TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Krediet en Lenings 
Wat Is 'n Kredietprofiel? En Wat Is 'n Swartlys?
Wat Is 'n Kredietprofiel? En Wat Is 'n Swartlys?
Jou kredietprofiel bevat jou persoonlike besonderhede, waar en hoe dikwels jy om krediet aansoek gedoen het, sowel as inligting oor jou betaalgewoontes. As jy om krediet aansoek doen, sal die krediteur jou profiel nagaan en besluit of krediet aan jou toegestaan sal word op grond van die inligting wat hulle van die kredietburo kry.
As jy 'n swak kredietgeskiedenis het, het dit jare lank 'n uitwerking op jou kredietprofiel. Aantekening word vir verskillende tydperke van verskillende kredietprobleme gehou:
likwidasies en sekwestrasies - tien jaar hofbevele teen jou - vyf jaar negatiewe geskiedenis (byvoorbeeld onbetaalde rekeninge) - drie jaar insamelingsgeskiedenisse en administrasiebevele - totdat die skuld vereffen is.
Wanneer jy om krediet aansoek doen, sal die krediteure jou kredietkeuring met die kreedietburo nagaan, en as jy 'n swak kredietgeskiedenis het, sal hulle weier om krediet aan jou toe te staan. Dit staan bekend as "op 'n swartlys plaas".
Jy kan die groot kredietburo's betaal om jou kredietkeuring te bekom (die bedrag hang af van die inligting wat jy aanvra). Die kredietburo sal jou vrae oor jou kredietkeuring kan beantwoord, en sê of daar enigiets is wat jy kan doen om jou keuring te verbeter.
Daar is twee groot kredietburo's in Suid-Afrika:
Tel: 021 401 4200
Tel: 011 463-3930 / 6070
As jy nie die inligting kry wat jy verlang nie, of nie tevrede is nie, kan jy in verbinding tree met:
Die Kredietburo-vereniging
Tel: 0861 66 28 37
INHOUD
Vorige Afdeling
Volgende Afdeling
INHOUD: Krediet en Lenings
Wat Is Krediet? Wat Is 'n Lening?
Wat Is 'n Kredietooreenkoms?
Wat Is 'n Kredietprofiel? En Wat Is 'n Swartlys?
Wanneer kan die Krediteur my Goedere Herinbesitneen?
Handige Terminologie
VERWANTE INLIGTING
Verbruikersklagtes (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Desember 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
