






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Aangaande

AANGAANDE



   


OPGEDRA AAN ALMAL WAT DEMOKRASIE 'N WERKLIKHEID IN SUID-AFRIKA GEMAAK HET.

Cape Gateway is 'n regeringsdiens wat hoofsaaklik op die mense van die Wes-Kaap gerig is en inligting oor die plaaslike, provinsiale en nasionale regering verskaf. As 'n inisiatief van die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap (PRWK), in vennootskap met nasionale en plaaslike regering, gee dit maklike toegang tot regeringsinligting en -dienste.

In die verlede moes mens geweet het watter regeringsinstelling die inligting en dienste wat jy nodig het, verskaf. Met Cape Gateway word inligting uit die verbruiker se oogpunt aangebied.

Daar is drie maniere om toegang tot Cape Gateway se inligting te kry:
* die webwerf - www.capegateway.gov.za (jy verken op die oomblik di werf. )
* die inbelsentrum - 0860 142 142 (weeksdae 08:00 - 16:00; koste van 'n plaaslike telefoonoproep van enige plek in Suid-Afrika af)
* die instapsentrum - Langstraat 142, Kaapstad (weeksdae 08:00 - 16:00; praat direk met iemand)


Met di drie kanale probeer ons soveel mense moontlik toegang tot die Cape Gateway diens gee. Die inligting is in Afrikaans, Engels en Xhosa (die drie amptelike tale van die Wes-Kaap) beskikbaar.

AANLOOP

Een van die doelwitte van die Suid-Afrikaanse Grondwet is om 'n oop demokrasie te vestig wat deur deursigtigheid en aanspreeklikheid gekenmerk word. Die reg op toegang tot inligting word as 'n basiese mensereg beskou.

Die Grondwet plaas 'n verpligting op staatsorgane om inligting waaroor die staat beskik so wyd moontlik te versprei: "Transparency must be fostered by providing the public with timely, accessible and accurate information." S 195 (1)(g)

Batho Pele (Mense Eerste) is die Suid-Afrikaanse regering se inisiatief om die lewering van openbare dienste te verbeter. Dit is een van die regering se agt prioriteite soos uiteengesit in die Witskrif oor Transformasie in die Staatsdiens (pdf, html).

Die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap (PRWK) se Witskrif "Voorbereiding van die Wes-Kaap vir die Kennisekonomie van die 21ste Eeu" beklemtoon mense en ondernemings se behoefte om maklik toegang tot staatsinligting te kry. Die Witskrif benadruk ook die behoefte om die ekonomiese ontwikkelingspotensiaal van 'n inligtingsgemeenskap vir 'n ontwikkelende nasie in te span.

Cape Gateway gee uiting aan hierdie beginsels en beleid.

DIE TOEKOMS

Cape Gateway sal aanhou om nog staatsinligting wat vir die Wes-Kaap tersaaklik is, by te werk, te vertaal en te versamel, en om dit op 'n toeganklike manier beskikbaar te stel. Toekomstige weergawes sal aanlyndienste en transaksies met die regering insluit.

Jy kan bydra deur inligting aan te vra of voorstelle oor die diens te maak: questions@capegateway.gov.za

ONTWIKKELING EN INSTANDHOUDING

Die Cape Gateway Ontwikkelingsprojek::

* skryf en versamel inhoud
* skep werktuie vir die Inhoudspan
* ontwerp en bou die webwerf uit.

Cape Gateway Bedryf is verantwoordelik vir:
* die bedryf van die instapsentrum
* die inbelsentrum
* die daaglikse bedryf van die webwerf.


Hierdie spanne, met lede wat uit verskillende regeringsfere en departemente kom, word deur die Sentrum vir e-Innovasie gekoordineer.

Die inhoud van die Cape Gateway webwerf, voldoen aan die Cape Gateway Beleid vir Inhoudelike Bestuur.

Die inhoud word deur die Inhoudspan op hierdie webwerf (wat as kennisbasis vir die inbel- en instapsentrum gebruik word) gepubliseer met behulp van Bee ('n stelsel vir inhoudelike bestuur). Om die voordele van e-regering te versprei en regeringstandaarde vir inhoud te skep, reik die PRWK gratis lisensies vir die gebruik van Bee aan alle staatsliggame uit. Vind meer uit hier.

CAPE GATEWAY WEBWERF WEERGAWE GESKIEDENIS





WEERGAWE


LEWENDIG


1.2
31 Januarie 2005




This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 3 Maart 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





