Aansoek om die kansellasie van registrasie vir BTW
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Registrasie by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens vir die betaling van belasting op toegevoegde waarde kan onder die volgende omstandighede gekanselleer word:
as die waarde van jou belasbare voorraad onder die perk van R300 000 per jaar val as jy al jou ondernemings sluit en vir 12 maande ná daardie datum geen onderneming sal voortsit nie as u vir registrasie aansoek gedoen het met die verwagting dat jy 'n besigheid gaan begin, en daardie besigheid nog nie begin het nie.
Selfs as jy nie meer vir die betaling van BTW geregistreer is nie, is jy aanspreeklik vir alle verpligtinge wat ingevolge die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde, 1991 aangegaan is terwyl jy geregistreer was.
Jy moet die SAID binne 21 dae nadat jy al jou ondernemings gesluit het, daarvan in kennis stel.
Die SAID sal die registrasie van 'n ondernemer nie kanselleer indien daar redelike gronde is om te glo dat hy of sy binne 12 maande na die sluitingsdatum weer 'n onderneming op die been sal bring nie.
Bo
Stappe om te volg
Laai die elektroniese aansoekvorm af en vul dit in, of gaan na die SAID-kantoor waar jy geregistreer is om vir kansellasie aansoek te doen.
Dien de vorm in by die SAID-kantoor waar jy geregistreer is.
Die SAID sal jou per brief in kennis stel van die kansellasie van registrasie of van die weiering om die registrasie te kanselleer.
Bo
Regsraamwerk
Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde, 1991
Bo
Diensstandaard
Daar is geen vasgestelde tydsduur nie.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Aansoek om die kansellasie van die registrasie van 'n persoon ten opsigte van al sy ondernemings,VAT 123
Bo
Kontakbesonderhede
