TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Krediet en Lenings 
Wat Is Krediet? Wat Is 'n Lening?
Wat Is Krediet? Wat Is 'n Lening?
Krediet verwys na 'n reëling waar jy iets koop en daarvoor betaal nadat jy dit in ontvangs geneem het. Jy betaal dikwels die item in paaiemente oor 'n tydperk af.
Voorbeelde van krediet sluit in:
rekenings by winkels (byvoorbeeld 'n rekening by 'n klerewinkel)
rekenings by professionele diensverskaffers (byvoorbeeld 'n rekening by die dokter)
leningsooreenkomste of paaiement-verkoopsooreenkomste (byvoorbeeld waar jy instem om oor 'n tydperk vir 'n item te betaal, soos by 'n meubelwinkel - dit is in die verlede huurkoopooreenkomste genoem).
Jy kan ook krediet by 'n bank of 'n mikrolener kry. In dié geval word jy 'n kontantlening gegee. Jy moet die lening oor 'n ooreengekome tydperk terugbetaal. Jy moet ook rente op die lening betaal.
Dit is belangrik om te onthou dat, wanneer jy op krediet koop, jy heelwaarskynlik meer sal betaal as wanneer jy kontant vir die items betaal. Om seker te maak dat jy weet hoeveel jy in werklikheid gaan betaal as jy op krediet koop, stel vas:
wat die kontantprys en die bykomente koste is wat die totale bedrag sal wees hoeveel die deposito is wat die maandelikse paaiement sal wees hoe lank jy kan neem om die bedrag af te betaal.
INHOUD
Volgende Afdeling
INHOUD: Krediet en Lenings
Wat Is Krediet? Wat Is 'n Lening?
Wat Is 'n Kredietooreenkoms?
Wat Is 'n Kredietprofiel? En Wat Is 'n Swartlys?
Wanneer kan die Krediteur my Goedere Herinbesitneen?
Handige Terminologie
VERWANTE INLIGTING
Verbruikersklagtes (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Desember 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
