ongeag hoe jy daartoe toegang verkry.
As jy die webwerf gebruik, word aanvaar dat jy hierdie bepalings respekteer.
Cape Gateway streef daarna om te verseker dat ons materiaal so op datum en akkuraat moontlik is. Cape Gateway aanvaar egter nie enige verantwoordelikheid vir enige stelling wat in die materiaal op die webwerf gemaak word nie, binne die omvang wat deur die wet toegelaat word.
Jy moet met ander woorde nie op enige stelling peil trek voordat jy nie gespesialiseerde professionele raad ingewin het nie. Ons sal nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies wat gely word deurdat jy iets doen, of nalaat om te doen, weens die gebruik van die materiaal of enige deel daarvan nie.
Ons gee geen waarborg van enige aard sover dit Cape Gateway of die materiaal aangaan nie. In die besonder waarborg ons nie dat Cape Gateway of enige van sy inhoud virusvry is nie. Jy moet jou eie voorsorgmaatreëls hiervoor tref, soos om van teenvirusprogramme gebruik te maak, aangesien ons geen aanspreeklikheid aanvaar vir enige skade deur 'n virus of ander besmetting of enigiets met vernietigende eienskappe nie.
Hoewel ons ons bes doen om deurlopende, ononderbroke toegang tot Cape Gateway te verseker, word dit nie gewaarborg nie. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige onderbreking of vertraging nie.
Jy kan toegang tot ander webwerwe via skakels vanaf Cape Gateway verkry. Hierdie webwerwe word nie deur ons beheer nie, en ons is op geen manier verantwoordelik vir enige inhoud van hierdie webwerwe nie.
Lees asseblief ons Privaatheidskennisgewing en Kopiereglisensie. As jy hierdie webwerf gebruik, word aanvaar dat jy beide items gelees en verstaan het.
Hierdie gebruiksvoorwaardes mag van tyd tot tyd verander. Maak seker dat jy hierdie bepalings en voorwaardes gereeld hersien omdat daar aanvaar sal word dat jy 'n wysiging onderskryf as jy voortgaan om die webwerf te gebruik nadat so 'n verandering aangebring is.
Hierdie gebruiksvoorwaardes word deur die Suid-Afrikaanse reg en Suid-Afrikaanse howe beheer.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 25 Maart 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
