TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Mikro-finansiering is 'n breë term wat gebruik word om die uitleen van geld op 'n klein skaal te beskryf.
Geregistreerde Leners
Mikro-leners word aangemoedig om hulle te laat registreer by die Mikro-finansierings Regulerende Raad (MFRR). Die MFRR is 'n onafhanklike, nie-winsgewende organisasie wat deur die regering die mag gegee is om die mikro-leningsbedryf te reguleer en die belange van verbruikers te beskerm. Alle leners wat by die MFRR geregistreer is, behoort 'n registrasiesertifikaat in hulle onderneming ten toon te stel.
Mikro-leners wat by die MFRR geregistreer is, werk onder ander reëls as leners wat nie geregistreer is nie. Die belangrikste aspek is dat hulle in aanmerking kom vir kwytskelding kragtens die Woekerwet, wat beteken dat hulle jou enige rentekoers kan eis.
Besoek vir dienste, raad en inligting, die MFRR-webterrein. Inligting sluit besonderhede in oor:
regte onregverdige praktyke geregistreede leners klagtes.
Jy kan ook met hulle in verbinding tree by
Tol-deel: 0860 100 406
Ongeregistreerde Leners
Mikro-leners wat nie by die MFRR geregistreer is nie, word kragtens die Woekerwet gereguleer. Dié Wet verhoed dat leners buitensporige rentekoerse eis. Die koerse wissel en die koers wat van toepassing is, hang af van die datum waarop die leningsooreenkoms aangegaan is. Op die oomblik kan dié leners nie rente van meer as 23% per jaar op 'n lening van minder as R10 000 eis nie, en nie meer rente as 20% per jaar op 'n lening van meer as R10 000 nie.
Ongeregistreede leners word beheer deur die Departement van Handel en Nywerheid en kan 'n bedrag van tot R50 000 aan jou leen. Jou ooreenkoms sal uiteensit hoe lank jy het om die lening terug te betaal.
Jy kan net 'n kontrak met 'n ongeregistreerde lener kanselleer as jy en die lener hierop ooreengekom het voordat jy die kontrak onderteken het.
As jy oor 'n ongeregistreerde lener wil kla, kan jy in verbinding tree met die Nasionale Inspektoraat van Verbruikersake by 011 355 8008.
Wenke
Jy het drie dae om 'n mikro-leningsooreenkoms met 'n geregistreerde lener te kanselleer as jy van plan sou verander.
Kry 'n geskrewe kontrak wat al die koste en gelde uiteensit.
Leners moet wettige meganismes gebruik om lenings in te vorder. Die lener mag nie:
vra om jou bankkaart te hou nie vra vir jou bankkaartnommer nie (PIN-nommer)
jou vra om jou ID-boek by hulle te los nie jou vra om 'n toelae-betalingskaart te los nie jou vra om oningevulde dokumente of dokumente met oningevulde spasies te teken nie geweld gebruik om die uitstaande geld in te samel nie.
Geen lener behoort 'n vooruitbetaalde fooi saam met die aansoek te vra nie, met ander woorde, 'n fooi wanneer jy die ooreenkoms onderteken.
Moenie "Toestemming tot vonnis" teken wanneer jy 'n lening uitneem nie.
Jy mag te enige tyd vra vir 'n staat wat wys hoeveel jy betaal het en hoeveel jy nog skuld.
Jy moet ook binne 14 dae na ondertekening jou afskrif van die kontrak kry.
Jy mag nie 'n maatskaplike toelae (byvoorbeeld 'n pensioen of 'n kindersorgtoelae) as sekerheid vir 'n lening gebruik nie. Leners mag nie jou toelaebetalingskaart as sekerheid vir 'n lening hou nie.
As jy 'n maatskaplike toelae ontvang, sal daar van jou vereis word om 'n verklaring te onderteken dat jy jou toelaebetalingskaart (wat ook 'n Allpay-kaart genoem word) veilig sal hou en dit nie aan 'n mikro-leners sal gee nie.
INHOUD
Vorige Afdeling
Volgende Afdeling
INHOUD: Krediet en Lenings
Wat Is Krediet? Wat Is 'n Lening?
Wat Is 'n Kredietooreenkoms?
Wat Is 'n Kredietprofiel? En Wat Is 'n Swartlys?
Wanneer kan die Krediteur my Goedere Herinbesitneen?
Handige Terminologie
VERWANTE INLIGTING
Verbruikersklagtes (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Desember 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
