A. AANSTELLING, OPDRAG, TAAKOMSKRYWING EN WERKSWYSE
Aanstellingskennisgewing
Provinsiale Kennisgewing 26/2004 is in Buitengewone Provinsiale Koerant No. 6108 van 18 Februarie 2004 gepubliseer asook in verskeie plaaslike koerante en lees as volg:
WET OP PLAASLIKE REGERING: MUNISIPALE STELSELS, 2000
Artikel 106 (b):
Aanwysing van persone om ondersoek in te stel.
Kennis word hiermee gegee dat mnr J J Dowry, die Wes-Kaapse Minister van Plaaslike Regering, kragtens artikel 106 (b) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000): Mnr Len Daniël Dekker (Voorsitter) en Mnr Efraim Joseph Oppelt op 6 Februarie 2004 aangewys het om kragtens artikel 106 van gemelde Wet saamgelees met die Wes-Kaapse Provinsiale Kommissiewet, 10 van 1998, ondersoek in te stel na die volgende aangeleenthede: Bewerings van wandadministrasie, nie-nakoming van statutêre verpligtinge, of ander ernstige wanpraktyke begaan deur enige persoon of persone in die Kannaland Munisipaliteit of enige persoon of persone wat verbintenis het of gehad het met die Kannaland Munisipaliteit".
Artikel 106
Art. 106 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) lees as volg: "Nie - prestasie en wanadministrasie
 Indien 'n LUR rede het om te glo dat 'n munisipaliteit in die provinsie 'n staturêre verpligting wat op daardie munisipaliteit bindend is nie kan uitvoer of nie uitvoer nie of dat wanadministrasie, bedrog, korrupsie of enige ander ernstige wanpraktyk plaasgevind het of plaasvind in 'n munisipaliteit in die provinsie, moet die LUR­
deur middel van skriftelike kennisgewing aan die munisipaliteit, die munisipale raad of munisipale bestuurder versoek om die LUR te voorsien van inligting wat in die kennisgewing verlang word; en indien die LUR dit nodig ag, 'n persoon of persone aanwys om die aangeleentheid te ondersoek.
In die afwesigheid van toepaslike provinsiale wetgewing, is die bepalings van artikels 2,3,4,5 en 6 van die Kommissiewet, 1947 (Wet No. 8 van 1947), en die regulasies wat ingevolge daardie Wet uitgevaardig is, met die nodige wysigings wat die samehang mag vereis, op 'n ondersoek ingevolge subartikel (b) van toepassing.
n LUR wat 'n kennisgewing ingevolge subartikel (a) uitreik of wat 'n person aanwys om 'n ondersoek ingevolge subartikel (b) te onderneem, moet 'n skriftelike verklaring wat die optrede motiveer aan die Nasionale Raad van Provinsies voorlê".
Item 13 en Item 14 van Bylae 1, Gedragskode van Raadslede
Hierdie Ondersoekkomitee is aangestel ingevolge Art. 106 van die Stelselswet en nie ingevolge Item 14 van Bylae 1, Gedragskode van Raadslede, nie. Soos blyk uit die Hooggeregshofsaak No. 6846/01 van C. C. van Wyk vs Pierre Uys, is die gevolg dat enige verdere optrede (skors vir 'n tydperk of uit amp ontslaan) van raadslede, eers kan plaasvind nadat die Speaker ingevolge Item 13 van Bylae 1, die prima facie oortredings van die Kode laat ondersoek het.
Dit blyk ook nie regtens moontlik te wees om, indien soortgelyke Ondersoekkomitees in die toekoms aangestel word, dit te doen ingevolge beide Art. 106 en Item 14 , Bylae 1, van die Stelselswet om onnodige duplikasie van ondersoeke uit te skakel nie. Dit is na mening 'n onbevredigende regsposisie en aanpassings/wysigings van die Stelselswet blyk nodig te wees en behoort oorweeg te word.
Interpretasie van Opdrag Mnr D. J. Uys, die prokureur wat opgetree het namens die Kannaland Munisipaliteit, het die volgende betoog ingehandig ten opsigte van die interpretering van die opdrag ingevolge art. 106 van Wet 32/2000 (Stelselswet):
Die "nie-nakoming van statutêre vereistes" lewer geen interpretasieprobleem op nie. In die geval van "wanadministrasie" en "wanpraktyke" moet inhoud aan die begrippe gegee word, veral omdat dit nie in die Wet omskryf word nie. Wat "wanpraktyke" soos hier tersake aanbetref, is daar wel in art. 106 die spesifieke verwysing na bedrog en korrupsie wat duidelik aandui wat met die term in die opdrag bedoel word. Slegs "wanadministrasie" bly oor:-
Een van die reëls van wetsuitleg is dat woorde volgens hul gewone betekenis verstaan moet word. (Sien Steyn - Uitleg van Wette Uitgawe p. 4) Die betekenis van "administrasie" is voor die hand liggend. Die HAT gee die volgende betekenis aan die voorvoegsel "wan":
sleg, misdadig. 2. ontbrekend, missend. 3. verkeerd, gebrekkig, vals.
Dit wissel dus van die minder ernstige "ontbrekend" tot die laakbare "misdadig". In die geval van die Engelse weergawe van die tersaaklike woorde word die voorvoegsel "mal" gebruik wat afkomstig is van die woord "malice" of "malicious" wat vertaal word met die woorde "sleg, boosaardig, kwaadwillig, opsetlik, voorbedag". Dit stem ooreen met die Afrikaanse verklarende betekenis onder 1.
Die toepassing van sekere vermoedens vorm ook 'n integrale deel van wetsuitleg. Een daarvan, (Steyn 9103), lui "dat die wetgewer nie 'n onbillike, onregverdige of onredelike resultaat beoog nie." Hieruit volg sekere reëls, byvoorbeeld, dat, 'n Wet so uitgelê word dat dit die persone waarop dit van toepassing is, so min moontlik beswaar"... asook, "By twyfel moet die mees begunstigde uitleg gevolg word."
Bostaande strook met die standpunt dat die tersaaklike bepaling nie bedoel is om 'n munisipaliteit onder druk te plaas om geen foute te maak nie maar wel om sigself te weerhou van voorbedagte, kwaadwille, roekelose of opsetlike gedrag wat sy administrasie nadelig kan beinvloed. Daarby moet die betekenis van die woord "praktyk" ook in ag geneem word wat die effek het dat hier volgehoue en herhalende optrede ter sprake is. 'n Geisoleerde voorval stel nie 'n "praktyk" daar nie.
Die respekvolle submissie volg dat gedrag of gebeure soos in getuienis voorgelê, aan bostaande interpretasie getoets moet word vir doeleindes van die ondersoek."
Alhoewel die woorde "bedrog" en "korrupsie" ook in art. 106 voorkom, verskyn dit nie in die opdrag nie - waarskynlik omdat daar nie prima facie getuienis daarvan was ten tyde van die aanstelling nie.
Soos blyk uit die bevindings in die verslag was daar 'n verskeidenheid gevalle aan die Ondersoekkomitee voorgelê wat gewissel het van gewoon swak dienslewering tot wanpraktyke en nie-nakoming van statutêre verpligtinge.
Werkswyse
Die twee Komiteelede het 10 Februarie 2004 op Ladismith vergader met verteenwoordigers van die Wes-Kaapse Provinsiale Regering ter voorbereiding van die ondersoek.
Dieselfde dag is daar ook vergader met raadslede, amptenare en vakbondverteenwoordigers van die Kannaland Munisipaliteit. Daar is ooreengekom oor die datums van die openbare verhore en waar dit sou plaasvind. Daar is ook ooreengekom dat die eerste reeks verhore benut sou word om klagtes en vertoë aan te hoor. Die tweede reeks verhore sou aan die munisipaliteit die geleentheid verskaf om antwoorde te verstrek.
Distriksmunisipaliteit en met Dr. C. J. Kapp van Zader Munispale Dienste. Daar is ooreengekom dat Dr. Kapp 'n voordrag sal maak oor die finansiële posisie van die munisipaliteit. Die Eden Distriksmunisipaliteit het ingestem om deur die
Munisipale Bestuurder, Mnr. M. C. Botha, 'n voordrag te maak oor voorgestelde stappe om die Kannaland Munisipaliteit van hulp te wees.
Kennisgewings oor die voorgestelde verhore is ook op 18 Februarie 2004
gepubliseer en is deur die Sekretaris op munisipale kennisgewingborde aangebring.
Die verhore het as volg plaasgevind:
DATUM EN TYD VAN VERHORE PLEK
Getuienis is aangehoor ingevolge die bepalings van die Wes-Kaapse Provinsiale Kommissiewet, 1998 (Wet 10 van 1998). Alle getuies het ingevolge Art. 3 'n eed afgelê voor hulle getuig het. Sowat 40 persone het getuig. 'n Aantal beëdigde verklarings is ingedien van persone wat nie self onder eed mondelinge getuienis afgelê het nie. Dit blyk uit Art.3 van die Wes-Kaapse Kommissiewet 10 van 1998 dat die enigste manier waarop getuienis voor die Ondersoekkomitee afgelê kan word is deur 'n getuie wat onder eed getuig.
Volledigheidshalwe is die beëdigde verklarings aanvaar as deel van die stukke, alhoewel die inhoud nie wesenlik as getuienis geag kan word nie. Die verklarings handel hoofsaaklik oor probleme met munisipale dienste en spesifieke probleme van lede van die gemeenskap. Die aspekte kan in die gewone loop van sake deur die munisipaliteit aangespreek en reggestel word.
Art. 3 van die Kommissiewet 10 van 1998 bepaal dat enige persoon wat voor die kommissie as getuie verskyn, is geregtig op regsverteenwoordiging. Die munisipaliteit was verteenwoordig deur Mnr. D. J. Uys, prokureur en voormalige Stadsklerk van Beaufort-Wes. Tydens die openbare verhore het dele van die gemeenskap hul misnoë betuig met die feit dat die munisipaliteit 'n regsverteenwoordiger aangestel het. Daar moet egter op gewys word dat dit die munisipaliteit se reg was om dit te doen. Die regsverteenwoordiger het gehelp om struktuur te gee aan die ondersoek en sy kruisverhoor en skriftelike vertoë het waarde toegevoeg tot die inhoud van hierdie verslag.
Die Sakekamer van Ladismith is verteenwoordig deur prokureur A. J. Rossouw van die firma Steyn en Pretorius op Ladismith. Adv. Tinus Lotz van George is gedurende die tweede week van die verhoor opdrag gegee om die sakekamer te verteenwoordig. Die Ondersoekkomitee is dank verskuldig aan die sakekamer vir die moeite en uitgawes wat aangegaan was. Slegs deur die kruisverhoor van getuies word die waarheid vasgestel.
Groot openbare belangstelling en prominente dekking in die media het die verhore gekenmerk. Die Gemeenskapsale was vol en by tye moes die publiek gemaan word tot kalmte. Op 'n stadium is die SAPS, Ladismith versoek om teenwoordig te wees. Dit was duidelik uit die reaksie van die gehoor dat verskillende ondersteuningsgroepe in die saal teenwoordig was. Die regsverteenwoordiger van die munisipaliteit, prokureur D. J. Uys, het verskeie kere gekla dat die grootliks vyandiggesinde gehoor dit moeilik maak vir die munisipaliteit se getuies. Die Lede van die Ondersoekkomitee is egter tevrede dat die reëls van natuurlike regverdigheid nagekom is en dat getuies op 'n billike basis die geleenthede gegee is om te getuig.
Die blote feit dat die openbare verhore beide op Ladismith en op Calitzdorp gehou was waar die publiek toegang gehad het, was reeds deel van die proses van deursigtigheid en openbare verantwoordingdoening aan die gemeenskap. Dit is in lyn met die basiese waardes en beginsels wat openbare administrasie beheers, soos vervat in art. 195 van die Grondwet.
Die hoofkantoor van Kannaland Munisipaliteit is op Ladismith gesetel en die indruk is van getuies van Calitzdorp, Zoar en Van Wyksdorp verkry dat die gemeenskappe in 'n sekere sin afgeskeep of gemarginaliseer voel. Die klagtes en vertoë wat van die dorpe ontvang is was in meeste geval bloot swak dienslewering deur die munisipaliteit. Die Lid van die Ondersoekkomitee, Mnr. Efraim Oppelt, het met groot noukeurigheid die vertoë en besware wat van die gemeenskappe ontvang is in Deel D ontleed - paragraaf D6 Van Wyksdorp, D7 Calitzdorp en D8 Zoar.
Na afloop van die verhore is aan die munisipaliteit en aan die sakekamer, deur die regsverteenwoordigers wat hulle by die verhoor verteenwoordig het, die geleentheid gebied om verdere skriftelike vertoë te rig en aanbevelings te maak.
Die twee lede van die Ondersoekkomitee het Vrydag 12 Maart 2004 oor tegniese aspekte van die ondersoek gesprek gevoer met die Hoof Uitvoerende Beampte van WEKPRO en met die Direkteur: Wetgewing en Administrasie van die Wes-Kaapse Provinsiale Regering. Dit was van groot nut in die opstel van die Verslag.
Geografiese konteks KANNALAND MUNISIPALITEIT, 'n kategorie 'B' munisipaliteit, sedert 5 Desember 2000, is geleë binne die Eden Distrik Munisipale area en beslaan 'n oppervlak van ongeveer 4750 km². Die munisipale area strek oor 'n afstand van 135 km oor 'n oos- westelike en 45 km oor 'n noord-suidelike rigting.
Die Kannaland munisipale area is geleë tussen die Groot -en Klein Swartberge sowel as die Anysberg aan die noorde kant en die Langeberge aan die suide kant. Kannaland vorm gemeenskaplike grense met die van Montagu en Swellendam munisipaliteite aan die weste en Oudtshoorn munisipaliteit aan die ooste kante.
Kaart 1: Eden Distrik Munisipaliteit - DC4
Daar is 'n paar prominente bergreekse binne hierdie munisipale area, naamlik; die Warmwaterberg (1 345m), die Rooiberg (1 468m) en Amalienstein reeks (1 021m).
Kleiner dorpe binne die jurisdiksie van Kannaland munisipaliteit is:
Ladismith as die hoofdorp binne die Kannaland munisipale jurisdiksie met die grootste inwonertal;
Calitzdorp as die dorp met die tweede grootste inwonertal, gevolg deur;
Hoeko met die grootste landelike konsentrasie.
Verbindingsroetes
Die hoof verbindingsroete deur die gebied is die R62, wat deur feitlik al die dorpe binne die Kannaland munisipale area loop behalwe deur Van Wyksdorp. Toegang na die N2 is via Barrydale (R324) oor die Tradouw pas terwyl toegang noordwaarts na die N1 redelik beperk is as gevolg van bergreekse. Die dorp Barrydale is 78 km suid op die R62 van Ladismith geleë met Oudtshoorn 100km oos van Ladismith op die R62.
Institusionele Struktuur van die Kannaland Munisipaliteit
Munisipale Bestuurder
Assistent Munisipale Bestuurder
Gemeenskapsdienste
Verantwoordelik vir die lewering van omgewings gesondheidsdienste:
Vullis verwydering . Riool skoonmaak dienste . Water kwaliteit beheer . Skoonmaak van strate . Lug besoedeling . Besigheids lisensies . Bou inspeksies . Omgewings gesondheid
Persoonlike gesondheid
Bestuur
Bestuur elektriese voorsiening, publieke werke wat die volgende insluit:
Beplanning, konstruksie en onderhoud van strate, stormwater riool netwerk, water netwerk, water suiwering, straat beligting, sportvelde, parke, begraafplase, Onderhoud van eiendomme, werkswinkel, pomp stasies
Kontant vloei
Saamstel van begroting
Begroting en beleidsbestuur . Saamstel van finansiële state . Administrering van projekte . Verslae en reageer op fianansiële navrae
Kontrole: salarisse, krediteure, voorraad en store, debiteure, finansië statistieke, krediet beheer
Administratiewe Raamwerk
Huidige Politieke Struktuur: Die Kannaland Munisipale Raad bestaan tans uit 'n Uitvoerende Burgemeester stelsel met 9 (nege) Raadslede, waarvan 5 Wyks- en 4 Proporsionele Raadslede is. Raadsheer J. Donson is tans die Uitvoerende Burgemeester en Raadslid Andrew Baartman die Onder-Uitvoerende Burgemeester.
WYKSRAADSLEDE
PROPORSIONELE RAADSLEDE
Data Bron: Munisipale Afbakenings Raad 2003
Demografiese Profiel
Persone 2001 1996
Kleurling 20253 17672
Totale Bevolking 23971 21193
Die totale bevolking binne die Kannaland Munisipale area, volgens die 2001 sensus, beloop 23 971 in totaal vergeleke met 21193 in 1996, met die Kleurlinge wat die grootste komponent, 85%, uitmaak, Blankes 13% en .02% Swartes met 'n baie kleiner persentasie Indiërs. 'n Redelike balans tussen mans en vroue word gehandhaaf met vroue in die meerderheid 51, 81% teenoor die 48, 19% mans.
Vroue 12420 10557
Persone 2001 1996
Persone 2001 1996
Oor 65 1715 1452
OPVOEDINGSINSTANSIES BYGEWOON -OUDERDOMSGROEPE 5 TOT 24 JAAR WCO41
Persone 2001 1996
Geen 3215 -
Skool 5335 -
Kollege 5 -
Tegnikon 2 -
Universiteit 2 -
Volwasse Onderrig Sentrum 2 -
Ander 4 -
HOOGSTE OPVOEDINGSVLAK BEHAAL - OUDERDOMSGROEP BO 20 JAAR WCO41
Geen skool opvoeding 1660 1782
Graad 12 1684 1072
Persone 2001 1996
Werk 6312 6341
Werkloos 1015 1044
Nie Ekonomies Aktief 7296 -
Persone 2001 1996
Landbou/Bosbou/visbedryf 3364 3459
Konstruksie 193 236
Elektrisiteit/Gas/Water 32 28
Vervaardiging 457 456
Private Huishoudings 345 496
Transport/Stoor/Kommunikasie 66 105
Onbekend 401 316
Groot handel 522
Persone 2001 1996
Klerke 308 272
Kunste / Handel 291 348
Plant/Masjien Operateurs 176 195
Diens Werke 322 353
Landbou/Vis Bedryf 553 -
Onbepaald 342 -
Persone 2001 1996
Persone 2001 1996
Kannaland is oorwegend 'n Afrikaans sprekende gemeenskap met ongeveer 98% Afrikaans sprekendes volgens die 2001 Sensus, met die swart tale in die minderheid en slegs .01% Engels sprekend.
MODE VAN VERVOER NA SKOOL EN OF WERK WCO41
Persone 2001 1996
Fiets 132 -
Motor Drywer 787 -
Motor Passasier 888 -
Motor fiets 24 -
Trein 8 -
Voet 7946 -
Ander 709 -
Huishoudings 2001 1996
Formeel 5884 4558
Informeel 83 163
Tradisioneel 97 44
Ander 5 26
Huishoudings 2001 1996
meer 145 -
Huis Houdings 2001 1996
en meer 108 90
BRON VAN ENERGIE VIR BELIGTING WCO41
Huishoudings 2001 1996
Elektrisiteit 4928 3453
Kerse 1047 1253
Ander 12 0
,12% van die huishoudings word voorsien van elektrisiteit. 'n Redelike hoë persentasie (17, 25%) het egter steeds slegs toegang tot kerse en .04% tot parafien vir beligting doeleindes. Hierdie bronne van energie het egter 'n baie negatiewe effek op die omgewingsgesondheid van gemeenskappe sowel as op die natuurlike hulpbronne en die omgewing.
Vullisverwydering
Huis Houdings 2001 1996
Gemeenskaplike Storting 111 235
Eie storting 2086 1792
Geen Verwydering 274 165
Sanitasie
Huishoudings 2001 1996
Spoel toilette 3236 2747
Chemiese toilet 26 -
Emmers 369 473
Geen 1021 702
Telefoon
Huishoudings 2001 1996
Telefoon en Selfoon in huis 720 -
Telefoon in huis 1170 1588
Selfoon 462 -
Bure 1185 1362
Publieke Telefoon 1650 637
Ander - Naby 293 463
Ander - nie naby 429 125
Geen toegang 161 604
Huishoudings 2001 1996
In Huis 4079 2680
Op Erf 1051 1261
Gemeenskaplike staankraan 340 66
Gemeenskaplike staankraan verder as 200m 230 -
Boorgate 66 284
Fontein 23 325
Dam/Poel/Staande Water 23 -
Rivier/Stroom 152 -
Ander 61 20
Jaarlikse huishoudelike inkomste
Huishoudings 2001 1996
Geen 424 151
Meer as R2457600 2 -
Data Bron: Statistiek Suid Afrika: Sensus 2001
Opsommend Volgens voormelde 2001 sensus, beskik Kannaland oor 'n totale bevolking van 23 973 waarvan die vroue in die meerderheid is met 51, 8 % met 'n redelik balans binne die ouderdomsgroepe 15 tot 34 jaar (30%) en 35 tot 64(30%) met 'n redelike lae persentasie 8% bo 65 jaar. Die % tussen 0 - 34 jaar beloop 32%. Die groei in bevolking vergeleke met 1996 is .13% wat nie noodwendig kommer wekkend hoef te wees nie. Die kleurling bevolking bly steeds in die meerderheid (84%)
Kannaland beskik oor 'n totale werksmag van 7327 met 'n 13% werkloosheid­syfer en die grootste % werksaam in die landbou bedryf (53%) waarvan 58% elementêre beroepe beklee met 22% wat 'n maandelikse inkomste van tussen R 401 - R800 verdien.
Kannaland is 'n oorwegend Afrikaanssprekende gemeenskap en skik oor 6069 huishoudings met 'n gemiddelde huishouding groote van 3.9 per huishouding. 'n Redelik hoë persentasie -17, 25% maak nog van kerse gebruik vir beligting. Die oorgrote meerderheid huishoudings (67%) het toegang tot water in hulle huise, 59% se vullis word weeklis deur die munispaliteit verwyder daar 34% verantwoordelikheid neem vir die verwydering van hul eie vullis. 55% beskik oor spoel toilette-, 11% oor septiese tenke en 17% oor geen sanitasie fasiliteite.
Rol en verantwoordelikhede
Die Eden Distriksmunisipaliteit, 'n kategorie 'C' munisipaliteit, sluit in die voormalige Suid-Kaap en Klein Karoo Distriksrade.
Art. 84 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 1998 (Wet No. 117 van 1998), soos gewysig maak voorsiening vir die verdeling van funksies tussen kategorie 'C' en kategorie 'B' munisipaliteite.
Die Eden Distriksmunisipaliteit het binne sy gebied 7 (sewe) 'B' munisipaliteite en 1 (een) distriksbestuur gebied (DBG) te wete: Bitau, Knysna, George, Mossel Baai, Langeberg, Kannaland en Oudsthoorn, asook Uniondale DBG. Die doel daarmee dat distriksmunisipaliteite en plaaslike munisipaliteite die verantwoordelikheid vir plaaslike bestuur in hul gebiede deel, is om seker te maak dat alle gemeenskappe, veral benadeelde en landelike gemeenskappe, billike en regverdige toegang tot hulpbronne en dienste het. Dit help sommige plaaslike-"B" munisipaliteite wat nie oor die vermoë (finansies, geriewe, personeel of kennis) beskik nie, om dienste aan hul gemeenskappe te lewer. Die koste van die bestuur van 'n munisipaliteit word besnoei deur hulpbronne met ander rade te deel. Die 'ryker' gebiede help dan die 'armer' gebiede in die proses.
Art. 84 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture Wet No. 117 van 1998, spel die volgende funksies en magte van 'n distriksmunisipaliteit uit:
Die funksies en bevoegdhede van die Eden Distriksmunisipaliteit behels die volgende:
beplanning vir ontwikkeling van die hele distriksmunisipaliteit en 'n raamwerk vir geïntegreerde ontwikkelingsplanne vir alle munisipaliteite binne die distriksmunisipale area grootmaatvoorsiening van water grootmaatvoorsiening van krag grootmaat-rioolsuiweringswerke en hoofrioolverwydering afvalstortingsterreine vir die hele distriksraadgebied munisipale paaie vir die hele distriksraadgebied regulering van passassiersvervoerdienste munisipale gesondheidsdienste vir die hele gebied [hierdie funksie word tans ondersoek]
brandweerdienste vir die hele gebied gebied [hierdie funksie word tans ondersoek]
beheer van varsproduktemarkte beheer van begraafplase bevordering van plaaslike toerisme vir die hele gebied munisipale openbare werke
Die Kannaland Munisipaliteit sluit in Ladismith, Calitzdorp, Zoar en Vanwyksdorp. Art. 84 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture Wet No. 117 van 1998, spel die funksies en magte van 'n plaaslike munisipaliteit uit. 'n Plaaslike munisipaliteit het al die funksies en bevoegdhede wat in artikels 156 en 229 van die Grondwet opgedra is uitgesonderd daardie funksies en bevoegdhede wat by die Distriksmunisipaliteit berus.
Kannaland Munisipaliteit beskik oor die volgende fiskale bevoegdhede:
Om verordeninge (plaaslike wette en regulasies waarvoor hulle verantwoordelik is) goed te keur.
Om begrotings en ontwikkelingsplanne goed te keur. Elke jaar moet 'n munisipale begroting goedgekeur word wat uiteensit hoe geld bekom en bestee sal word. Die munisipaliteit moet ook die geïntegreerde ontwikkelingsplan goedkeur.
Om erf-en ander belastings, soos eiendomsbelasting, te hef.
Om diensgeld te vra -vir die gebruik van munisipale dienste soos water, elektrisiteit, biblioteke, ens.
Om boetes op te lê -vir mense wat munisipale verordeninge oor verkeersreëls, rommelstrooi, ens. verbreek.
Om geld te leen -die raad mag 'n lening aangaan vir 'n ontwikkeling of ander projek en mag munisipale bates as sekerheid gebruik.
Om geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOP's) op te stel, goed te keur of te wysig en dit te koppel aan 'n finansiële plan.
Kannaland as 'n kategorie 'B' Munisipaliteit, is o.a. vir die volgende munisipale funksies verantwoordelik:
lewering van elektrisiteit water vir huishoudelike gebruik riool en sanitasie stormwaterstelsels rommelverwydering brandweerdienste munisipale gesondheidsdienste besluite oor grondgebruik plaaslike paaie plaaslike openbare vervoer straathandel abattoirs en varsvoedselmarkte . parke en ontspanningsgebiede biblioteke en ander gemeenskapsgeriewe plaaslike toerisme
Huidige ondersteuning vanaf die Eden Distriksmunisipaliteit aan die Kannaland Munisipaliteit
Die huidige en beoogde toekomstige ondersteuning vanaf die Eden Distriksmunisipaliteit aan die Kannaland Munisipaliteit word gedoen kragtens artikels 83 en 88 van die Wet Op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 1998 (Wet No. 117 van 1998), aangaande samewerking tussen distriksmunisipaliteite en plaaslike munisipaliteite. Art.83 (c) van Wet No. 117 van 1998 bepaal dat die distriksmunisipaliteit daarna moet streef: "(c) om die kapasiteit van plaaslike munisipaliteite in sy gebied te bou om hul funksies te verrig en hul bevoegdhede uit te oefen waar sodanige kapasiteit ontbreek."
In 'n Desember 2003 skrywe van Min. Cobus Dowry, Minister Plaaslike Regering, Wes-Kaap Provinsie, versoek die Minister die Eden Distriksmunisipaliteit om op 'n taakspan te dien wat ondersteuning sou verskaf met 'n Finansiële Herstelplan vir die Kannaland Munisipaliteit. Laasgenoemde versoek word opgevolg met 'n fisiese besoek van die Minister op 19 Januarie 2004 aan die gebied rakende ondersteuning aan die Kannaland Munisipaliteit.
Die huidige prioriteitsfonds toekenning in die 2003/04 boekjaar vanaf Eden Distriksmunisipaliteit aan Kannaland Munisipaliteit, wat ongeveer R 3,6 m beloop, word omgeskakel vir bedryfsaspekte om normale dienslewering te verseker deur onder andere, ondersteuning te bied aan ru-water ondersoeke, paaie en sosiale ondersteuning. Die fondse word deur die Eden Distriksmunisipaliteit self geadministreer.
Mnr Johan Kemp, Hoof: Gemeenskapsdienste van die Distriksmunisipaliteit is op besluit van die Eden Distriksmunisipaliteit in 'n waarnemers-hoedanigheid na die Kannaland Munisipaliteit gestuur om onder andere tegniese ondersteuning aan die Kannaland Munisipaliteit te bied ten einde normale dienslewering binne Kannaland te verseker.
n Aansienlike verskil is reeds sigbaar met die water situasie binne die Kannaland munisipaliteit veral die aanspreek van probleme t.o.v. Zoar se water situasie. Aandag word tans gegee aan die water infrastruktuur met betrekking tot paaie, pypleidings, suiwering ens. Verder is die kanaal waaruit Ladismith sy drinkwater kry, skoongemaak, daar dit ongeveer 'n jaar laas skoongemaak was. Tydens inspeksie was die verliese op die betrokke kanaal fisies sigbaar by 'n aantal plekke waar grootskaalse syfering plaasgevind het. Volgens getuienis gelewer deur die Munisipale Bestuurder van die Eden Distriksmunisipaliteit is die bedoeling nie om in te meng met die outonomiteit van Kannaland nie maar om ondersteuning te verskaf. Eden Distriksmunisipaliteit reageer slegs op versoeke van Kannaland en van die Minister van Plaaslike Owerheid Wes-Kaap.
Volgens die getuienis gelewer deur Mnr. M.C. Botha sal die besluit van die Eden Distriksmunisipaliteit om verdere ondersteuning aan die Kannaland Munisipaliteit te gee, afhang van die uitslag van hierdie kommissie ondersoek.
Dit is duidelik uit getuienis gelewer dat die aktiewe hulp en ondersteuning van die Eden Distriksmunisipaliteit 'n absolute voorvereiste is vir sukses om die Kannaland Munisipaliteit weer op 'n gesonde en volhoubare basis te laat funksioneer. Veral met die agterblewe landelike gebiede soos Zoar en Van Wyksdorp sal die hulp van die Distriksmunisipaliteit nodig wees om te verseker dat dienste aan die gemeenskappe verskaf word.
Art. 153(a) van die Grondwet bepaal dat 'n munisipaliteit moet sy administrasie en sy begrotings-en beplanningsprosesse so struktureer en bestuur dat voorrang verleen word aan die basiese behoeftes van die gemeenskap, en dat die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van die gemeenskap bevorder word.
Verder bepaal Art. 83 (d) van die Strukture Wet dat 'n distriksmunisipaliteit moet daarna streef om die geintegreerde, volhoubare en billike sosiale en ekonomiese ontwikkeling van sy gebied as 'n geheel te verwenselik deur:
d die billike verspreiding van hulpbronne tussen die plaaslike munisipaliteite in sy gebied te bevorder ten einde toepaslike vlakke van munisipale dienste in sy gebied te verseker".
Met in ag neming van die behoeftes in Zoar en Van Wyksdorp, kan tereg deur hierdie gemeenskappe van die Eden Distriksmunisipaliteit verwag word om hoë voorkeur aan hulle te verleen en om sodoende die druk op die Kannaland Munisipaliteit te verlig.
Die keuse vir die Eden Distriksmunisipaliteit t.o.v. hulp aan Kannaland is:
om groter voorkeur en hoër prioriteit te gee aan Zoar en Van Wyksdorp as deel van die Kannaland Munisipaliteit; of alternatiewelik om Zoar en Van Wyksdorp as distriksbestuursgebiede (DBG's) te laat verklaar direk onder die beheer van die distriksmunisipaliteit.
Aanbeveling
Dit word aanbeveel dat opsie (a) op die korttermyn gevolg word. Indien dit nie die nodige resultate lewer nie, sal opsie (b) oorweeg moet word.
Drieledige Ooreenkoms Om aan die konsep van "Regering van Samewerking", soos bedoel in Hoofstuk 3 van die Grondwet, Hoofstuk 5 van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, Art. 88 van die Strukture Wet en Art. 3 van die Stelselswet beslag te gee, sal dit nodig wees vir 'n drieledige ooreenkoms tussen:
die Wes-Kaapse Departement van Plaaslike Regering;
ii die Kannaland Munisipaliteit; en iii die Eden Distriksmunisipaliteit. Gemelde drieledige ooreenkoms moet voorsiening maak vir die voorwaardes waaronder die Wes-Kaapse Provinsiale Regering en die Eden Distriksmunisipaliteit onderskeidelik bereid sou wees om die Kannaland Munisipaliteit by te staan met administratiewe, tegniese en finansiële hulp en om die aanbevelings in hierdie verslag en ander stappe wat nodig blyk te wees, op 'n volhoubare basis toe te pas. Vordering moet gemonitor word en daar moet gereelde openbare verslagdoening aan die Minister van Plaaslike Bestuur geskied.
Aanbeveling
Dit word aanbeveel dat die Minister van Plaaslike bestuur die initatief neem om so 'n drieledige ooreenkoms tussen die partye te beding.
C. VORIGE EN ANDER AANVERWANTE ONDERSOEKE
Vorige Provinsiale Ondersoeke
Gedurende 1997 het die Wes - Kaapse Minister van Plaaslike Regering 'n komitee aangestel wat bestaan het uit Adv. C. B. Prest, SC (Voorsitter) en J. P. Hugo om beweerde wanadministrasie en onreëlmatigheid by die Ladismith Plaaslike Oorgangsraad te ondersoek. Die Verslag is gedateer 11 Augustus 1997 en is tot hierdie ondersoekkomitee se beskikking gestel.
Sommige van die rolspelers wat sewe jaar gelede as deel van die probleem in Ladismith uitgewys is, is steeds prominente rolspelers in Kannaland en daar sal later daarna verwys word. Ook sommige van die probleme en aanbevelings wat sewe jaar gelede gemaak is, is steeds relevant en sal na verwys word.
Hopelik sal, voortspruitend uit hierdie verslag, ingrypende en standhoudende stappe gedoen word sodat daar nie oor sewe jaar in 2011 weer 'n soortgelyke ondersoek nodig is nie.
SAPD Strafregtelike Ondersoeke Die ondersoekkomitee is bewus van die feit dat die SAPD besig is met verskeie strafregtelike ondersoeke na munisipale raadslede en amptenare. In sommige gevalle handel dit oor die optrede van persone in hul privaat hoedandigheid. Indien die raadslede en amptenare egter skuldig bevind sou word, sal dit in die lig van die aard die misdryf geoordeel moet word of dit 'n effek het op die persoon se geskiktheid om 'n raadslid of amptenaar van die munisipaliteit te wees. In antwoord op 'n brief gedateer 3 Maart 2004 van die Sekretaris aan die SAPS, Ladismith is op 4 Maart 2004 die volgende antwoord ontvang vanaf Kaptein Edwards, Waarnemende Stasiekommisaris Ladismith:
ONDERWERP ONDERSOEK NA KANNALAND MUNISIPALITEIT
n Bedrog dossier word tans deur Georganiseerde Misdaad Oudtshoorn ondersoek. Die saak is tans "Subjudic". Geen inligting kan tans bekend gemaak word nie omrede dit die saak kan benadeel. Ladismith MAS 448/01/2004 - Bedrog het betrekking. Suptv Kotze (sel nr 083 294 8727) is in beheer van die saak.
Die kantoor sal nie 'n voorlegging kan maak op 9, 10 en 11 Maart 2004 nie."
Na afloop van die openbare verhoor het die SAPD die week van 15/03/04 op die kantore van die munisipaliteit en by die huise van raadslede en amptenare toegeslaan en bepaalde dokumente en rekenaars gekonfiskeer. 'n Verklaring is deur die Departement Plaaslike Regering uitgereik waarin daarop gewys is dat die optrede van die SAPD geskied het onafhanklik van hierdie ondersoek. Die SAPD se optrede het blykbaar gevolg op grond van getuienis wat voor die Ondersoekkomitee afgelê is.
Openbare Beskermer
Die Openbare Beskermer se Nasionale Kantoor in Pretoria het onder Verwysing 3549/03 verskeie klagtes van beweerde onreëlmatigheid by die Kannaland Munisipaliteit ondersoek. Die Hoof Ondersoeker, Adv. C. H. Fourie het op 3 Desember 2003 besoek gebring aan die Munisipale Bestuurder, Kannaland Munisipaliteit en 'n reeks aangeleenthede bespreek en dokumentasie daaroor ingewin.
Op Donderdag 4 Maart 2004 het die Voorsitter van die Ondersoekkomitee, Mnr. Dekker, op versoek van Adv. Fourie hom by sy kantoor in Pretoria gespreek oor die ondersoek. Adv. Fourie was van mening dat dit onnodige duplikasie sal wees indien die Openbare Beskermer met sy eie ondersoek sou voortgaan. Afdrukke van die volledige inhoud van die Openbare Beskermer se leêr is aan Mnr. Dekker oorhandig vir opvolging tydens hierdie ondersoek. In meeste gevalle was daar duplikasie van klagtes en bewerings wat reeds ondersoek is. Die dokumente oor die uitgawes vanuit die Burgermeestersfonds was egter uiters relevant en van nut tydens die ondersoek.
Spesiale Ondersoekeenheid Die Spesiale Ondersoekeenheid, gestig ingevolge die Wet op Spesiale Ondersoekeenhede en Spesiale Tribunale, 1996 (Wet 74 van 1996), is by Proklamasie R55 van 2002, gepubliseer in Regulasiekoerant No. 7395 van 24 Junie 2002 deur die President opdrag gegee om 'n reeks munisipaliteite in die Wes-Kaap Provinsie, insluitend die destydse Calitzdorp Munisipaliteit, te ondersoek na bewerings van wanadministrasie.
n Afdruk van die uitslag van die ondersoek is op 2 April 2004 deur die Munisipale Bestuurder van Kannaland Munisipaliteit aan die lede van die Ondersoekkomitee per faks gestuur. Die verslag verwys grotendeels na aangeleenthede wat voor of tot met die 1999/2000 boekjaar voorgekom het. Dit is nietemin 'n nuttige verwysingsdokument en van die sake wat geidentifiseer is kan in die Finansiële Herstelplan aangespreek word. Die verslag bevestig die getuienis van Mnr. Human, die Munisipale Bestuurder, dat die Calitzdorp Munisipaliteit se administrasie veel te wense oorgelaat het met die oorname daarvan toe die Kannaland Munisipaliteit in Desember 2000 tot stand gekom het.
Ouditeur-generaal Verslag Die Ouditeur-generaal doen jaarliks verslag en daar moet met die verslag gehandel word ooreenkomstig artikel 10G (e) van die Oorgangswet. Ingevolge Art. 10G (e)(iii) moet die munisipaliteit aandui watter stappe gedoen is of beoog word in verband met enige aangeleentheid wat uit die verslag blyk.
Uit die munisipaliteit se antwoorde (bladsye 106 - 117) blyk dit dat daar nog 'n aantal aangeleenthede is wat deur die Ouditeur-generaal:verslag vir die jaar geeindig 30 Junie 2002, uitgewys is waar daar nie korrektiewe stappe gedoen is of aangedui is watter stappe beoog word nie. Dit moet aangespreek word in die finansiële herstelplan - sien ook deel D.1.2.
Verdere ondersoeke voortspruitend uit hierdie verslag
Dit word voorsien, soos blyk uit die aanbevelings, dat daar nog 'n reeks verdere ondersoeke en optredes sal wees voortspruitend uit die bevindings en aanbevelings van hierdie verslag. Die ondersoeke moet opgevolg en toegepas word sodat dit nie op rakke stof vergader nie.
Soos blyk uit die Bylae het 'n reeks persone en instansies getuienis gelewer en ook skriftelike vertoë ingedien. Die Sekretaris het op 1 Maart 2004 'n reeks vrae aan die Kannaland Munisipaliteit gestuur (Bylae Item No. 40) oor aspekte waaroor op 23/24/25 Februarie 2004 getuienis gelewer is en ten opsigte waarvan antwoorde en verduidelikings deur die Munisipaliteit verskaf moes word. Dit was nie 'n uitputtende lys nie. Die onderwerpe soos in die vraelys aangedui, word afsonderlik bespreek.
Finansies Die benarde finansiële posisie van die Kannaland Munisipaliteit blyk uit verskeie dokumente en voordragte wat aan die Ondersoekkomitee gemaak is insluited:
Louw Verslag Die Louw-Verslag van 24 April 2002 is opgestel deur Mnr. G. J. Louw, voormalige Munisipale Tesourier van Mosselbaai wat tans as konsultant werksaam is by Zader Munisipale Dienste. 'n Reeks aanbevelings is in die verslag gedoen insluitend 'n reeks stappe vir die instelling van begrotingsbeheer. Die verslag sluit as volg af in paragraaf 7:
Gevolgtrekking
Sake het die punt bereik waar 2002/2003 as 'n waterskeidingsjaar beskou moet word. Besluite wat geneem moet word sal ongewild wees en regverdiging daarvoor ongemaklik. Wat u voor u het is egter realiteite en die implikasie van ontkenning daarvan is totale ineenstorting van van die organisasie."
Dit was profetiese woorde. Die aanbevelings is grootliks nie toegepas nie en het gelei tot die omstandighede wat aanleiding gegee het tot die huidige ondersoek. Aangesien Mnr. Deon Louw weer nader geroep is om deur middel van Zader Munisipale Dienste aan Kannaland finansiële advies en kundige ondersteuning te verskaf, word aanvaar dat die uiters relevante en praktiese aanbevelings veral oor begrotingsbeheer in die April 2002 verslag, deel sal vorm van die Finansiële Herstelplan.
Ouditeur - generaal Verslag Die Ouditeur-generaal Verslag van 2001/02 het 'n reeks aangeleenthede aangedui wat aandag verg. In die antwoord van die munisipaliteit is aangedui dat die sake aangespreek word maar dat sommige aangeleenthede nog nie afgehandel is nie. Dit moet ingevolge die toepaslike wetsvoorskrifte afgehandel word as deel van die Finansiële Herstelplan en die foute en gebreke wat uitgewys is, moet reggestel word.
Die man wie ek soek, is nie die wat die minste foute maak nie, maar die wat die meeste foute regmaak".
Zader Voorlegging Die voorlegging gedateer 23 Februarie 2004 van Dr. C.J. Kapp, Utivoerende Direkteur van Zader Munisipale Dienste, soos aangevul deur getuienis en kruisverhoor voor die Ondersoekkomitee, was die mees omvattende onlange analise van die stand van munisipale finansies by die Kannaland Munisipaliteit. Die volledige Zader Voorlegging met aanhangsels is deel van die stukke en handel oor die volgende aspekte:
Opstel van die Begroting
Deel van die herstelplan, wat die Provinsiale Regering Wes-Kaapland aanvaar het, was om die 2003/2004 begrotings te hersien. Die volgende is deur Zader bevind:­. Daar is vir slegs R150 000 bedryfskapitaal begroot terwyl ongeveer R2,3 m benodig was. Die begrotings beleid wat deur die Raad op 27 Februarie 2002 aanvaar het (Raadsbesluit no1 van 2002) bepaal dat die voorsiening vir bedryfskapitaal moet minstens 5% van totale bedryfsuitgawes of 'n bedrag gelykstaande aan die verwagte toename in debiteure wees (Bylaag "A" seksie A2.3.3).
Personeel waarvan die koste R1 208 000 beloop het, is gedurende die 2003/2004 finansiële jaar aangestel sonder dat daar op die begroting vir die uitgawe voorsiening gemaak is (Sien bylaag "B").
Tydelike personeel tot 'n bedrag van R132 000 is aangestel sonder 'n begrotingsvoorsiening.
Geen gedetailleerde begrotingsskedule vir personeel uitgawes is opgestel nie met die gevolg dat personeelkostes verder onderbegroot was. 'n Personeelbegrotingsformaat is tydens die 2002/2003 finansiële jaar opgestel en aan die finansiële bestuurder oorhandig tydens die vorige ondersteuningsprogram (Bylaag "C").
Onvoldoende voorsiening is gemaak vir die terugbetaling van leningskoste. Die leningsregister is onvolledig en geen voorsiening is gemaak vir die terugbetaling van die ABSA lening nie. 'n Munisipaliteit mag slegs leen om kapitaaluitgawes te finansier. Leningsbehoeftes moes gevolglik tydens die opstel van die kapitaalbegroting reeds bekend gewees het Oorgangswet in Artikel 10G 8a1.
Vele ander onder-en oorbegrotings het gedurende die opstel van die 2003/2004 begroting voorgekom.. Die hersiene begroting dui op 'n R2, 9 m tekort en 'n kontantuitvloei van R6, 8 m.
Aanbeveling
Dit is noodsaaklik dat die herstelplan nie net fokus op die hersiening van die 20003/04 begroting nie, maar ook bystand en leiding aan die munisipaliteit moet verleen vir die opstel van die 2004/05 begroting.
Aanbeveling
Ingevolge Art. 16 (a)(iv) van die Stelselwet moet stelsels en meganismes geskep word om dit vir die plaaslike gemeenskap moontlik te maak om aan die sake van die munisipaliteit deel te neem, met inbegrip van deelname aan die voorbereiding van die begroting. In die opstel en voorbereiding van die 2004/05­begroting moet gemeenskapsdeelname op 'n deursigtige wyse geskied. Waar drastiese stappe gedoen sal moet word en moeilike keuses gemaak moet word, moet dit aan die gemeenskap verduidelik word. Die openbare verhore wat deur die Ondersoekkomitee gehou is om na probleme en klagtes te luister, moet in die volgende paar maande voor die oorweging van die voorgestelde nuwe begroting, opgevolg word met openbare vergaderings op die verskillende dorpe om die herstelplan en ander positiewe stappe aan die gemeenskap te verduidelik en hul insette vir die 2004/05 begroting te kry vir oorweging.
Begrotingsbeheer
Begrotingsbeheer is 'n noodsaaklike meganisme om die finansies van die munisipaliteit te bestuur is reeds uitgewys in:
Nasionale Tesourie skrywe van 20/08/03; en vi die begrotingsbeheerbeleid van die Munisipaliteit.
Volgens die Zader voorlegging is daar nie behoorlike begrotingsbeheer uitgeoefen deur die munisipale bestuurder as rekenpligtige beampte nie en ook nie deur die munisipale tesourier nie. Die toepaslike gedeelte van die Zader voorlegging lees as volg: Die begrotingsbeheerbeleid van die Kannaland Munisipaliteit bepaal onder andere:­. Die munisipale bestuurder van die raad moet bevestig dat alle statutêre vereistes nagekom is waar kapitale uitgawes met eksterne lenings gefinansier word (Bylaag A seksie B 1.1.2). Geen bewys kon gevind word dat die vereistes nagekom is met die opneem van die ABSA lening nie.
Geen kapitaalwerke word aangegaan alvorens die tesourier aan die raad bevestig het dat die betrokke finansieringsbron reeds toegeken is en fondse beskikbaar gestel is waar die uitgawes uit ander bronne soos skenkings, toekennings en subsidies gefinansier gaan word Bylaag A seksie B1.1.3c. Geen bewys kon gevind word dat enige skriftelike verslag deur die tesourier, voor die raad ten opsigte van enige kapitaalwerke, gedien het nie.
Die tesourier magtig geen uitgawes alvorens hy/sy hom/haar vergewis het dat voldoende fondse beskikbaar is nie en magtig geen uitgawes waarvoor daar nie begroot is nie Bylaag A seksie
B2.2 a en b. Geen bewys kon gevind word dat die prosedure oor die algemeen gevolg word en spesifiek net die aanstelling van die waardeerders en firma wat vir die opleiding van die ouditeure aangestel is.
Die tesourier voorsien die raad en departementshoofde maandeliks van 'n uitgawe verslag wat:­
Elke begrotingspos aandui.
Die begrote bedrag weergee.
Die uitgawes tot op datum aandui.
Die balans beskikbaar weergee.
Geen bewyse kon gevind word dat daar aan die vereiste voldoen is nie.
Die tesourier lê ook maandeliks 'n inkomste verslag aan die raad voor en vestig die raad se aandag op inkomstes wat nie realiseer nie Bylaag A seksie B2.5 a en b. Geen bewyse van sodanige verslae kon gevind word nie.
Bevinding en aanbeveling
Die antwoorde wat hierop ontvang is was nie oortuigend nie en daar word bevind dat beide die Munisipale Bestuurder, sy Assistant en die Munisipale Tesourier nie hul statutêre verpligtinge ten opsigte van begrotingsbeheer nagekom het nie. Dit word aanbeveel dat dissiplinêre stappe teen hulle ingestel word vir hierdie aan ander nie-nakoming van statutêre pligte soos verder in die verslag aangeui.
Aanwending van Kapitaalfondse om Bedryfsuitgawes te finansier
Soos blyk uit die Zader voorlegging is dit 'n aanvaarbare rekenkundige praktyk dat kapitaalfondse in 'n aparte rekening gestort word vir die finansiering van die projekte waarvoor dit goedgekeur is. Waar die Sentrale en Provinsiale Regering fondse vir kapitaalwerke verskaf is dit gewoonlik 'n vereiste dat 'n afsonderlike rekening geopen word. Kannaland munisipaliteit stort kapitaalfondse in die bedryfsrekening en as gevolg van die begrotingstekort word die fondse gebruik om bedryfsuitgawes te finansier.
In die skriftelike antwoord van die Munisipaliteit word op bladsy 54 as volg geantwoord: "Kannaland het nog al die jare kapitaalfondse in sy bedryfsrekening geplaas en dit intern apart verreken." By 'n gesofistikeerde ontwikkelde munisipaliteit moet die nodige kennis en hoedanigheid kan dit straks werk; in Kannaland se geval het dit in die praktyk nie gebeur nie.
Die Nasionale Tesourier het 'n brief gedateer 20/08/03 aan die munisipaliteit die volgende beperke gestel vir uitgawes in die 2003/04 begrotingsjaar en duidelik onderskei tussen kapitaal en bedryf:
Kapitaalbegroting R 1 317 700, 00
Bedryfsbegroting R 21 499 015, 00
n Munisipaliteit wat nie afsondelike bedryfs-en kapitaalrekning hou nie, is vergelykbaar met 'n prokureur wat nie 'n afsonderlike besigheids-en trustrekening hou nie. Dit is so 'n elementêre en fundamentele vertrekpunt in gesonde finansiële administrasie dat dit ondenkbaar is dat dit nie gedoen is nie.
Bevinding
Dit word bevind dat die Munisipale Bestuurder, sy Assistent en die Munisipale Tesourier versuim het om hul pligte na te kom in verband met die hou van afsonderlike Bedryfs-en Kapitaal Rekeninge vir die munisipaliteit. Hierdie gebrekkige rekeningkundige stelsel het aanleiding gegee tot sommige van die munisipaliteit se finansiële probleme onder andere dat kapitaalfondse aangewend was vir bedryfsuitgawes.
Aanbeveling
As deel van die finansiële herstelplan moet die munisipaliteit se Kapitaal en Bedryfsrekeninge geskei word.
Finansiële State Die Zader Voorlegging wys daarop dat ingevolge Art. 10G2ai van die Oorgangswet moet die munisipale bestuurder toesien dat finansiële rekords bygehou word: . Finansiële state opgestel en geoudit word 10G2ci; . antwoord op vrae van die raad aangaande die state verskaf word 10G2eii; . stappe aangetoon word om afwykings reg te stel 10G2ciii. Geen aanduiding kan gevind word dat stappe voorgestel is om die opgehoopte tekort tot en met die 2003/2004 finansiële jaar uit te wis nie met die gevolg dat die bedryfskapitaalbehoeftes uit statutêre fondse, wat vir ander doeleindes bestem was, gefinansier is.
Bevinding en Aanbeveling
Dit word bevind dat die Munisipale Bestuurder, sy Assistent en die Munisipale Tesourier nie hul statutêre verpligting in verband met die munisipaliteit se finasiële state, nagekom het nie. Dit word aanbeveel dat die finansiële state opgestel en geoudit word as deel van die finansiële herstelplan.
Artikel 10G van die Oorgangswet bepaal dat 'n munisipaliteit sy finansiële sake op 'n verantwoordbare en deursigtige wyse moet bestuur terwyl 10G2(f)(ii) bepaal dat iemand, wat in die diens van 'n raad is of was die munisipaliteit 'n verlies of skade berokken, deur die uitbetaling van geld wat nie deur 'n behoorlike bewysstuk gestaaf word nie, sal die hoof uitvoerende beampte, of waar die hoof uitvoerende beampte self betrokke is, sal die raad die bedrag van die skade bepaal en die nodige dissiplinêre stappe neem en waar van toepassing die verlies verhaal.
Aanbeveling
Die moontlikheid van verdere stappe ingevolge Art. 10G (f) moet as deel van die finansiële herstelplan oorweeg word.
Opheffingsfondse
Die munisipale raad het tydens die begrotings vergadering 'n bedrag van ongeveer R6 000 per raadslid goedgekeur vir opheffingswerk. Volgens die Zader Vooorlegging kon geen voorskrifte vir die aanwending van die fondse kon opgespoor word nie. Dit blyk dat bedrae sonder bewysstukke aan raadslede en individue uitgemaak word (Bylaes J,K, L en M dien as voorbeelde). Geen bevredigende antwoorde kon deur die munisipaliteit verskaf word nie.
Aanbeveling
As deel van die herstelplan moet voorskrifte vir die aanwending van opheffingsfondse opgestel en toegepas word.
Burgermeestersfonds / Onderburgermeestersfonds
WEKPRO se Omsendbrief No. 48 van 2002 gedateer 14/08/02 is aan alle Munisipale Bestuurders en Burgermeesters in die Wes-Kaap gestuur. Die Omsendbrief dui onder andere aan: -dat so 'n fonds gestig kan word vir 'n geoorloofde doel; -dat die uitgawes verband moet hou met bevoegdhede en funksies van munisipaliteite soos gemeld in Art. 156 van die Grondwet; -dat dit nie vir persoonlike gewin aangewend moet word nie;
dat voorgestel word dat die uitgawes gebaseer word op 'n program van aktiwitiete; -dat dit vir spesifieke verdienstelike sake aangewend sou kon word;
dat die uitgawes volledig openbaar moet word, geoudit moet word en dat gereelde verslagdoening aan die raad gedoen moet word; en dat die besoldiging wat die burgermeester ingevolge die Wet op die Besoldiging van Openbare Ampsbekleërs ontvang, bedoel is om sy persoonlike (sowel as sy vrou ) se uitgawes te dek wat as gevolg van bekleding van die pos van burgermeester gekoppel word, byvoorbeeld klere, verlies aan normale inkomste, ens. Die Burgermeestersfonds kan nie aangewend word om die besoldiging aan te vul nie.
Die Openbare Beskermer het aan die Voorsitter van die Ondersoekkomitee 'n aantal dokumente oorhandig wat verband hou met uitgawes uit die Burgermeester/Onderburgermeester Fonds. Dit is genommer van 1 - 79 en is deel van die stukke. Dit was by die openbare verhore ter tafel geplaas en kommentaar is gevra van die betrokke rolspelers.
Dit blyk uit die getuienis dat aanvanklik R 35 000, 00 vir die Burgermeestersfonds begroot is vir 2003/04 maar dat dit algaande verhoog is na R 100 000, 00 teen November / Desember 2003. Was dit nie vir die ingryping deur Mnr. Louw van Zader Munisipale Dienste nie, sou die bedrag verder verhoog het vir die res van die boekjaar.
Aanbevelings Eerstens moet gemeld word dat 'n Onderburgermeestersfonds 'n nuwe verskynsel is waarna nie eens verwys word in die WEKPRO Omsendbrief oor die Burgermeestersfonds nie. Dit blyk voort te spruit uit die reëling tussen die ANC en die NNP waar die Burgermeester van die ANC is en die Onderburgermeester van die NNP. Waar dit die geval is sal na mening 'n beter reëling wees om slegs een fonds, die Burgermeestersfonds, te hê met twee bepaalde bedrae geoormerk vir die Burgermeester en vir die Onderburgermeester, gebaseer op goedgekeurde programme waarvoor hulle onderskeidelik verantwoordelik is.
Tweedens kan die omvang van die fondse wat bewillig is bevraagteken word, asook die stelsematige verhoging daarvan gedurende die munisipale boekjaar. 'n Realistiese perk moet in die begroting op die bedrae geplaas word veral waar dit 'n munisipaliteit soos Kannaland is wat spartel om noodsaaklike dienste aan die gemeenskap te verskaf.
Derdens is die doelwitte waarvoor die fondse aangewend is in vele gevalle ongeoorloof en was daar ook nie bevredigende antwoorde verskaf nie of was bewysstukke nie beskikbaar nie.
Enkele voorbeelde van ongeoorloofde uitgawes is:
Burgermeesterfonds
Instrumente R 8 483, 89
Betaal J Donson se Munisipale Rekening R 2 547, 92
Onder Burgermeestersfonds
Bogemelde is nie die volledige lys nie en dien slegs as voorbeelde van oënskynlik onreëlmatige uitgawes wat verdere ondersoek en optrede regverdig.
Rolspelers betrokke:
Munisipale Tesourier: H. Nel
Mnr. H. Nel, die Munisipale Tesourier het onder eed getuig en het ook bevestig onder kruisverhoor: -dat hy van mening was dat die doel waarvoor die
Burgermeestersfonds en Onderburgersmeestersfonds aangewend kan word in die totale diskressie van die Burgermeester/Onderburgermeester gesetel was, waar dan goedkeuring versoek is het hy nie die doel waarvoor dit aangewend is bevraagteken nie, hy het bloot gekyk of daar nog geld in die fonds beskikbaar was en dit goedgekeur;
dat na sy wete die fonds nie aan oudit onderworpe is nie. Dit word bevind dat die getuienis van die Munisipale Tesourier dui op onkunde en growwe nalatigheid. Om bloot 'n rubberstempel te wees en enigiets goed te keur wat 'n politieke ampsbekleër voorlê vir betaling, is nie wat statutêr van 'n senior amptenaar soos die Munisipale Tesourier verwag word nie en dit word bevind dat Mnr. H. Nel nie sy statutêre pligte in die verband nagekom het nie.
Aanbeveling
Munisipale Bestuurder: F. J. Human Die getuienis van Mnr. F. J. Human was dat hy die WEKPRO Omsendbrief aan die Stadsraad wou voorlê, maar dat hy deur die Burgermeester opdrag gegee is om dit te onttrek. Hy het die Burgermeester se opdrag nagekom en die Omsendbrief onttrek vir voorlegging aan die Munisipale Raad.
Dit dui daarop dat die Munisipale Bestuurder as rekenpligtige beampte bewus was van die inhoud van die Omsendskrywe en oogluikend toegelaat het dat die wanpraktyke voortduur. Die aangewese optrede van die Munisipale Bestuurder was om ingevolge die bepalings van Art. 10G (k) van die Oorgangswet sy beswaar teen so onwettige opdrag aan te teken, die uitgawes te stop en waar dit reeds gemaak is dit van die betrokke raadslid te verhaal.
Dit is nie gedoen nie en dit word bevind dat die Munisipale Bestuurder nie sy statutêre verpligtinge in die verband nagekom het nie.
Art. 55 van die Stelselswet bepaal:
As rekenpligtige beampte van die munisipaliteit, is die munisipale bestuurder verantwoordelik en verantwoordbaar vir -
alle inkomstes en uitgawes van die munisipaliteit;
alle bates en die nakoming van alle verpligtinge van die munisipaliteit; en behoorlike en noulettende nakoming van toepaslike munisipale finansiële bestuur wetgewing."
Die rekenpligtige beampte van die Kannaland Munisipaliteit het benewens die Burgermeestersfonds, baie ander uitstaande sake waarvoor hy verantwoordelik en verantwoordbaar is en wat nie bevredigend beantwoord is in sy getuienis voor die Ondersoekkomitee nie, soos blyk uit die res van hierdie verslag.
Aanbeveling
Die dokumente oor die aanwending van fondse uit die
Burgermeesterfonds/Onderburgermeesterfonds moet ook deur die Munisipale Bestuurder na die Ouditeur-Generaal verwys word vir oudit en verslag en na die SAPD vir moontlike strafregtelike vervolging.. Dissiplinêre stappe teen Mnr. F. Human word aanbeveel vir nie-nakoming van statutêre pligte.
Burgermeester J. Donson Dit is duidelik uit die stukke, uit die getuienis wat gelewer is en die skriftelike antwoord wat ontvang is dat Burgermeester Donson die Burgermeestersfonds as sy eie privaat fonds beskou het waarmee hy kon doen net wat hy wou. In getuienis onder eed voor die Ondersoekkomitee was sy standpunt ook dat hy 'n absolute diskressie gehad het oor die doel waarvoor die fonds aangewend kon word. Onder kruisverhoor van Adv. Lotz wou die Burgermeester uitdagend weet watter wette hom verbied om die fonds aan te wend soos wat hy dit na eie diskressie gedoen het? Die antwoord op al die vrae is te vind in die WEKPRO Omsendbrief No. 48 van 2002. Die inhoud van hierdie Omsendbrief was volgens die Burgermeester "slegs nog 'n opinie" waarmee hy nie noodwendig saamgestem het nie. Dit is duidelik dat die inhoud van die Omsendbrief nie te versoen was met die roekelose optrede van Mnr. Jef Donson nie en dat dit die rede was waarom hy 'n onwettige opdrag aan die Munisipale Bestuurder gegee het om die item te onttrek vir voorlegging aan en oorweging deur die Raadsvergadering.
Indien hierdie Ondersoekkomitee die bevoegdhede gehad het sou ons nie gehuiwer het om aan te beveel dat Raadslid Donson uit sy amp onthef word nie.
Aanbeveling
Verdere optrede teen Raadslid J. Donson ingevolge Item 14 van die Gedragskode vir Raadslede word aanbeveel.
Onder Burgermeester C. Baartman In 'n mindere mate as die Burgermeerster, blyk dit dat die Onder Burgermeester, Mnr. Callie Baartman, ook die Fonds aangewend het teenstrydig met die voorskrifte vervat in die wetgewing waarna verwys word in die WEKPRO Omsendbrief.
Aangesien hierdie Ondersoekkomitee aangestel is ingevolge Art. 106 van die Stelselswet en nie ingevolge Bylae 1 (Gedragskode vir Raadslede), Item 14 nie, kan hierdie Ondersoekkomitee hoogstens aanbeveel dat die aspekte, sover dit die Burgermeester en Onderburgermeester as Raadslede raak, eers deur die Minister van Plaaslike Bestuur na 'n persoon of komitee verwys word soos bedoel in Item 14 van Bylae 1 van die Stelselswet.
Aanbeveling
Verdere optrede teen Raadslid Baartman ingevolge Item 14 van die Gedragskode vir Raadslede word aanbeveel.
Klantesorg, Kredietbeheer en Skuldinvorderingsbeleid Die Kannaland Munisipaliteit het reeds geruime tyd gelede 'n Kredietbeheerbeleid aanvaar, maar dit is eers later, nadat hierdie ondersoek reeds aangekondig was, op 20 Februarie 2004 in Provinsiale Koerant 6109 gepubliseer. Die Beleid is dus nie so op datum as wat die datum van publikasie aandui nie en behoort hersien en na 'n proses van gemeenskapsdeelname, aangepas te word.
Hoofstuk 9 van die Stelselswet behandel uitvoerig Kredietbeheer en Skuldinvorderings van munisipaliteite. Art. 95 in Hoofstuk 9 bevat voorskrifte oor Klantesorg en -bestuur. Dit is 'n belangrike aspek wat ontbreek in die huidige beleid en wat bygewerk moet word. Samewerking met die gemeenskap en 'n stelsel van klantesorg en -bestuur is 'n voorvereiste vir suksesvolle kredietbeheer en skuldinvordering wat tot dusver nie met enige mate van sukses in Kannaland toegepas is nie. Op bladsy 70 van die munisipaliteit se geskrewe antwoorde word gesê:
Die tendens van nie betaling het ook verder veroorsaak dat die raad se kontantvloei van dag een af onder geweldige druk was en kon ons dus nooit ordentlik beplan nie, want nooit kon met sekerheid aanvaar word hoeveel kontant op 'n maand tot maand basis ontvang gaan word nie (sien aangehegte lys van debiteursbetalingpresentasies).
Hierdie probleem het nou so in omvang toegeneem dat uitstaande debiteure meer as R 14 m beloop, waarvan ZOAR meer as 50% beloop."
Daar is lesse geleer uit optrede in die verlede wat bygevoeg kan word tot die huidige beleid. Dit blyk bv. nie dat die Uitvoerende Burgermeester as "toesighoudende gesag" ingevolge Art. 99 van die Stelselswet en die Munisipale Bestuurder ingevolge Art. 100 as "implementeringsgesag" hul onderskeie bevoegdhede en verpligtinge na behore uitgevoer het nie.
n Proses van gemeenskapsdeelname in die hersiening, verbetering en aanpassing van die beleid kan lei tot groter aanvaarding en "inkoop" deur die gemeenskap.
Aanbeveling n Hersiening van die huidige Kredietbeheer en Skuldinvorderingsbeleid moet gedoen word. Voeg ook by Klantesorg- en bestuur, soos beoog in Art. 95 van die Stelselswet en aanvaar Verordenings soos beoog in Art. 98 van die Stelselswet; en
Art. 5 van die Stelselswet bevat ook 'n lys verpligtinge van die gemeenskap. Om 'n gebalanseerde beleid daar te stel, moet dit ook in die beleid aangestip word.
Ouditkomitee en Interne Ouditeur
Ouditkomitee
Art. 10G (c) van die Oorgangswet bepaal as volg in verband met 'n ouditkomitee:
c Elke munisipaliteit moet 'n stelsel van interne beheer instel en onderhou en sover moontlik interne oudit, met inbegrip van ouditkomitees, as 'n onafhanklike evalueringsfunksie instel."
Ingevolge Regulasie 14 van die Regulasies oor Munisipale Beplanning en Prestasiebestuur moet daar ook 'n Prestasiebestuur Ouditkomitee aangewys word. Die reeds bestaande Ouditkomitee kan ook vir die doel aangewend word.
Uit die getuienis het dit geblyk dat alhoewel die munisipale raad reeds op 23/01/03 besluit het op die daarstelling van 'n Ouditkomitee, het die eerste vergadering daarvan eers op 05/03/04 plaasgevind en funksioneer die Ouditkomitee nog nie na behore nie. 'n Ouditkomitee Handves bestaan maar die samestelling van die Ouditkomitee is nog gebrekkig.
Aanbeveling
Dit word aanbeveel dat wat betref die Ouditkomitee: . stappe gedoen word om toe te sien dat dit so gou moontlik na wense funksioneer;
die samestelling daarvan uitgebrei word deur lede van die gemeenskap, die sakekamer en die belastingbetalersverenigings daarop aan te stel.
Interne Ouditeur Die Interne Ouditeur kan 'n belangrike rol speel om gesonde finansiële administrasie by 'n munisipaliteit te bevorder. Paragraaf 9 van die Gestandardiseerde Finansiële Beleid vir Kannaland Munisipaliteit, aanvaar in Januarie 2001, bevat uitvoerige voorskrifte oor Interne Oudit.
Ingevolge Art. 45 van die Stelselswet moet die uitslae van prestasiemaatstawwe ingevolge Art. 41 (c) van die Stelselswet as deel van die munisipaliteit se interne ouditerings prosesse, geoudit word. Die Interne Ouditeur is 'n belangrike pos op die diensstaat en die persoon wat die pos bekleë moet die nodige vaardigheid en kundigheid hê om die pligte verbonde aan die pos te verrig. Die getuienis wat voor die Ondersoekkomitee gelei is dui daarop dat die huidige bekleër van die pos, Mnr. P. Nt'Selungu deur onbehoorlike beinvloeding van die Uitvoerende Burgermeester aangestel is en dat hy vanaf algemene arbeider op posvlak 14 na interne ouditeur op posvlak 3 aangestel is. In die herevaluering van aanstellings en die posvlakke waarop dit gedoen is, soos aanbeveel in paragraaf D.2.2, sal die aanstelling van die Interne Ouditeur spesifiek aangespreek moet word.
Laat 'n onkundige man jou bome snoei en nooi 'n siek man om by jou te kom vrugte eet".
Aanbeveling
Die nodige stappe sal in samewerking met WEKPRO gedoen moet word om toe te sien dat 'n geskikte persoon met die vereiste vaardighede en kundigheid die pos van Interne Ouditeur bekleë.
Verkrygingsbeleid Die munisipaliteit het nie voorkeurverkrygingsbeleid soos bedoel in Art. 217 van die Grondwet en Art. 2 van die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid, 200 (Wet 5 van 2000) nie.
Ingevolge so 'n voorkeurverkrygingsbeleid kan die munisipaliteit onder andere voorkeur verleen aan histories benadeelde persone en aan plaaslike firmas. Indien so 'n beleid in plek was sou die situasie nie ontstaan het, soos getuig deur Me. G. Snyman van die firma Snyman & Rex van Van Wyksdorp, dat haar firma nie as 'n plaaslike firma beskou is in die toeken van 'n tender nie. Verder het die firma ook geen voorkeur gekry omdat sy as vrou en haar vennoot Mnr. G. Rex kwalifiseer as persone wat kwalifiseer vir punte ingevolge die voorkeurstelsel nie (munisipale dokument bladsy 388, par.5).
Aanbeveling
Dit word aanbeveel dat 'n Voorkeurverkrygingsbeleid soos bedoel in Art. 2 van die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid, 2000 Wet 5
van 2000 vir die Munisipaliteit Kannaland opgestel, goedgekeur en toegepas word.
Tariewe en Tariefbeleid Die Ondersoekkomitee het die munisipaliteit versoek om 'n afdruk van sy tariefbeleid soos bedoel in Art. 74 van die Stelselswet voor te lê. Die dokument oor Tariewe, bladsye 1 - 7 van die munisipaliteit se antwoord, was nie 'n Tariefbeleid nie, maar bloot die goedgekeurde bestaande tariewe.
Die aanhef tot die munisipaliteit se dokument lees:
Enige tarief of geval wat nie direk in die lys aangespreek word nie, word per delegasie aan die Burgermeester, Munisipale Bestuurder of sy gevolgmagtigde en die Bestuurder Finansies gegee om oor te besluit".
Die vasstelling van tariewe kan ingevolge Art. 160 van die Grondwet nie gedelegeer word nie en moet deur die munisipale raad bepaal word. Die voorskrif in die tariefdokument soos hierbo aangehaal is ongrondwetlik en nie regsgeldig nie. Sien ook in die verband die munisipaliteit se eie Delegasies waarin die bepaling van tariewe vir die Raad voorbehou is (munisipale dokument bl. 444).
Aanbeveling
Dit word aanbeveel dat as deel van die finansiële herstelplan 'n Tariefbeleid soos bedoel in Art. 74 van die Stelselswet enTarief Verordenings ingevolge Art. 75 van die Stelselswet opgestel en aangeneem word.
Formele Optrede deur Minister van Plaaslike Regering Die Oorgangswet gee in Art. 10G (m) aan die Provinsiale Minister van Plaaslike Regering bevoegdhede om op te tree as hy van oordeel is dat die finansies van 'n munisipaliteit ongesond is of moontlik ongesond kan raak.
Art. 10G (m) bepaal as volg:
m i Die LUR kan na oorleg met die LUR verantwoordelik vir Finansies, wanneer hy of sy ook al van oordeel is dat die finansies van 'n munisipaliteit ongesond is of moontlik ongesond kan raak, die betrokke raad opdrag gee om die stappe te doen wat hy of sy skriftelik uiteensit.
ii By die toepassing van subparagraaf i beteken die uitdrukking "ongesond" ook 'n versuim om inkomste te eis of in te vorder of om uitgawes te beheer of om 'n bedryfsbegroting op te stel en goed te keur of aan subartikels 1, 2, 3, 4, 6 en 7 te voldoen.
iii In die geval waar 'n raad versuim om 'n opdrag in subparagraaf 1 bedoel, uit te voer en te implementer, kan die LUR die stappe doen of laat doen wat hy of sy nodig ag ten einde die finansies van 'n raad op 'n gesonde grondslag te plaas."
Op grond van die getuienis gelewer voor die Ondersoekkomitee is daar genoegsame rede om selfs meer drasties op te tree en ingevolge Art. 139 van die Grondwet in te gryp by die Kannaland Munisipaliteit.
Daar is begrip vir die feit dat die benadering van die Minister tot dusver was om op die samewerking van die munisipaliteit staat te maak eerder as om formeel in te gryp ingevolge wetgewing.
Aanbeveling
Dit word by die Minister van Plaaslike Regering aanbeveel dat hy wel sy statutêre magte en bevoegdhede ingevolge Art. 10G (m) uitoefen en formeel skriftelike opdragte aan die Kannaland Munisipaliteit gee om 'n finansiële herstelplan toe te pas. Sodanige herstelplan moet al die relevante elemente bevat waarna in die aanbevelings van hierdie verslag verwys word.
Eerstens is die omvang van die ongesonde finansiële toestand van die munisipaliteit sodanig dat dit 'n formele skriftelike opdrag van die Minister regverdig. Die toestand is ernstig genoeg om ingryping ingevolge Art. 139 van die Grondwet te regverdig.
Tweedens sal dit die hand sterk van instansies soos die Eden Distrikmunisipaliteit en Zader Munisipale Dienste wat met hulp en advies die Kannaland Munisipaliteit moet bystaan. Waar tans op samewerking staatgemaak moet word, sal 'n skriftelike opdrag statutêre stukrag aan sulke optrede gee.
Derdens sal dit inpas by die oorgangsbepaling in Art. 178 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet 56 van 2003). Met die herroeping van Art. 10G en die inwerkingtreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, sal formele optrede ingevolge die herroepe bepaling geag word ingevolge die nuwe Wet gedoen te gewees het.
Personeelaangeleenthede
Munisipale Bestuurder se bevoegdhede binne goedgekeurde beleid
In terme van Artikel 66 van die Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels
Wet 2000 (Wet 32 van 2002) moet die munisipale bestuurder, binne 'n beleidsraamwerk wat deur die munisipale raad bepaal word­
a 'n diensstaat vir die munisipaliteit goedkeur;
b 'n posbeskrywing vir elke pos op die diensstaat voorsien;
c die besoldiging en ander diensvoorwaardes vir dié poste bepaal soos ooreenkomstig enige toepaslike arbeidswetgewing bepaal mag word; en d 'n proses of meganisme instel om gereeld die diensstaat te evalueer en, indien nodig, die diensstaat en die besoldiging en diensvoorwaardes te hersien.
Die bevoegdheid en funksie met betrekking tot die instandhouding van 'n administrasie is ook aan die munisipale bestuurder gedelegeer. Bylaag F Artikel 6 en 7 van die delegasie maak voorsiening vir:­
Die totsstandkoming van 'n administrasie soos in Artikel 55(i)(a) van die Stelselswet voorsien, maar onderhewig daaraan dat sodanige administrasie sal voldoen aan die bepalings van Artikel 51 van die Stelselswet, . aan die goedgekeurde geïntegreerde ontwikkelingsplan, en . aan die goedgekeurde begroting van die munisipaliteit. Onderhewig aan die voorsiening in die begroting en die bepalings van die Bedingingsraad vir Plaaslike Regering die bepaling van salarisskale met betrekking tot die poste op die permanente diensstaat, die skep van nuwe poste, die afskaffing van bestaande poste, en die bepaling van diensvoorwaardes van alle personeel".
Aanbeveling
Die aanvaarding van die voorgestelde beleide, soos aanbeveel, is 'n noodsaaklike voorvereiste sodat die Munisipale Bestuurder sy artikels 55 en 66-bevoegdhede binne die raamwerk van die beleide kan uitvoer.
Diensstaataanpassing
Tydens die struktuurondersoek deur Zader Munisipale Dienste is bevind dat:­. 'n Diensstaat wel bestaan maar dat daar ­. geen posvlakke aan die diensstaat toegedeel is nie; . die diensstaat nie volgens funksies ingedeel is nie; . aanstellings nie volgens die diensstaat gedoen word nie; . die posbeskrywings onvolledig is, en . geen kern prestasie areas aangedui word nie.. Posvlakplasings buite verhouding tot die mark plaasvind.
Byvoorbeeld -interne ouditeur posvlak 3 - debiteure klerk posvlak
Ad-hoc opgradering van posvlakke vind plaas sonder dat die inhoud van die pos verander of redes vir die verandering verskaf is. (Sien bylaag G).
Amptenare word bevorder sonder dat hulle oor die nodige ondervinding en kwalifikasies beskik. Byvoorbeeld - interne ouditeur vanaf posvlak 14 na posvlak 3.
Aanstelling, bevordering en opgradering word deur die arbeidsforum gedoen en aan die uitvoerende burgemeesterskomitee vir kennisname voorgelê sonder inagneming van die finansiële implikasies. (Sien bylaes G, H en I).
Die stadstesourier is nie deel van die arbeidsforum nie.. Geen bewyse van kwalifikasies kan voorgelê word nie.. Voorlopige evaluering dui aan dat 78 poste afwaarts aangepas sal moet word.
Die Munisipaliteit het as volg skriftelik hierop geantwoord (bl. 55-56) ten opsigte van personeelaangeleenthede:
n Diensstaat vir die Munisipaliteit bestaan wel en bevat die volgende:
daar is posvlakke aan die diensstaat toegedeel;
ii die diensstaat is volgens funksies ingedeel en elke personeellid funksioneer binne sy betrokke departement se lynfunksie. Vanweë die feit dat 4 klein dorpe geamalgameer het in een groot owerheid, is dit egter so dat funksies binne departemente toegedeel op grond van die feit dat die spesifieke hoof in staat is om die funksie te hanteer. Die rede waarom hierdie roete gevolg is, is 'n finansiële rede want om al vier departementshoofde op kontrak te plaas of met mense van buite sou hopeloos te duur wees. Juis daarom rapporteer slegs die Adjunk Munisipale Bestuurder aan die Munisipale Bestuurder;
iii in sekere gevalle was dit uit 'n strategiese oogpunt 'n noodsaaklikheid dat aanstellings buite die diensstaat plaasvind. Die rede waarom die Raad hierdie aanstellings wou hê is omrede die kapitale bates van die owerheid agteruit gaan het en kontrakteurs te duur was om voortdurend aan te wend. Tweedens het die uitstaande skulde gestyg tot R 14, 5 miljoen en moes iets daadwerklik gedoen word om die skulde te vorder aangesien die bestaande wyse nie effektief was nie. Die sienswyse wat gehuldig was, was dat die Raad se geld buite lê en dit gevorder moet word ten einde hierdie addisionele uitgawes te dek. Derdens sou dit onvanpas wees om dienstegelde en belastings nog verder op te sit terwyl so baie mense daarbuite nie hul rekeninge betaal nie. 'n Verdere feit wat bevestig het, dat hierdie strategiese besluite korrek was, was die feit dat ABSA-bank Mnr Johan Theron die finansiële state van ons owerheid ontleed het en bevestig het dat daar drie belangrike dinge is wat gedoen moet word:
die kapitale inverstering van die owerheid ten opsigte van infrastruktuur moet beskerm word deur meer herstel en onderhoud toe te pas;
dat ons die uitstaande skulde moet vorder; en . dat die owerheid verkieslik nie verder nuwe lenings moet opneem nie. Die owerheid het basies in 'n posisie gesit, stel mense aan om die geld daarbuite op te tel of gaan onder. Uit hierdie oogpunt is dit verstaanbaar waarom hierdie aanstellings gedoen is - dit was juis daarop gemik om die owerheid se inkomstes te kan vergroot.
die posbeskrywing word volledig aangedui op die diensstaat;
dit is so dat kern prestasie areas aangedui is nie, maar dit kan gemeld word dat hierdie owerheid eers in Augustus 2003 sy prestasieverslae terugontvang het van hul konsultant. Die proses om prestasieareas te identifiseer het in aanvang geneem, maar moes stop vanweë die geweldige druk van buite op die owerheid;
vi posvlakplasings het plaasgevind ten einde pariteit teweegtebring en erkenning te gee aan die groter verantwoordelikheid;
vii die opgradering van posvlakke het geskied ten einde pariteit teweegtebring en erkenning te gee aan die groter verantwoordelikheid;
viii amptenare is bevorder met inagneming van die breë beginsel van die Wet op Gelyke Indiensneming en die toepaslike Arbeidswetgewing - dit is dat 'n persoon instaat moet wees om die werk te kan doen. Die Interne Ouditeur waarna verwys word het matriek, is hoogs intelligent en het 18 maande in die afdeling gewerk op posvlak 14 alvorens hierdie wysiging ingetree het;
ix die aanstelling, bevordering en opgradering van personeel gaan vanaf die Arbeidsforum na die Burgermeesteskomitee vir kennisname/oorweging;
die Stadstersourier kry kennis van al die Arbeidsforum se vergaderings en woon Aldus ook die vergaderings by;
xi die kwalifikasies van al die amptenare is aangevra en word tans bevorder; en xii alhoewel voorlopige evaluering daarop dui dat 78 poste afwaarts aangepas sal moet word, word die volgende buite rekening gelaat:
die owerheid lewer tans funksies wat deur die Provinsiale vlak gelewer moet word, bv. biblioteekdienste. Indien hierdie kostes in berekening gebring word sal die totale salarisuitgawe maar 37,81% van die begroting beloop;
die owerheid vorder nog nie sy volle potensiële inkomste vanuit 'n oppervlakte van 13 500 vierkante kilometer nie. Indien die absolute minimum van slegs R1 miljoen aan eiendomsbelasting uit die landelike gebied in berekening gebring sou word, vir die nuwe boekjaar, sal die salarisuitgawe maar slegs 36, 42% van die totale begroting beloop;
dit dien gemeld te word dat die voormalige Ladismith Munisipaliteit se personeelkostes in 1998, 45% beloop het".
Bevinding en aanbevelings Uit die getuienis en voorleggings is dit te bevraagteken of alles so korrek en in orde is as wat in die munisipaliteit se antwoord voorgehou word.
Dit word bevind en aanbeveel dat 'n wye reeks dienstaat en personeel-verwante aangeleenthede verdere aandag, ondersoek en optrede vereis, insluitend die volgende:
Beleidsraamwerk
Dit is noodsaaklik om 'n behoorlike beleidsraamwerk vir personeel aangeleenthede op te stel, soos bedoel in artikels 55 en 66 van die Stelselswet. Die een-bladsy dokument wat deur die munisipaliteit ingedien is, is slegs 'n "Indiensnemingsbeleid" met 9 punte en vra ook om verbetering en aanvulling.
Die oorweging en aanvaarding van 'n beleidsraamwerk deur die munisipale raad is die manier waarop politieke oppergesag deur die demokraties verkose verteenwoordigers uitgeoefen word om politieke rigting te gee aan die munisipale administrasie.
Indien so 'n beleidsraamwerk aanvaar is, kan die Munisipale Bestuurder na behore sy taak en funksies vervul ingevolge Art. 55 wat insluit die aanstelling van personeel en die handhawing van personeel dissipline. Ingevolge Art. 66 kan die Munisipale Bestuurder slegs sy bevoegdhede uitoefen vir die goedkeuring van diensstate, posbeskrywing en bepaling van die besoldig en ander diensvoorwaardes, indien dit geskied binne 'n goedgekeurde beleidsraamwerk.
Bekostigbare Diensstaat
Die huidige diensstaat van die Munisipaliteit is nie bekostigbaar nie en sal hersien moet word. Moeilike en indringende besluite sal geneem moet word om te verseker dat Kannaland 'n bekostigbare administrasie daarstel. Dit word ook bevind uit die getuienis dat dar 'n aantal amptenare verkeerdelik op te hoë diensvlakke aangestel is.
Beide die hersiening van die diensstaat en die hersiening van die foutiewe aanstellings op te hoë diensvlakke sal so gou doenlik moet plaasvind. Die optrede is nodig beide om 'n effektiewe administrasie te vestig en om die uitgaweperke binne bekostigbaarheidsvlakke te bring.
Gelyke Indiensneming Tesame met 'n aangepaste diensstaat sal die bestaande Gelyke Indiensnemingplan van Januarie 2001 (dokument bl. 238 - 259) wat in Desember 2002 hersien is, verder hersien en aangepas moet word met spesifieke verwysing na Art. 67 van die Stelselswet.
Arbeidsforum Die plaaslike Arbeidsforum het 'n beperkte en omskrewe taak en funksie soos ooreengekom in die Bedingingsraad.
Dit blyk uit die getuienis dat die Arbeidsforum ontaard in 'n "Plaaslike Bedingingsraad" en sake oorweeg en besluite neem waaroor dit geen seggenskap het nie. Die rol van die Arbeidsforum moet beperk word tot die taakomskrywing soos ooreengekom in die Bedingingsraad.
Oortreding van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997), soos gewysig
Artikel 34A van die Wet bepaal dat enige bedrag wat 'n werkgewer van 'n werknemer se besoldiging aftrek vir betaling aan 'n voordeelfonds, die bedrag aan die fonds oorbetaal moet word binne sewe dae nadat die aftrekkings gedoen is. Volgens die Zader voorlegging het oorbetalings van Aftreefonds-bydraes en Mediesehulpfonds bydraes in so 'n mate agter geraak dat lede van mediese fondse se voordele opgeskort is en die aftreefonds gedreig het met regstappe. (Bylaag N van Zader Voorlegging).
Die munisipaliteit se skriftelike antwoord (bl. 56) is dat al die pensioen-en mediesefondse se betalings van die werkgewer se bydrae, op datum gebring is en geeneen van die lede se voordele is tans opgeskort nie.
Aanbeveling
Deel van die finansiële herstelplan sal moet wees om te verseker dat statutêre betalings stiptelik geskied. Die nie-betaling daarvan is nie slegs 'n oortreding van die wet nie, dit kan lei tot groot verliese vir die lede van die mediese-en pensioen-of aftreefondse.
Afkoop van Verlof Die Zader Voorlegging dui aan dat verlof, waarvan daar geen rekord is nie, afgekoop word sonder inagneming van die finansiële implikasies.. Geen formele verlofrekordstelsel is in werking nie.. Die verlofrekordstelsel is tot sover as 2001 agterstallig.. Die nodige minimum verlof krediete word nie altyd oorgehou nie.
Uitbetalings geskied teen die salarisbegroting, sonder dat daarvoor begroot is, terwyl die verlofgratifikasiefonds; wat nie in kontant beskikbaar is nie, nie daarvoor aangewend word nie.
Die munisipaliteit antwoord t.o.v. die afkoop van verlof (bl. 56) dat die verlofstelsel met die oorskakeling van die rekenaarstelsel vanaf Samras DB3 na Samras DB4 agter geraak het.
Aanbeveling
Gepaste stappe sal gedoen moet word om te verseker dat die gebreke in die verlof rekordstelsel aangespreek en reggestel word.
Tydens die Ondersoekkomitee se aanhoor van getuienis was daar voorbeelde van werknemers wat lank reeds geskors was. Dit is nadelig vir die werkgewer wat besoldigingsuitgawes het t.o.v. personeel wat geskors is en nie werk nie. Dit plaas groter druk op die res van die personeel wat steeds die werk moet doen. Dit is ook 'n onbillike arbeidspraktyk indien 'n werknemer nie binne 'n redelike tyd van 'n klagstaat voorsien en dissiplinêr verhoor word nie.
Aanbeveling
Die nodige stappe behoort gedoen te word om met behulp van WEKPRO en ander konsultante alle hangende dissiplinêre sake so spoedig doenlik af te handel.
Dissiplinêre Stappe teen Bepaalde Werknemers
Benewens stappe teen die Munisipale Bestuurder, Mnr. Human, en die Munisipale Tesourier, Mnr. Nel, waarna reeds verwys is, word ook aanbeveel dat dissiplinêre stappe ingestel word in die volgende gevalle:
In Hoofstuk 16, paragraaf 2 bevind die Prest Komitee:
Met sy aanstelling, as destydse Stadklerk van Ladismith was Mnr. Timmie net 19-jaar oud en sonder enige munisipale ervaring. Die Prest Komitee se kommentaar sewe jaar gelede het gedui op 'n aanstelling van 'n persoon vir 'n pos waarvoor hy hoegenaamd nie toegerus was nie.
Die stukke voor die Ondersoekkomitee dui daarop dat Mnr. Timmie skuldig bevind was aan aanranding, dat hy gemeenskapdiens verrig het en dat die Raad dit geag het "buite werksverband" te wees.
Die Bestuurder van PARMALAT op Ladismith, Mnr. Jan Viljoen, het getuig dat hy op 22 Oktober 2003 met Mnr. Timmie as Assistent Munisipale Bestuurder telefonies gepraat het oor ernstige probleme oor 'n lang tydperk met water en elektrisiteitsdienste aan die fabriek, die grootste werksverskaffer in Ladismith. Die gesprek is afgesluit met Mnr. Timmie wat kru vloekwoorde aan Mnr. Viljoen toegesnou het. Klagtes by die Munisipale Bestuurder het ten tyde van die verhoor deur die Ondersoekkomitee, nog nie tot optrede aanleiding gegee nie.
Die geld-uitleenstelsel van Mnr. en Mev. Timmie teen hoë rentekoerse aan munisipale amptenare wat in 'n sirkelgang van skuld gedompel word waaruit hulle moeilik weer kan ontsnap, word ernstig bevraagteken. Die munisipaliteit het wel eers aan Mnr. Timmie en toe aan sy vrou toestemming verleen om die stelsel binne die munisipaliteit te bedryf. Die wenslikheid daarvan word ook bevraagteken.
Direkte aftrekking van die salarisse en lone behoort tot statutêre en vewante sake soos huisverbande ens. wat tot voordeel van die werknemers is, beperk te word. Dit word in die munisipaliteit se antwoord vermeld dat die saak heroorweeg sal word. Dit word aanbeveel dat die toestemming t.o.v. Mev. Timmie ingetrek word.
Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling (Local Economic Development of LED) is 'n hoë prioriteit van die regering om werk te skep. Waar werk verskaf word moet dit nie net behou word nie, maar uitgebou word om verder welvaart te skep. Vir 'n munisipaliteit is 'n fabriek soos PARMALAT op Ladismith die kern van plaaslike ekonomiese ontwikkeling. Dienste aan PARMALAT behoort 'n hoogste prioriteit te wees en PARMALAT moet as 'n belangrike kliënt en vennoot beskou word. Die onverskoonbare optrede van Mnr. Timmie dui op wangedrag en onvermoë.
As Asssitent Munisipale Bestuurder doen die Munisipale Tesourier direk verslag aan Mnr. Timmie - sien Deel B3, Institusionele Struktuur. As skakel tussen die Tesourie en die Munisipale Bestuurder kan Mnr. Timmie hom nie losmaak van sy verantwoordelikheid en aanspreeklikheid nie.
Net soos die Prest - Komitee sewe jaar gelede, is hierdie Ondersoekkomitee ook van mening dat Mnr. Timmie nie die nodige vaardighede en kundigheid het vir die pos wat hy bekleë nie en dat daar nie voldoen word aan die vereistes van Art. 56(b) van die Stelselswet nie.
Die indruk wat die Ondersoekkomitee van Mnr. Timmie gekry het, is die van 'n munisipale werknemer wat in 'n senior pos is waarvoor hy nie toegerus is nie.
Aanbeveling
P. J. Roodtman - Hoof: G.O.P Dit het uit die getuienis voor die Ondersoekkomitee geblyk dat Mnr. Roodtman die bestaan van kriminele oortreding verswyg het met sy aanstelling as Hoof: G.O.P (munsipale antwoord bl. 207, par. 6.3 en bl. 225).
Dit het verder geblyk dat hy 'n wanvoorstelling gemaak het oor sy akademiese kwalifikasies (munisipale antwoord bl. 212).
Aanbeveling
By die verhoor was aangedui dat Mnr. P. Roodtman dissiplinêr vervolg sou word. Indien dit nie reeds gedoen is nie, moet daarmee voortgegaan word.
Mnr. W. K. Hartzenberg - Hoof: Tegniese Dienste Tydens die verhoor op Calitzdorp het Mnr. Willie Pretorius getuig hoe 'n voorafbetaal-elektrisiteitsmeter by Mnr. Hartzenberg bekom is teen betaling. Die meter was defektief en toe Mnr. Pretorius die meter by die Munisipaliteit wou inruil of omruil, was daar geen bewys van die inbetaling van die geld nie.
Aanbeveling
By die verhoor het Mnr. Pretorius aangedui dat hy bereid sou wees om te getuig in 'n dissiplinêre verhoor.
Na verneem word is Mnr. Hartzenberg aangekla en skuldig bevind.
Indien dit nie verband hou met hierdie aangeleentheid nie, behoort hy hieroor van wangedrag aangekla te word.
Beskerming Aan Personeel Wat Getuig Het
Van die werknemers van die munisipaliteit het spesifiek gevra of hulle beskerming geniet indien hulle sou getuig - bv. Mnr. Christoffel Jonathan wat opsienbare getuienis gelewer het oor die optrede van die Burgermeester, Mnr. Donson.
Die Wet op Beskermende Bekendmakings, 2000 (Wet No. 26 van 2000) is daargestel vir werknemers se beskerming ten opsigte van "beskermde bekendmakings". Artikels 186 en 187 (h) van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 is in 2002 gewysig om spesifiek na Wet 26 van 2000 te verwys en beskerming aan werknemers te verleen.
Werknemers moet ingelig word dat hulle nie net beskerm word as wanpraktyke uitgewys word nie; dit is hul plig om dit te doen.
Aanbeveling
Die munisipaliteit as werkgewer moet kennis neem van die "whistle blower act", soos dit algemeen bekend staan, en NIE teen werknemers optree bloot omdat hulle getuig het nie.
Skorsing van Senior Amptenare Die getuienis wat gelei is het nie enige element van oneerlikheid in die optrede van amptenare na vore gebring nie, behalwe t.o.v. Mnr. Hartzenberg en Roodtman. Die nie-na-koming van statutêre pligte en die versuim om op te tree se erns kan egter afgelei word uit die ernstige finansiële en ander nadelige gevolge wat dit vir die munisipaliteit as hul werkgewer veroorsaak het.
Art. 135 van die nuwe Wet op Munisipale Finansiële Bestuur bepaal:
Die primêre verantwoordelikheid om munisipale finansiële probleme in 'n munisipaliteit te vermy, te identifiseer en op te los, berus by die munisipaliteit self" eie onderstreping.
Waar elk vir homself sorg, word vir almal gesorg".
Dit is egter te bevraagteken of diegene wat tans in Kannaland Munisipaliteit in senior poste is en versuim het om die finansiële probleme te vermy of na behore te identifiseer, in staat sal wees om die probleme wat geskep is op te los. Die growwe nalatige optrede tot nadeel van die werkgewer regverdig skorsing en dissiplinêre optrede.
Aanbeveling
H. Nel, die Bestuurder: Tegniese Dienste, Mnr. W. Harzenberg en die Hoof: G.O.P, Mnr P. Roodtman, geskors word met behoud van besoldiging, hangende die afhandeling van die voorgestelde dissiplinêre verhore.
Dat die Eden Distriksmunisipaliteit en konsultante soos Zader Munisipale Dienste voortgesette administratiewe steun verleen aan die Kannaland Munisipaliteit om die leemte te vul wat veroorsaak sal word deur die afwesigheid van die munisipale topbestuur.
Dat die dissiplinêre sake met die hulp van WEKPRO so spoedig doenlik afgehandel word.
Regsverteenwoordiging Vir Werknemers en Raadslede
In die skriftelike vertoë wat na afloop van die verhoor van die sakekamer ontvang is, is die Ondersoekkomitee se aandag gevestig op 'n Spesiale Raadsvergadering wat op Dinsdag 16 Maart 2004 om 16h00 gehou is, belê onder die handtekening van die Munisipale Bestuurder met die doel om "Regsverteenwoordiging Vir Werknemers en Raadslede" te oorweeg aan die hand met 'n aanbeveling wat as volg lees:
AANBEVEEL Dat hierdie owerheid regsverteenwoordiging voorsien aan sy werknemers of raadslede behoudens die bepalings van Art. 109A(a) en 109A(b) onder voorwaarde dat indien sodanige werknemer of raadslid skuldig bevind sou word, sodanige werknemer of raadslid die betrokke regskostes terugbetaal aan die owerheid."
Art. 109A is by die Stelselswet ingevoeg deur Art. 43 van Wet 51 van 2002. Na mening is die besluit van die raad gepas om te verseker dat regverdigheid en billikheid geskied indien daar optrede teen werknemers of raadslede is, voortspruitend uit die aanbeveling van hierdie verslag.
Waterdienste "Waterdienste" word in die Wet op Waterdienste, 1997(Wet 108 van 1997) omskryf as biede die voorsiening van water en riooldienste. In die Klein-Karoo waar Kannaland geleë is, bly water altyd 'n skaars en noodsaaklike hulpbron.
Water is 'n "basiese munisipale diens" soos omskryf in Art. 1 van die Stelselswet. Ingevolge Art. 27 (b) van die Grondwet het elkeen die reg op toegang tot water. Die munisipaliteit as 'n water dienste owerheid het 'n sleutelrol te speel in verskaffing van waterdienste in sy jurisdiksie gebied. Klagtes oor gehalte van waterdienste is uit 'n verskeidenheid oorde ontvang; die PARMALAT kaasfabriek op Ladismith, asook lede van die publiek van Ladismith, Van Wyksdorp, Zoar en Calitzdorp.
In 'n brief van die Streekdirekteur: Wes-Kaap van die Departement Waterwese en Bosbou gedateer 20/02/04 onder verwysing nommer 16/2/7/J110K/D1 (P van Coller) word berig oor 'n bevinding ten opsigte van 'n inspeksie gehou op 18/02/04. In kort is daar t.o.v. water as volg bevind:
Die rioolsuiweringswerke te Zoar was vir 'n geruime tyd buite werking en het die rou riool vanuit die noodopgaardam die Nelsrivier besoedel.
Hierdie Departement is nie deur Kannaland Munisipaliteit in kennis gestel van die probleme wat ondervind word nie en het die Eden Distriksmunisipaliteit dit onder die kantoor se aandag gebring op 17 Februarie 2004. Die vrystelling 1728B gedateer 10 April 1997 stipuleer in paragraaf 4.2 en 9 dat enige besoedelings insident by die Streekdirekteur gerapporteer moet word. (Sien Bylae 1). Met die versuiming maak Kannaland Munisipaliteit hulself skuldig aan 'n misdryf onder Artikel 19 en 20 van die Nasionale Waterwet, 1998 (Wet No. 36 van 1998).
Die Distriksmunisipaliteit is tans in die proses om die impak van die besoedeling te bepaal deur middel van monitering.
Die drie elektriese motors was almal buite werking waarvan die een motor deur die Eden
Distriksmunisipale Beamptes se bestuur aan die gang gekry is op 17 Februarie 2004. Die noodopgaardam met die rou riool kon toe weer terug gepomp word na die oksidasiedamstelsel, wat ook op sy beurt die besoedeling na die Nelsrivier gestaak het.
Die dam is die verantwoordelikheid van Departement Waterwese en Bosbou, maar die infrastraktuur met betrekking tot die paaie, pypleiding, suiwering en diensverskaffing is die verantwoordelikheid van die plaaslike owerheid.
Die Waterdienste Ontwikkelingsplan vir Kannaland Munisipaliteit is ook nie in plek nie en moet die nodige aandag ook aan sodanige plan gegee word. Deels van die plan moet gekyk word na waterbesparingsmaatreëls en sal dit raadsaam wees indien van die aspekte so spoedig moontlik aangespreek en geimplementeer word, siende dat die owerheid tans met 'n water krisis sit.
Die kanaal waaruit Ladismith hul drinkwater ontvang, was ongeveer 'n jaar of selfs langer (laas) skoongemaak. Tydens die inspeksie was die verliese op die betrokke kanaal visueel waarneembaar by 'n aantal plekke waar grootskaalse syfering plaasvind. Die indringer plante en bosse en het die kanaal plek, plek toegegroei wat ook die verliese op dié kanaal bevorder. (Sien Bylae 8 'n Skrywe rakende die swak gehalte van drinkwater).
Die oksidasiedamme se bekleding is beskadig as gevolg van riete en plante groei. Die gevolg is dat daar syfering deur die damwalle plaasvind en sal die bekleding herstel moet word.
Die een anaerobiese tenk by die stelsel het 'n terugsproeiklep op wat wanneer oopgedraai word versoorsaak dat die rou riool die besproeingsdam bereik. Hierdie praktyk van terugspoel moet ondersoek word en reggestel word. (Sien Bylae 2 vir die ontwerp verslag soos ingedien deur MBB).
RIOOLSUIWERINGSWERKE TE LADISMITH: Kannaland Munisipaliteit oortree al vir 'n geruime tyd hul vrystellings kondisies en met die inwerking treding van deelnemende bestuur tussen owerhede het hierdie kantoor tydens verskeie geleenthede die probleem aangespreek. Kannaland Munisipaliteit is aangespreek oor die ontleding syfers wat nagelaat word om ingestuur te word soos uiteengesit in paragraaf 6 van hulle vrystelling no. 1564B gedateer 28 Januarie 1993. (Sien Bylae 3). Hierdie kantoor het 15 September 2003 laas syfers ontvang vanaf die betrokke munisipaliteit (Sien Bylae 4).
Die volgende tabelle toon die presentasie met die inligting tot beskikking van die werke soos dit tans presteer.
VERANDERLIKE RESULTATE (mg/l) ALGEMENE STANDAAR D (mg/l)
Vaste stowwe in suspensie 40 25
Vrye ammoniak en gebonde ammoniumsoute (as N) 66.5 10
Chemiese Suurstofbehoefte 51 75
VERANDERLIKE RESULTATE (mg/l) ALGEMENE STANDAAR D (mg/l)
Vaste stowwe in suspensie 260 25
Vrye ammoniak en gebonde ammoniumsoute (as N) 74.8.5 10
Chemiese Suurstofbehoefte 496 75
Die swak prestasie van die rioolsuiweringswerke word toegeskryf aan die slyk in die damme en sal die ontslykking van sodanige damme gedoen moet word. Onderhandelings sal moet plaasvind met die onderskeie kaasfabrieke sodat hul neweprodukte liefs op alternatiewe metodes beskik word, as wat storting plaasvind by die werke".
Die situasie soos uiteengesit in bogemelde brief wek kommer, maar daar is met waardering kennis geneem van die tegniese, administratiewe en finansiële hulp wat die Eden Distriksmunisipaliteit reeds verskaf het. Mnr. Johan Kemp van die Eden Distriksmunisipaliteit het reeds veel vermag sedert hy na Kannaland Munisipaliteit gestuur is om hulp te verleen. Dit is nie moontlik om in 'n verslag soos hierdie die veelvoudige probleme ten opsigte van waterdienste aan te spreek nie.
Aanbevelings
Die aangewese metode om die water probleme omvattend aan te spreek is om toe te sien dat 'n waterdienste ontwikkelingsplan vir die Kannaland Munisipaliteit opgestel word, soos bedoel in Art. 13 -15 van die Wet op Waterdienste, 1997. Hoë prioriteit moet gegee word aan die opstel van so 'n waterdiensteplan wat deel word van die GOP. Fondse sal benodig word en hulp is versoek van die Departement Waterwese en Bosbou (munisipale dokumente bl. 338). 'n Oorhoofse omvattende waterdiensteplan is 'n absolute voorvereiste om die water probleem in geheel aan te spreek.
Korttermyn stappe sal gedoen moet word om waterverskaffing aan die gemeenskap van Zoar te verseker. Mnr. Johan Kemp van die Eden Distriksmunisipaliteit gee reeds daaraan aandag. Hulp in die verband sal deel moet wees van die drieledige ooreenkoms wat voorgestel word tussen Kannaland, die Eden Distriksmunisipaliteit en die Wes-Kaap Provinsiale Regering. Korttermyn stappe sal ook gedoen moet word om 'n aanvaarbare standaard water aan die PARMALAT kaasfabriek te voorsien wat ten alle koste as die grootste werkverskaffer in Ladismith behou en uitgebou moet word.
Elektrisiteitsverskaffing Vele klagtes oor kragonderbrekings is aan die Ondersoekkomitee voorgelê, ook deur die PARMALAT kaasfabriek. Die munisipaliteit het aangedui dat sowat R 18, 5 m bestee is in die opgradering van die kragnetwerk.
Die opbrengs van sowat R 1, 0 m wat verkry is met die verkoop van die natuurreservaat op die plaas NAUWKLOOF No. 94, is ook volgens die munisipaliteit aangewend vir die opgradering van die kragnetwerk. Die voorgestelde vervreemding van die natuurreservaat was ingevolge Art. 24 van die Kaapse Munisipaliteit Ordonansie 20 van 1974 gepubliseer en geen beswaar is ontvang nie. Geen verdere aanbevelings word in die verband gemaak nie.
Toerisme Buro's As inwoner van Gauteng was die Voorsitter van die Ondersoekkomitee opnuut beindruk met die toerisme potensiaal van Kannaland wat op roete 62 geleë is.
Eerstens dat Ladismith Toerisme Buro, in teenstelling met die Calitzdorp
Toerisme Buro sukkel om betaal te word vir uitgawes aangegaan. Die indruk is dat daar kompetisie in plaas van samewerking tussen die toerisme buros is.
Die vraag ontstaan of daar nie een Kannaland Toerisme Buro moet wees nie, met verskillende takke wat met mekaar saamwerk tot voordeel van die groter geheel.
Tweedens was die klag dat die persone wat lid is van die Toerisme Buros eers die fondse moet spandeer en dan eise instel vir betaling. Ironies is dit 'n finasiële beheermeganisme wat deur die munisipaliteit ingestel is wat lei tot hierdie klagte.
Aanbeveling
Die riglyne vir die oordra van fondse aan organisasies en liggame buite enige regeringsfeer, soos vervat in Art. 67 van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur No. 56 van 2003, behoort toegepas te word ten opsigte van oordrag van fondse aan die Toerisme Buros.
Vertoë gelewer deur gemeenskap, besighede, organisasies ens. en antwoorde verskaf deur Kannaland Munisipaliteit:
Biblioteek
Saak: Toelae as Bibliotekaresse van
Vanwyksdorp
Sedert almalgamasie in Desember 2000, beweer Me Bruce dat sy tot hede nog geen toelae vanaf Kannaland Munisipaliteit ontvang nie en het geeneen binne Kannaland Munisipaliteit belanggestel om met haar as bibliotekaris te onderhandel in sake haar maandelikse toelae na 3 jaar van vele skrywes nie. Die biblioteek word net soos Ladismith en Calitzdorp deur die Streekkantoor te Oudtshoorn bedien. Me Bruce beweer dat alle bibliotekarisse by die ander biblioteke binne Kannaland Munisipaliteit wel maandeliks vergoed word en vra hoekom sy nie ook 'n toelaag kan ontvang nie. Sy dien ondersteunende skrywes in van die Oasis Gemeenskapsprojek van Cathy Alchin gedateer 6 Februarie 2003 wat haar versoek steun en aanvoer dat dit 'n billike versoek is en stuur dit vir aandag: Mr Human, Mr Donson, Mr Theuns Botha - provinsiale biblioteek Outshoorn, Adjunk Minister Arts Culture Science & Technology, Die Minister Arts Culture Science & Technology, Mrs van Zyl -
provinsiale biblioteek, Mossel Baai.
Amptenaar Mnr. De Wet [skriftelik] Insake: Toelae as Bibliotekaresse van Vanwyksdorp
Mnr. de Wet lê 'n aanbeveling aan die Ondersoekkomitee voor wat nog voor die Uitvoerende Burgemeesterskomitee gelê moet word vir oorweging, waarin aanbeveel word dat die pos van Biblioteek Assistant geskep word, en dat die pos geadverteer word. Melding word gemaak van 'n Uitvoerende
Burgemeestersvergadering gehou is op 25 Februarie 2004 insake
Vanwyksdorp Biblioteek re- bibliotekaris/esse.
n Biblioteek Assistent is Posvlak 9, met 'n begin kerf van R3 24, 00 per maand.
Mnr. de Wet dien te meld dat Mev. Bruce al 'n aantal jare poog om betaling te ontvang.
Aanbeveling
Dit word deur Kannaland Munisipaliteit aanbeveel na oorlegpleging met WEKPRO: . Dat 'n betaling van R1 000.00 pj aan Mev. Bruce gemaak word ten opsigte van die jare 2001, 2002 en 2003 . Dat 'n pos van Biblioteek Assistant geskep word in die Vanwyksdorp
Biblioteek;
Dat die pos geadverteer word;
Dat 'n tydelike ooreenkoms met Mev. Bruce aangegaan word totdat die pos gevul is;
Dat die vergoeding van die Biblioteek Assistant: Vanwyksdorp, gebasseer word op 7 ure per dag op Posvlak 9.. Dat die Munisipale Bestuurder ingevolge die Stelselswet alle aanstellings maak.
Die Ondersoekkomitee bevind die vertoë en versoek van die Vanwyksdorp bibliotekaresse as billik en regverdig ten einde konsekwentheid te handhaaf ten opsigte van die besoldiging van alle biblioteekpersoneel ter sprake binne die Kannaland munisipale area en steun en gee erkenning aan die stappe deur die munispaliteit geneem sedert die vorige sitting van die Ondersoekkomitee.
Aanbeveling
Die Ondersoekkomitee beveel aan dat hierdie pos van bibliotekaris: Van Wyksdorp oorweeg word tesame met die diensstaataanpassings waarna verwys word in Deel D.2.2.
Saak: Vanwyksdorp Raadsaal meubels
Mnr. Brits beweer Vanwyksdorp en Calitzdorp se Raadsaal meubels opgesaag is en as dit nie die geval is nie, versoek hy om te weet waar die meubels is met stawende bewyse.
Amptenaar Mnr. de Wet [skriftelik]
Insake: Vanwyksdorp Raadsaal meubels
Mnr. J. De Wet toon met fotos aan dat die meubels in die Raadsaal in Vanwyksdorp staan.
Mnr. Brits getuig dat voor die amalgamasie, slegs 1 amptenaar die administratiewe sake op Vanwyksdorp behartig het; dat 'n deeltydse werknemer later aangestel is, maar na amalgamasie word die deeltydse dame afgedank en 'n ander amptenaar weer aangestel. Mnr. Britz teken beswaar hierteen aan siende die eintlike admin deur Kannaland Munisipaliteit op Ladismith gedoen word, die werkslading ligter is, maar 'n ekstra persoon aangestel word.
Hoof Tesourie Mnr. Nel [skriftelik] Saak: Addisionele administratiewe personeel
Mnr. Nel antwoord; dat weens groot uitstaande gelde, daar 'n behoefte ontstaan het om die kantoor vir 'n volle dag oop te hou en dat daar ook 'n behoefte aan 'n persoon was om invorderings-en betalings te behartig. Aangesien die vorige Stadsklerk slegs 'n ½ dag betrekking gehad het, sou dit te duur wees om hom vir 'n volle dag aan te stel. Om hierdie rede is daar besluit om 'n invorderingsklerk teen 'n laer posvlak en vergoeding aan te stel.
Mnr. Brits getuig dat op 'n stadium is 2 arbeiders as nutsmanne aangestel. Op navraag is die een aangestel as voorman oor die ander.
Saak: Een-op- een toesighouer
Mnr. Human antwoord; dat betreffende die twee buite persone albei aangestel is as algemene nutsmanne omrede hul 'n verskeidenheid van funksies sou hanteer. Geeneen van die twee persone is aangestel as 'n voorman wat toesig hou oor die ander persoon nie.
Saak: Vorderingsverslag oor R 200 000 vir:
a Straatligte en b Water opgradering
Mnr. Brits getuig dat Eden Distriksmunisipaliteit R30 000 bewillig het vir die opgradering van straatligte daar die netwerk deur Eskom versprei word. Die projek stop toe onmiddelik daar ±4 ligte toe nie geïnstalleer is nie. Mnr. Brits wil verder weet wat het van die R100 000 (opgradering van waternetwerk) geword, daar slegs twee filters aangekoop was - die Sept 2003 Nuusbrief meld 'n waterprojek van R200 000. Waar is die geld/projek?
Saak: Vorderingsverslag oor R 200 000
Elektrisiteitsprojek - R30 000, 00
Mnr. Human antwoord dat al wat die projek behels het was die installasie van straat beligting. Die nodige pale is geplant en drade is gespan waarna Eskom op hul eie aandrang die straatligte gekonnekteer het en die omskakeling daarvan gedoen het. Eskom was nie bereid om Kannaland se agtergeblewe mense te konnekteer op die netwerk nie en die Raad het daarna eie befondsing bewillig sodat ons agtergeblewe gemeenskap kon aanlsuit by die kragnetwerk. Die projek is suksesvol afgehandel in samewerking met Eskom.
Opgradering van waternetwerk - R100 000, 00
Mnr. Human voer aan dat bogemelde projek het die waterdigting van die reservoir, installasie van sandfilter, installasie van kleppe en pype behels. Die projek is suksesvol afgehandel.
Waterprojek - R200 000, 00
Mnr. Human: Bogemelde projek het nie in aanvang geneem nie as gevolg van die finansiële posisie van die Kannaland owerheid.
Saak: TV - herlei sender vir meer as twee jaar buite werking
Mnr. Brits getuig dat die dorp se TV herlei antenna die afgelope twee jaar stukkend is en kry die dorp slegs gedeeltelike opvangs. Mnr. F. Human die munisipale bestuurder het belowe om plobleme aan te spreek.
Saak: TV-herlei sender vir meer as twee jaar buitewerking
Mnr. Human antwoord dat die TV herleistasie op Vanwyksdorp se tegnologie wat daar installeer was, so verouderd is dat geen herstelwerk uitgevoer kan word nie. Die raad sal moet begroot vir die vervanging van die hele stasie.
Mnr. Brits getuig dat Minister Piet Meyer R120 000, 00 vir die ontwikkeling van sportgronde beloof het. Kannaland Munisipaliteit het tenders aangevra vir die oprig van rugby-en netbalveld, aanlê van gras, en die sink van 'n boorgat. Die tender is plaaslik toegeken, maar Kannaland Munisipaliteit besluit om ontwikkeling self te doen en tender word nie toegeken nie daar geen motivering vir besluit gegee word nie.
Sportgronde - R120 000, 00
Vanweë die armoedesituasie in Vanwyksdorp het die Raad besluit om die projek departementeel uit te voer op 'n werkskeppingsbasis.
Die betrokke departement wat die befondsing bewillig het, het die projek volledig ondersoek en mondelings aangedui dat hul tevrede is met die spandering van die befondsing. Behalwe waar 'n verkeerde pyp foutiewelik in die grond geplaas is. Verdere motivering is gerig vir die beskikbaarstelling van nog befondsing en 'n verdere toekenning van R 750 000 is geoormerk vir die voltooiing van die sportgronde.
Saak: Tydelike arbeiders R 80, 00 per dag teenoor R 30, per dag
Mnr. Brits getuig dat dag tariewe op die droëbaan projek R 30, 00 pp beloop daar Kannaland Munisipaliteit egter R 80, 00 per persoon per dag betaal (waar is die balans?). Verder beweer Mnr. Brits dat Kannaland Munisipaliteit na tien skrywes eers dan reageer op een.
R 30, 00 per dag
Mnr. Timmie antwoord dat die Raad 'n beleid aanvaar het om tydelike werkers teen R 80, 00 per dag te vergoed wat in oorleg met die riglyne van die Bedingingsraad is.
Saak: Droëvrugteprojek verslag: aanwending van fondse
Mnr. C. Labuschagne gee 'n uiteensetting van die projek befondsing deur die Provinsiale Departement Ekonomiese sake en Welsyn wat in totaal R 445 000 beloop. Tans toon die projek tekort van R 325 000 (waarvoor Kannaland Munisipaliteit voor begroot het). Mnr. Labuschagne getuig dat die voortbestaan van die projek afhang van tekort wat deur die Kannaland Munisipaliteit voorsien behoort te word. Na talle korrespondensie na die Kannaland Munispaliteit is daar geen reaksie van die Munisipaliteit nie. Mnr. Labuschagne beweer verder dat Kannaland munisipaliteit aantoon dat hulle limiete gaan instel. Mnr. Labuschagne vra voorts skriftelike fakture en state van die Kannaland Munisipaliteit aan en toon hy verder aan dat daar tot hede R230 000 op die projek gespandeer is.
Saak: Droëvrugteprojek verslag: aanwending van fondse
Mnr. Smith bevestig die bedrae deur Mnr. Labuschagne genoem. Die projek het 2 bedrae ontvang nl. R 225 000 van Dept van Maatskaplike Dienste en R 200 000 van Dept Ekonomiese Sake. Laasgenoemde bedrag kon nie geverifieeer word nie aangesien die Departement versuim het om 'n betalingsadvies saam te stuur.
Die bedrag is toe wel later geverifieer en is die bedrag toe teen die projek gekrediteur.
Totale inkomste tot op datum R 425 000, 00
Totale uitgawe tot op datum (28/02/04) R 216 916, 81
Bedrag beskikbaar R 208 083, 19
Die Raad het R 220 000, 00 begroot om 'n bydrae te maak tot die projek, wat toe nie kon realiseer nie van weë die finansiële posisie van die Raad. Sover is alle aankope soos aangevra, aangekoop deur Kannaland Munisipaliteit. Om enige ongerymdhede uit die weg te kry, is die Projekbestuurder voorsien van 'n rekwisisieboek waarin alle bestellings geskryf word.
Aansoek is ook gedoen deur die Projekbestuurder om 'n staalkonstruksie toe te bou, wat toe nie toegestaan is deur die herstelplan komitee nie omdat die fondse nie ontvang is vir die betrokke doel nie. Die fondse was uitsluitlik gegee vir droë vrugte.
Mnr. Labuschagne is tans besig met sy eie steenmaakprojek en as sulks moet hy nie verder vergoed word uit die die droëvrugte projek nie. Die kontrak wat die komitee onwettig aangegaan het met die werkers het al reeds verstryk. Die komitee het slegs aanbevelingsmagte en die Raad het die uitvoerende gesag. Alle aanbevelings deur die komitee moet deur die Raad bekragtig of afgekeur word.
Die Ondersoekkomitee bevind dat met die Droëvrugte projek; die instansie en die munisipaliteit poog om privaat-publieke vennootskappe te bevorder. Die Ondersoekkomitee bevind egter dat met die administrering van die Droëvrugte projekfondse daar strydige getuies is ten opsigte van die bedrag waarvoor die munisipaliteit verantwoordelik is om voor te begroot. Volgens Mnr. Labuschagne se getuies beloop die munisipaliteit se bydrae R 325 000 en volgens die munisipaliteit beloop die begrote bedrag vir die projek R 220 000.
Aanbeveling
Die Ondersoekkomitee beveel aan:
Dat as deel van die Finansiële Herstelplan die Kannaland Raad se begrote bydra uitgeklaar en aan die projek deurgegee word om enige verwarring uit te skakel;
dat die Raad en buiteinstansies daadwerklike pogings aanwend ten­einde privaat-publieke vennootskappe te vestig en te bevorder, suiwer en verantwoordbare finansiële bestuur te bevorder en Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling binne die breër Kannaland aanmoedig.
Saak: Toekenning van kontrak NS159/2003: Kannaland Konstruksie van Watertoevoerpyp (fase2)
Me. Snyman beweer in haar getuienis dat die regte prosedures in die toekenning van bogenoemde tender aan Mnr. J.C. Radyn nie gevolg was nie en dat Snyman en Rex deur die Ingenieursmaatskappy, Ninham Shand in hul evaluering van die tenders gediskrediteer was.
Rex se R 318 139, 00 was, maar dat die tender nog steeds met 'n aansienlike hoër prys aan Radyn het 'n alternatiewe grootte pyp(klas 50D) teen aansienlik minder koste in hul tender ingesluit daar die tender spesifikasies 'n klas 100D pyp voorgeskryf het en haar ongelukkigheid uitgespreek ten opsigte van die feit dat die ander tenderaars ook nie die geleentheid gebied was om ook hul tenders aan te pas met hierdie alternatiewe kleiner / goedkoper pyp nie.
Dat Snyman en Rex se HDI status en vorige ondervinding nie in aggeneem is nie (sien ook Deel .1.2 oor Voorkeurverkrygingsbeleid).. Die inligting wat die Munisipaliteit oor Snyman en Rex reflekteer nie korrek was nie.. Dat Snyman en Rex al groter projekte in die verlede tot uitvoer gebring het.. Snyman en Rex bevraagteken of daar enige bankkode navrae van Snyman en Rex deur die munisipaliteit gedoen is.
Me. Snyman spreek haar kommer uit ten opsigte van die beskikbaarheid van fondse vir die taxi staanplek kontrak waarmee Snyman en Rex Januarie 2004 mee begin het, daar R115 000 volgens die Kapp verslag, reeds gespandeer is.
Sy beweer verder dat die Evalueerders nie volle oorweging aan Snyman en Rex se tender gegee het nie.
Saak: Toekenning van kontrak NS
/2003: Kannaland : Konstruksie van Watertoevoerpyp (fase2):
Tydens die oorweging van die tenders is navraag deur Mnr. Human gedoen waarom die tender nie aan die laagste tenderaar toegeken moet word nie. Mnr. Keyser van Ninham Shand meld aan Mnr. Human dat die tenderaar G Snyman & G Rex geen toesighouding, maatskappy en hoofkantoor bokostes getender het nie en dat dit 'n probleem kan raak indien vertragings ontstaan.
n Ondersteunende skrywe t.o.v. die betoog hierby aangeheg: 'n kopie van 'n Uitvoerende Burgemeestersvergadering, wat op 3 Februarie 2004 om 9:00 gehou was waartydens Raadslid J. Donson (Uitvoerende Burgemeester) en Mnr. F Human (Munisipale Bestuurder) teenwoordig was rakende die aanstelling van die suksesvolle tenderaar. Tender NS 159/2003 Besluit Nr. 1 van 3/02/2004
dat die tender van JC Radyn vir bogenoemde kontrak vir 'n periode van vyf jaar aangestel word.
Ninham Shand Raadgewende Dienste reageer op 2 Maart 04 aan Mnr. F Human met 'n skrywe rakende Me Snyman se vertoë en beklemtoon dat Ninham Shand die beste moontlike aanbeveling maak op grond van die inligting tot hul beskikking. Sodanige aanbeveling is geensins bindend nie en dat die finale besluit steeds by die Raad lê.
Bevinding
Daar is slegs aan een tenderaar, J. C. Radyn, die geleentheid gebied om sy tender aan te pas op basis van 'n goedkoper pyp. Dit was onbillik teenoor die ander tenderaars soos Snyman en Rex - sien die onlangse Appélhofsaak van Metro Projects CC vs Klerksdorp Munisipaliteit 2004 SA 16 SCA.
Vertoë gelewer deur gemeenskap, besighede, organisasies ens. en antwoorde verskaf deur Kannaland Munisipaliteit:
Mnr. E. Botha beskryf die aspekte ter sprake op Calitzdorp daar die toepassing van wette nie plaasvind nie, as 'n "Tragiese dag" veral vir die toerisme bedryf. Hy getuig van die mense op die markie op "All Pay Day" en verwys na 'n man met 'n geel kar met luidsprekers op die dak wat oorverdowende musiek speel met die gevolg dat 'n toerbus die markplein verlaat as gevolg van die geraas. Hy getuig verder van die onnetheid van die dorp en dat die munisipale skoonmakers verby die papiere loop en dat dit nie goed is vir die dorp met sy reeds beperkte toerisme potensiaal is nie.
Mnr. Meyer antwoord dat hy en Mnr. Botha nog net een keer telefonies in gesprek met mekaar aangaande die musiek was. Omdat "All Pay" 'n betaaldag is van mense wat pensioen trek in die dorpsgebied, asook vanaf die landelike gebied, is dit vanselfsprekend dat daar 'n geraas en samehorigheid sal wees van mense wat saamdrom. Hy noem verder dat hy onmiddellik vir Mnr. Tubby George gebel om te kyk of daar 'n bus was by Mnr. Botha -hulle se Restaurant nadat laasgenoemde hom gebel het. Volgens Mnr. George was daar geen bus nie, asook nie 'n geraas nie. Verder maak hy die opmerking dat indien die SAPD dit nodig geag het om op te tree, sou die skuldiges beboet geword het.
Mnr. du Toit getuig dat die leiwater kwessie nog nooit openlik met die gemeenskap behandel was soos deur die munisipale bestuurder belowe was nie. Dat die munisipaliteit leiwater beurte verander sonder enige konsultasie of vooraf kennis aan die diegene wat met enige verandering of aanpassing daardeur geraak sou word en dat water in Augustus 2002 op 'n baie outokratiese manier gestop was. Mnr. Du Toit beweer verder dat volgens die munisipaliteit is daar sommige mense wat nie leiwater wil hê nie wat nie werklik die geval is nie en beweer in die lig hiervan die munisipaliteit hierdie kommoditeit wan bestuur en verwys hierna as 'n arrogante optrede van die munisipaliteit wat moet weet dat hulle ook maar self inwoners in die dorp is.
Verder getuig Mnr. Du Toit dat tot hede: Daar nog geen publieke konsultasie plaasgevind het van enige aard nie en spreek sy kommer uit dat besluite oor Calitzdorp geneem word wat nie vir die meerderheid van die inwoners aanvaarbaar is nie.
Die gratis water allokasie asook die gratis elektrisiteit allokasie, soos beloof deur die nasionale regering, word geïgnoreer sonder enige verduideliking aan niemand nie.
Die Ouditkomitee soos belowe deur die munisipaliteit om die finansiële bestuur van die munisipaliteit te oorsien, is nooit in werking gestel nie dat daar wanvoorstellings in die 2004 begroting voorkom om die gemeenskappe en die Raad te mislei.
Talle skrywes word deur die belastingbetalers vereniging aan die Ondersoekkomitee oorhandig wat getuig van die vereniging se kommer wat hy teenoor die munisipaliteit uitspreek rakende water -en elektrisiteits aangeleenthede.
Ander getuienis wat aan die Ondersoekkomitee voorgehou was en verdere aandag verdien is as volg:
Openlike bedrog deur uitgawes waarvan die tjeks uitgereik was maar nie vir betaling aangebied was, nie in die uitgawe state aangedui asof dit reeds betaal was.
Die wan-aanwending van belastingbetalers se geld deur 'n amptenaar teen R120 000 te huur en dan al sy aanbevelings te ignoreer.
Die aanstelling van skuldinvorderaar op die vaste personeel terwyl alle advies daarop dui dat sodanige amptenare slegs op Ondersoekkomiteebasis vergoed behoort te word.
Die totale miskenning van die belange van sakelui en lede van die gemeenskap deur die munisipalie amptenare en Raadslede met die hantering van elektrisiteitsinstallasies en die uithuur van die Stadsaal.
Skriftelike antwoord van die munisipaliteit is as volg:
Die Munisipaliteit ontvang 'n leibeurt van die Calitzdorp Besproeiingsraad. Op sy beurt deel die Raad weer hierdie water uit aan inwoners van die dorp vir tuinmaak en verfraaiing. Hierdie toekenning word jaarliks hersien.
Daar is twee aftapsluise uit die Besproeiingsraad se kanaal wat weer in vier leislote van die Raad vloei. Hierdie slote se toekennings moet altyd balanseer omdat sluise gelyktydig oop en toegemaak word.
Die Raad het dus besluit om net leiwater te gee aan inwoners met groot persele wat minstens 'n dertig minute se water kan neem. Daar is in die verlede water weggeneem uit gebiede in die dorp waar die leislote heeltemal verval het en water nie meer gelei kan word nie. Baie inwoners het hul water teruggegee omdat toekennings baie ongereeld is en ook as gevolg van die tarief.
Die inwoners het nie 'n "reg" op hierdie water nie en dit is ook al in die sewentiger jare uitgewys. In die verlede het die Raad se amptenare slote skoongemaak en sluise beheer, maar tans maak die Raadslid net die hoofsloot se sluise oop en die verbruikers moet verder self toesien.
In belang van waterverbruikers in die dorp, sal dit wees dat hierdie water in die toekoms aangewend moet word vir huishoudelike gebruik.
Die Ondersoekkomitee bevind die beskikbaarheid en bestuur van die waterbron 'n baie sensitiewe aangeleentheid blyk te wees binne feitlik al die dorpe binne die Kannaland area. Die Ondersoekkomitee bevind verder dat beide die gemeenskap sowel die plaaslike owerheid die ernstigheid van hierdie aangeleentheid besef.
Aanbeveling
Die Ondersoekkomitee beveel aan die ontwikkeling van 'n waterdienste ontwikkelingsplan kragtens artikels 13 - 15 van Wet op Waterdienste, 1997 (Wet 108 van 1997) -sien Deel D.3.
Me. Nel getuig dat haar spasie wat sy gebruik het binne die biblioteek van haar ontneem was sonder enige konsultasie of enige kennisgewing aan haar. Een oggend is die biblioteek se kaste binne haar werksplek ingeskuif. Me. Nel sê dat na dese sy geen vertroue in die munisipaliteit meer het nie.
Op 25/09/03 het die Uitvoerende Burgemeester 'n besluit geneem dat die
Naaldwerkgroep 'n gebou kan huur vir R30 per maand.
Op daardie stadium het Mnr. Donson aan Me Ron Frans gevra of hulle enige probleme ondervind, waarop haar antwoord "nee" was. Sy het wel genoem dat
Mev. Alma Nel nie betrokke is nie, want hulle betaal die vrou net wat hul wil.
Vanaf die tyd wat die Naaldwerkprojek kennis gekry het, was Me. Frans te vinde vir die nuwe plek by die Kliniekgebou. Rdl. Donson, Rdh. Baartman, Desmond en Steven Meyer was betrokke. Nêrens met die onderhandeling van 'n gebou was Mev. Nel betrokke nie. Sy het aan Mnr. Meyer meegedeel dat hulle vir 3 maande toe gaan wees omdat geen fondse beskikbaar is nie.
Die afspraak is gereël vir 16/02/2004 met betrokkenes, ter afhandeling van die saak, maar niemand het dit bygewoon nie. Daar is aangeneem dat hulle nie belangstel nie, aangesien niemand tot op datum nog na vore gekom het nie.
Saak: Kospakkies: Kriteria toegepas by die uitdeel van die kospakkies
Me. Willemse getuig dat voorkeur aan sekere mense gegee was met die uitdeel van kospakkies en vra die name aan van persone aan wie kospakkies gegee is.
Sy toon aan dat sy vir Mnr. Roodtman sou sê dat sy nie weet hoe hy dit regkry om aan persone kospakkies toe te staan, waar beide man en vrou pensioen kry nie
Mnr. Eric Opperman beweer dat hy opgelet het dat daar selektief omgegaan was met die identifisering van die name vir kospakkies. Dit was duidelik volgens Mnr.
Opperman dat nie almal wat arm en behoeftig is, 'n kospakkie ontvang nie.
In sy navrae rakende die kospakkies aan Mnr. Roodtman het hy die volgende teenoor Mnr. Opperman gesê: "in elk geval het jy aan die optogte deelgeneem?;
Jy weet mos jy is nie van die ANC nie", waarna Opperman daarvandaan weg is en gesien het hoe die munisipale voertuie met die oorblywende kospakkes wegry, terwyl baie behoeftige inwoners nie kospakkies ontvang het nie.
Rdl Baartman oorhandig 'n lys van name aan die Ondersoekkomitee van goedgekeurde mense wat geregtig is op kospakkies, waar duidelik gesien kan word dat met baie van die name gepeuter was - van die name was doodgekrap.
Saak: Kospakkies: Kriteria toegepas by die uitdeel van die kospakkies
As amptenaar is dit my plig om 'n oop beleid te volg met betrekking tot my werksaangeleenthede.
Graag verskaf ek die volgende inligting:
Daar is by die Departement Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting vir kospakkies aansoek gedoen wat toe in beginsel goedgekeur is.
Daar is plaaslik geadverteer van vergaderings wat gehou sou word in die verband.
Daar was ongeveer 1600 aansoeke en net 500 is goedgekeur vir Kannaland wat tussen vier dorpe verdeel moes word.
Hierdie 500 pakkies was hoofsaaklik bedoel vir die mense wat seisoenwerk op omliggende plase doen.
Name is aan die betrokke Departement gestuur
Dit was moeilik om die 500 uit die 1600 te bepaal daar almal behoeftiges was.
Kospakkies: Bevinding en aanbeveling Die Ondersoekkomitee bevind dat die getuienis gelewer rakende die kospakkies aantoon dat daar wel onreëlmatighede blyk te wees ten opsigte van die uitdeel van die kospakkies en wie daarop geregtig is en wie dit aan die einde van die dag werklik ontvang. Die Ondersoekkomitee het kriteria aangevra ten opsigte van wie geregtig is op kospakkies aldan nie, maar dit wat aan die Ondersoekkomitee skriftelik voorgelê was, was meer die prosedures wat gevolg word met die uitdeel van die kospakkies.
Aanbeveling
Die Ondersoekkomitee beveel aan dat motiverings gegee moet word vir die name van persone wat op die goedgekeurde lys van kospakkies doodgekrap is en daadwerklike pogings aangewend moet word om hierdie inisiatief meer deursigtig te maak en verder te veseker dat hierdie inisiatief nie langs party politieke lyne bedryf word nie. Sou daar wel kriteria bestaan, dit streng toegepas moet word, so nie moet kriteria wel bepaal word deur middel van 'n deursigtige, verteenwoordigende proses met die betrokkenheid van relevante belangegroepe.
Verwys na P398 - 402 Munisipale bundel
Saak: Bewering-geld aan W Hartzenberg oorbetaal
Mnr. Pretorius getuig dat met die installasie van 'n voorafbetaal elektrisiteitsmeter, hy deur Mnr. Hartzenberg meegedeel is dat basiese heffings nie betaalbaar is op vooruitbetaalde krag nie. Toe die rekenings egter kom merk Mnr. Pretorius op dat 'n basiese heffing wel gehef word waarop Mnr. Hartzenberg dit as "'n fout" bestempel het. In reaksie op 'n skrywe toon Mnr. Human aan Mnr. Pretorius dat hy bereid is om die meter, mits die meter nog reg funksioneer, met bewys van die bedrag betaal, by Mnr. Pretorius aankoop teen die aankoopprys waarvoor hy dit gekoop het.
Mnr. W. Hartzenberg ontken enige ontvangs van betaling waarop die munisipaliteit terugbetaling aan Mnr. Pretorius weier. As deel van sy getuienis handig Mnr. Pretorius kopië van betaling aan die Ondersoekkomitee oor, waarop die regsverteenwoordiger van die munisipaliteit dit aan Mnr. Pretorius stel of hy bereid sou wees om in 'n dissiplinêre verhoor te getuig rakende hierdie aangeleentheid.
Mnr. J. de Wet [skriftelik] Saak: Bewering-geld aan W Hartzenberg oorbetaal
Mnr. de Wet antwoord as volg:
gehou rakende die betaling en installasie van die meter.
Elektrisiteitsmeters Die Ondersoekkomitee bevind die optrede van die amptenaar in verband met die elektrisiteitsmeters en gelde oorbetaal waarvan geen bewyse van inbetaling van gelewer kan word nie, as bedenklik wat 'n dissiplinêre ondersoek regverdig.
Aanbeveling
Die Ondersoekkomitee ondersteun die stappe wat die munisipaliteit reeds gedoen het in hierdie verband deur 'n dissiplinêre ondersoek te gelas - sien ook Deel D.2.6.3.
Saak: Verkoop van 4 huise: Weiering van borg van R 1 000 per huis
Mnr. Reynecke getuig dat om te verhoed dat vier huiseienaars hulle huise verloor, nadat genoemde vier huiseienaars opdrag gekry het om hul huise te verlaat, [x2 huise op Calitzdorp en x 2 huise op Ladismith] sodat huise verkoop kan word, bied Mnr. Reynecke aan om borg te staan van R4 000 (R1 000 per huis) om te verhoed dat betrokke persone hul huise verloor, is hierdie aanbieding summier geweier met die woorde "Ons moet die mense 'n les leer".
per huis
Mnr. F. Human Munisipale bestuurder antwoord as volg: Slegs drie huise is verkoop en die gesamentlike skuld van die 3 huise het meer as R 50 000, 00 beloop. Die aanbod van R 1 000, 00 per huis vir twee huise op Ladismith is nie is nie aanvaar nie, want geen sekuriteit kon gelewer word vir die res van die uitstaande skuld nie. Die woorde: "ons moet die mense 'n les leer" - kan nie bepaal word wie dit sou geuiter het nie. Die betekenis daarvan hou seker verband met die feit dat die owerheid graag sal wil sien dat individue hul skulde aan die owerheid vereffen.
Mnr. Ludolph getuig dat hy aan die munisipaliteit aanbied om die woning in 39 Bloekomstraat self te verf daar die Munisipaliteit die verf verskaf en toon'n bedoeling om huis te koop. Hy beweer die Munisipaliteit gee kennis aan Mnr. Ludolph dat hy uit die huis moet wees op 31 Januarie 2004
Mnr. Ludolph beweer egter dat Johan Scheepers op 1 Februarie 2004 by 39 Bloekomstraat kom aanklop omrede hy toe wil intrek (hy sou ook huur omrede die munisipaliteit nie geld het om huise vir sy mense te koop nie.)
Na bewering beveel die Burgemeester vir J. Scheepers aan om SAPD se hulp in te roep vir die uitsetting van Mnr. Ludolph.
Amptenaar Mnr. J de Wet [skriftelik]
J. de Wet antwoord as volg:
Huurder wys opsie van die hand, sy skrywe gedateer 10/3/2003
Huurder versoek Munisipaliteit op 29/12/2003 om langer in huis te bly.
Versoek word nie toegestaan nie, kennis was alreeds 2½ maande gelede gegee om huis te ontruim, en koper (Johnny Skippers) het nie blyplek nie, skrywe gedateer 31/12/2003
Huurder meld dat Mnr. Skippers hom uit die huis gesit het, skrywe gedateer 2/1/2004
Skrywe aan Me Ludolph dat Mnr. Skippers nie namens Munisipaliteit mense mag uitsit nie, skrywe gedateer 21/1/2004.
Saak: Inbraak by munisipale kantore
Mnr. Ludolph beweer dat daar gerugte die rondte doen dat daar by die munisipale kantore ingebreek is sonder enige sigbare tekens van 'n inbraak.
Mnr. S. Meyer antwoord as volg: Ek wil die volgende aan u voorhou: Daar is twee keer ingebreek by die Munisipale kantore, Calitzdorp en verskeie sake is gemaak. Die bedrag van R 748, 50 is met tye van die inbraak gesteel. Daar is 'n alarmstelsel geïnstalleer by die kantoor om sulke optredes te vermy. Aangeheg: Skrywe van die SAPD ter bevestiging van die genoemde huisbraak en diefstal en dat die saak tans sub judice is.
Daar word voor die Ondersoekkomitee getuig oor die gebruik van die saal op ongereëlde tye en dat daar besluite bestaan dat daar nie op Paasnaweek danse gehou sal word nie maar hierdie besluit bloot geïgnoreer word. Verder word daar beweer dat die Raadstafel op Calitzdorp opgesaag is. Die vraag word ernstig van die inwonersvereniging se kant hoe sekere mense nog in sekere posisies kan sit in die lig van die Ouditeur Generaal se verslag.
Kannaland Munisipaliteit se antwoord Amptenaar Mnr. Smith en J De Wet [skriftelik] Saak: Uithuur tye van die Stadsaal
As deel van antwoord rakende tye, word die Saalbeleid van Kannaland
Dat die Saalbeleid aanvaar word met die volgende wysigings:
Item 13: Danse-Saterdae, 0700 tot 01:00 - Middernagdanse, 12:00 tot
Item 14: Word geskrap en het gelees: "Geen saalbespreking sal tydens Pinkstertyd, Paastyd en Kerstyd vir enige danse/discos gemaak word nie".
Dat die Saalbeleid geadverteer word vir Openbare kommentaar; en
Dat die toegang tot die sale en toilette in Calitzdorp toeganklik gemaak word vir gestremdes.
Beweringe word gemaak dat die raadstafel opgesaag is
Saak: Tafel van die Raadskamer -opgesaag
Mnr. J. de Wet dien 'n foto in wat hy as bewysstuk voor die Ondersoekkomitee lê, dat die Raadstafel nie opgesaag is nie, maar in die Munisipale Bestuurder se kantoor op Ladismith staan.
Beweerde onregmatige onteiening grond (Zoar) het plaasgevind Aldus prokureur Johan Flemett, regsverteenwoordiger vir Mnr. Klink. Die bewering word gemaak dat die Burgemeester sonder 'n Raadsbesluit Efr 696 verkoop het - aan 'n vriend van Burgemeester Mnr. Anta. Mnr. Klink het nooit grond te koop aangebied nie. Hoe kan die Onteiening plaasvind sonder kennisgewing aan die eienaar van die erf ter sprake?
Die regsverteenwoordiger betoog verder dat Mnr. Anta vroeër Mnr. Klink versoek het om die koop van grond waarop Mnr. Klink sou geweier het. Die vermoede word hier gesuggereer dat die Burgemeester en Mnr. J de Wet betrokke is en vermoed die klaer die betrokkenheid van geld by hierdie aangeleentheid. Geld moes van hand verwissel het buite munisipaliteit.
Verder word beweer dat Mnr. Anta sou weet die grond is aan hom toegeken voor dit op 'n Raadsvergadering bekragtig sou word. En dat die burgemeester aan Mnr. Klink sou antwoord "Ek mag die grond verkoop sonder 'n Raadsbesluit" en "Hy is 'n aap ...los uit daardie grond dan gee ek jou sommer 'n dranklisensie ook".
Die regsverteenwoordiger van Mnr. Klink suggereer dat dit wil voorkom asof die vriende van die Burgemeester voorkeur kry en dit 'n daaglikse gebeurtenis is.
Die regsverteenwoordiger van Mnr. Klink vra namens Mnr. Klink dat die gebruik van die grond deur Mnr. Enta stopgesit moet word en dat skade-vergoeding betaal word aan sy kliënt en vra vir 'n ter plaatse ondersoek deur die Departement Grondsake - anders gaan hulle hof toe.
Amptenaar Mnr. J. de Wet Saak: Verkoop van Mnr. Klink se eiendom Erf 969
Mnr. J. de Wet se antwoord is as volg:
Hy voorsien 'n aktenavraag wat aantoon dat Erf 696 in die naam van
Gemeenskap van Zoar" geregistreer is. Dat die aangeleentheid na PAWK
verwys word vir 'n beslissing.
Mnr. de Wet antwoord verder dat die Raad het aan die Uitvoerende
Burgemeester alle wetlike delegasies gegee, maw die Uitvoerende
Burgemeester het die mag om 'n besluit te neem.
Die besluit van die Uitvoerende Burgemeester was op 26/8/2003 en dus kon
Mnr. Anta op 27/8/2003 van die besluit kennis gedra het. Die transformasie van grond in Zoar is ten opsigte van die tuinplotte en nie woonpersele of sakepersele nie.
Mnr. de Wet lê skrywes aan die kommisie voor van Mnr. Anta waarop hy aansoek doen en 'n aanbod maak op die erf ter sprake, kennisgewing ten opsigte van die erf ter sprake in die media en 'n Raadsbesluit rakende erf ter sprake.
Bevinding
Die Ondersoekkomitee bevind dat die klaer Mnr. Klink insake Erf 696 nie genoegsame tasbare bewyse aan die Ondersoekkomitee voorgelê dat hierdie erf wel sy eiendom is nie ten einde die Ondersoekkomitee in staat te kon stel om hierdie saak tot 'n sinvolle mate te kon aanspreek het nie.
Saak: Gelde betaal en verskuldig deur Mnr.
Mnr. Radlof beweer dat hy sy rekeninge wel betaal, maar dat betalingsbewys nie op rekening is nie. Hy beweer verder dat hy betaal en betaal, maar sien nie 'n verskil in die balans van sy rekening nie.
n Handkwitansie is toe aan hom uitgereik. Hierdie kwitansieboek is toe na
Ladismith gestuur, waar dit toe agterna op die stelsel gepos is.
Tydens Mnr. Radloff se besoek aan die kantoor te Ladismith is drukstukke van sy rekening aan hom voorsien, wat getoon het dat die betrokke betaling wel teen sy rekening gekrediteer is.
Mnr. Radloff is nie 'n behoeftige persoon wat volgens die raad se beleid vir gratis water kwalifiseer nie, dus is die basiese fooi tov watermeters ook deur hom betaalbaar.
Mnr. Jacobs in sy getuienis maak melding van ongelukkigheid ten opsigte van buitensporige verhogings in basiese dienste, belastings en water tariewe. In sy vertoë en skrywes wat hy aan die Ondersoekkomitee oorhandig het motiveer en beweer hy ook mondelings dat alle aanduidings bestaan dat Kannaland munisipaliteit op die rand van bankrotskap staan, daar die munisipaliteit sukkel om hul kontantvloei te handhaaf en dan ten alle koste probeer om die inwoners van 'n erg verarmde en agtergeblewe gemenskap te forseer om vir buitensporige hoë dienste te betaal, daar die amptenary hulle verryk.
Verder maak hy melding van die onreëlmatige basis, bv. dat daar soms drie weke verloop tussen nagvuil verwyderings en dat dit 'n skending van inwoners se menswaardigheid is en verwys na ander voorbeelde van swak dienslewering en beskou dit as 'n flagrante skending van die gemeenskap se mense regte. Hy vestig die Ondersoekkomitee en die Raad se aandag daarop dat herhaaldelike petisies aan die Raad steeds in gebreke bly om aandag te skenk aan die Landelike gebiede.
Mnr. Jacobs getuig verder dat daar geen beheer uitgeoefen word oor die oprig van geboue of die hersonering van wonings en besighede soos "Gameshops" en winkels nie. Mnr. Jacobs versoek dat Kannaland Munisipaliteit onthef word van verantwoordelikheid vir Zoar.
Mnr (e) J Smith & L Blignaut se antwoord is as volg: Na die samesmelting van die munisipaliteite in 2000 was die eerste opdrag van die gesondheidsdepartement om met die hulp van Alie Killian (konsultant) die volgende te doen:
die sand in die sandfilters te vervang die opkoppeling van die chloor stelsel die beveiliging van die stelsel deur dit met tralies te beveilig
In 2001 & 2002 is die water ge-chloor, behandel en was die water veilig. Die publiek was tevrede.
In 2003 het vandalisme plaasgevind en die stelsel is beskadig.
Op 31 Januarie 2004 is die probleem aangespreek deurdat Peninsula Water Treatment die munisipaliteit gehelp het om die chloorstelsel te herstel.
Dienslewering: Bevinding en Aanbeveling
Die Ondersoekkomitee bevind dat daar wesenlike ongelukkigheid blyk te wees ten opsigte van die lewering van feitlik alle basiese dienste.
Aanbeveling
Die Ondersoekkomitee beveel aan dat seker gemaak word dat die Munisipaliteit sy Geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning met sy verwante sektorale beplanningsprosesse streng dryf in terme van die ter saaklike wetgewing, Wet 32 van 2000 - sien ook Deel B.7.4 oor voorgestelde hulp deur die Eden Distriksmunisipaliteit.
Saak: Beweerde onteiening van eiedom sonder kennisgewing aan die eienaar
Bewering word gemaak dat grond onteien word sonder kennisgewing aan die regmatige eienaar van die grond.
Kannaland Munisipaliteit se antwoord Amptenaar Mnr. J De Wet Saak: Beweerde onteiening van eiedom sonder kennisgewing aan die eienaar
Mnr. J de Wet antwoord dat:
Daar was geen onteiening te Kannaland nie.
Saak: Regsverteenwoordiger van die
Munisipaliteit
Rdl Adams beweer dat die regsverteenwoordiger van die munisipaliteit se aanstelling nie deur 'n Raadsbesluit bekragtig is nie.
Munisipaliteit
Mnr. Human se antwoord is as volg: Die Uitvoerende Burgemeester, Raadslid J Donson, beskik oor die gedelegeerde bevoegdheid om 'n prokureur aan te stel. Nietenim het die Uitvoerende Burgemeester met die meerderheid van die Raadslede gekonsulteer oor die aanstelling.
Notule van 'n Uitvoerende Burgemeester vergadering soos gehou op Donderdag, 12 Februarie 2004 om 09:00 in die kantoor van die munisipale bestuurder te Ladismith aan die Ondersoekkomitee oorhandig.
Die Agbare Burgemeester
Besluit nr. 1 van 12/02/2004 Dat DJ Uys Prokureur aangestel word om hierdie owerheid te verteenwoordig in die Kannaland Ondersoek (Artikel 106 - soos ingestel deur die Minister van Plaaslike Bestuur)
Rdl Adams getuig rakende die Zoar Tranformasie proses dat die aanstelling van die konsultasie maatskappy, Pro-Konsort wie suksesvol was met hul aansoek om die proses te behartig, 'n eensydige aanstelling was.
Mnr. Baartman se antwoord is as volg: Op 24 Februarie 2002 is 'n vergadering met die Gemeenskap van Zoar gehou om hulle in te lig rondom die grondtransformasieproses. Die vergadering is gereël deur die Departement van Grondsake onder leiding van Mnr. Eric Goodwin. 'n Opvolg vergadering is op 18 April 2002 gehou waar die verskillende organisasies versoek is om elk 'n verteenwoordiger aan te wys om die projek te loods. 'n Projekloodskomitee(forum) is gestig. [stawende dokumente aangeheg] Die Raad het Pro-Konsort as koördinerder aangestel op 24/4/2002 [Stawende dokumente aangeheg p 449-462 munisipale bundel].
Die proses is in die staatskoerant geadverteer en die gemeenskap is die geleentheid gegun om besware aan te teken. Die versekering word gegee dat die hele proses deursigtig en verteenwoordigend was.
Bevinding en aanbeveling
Die Ondersoekkomitee bevind dat op meer as een geleentheid tydens die aanhoor van verskeie getuies, dit duidelik te blyk dat die gemeenskap, organisasies en instansie redelik op hoogte en ingelig is ten opsigte van ontwikkelingsaksies binne die munisipale area, maar nie geredelik op hoogte gehou word van vordering of verwikkelinge rakende die aktiwiteite nie veral ten opsigte van die kapitaal spanderings op projekte/aktiwiteite.
Aanbeveling
In hierdie verband beveel die Ondersoekkomitee aan dat die munisipaliteit en Raad meganismes in plek stel om effektiewe skakeling met die gemeenskap te verseker ten einde 'n meer deelnemende/opeboek bestuurskultuur te vestig - sien ook DeelD.9.4 oor aanbevelings vir gemeenskapsdeelname en die bevordering van deelnemende demokrasie in plaaslike regering.
Algemene Administrasie
Rekords en Argiewe
Volgens die Zader Voorlegging is die munisipaliteit se rekord hantering en liassering in 'n uiters swak toestand. Beroepsspesifieke opleiding ingevolge die Argiefwet is verpligtend terwyl die rekordsklerk nog geen opleidingskursus bygewoon het nie. Die munisipaliteit het geantwoord dat nou gereël word vir opleiding.
Korrespondensie en telefoonoproepe n Algemene klag wat ook ontvang was is dat korrespondensie en telefoonoproepe nie beantwoord word nie. Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd vreet en al lyk dit na klagtes oor nietighede, is dit belangrik in die skakeling met die publiek dat daar reaksie op briewe en telefoonoproepe is. Stelsels en opdragte moet ontwikkel en toegepas word om te verseker dat korrespondensie op leêrs geplaas word en dat minstens 'n ontvangserkenning onder 'n verwysingsnommer gestuur word wanneer 'n brief of e-pos ontvang is. Telefoonoproepe moet aangeteken en beantwoord word.
Prestasie-ooreenkomste en Prestasiebestuur Die Munisipale Bestuurder en die bestuurders wat regstreeks aan die Munisipale Bestuurder verantwoordbaar is moet prestasie - ooreenkomste aangaan soos bedoel in Art. 57 (b) van die Stelselswet. Tans is dit slegs die Assistent Munisipale Bestuurder, Mnr. Timmie, wat regstreek aan die Munisipale Bestuurder verantwoordbaar is. Dit is dus slegs Mnre. Human en Timmie wat prestasie - ooreenkomste met die munisipaliteit moet aangaan.
Die Ondersoekkomitee is van mening dat by 'n klein munisipaliteit soos Kannaland die pos van Assistent Munisipale Bestuurder nie gepas of geregverdig is nie. Daar moet in die herstrukturering van die diensstaat oorweeg word om al die departementshoofde direk aan die Munisipale Bestuurder verantwoordbaar te maak en met almal prestasie - ooreenkomste aangaan, soos bedoel in Art. 57 (b), en van die Stelselswet.
Volgens die skriftelike antwoord van die munisipaliteit (bl. 170) is 'n prestasiebestuurstelsel in Augustus 2003 ontvang en is tans in die proses van implementering. Dit moet so gou moontlik gedoen word.
Aanbeveling n Stelsel van prestasiebestuur, soos bedoel in Hoofstuk 6 van die Stelselswet moet so gou doenlik by die munisipaliteit ingestel word. Deur gepaste opleiding en voorligting moet 'n kultuur van prestasiebestuur onder die politieke ampsbekleërs en in die amdinistrasie bevorder word sodat die Munisipaliteit Kannaland sy sake op 'n ekonomiese, effektiewe, doeltreffende en verantwoordelike wyse kan administreer, soos bedoel in Art. 38 van die Stelselswet.
Gemeenskapsdeelname Die Prest-komitee het in 1997 in Hoofstuk 16, paragraaf 8 van hul verslag, as volg bevind en aanbeveel oor publieke deelname in die plaaslike regering van die destydse Ladismith:
Hierdie bevinding is sewe jaar later net so geldig aangesien die aanbeveling grootliks nie toegepas is nie.
Gemeenskapsdeelname as riglyn vir munisipale regering loop soos 'n goue draad deur die bepalings van die Grondwet Art. 1521e en Hoofstuk 4 van die Stelselswet en Hoofstuk 4, Deel 4 van die Strukturewet oor Wykskomitees.
Gemeenskapsdeelname lei tot beter besluitneming gerig op die werklike behoeftes van die gemeenskap. Gemeenskapsdeelname lei ook tot openbare verantwoordingdoening vir besluitneming en optreders van die munisipaliteit. Dit is 'n meganisme wat wanadministrasie teenwerk in 'n oop en demokratiese samelewing.
Beide die raadslede as politici en die amptenare as werknemers moet ondersteun word om 'n kultuur van gemeenskapsdeelname in die munisipale regering van Kannaland te ontwikkel, soos beoog in Art. 152 
e van die Grondwet en Hoofstuk 4 van die Stelselswet. Daar moet toegesien word dat meganismes, prosesse en prosedures vir gemeenskapsdeelname soos bedoel in Art. 17 van die Stelselswet, ontwikkel en toegepas word.
Die inligtingsbeampte van die munisipaliteit is ingevolge die woordomskrywing van "inligtingsbeampte" in Wet 2 van 2000, die
Munisipale Bestuurder of 'n persoon deur hom aangewys.
Dit word aanbeveel dat:
n Kultuur van gemeenskapsdeelname in die munisipale regering van Kannaland ontwikkel word soos beoog in Art. 152 (e) van die Grondwet en Hoofstuk 4 van die Stelselswet. Daar moet toegesien word dat meganismes, prosesse en prosedures vir gemeenskapsdeelname, soos bedoel in Art. 17 van die Stelselswet ontwikkel en toegepas word.
Die munisipaliteit moet hom vergewis van die doel van wykskomitee's kragtens Deel 4, Hoofstuk 4 van die Strukture Wet, 1998 en die implementering van sodanige wykstelsel met sterk gemeenskap-skakeling strukture moet toegepas word.
Die Munisipaliteit moet ondersteun word om 'n Handleiding soos voorgeskryf in Art. 14 van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting 2000 (Wet 2 van 2000), op te stel; en dat n Kursus oor die toepassing van die Wet op die Bevordering van
Inligting No. 2 van 2000 en die Wet op die Bevordering van
Administratiewe Geregtigheid No. 3 van 2000 vir raadslede en amptenare van die Kannaland Munisipaliteit en lede van die gemeenskap gereël en aangebied word.
Afbakening Die Afbakening van Kannaland Munisipaliteit se regsgebied is in die getuienis van die Munisipale Bestuurder, Mnr. Human, bevraagteken. Hy het argumente aangevoer waarom Calitzdorp beter sou inpas by Oudshoorn as by Kannaland.
Die vraag kan ook geopper word of landelike gebiede soos Zoar en Van Wyksdorp, wat verdere ontwikkelingshulp nodig het, nie straks as distriks­behuisingsgebiede (DBG) verklaar moet word nie, ingevolge artikels 6 en 89 van die Strukturewet. Mnr. J. J. Jacobs, 'n leiersfiguur in Zoar het in getuienis versoek dat Kannaland Munisipaliteit onthef moet word van sy administrasie van Zoar.
Die Afbakening van Munisipaliteite geskied op aanbeveling van die Munisipale Afbakeningsraad ingestel deur Art. 2 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Afbakening, 1998 (Wet No. 27 van 1998).
In Deel B.6.4 en D.7 en 8 is die posisie van Zoar en Van Wyksdorp aangespreek en is aanbeveel dat die Eden Distriksmunisipaliteit versoek word om hoër voorkeur prioriteit te verleen aan die behoeftes van hierdie gemeenskappe in basiese behoeftes soos water en riolering. Slegs indien dit nie die nodige resultate lewer nie kan die meer drastiese opsie oorweeg word om Zoar en Van Wyksdorp as distriksbestuursgebiede direk onder die gesag van die Eden Distriksmunisipaliteit te plaas.
Wat Calitzdorp betref sou die uitsluiting van die dorp uit die Kannaland Munisipaliteit, laasgenoemde oorlaat slegs met Ladismith, Zoar, Van Wyksdorp en die landelike gebiede tussenin. Sonder om eers 'n diepgaande ondersoek te doen, lyk dit nie na 'n haalbare of lewensvatbare opsie nie. In sy voordrag aan die Ondersoekkomitee het Mnr. Human, die Munisipale Bestuurder, een van die hoofoorsake vir die probleme van Kannaland probeer uitlig deur die blaam te plaas om die "foutiewe" afbakening van die munisipaliteit en die herstruktuering wat daarmee gepaard gegaan het. In Desember 2000 is sowat 841 munisipaliteite landswyd herafgebaken en is verminder tot sowat 250 munisipaliteite.
Elke munisipaliteit in Suid Afrika is deur die herstruktuering geraak - sommiges veel drastiser en meer ingrypend as Kannaland. Die vraag is hoe die herstruktuering bestuur is en hoe die hulp wat deur die provinsie aangebied is deur munisipale ontwikkelingsprogramme aangewend is?
Bevinding
Die Ondersoekkomitee bevind dat alhoewel die herafbakening en die herstruktuering nà Desember 2000 'n faktor was wat die taak van die nuwe munisipaliteit bemoeilik het, dit nie die hoofrede is vir die finansiële en ander probleme wat tans ervaar word nie. Die versuim en wanpraktyke soos in die verslag uitgewys, is die hoofoorsaak van die munisipaliteit se probleme.
Indien die Afbakeningsraad nou versoek sou word om die moontlikheid te oorweeg om Calitzdorp by Oudshoorn in te sluit sal dit:
die verkeerde klem plaas op herafbakening as die "oplossing" van Kannaland se probleme; en verdere herstruktuering en gepaardgaande probleme veroorsaak in plaas daarvan om stappe te doen om die huidige stelsels en strukture na behore te laat funksioneer.
Delegasies
Die huidige stel delegasies van die munisipaliteit is op bladsye 444 - 448 van die dokumente ingedien deur die munisipaliteit. Indien die uitvoerende burgermeester stelsel geskrap sou word, soos aanbeveel, en indien die dienstaat gerasionaliseer word, soos ook aanbeveel, sal gemelde delegasies hersien en aangepas moet word.
Aanbeveling
Dat die delegasies hersien en aangepas word indien die politieke strukture en die diensstate aangepas word.
Speaker: Hantering van Klagte Mnr. S. Meyer, 'n voormalige raadslid en tans in beheer van die Calitzdorp munisipale kantoor, het getuig dat hy 'n klag oor die optrede van Raadslid Jill Reynecke by die Speaker ingedien het en dat daar geen reaksie was nie. Die wese van die klag is dat Raadslid Jill Reynecke na bewering geld aan Raadslid
N. Adams aangebied het om sy setel in die Eden Distriksmunisipaliteit te ontruim ten gunste van Raadslid Jill Reynecke. Volgens die munisipaliteit se antwoord (bl. 469), is die aangeleentheid na die nuwe Speaker, Raadslid P. van Rensburg verwys vir verdere ondersoek.
Aanbeveling
Die Speaker moet onverwyld aandag aan die klag gee, soos voorgeskryf deur Item 13 van Bylae 1, Gedragskode vir Raadslede, van die Stelselswet.
Uitvoerende Burgermeester In die Suid-Afrikaanse munisipale wese was dit tradisioneel die raad of 'n komitee van die raad wat uitvoerende besluite neem. 'n Individuele raadslid het nie uitvoerende bevoegdhede gehad nie.
Prokureur D. Uys het die volgende submissie namens die munisipaliteit gemaak oor die Uitvoerende Burgermeester:
Die uitvoerende gesag en rol van die hoof uitvoerende beampte en topbestuur in die amtenary is daadwerklik verander en beperk deur die nuwe stelsel van betrokkenheid van die politici in die administrasie en spesifiek die magsposisie voortvloeiend uit die uitvoerende burgermeesterstelsel. Die era van twee hoofstrome van betreklik outonome administrasie deur amptenare enersyds en oorhoofse politieke gesag en beleidsbepaling andersyds is iets van die verlede. Die vraag of die vernuwing wat sodoende gekom het hoegenaamd 'n verbetering is, is uiters relevant en dit word respekvol aangevoer dat die agbare Komitee sigself n.a.v. die ondersoek in die verband sal uitspreek, ten minste of dit 'n invloed op die situasie kon gehad het. Die effek van partypolitiek en die belange van politieke strukture, soos in die getuienis uitgelig, moet ook in berekening gebring word."
Die stelsel van Uitvoerende Burgermeester is 'n nuwe konsep wat vanaf Desember 2000 een van die moontlike kategorië van plaaslike regering is. In die Wes-Kaap Provinsie is die stelsel eers later toegepas nadat die ANC/NNP alliansie in die Provinsiale Regering aan bewind gekom het. Die Kannaland Munisipaliteit was aanvanklik 'n volle raad uitvoerende stelsel waar die nege raadslede daardie besluite geneem het wat nie gedelegeer is nie. Met die toepassing van die Uitvoerende Burgermeester-stelsel is die politieke mag grootliks in een persoon, Burgermeester Donson, gesentreer en is die raad gereduseer tot 'n rubberstempel. Die getuienis deur verskeie getuies, insluitend die Munisipale Bestuurder, Mnr. Human, Mnr. C. Jonathan, tans amptenaar en voormalige burgermeester asook Me. J. Andrews en Me. R. Rothman, is dat die huidige Uitvoerende Burgermeester magsbeheb is en dat hy direk op 'n onbehoorlike wyse inmeng in die administrasie en met aanstelling van personeel.
In 'n brief gedateer 3 Maart 2004 (bladsye 197/8 van munisipaliteit se dokumente) het die Munisipale Bestuurder die aantygings wat tydens die openbare verhoor gemaak is en waarop die Burgermeester, Mnr. Donson, moes antwoord, as volg opgesom:
Opdrag aan Rdh. Baartman om personeel aan te kla en af te dank.
Intimidasie van Personeel: "Matjie sal onder jou uitgetrek word."
SAMWU vergadering goedgekeur en daarna 'n ander vergadering belê met personeel.
Inmenging in administrasie: Uitvoerende Burgermeester meng in en gee opdragte aan personeel, bv. Kredietbeheerbeleid.
Uitvoerende Burgermeester neem besluite in gang.
Munisipale Bestuurder moet personeelaanstellings maak en dan dwing Uitvoerende Burgermeester sy gesag af op Munisipale Bestuurder.
Betaal 'n voertuig vir sy motorbestuurder vanaf Mnr. Freeks, uit Burgermeestersfonds.
Intimidasie van Me. Rothman wat in u kantoor bespreek is. Sy moes vir winkeldiefstal gevang word, aangesien sy 'n klag van seksuele teistering teen u gemaak het.
Klere ten bedrae van R 2 000, 00 vir Mnr. Roodtman is aangekoop uit Burgermeestersfonds.
Die manne van die Disco het blykbaar met geweld toegang verkry tot die saal, saal is beskadig en toilette is in 'n haglike toestand, maar nogtans word deposito's terugbetaal, sonder dat handtekeninge op die vorms is.
Me. Rothman moes u huis se vloere gaan poleer. Hierdie voorbeelde van inmenging in die administrasie is 'n herhaling van die bevindings van die Prest-komitee wat in Hoofstuk 8, paragrawe 3 en 5 gewys het op Raadslid Donson se onreëlmatige inmenging, wat dit bloot ontken het. Sy getuienis in die verband word verwerp.
Die getuie begin met die voorlegging van 'n beëdigde verklaring van rld. A. Baartman (wat later getuig) aangaande die opdrag van die Burgermeester om sekere persone af te dank, waaronder ook die getuie. Hy sit dan sy getuienis voort met 'n sterk bewoorde verhaling van intimidasie deur die Burgermeester van homself en amptenare in die algemeen. Die getuienis handel verder dan ook grootliks met onreëlmatighede wat die Burgermeester sou begaan het soos inmenging met die administrasie, eensydige besluitneming, onnodige aanstellings ten bate van himself, onbehoorlike besteding van fondse ens. Hy beskryf die Burgermeester as outokraties en intimiderend. Hy loof daarenteen die optrede en verhouding van die MB met sy personeel en krediteer hom met behoudende optrede onder groot druk van die Burgermeester. Die getuie is sterk gemotiveer maar dit kom wel uit in sy getuienis dat hy en die Burgermeester eens op baie goeie voet was en dat daar op 'n stadium 'n breuk gekom het waarna dinge verder verkeerd gegaan het. Die getuie maak ook deel uit van die beantwoording van getuienis deur die M waar dit gaan oor die algemene administrasie en dit is dan ook onder die afdeling dat die MB oorgaan tot 'n ontboeseming van ervarings wat Jonathan tot 'n groot mate steun en bevestig wat hy insake intimidasie en inmenging te sê het. Hierdie getuienis val in 'n kategorie van sy eie en is inderwaarheid nie deel van die klaergroep as sulks nie nog is dit werklik 'n antwoord op enige spesifieke getuienis wat gelewer is. Dit is in elk geval uiters insiggewend en plaas baie aspekte wat onduidelik was in perspektief".
In paragraaf 4 van Prokureur Uys se submissie namens die munisipaliteit word gesê:
Alles in aggenome word die submissie met respek gemaak dat die Komitee die volgende as bevindings sal oorweeg: ­
Dat die uitvoerende burgermeesterstelsel nie werkbaar is vir die M nie; 4.2.2 dat daar intimidasie van die amptenary was juis as 'n uitvloeisel van die uitvoerende B­stelsel welke intimidasie 'n negatiewe uitwerking op die werkverrigting van die amptenary tot gevolg gehad het."
In paragraaf 5 word die volgende aanbevelings deur Prokureur Uys voorgehou:
behoorlike interne ondersoek deur onafhanklike kundiges na die aanspreeklikheid van Raadslede en amptenare op bestuursvlak met insluiting van die ondersoek van intimidasie waarna gepaste dissiplinêre stappe ingevolge gedragskodes sal volg."
Die Sakekamer het ook sterk vertoë gerig dat die stelsel van Uitvoerende Burgermeester in Kannaland afgeskaf word en dat opgetree word teen die huidige bekleër van die pos wat oënskynlik die Gedragskode vir Raadslid en verskeie opsigte oortree het.
Daar is kennis geneem van die feit dat die ANC as die politieke party waarvan Raadslid J. Donson 'n lid is, na afloop van die openbare verhore, hom geskors het hangende die uitslag van hierdie verslag. Dit is te verwelkom as politieke partye ook stappe doen, om bo en behalwe die amptelike optrede van owerheidsweë, wanadministrasie en wanpraktyke teen te werk. Dit stuur die regte boodskap uit dat ongeag die persoon, sulke wanpraktyke nie geduld sal word nie.
Aanbeveling
Twee optredes word in verband met die Uitvoerende Burgermeester aanbeveel: Eerstens, dat die stelsel van die Uitvoerende Burgermeester hersien word en dat die Minister van Plaaslike Regering ingevolge Art. 12 van die Strukturewet die Kannaland Munisipaliteit weer, soos voorheen die posisie was, verklaar tot 'n munisipaliteit met 'n volle raad uitvoerende stelsel. So 'n stelsel leen hom nie tot die magskonsentrasie wat in Kannaland Munisipaliteit voorgekom het met 'n persoon soos Burgermeester Donson nie en is na mening meer geskik vir 'n munisipale raad van slegs nege lede.
Tweedens, dat die Minister van Plaaslike Regering 'n afdruk van hierdie verslag aan die Speaker van die Kannaland Munisipaliteit voorsien en hom versoek om aan die hand van bevindinge hierin vervat, 'n ondersoek te gelas ingevolge die Stelselswet, Item 13 van Bylae 1, Gedragskode vir Raadslede, na die onbehoorlike inmenging in die administrasie van die munisipaliteit deur Burgermeester Donson, teenstrydig met Item 11 van die Gedragskode. Soos reeds elders vermeld, sou hierdie Ondersoekkomitee, indien dit regtens die bevoegdheid gehad het, op grond van die oorweldigende getuienis wat gelewer was, aanbeveel het dat Raadslid Donson as raadslid van sy pos onthef word.
Die enigste eerbare optrede vir Raadslid J. Donson is om self te bedank as Burgermeester en as Raadslid van die Kannaland Munisipaliteit.
Al verdien 'n man dit nie, eer hom na sy posisie. Dis al genoeg dat hy die posisie oneer aandoen." -C. J. L
E. AANBEVELINGS SOOS VERVAT IN DIE VERSLAG
Die aanbevelings word gemaak, onder andere met in agneming van die volgende oorwegings:
Die getuienis wat gelewer is en bevindings wat gemaak is;
die feit dat die Ondersoekkomitee as sulks geen uitvoerende bevoegdhede het nie en slegs bevindings en aanbevelings kan maak;
die onderskeid wat gemaak moet word tussen:
munisipale stelsels wat òf nie in plek is nie òf nie na wense funksioneer nie; en ii persone (raadslede en amptenare) wie se handelinge verdere ondersoek en moontlike dissiplinêre en ander korrektiewe optrede regverdig;
die feit dat hierdie Ondersoekkomitee aangestel is ingevolge Art. 106 van die Stelselswet en nie ingevolge Item 14 van Bylae 1, Gedragskode van Raadslede, nie. Die gevolg is dat enige verdere optrede (skors vir 'n tydperk of uit amp ontslaan van 'n raadslid) eers kan plaasvind nadat deur die Speaker opgetree is ingevolge Item 13 van Bylae 1 in die verband met die prima facie oortredings van die Kode; en die Oorgangsbepaling in Art. 178 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet 56 van 2003), wat waarskynlik binne maande in werking sal tree, en as volg lees:
 Enigiets gedoen ingevolge 'n bepaling deur artikel 179 herroep wat ingevolge 'n bepaling van hierdie Wet gedoen kan word, word geag ingevolge hierdie Wet gedoen te gewees het".
Art. 10G van die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993 (Wet 209 van 1993) is die wetsbepaling ten opsigte van finansiële aangeleenthede ingevolge waarvan tans formeel opgetree sal kan word om onder andere opdragte aan die munisipaliteit uit te reik en wat herroep staan te word. Met in agneming van Art. 178 van Wet 56 van 2003, sal die optrede ingevolge Art. 10G sover moontlik so gestruktureer moet word dat die optrede met die herroeping van Art. 10G, geag word ingevolge Wet 53 van 2003 gedoen te gewees het.
Aanbevelings ten opsigte van munisipale stelsels en strukture
Dat die Minister van Plaaslike Bestuur die nodige stappe doen ingevolge Art. 12 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 1998 (Wet 117 van 1998), soos gewysig, om die kategorie van munisipaliteit van die Kannaland Munisipaliteit te verander vanaf die huidige burgermeester-uitvoerende stelsel na 'n munisiplaiteit met 'n volle raad uitvoerende stelsel, soos wat dit aanvanklik was met die instelling van die munisipaliteit in Desember 2000;
Dat daar voortgegaan word met die toepassing van 'n finansiële herstelplan. Formele opdrag vir die implementering van so 'n finansiële herstelplan moet aan die Kannaland Munisipaliteit gegee word ingevolge Art. 10G (m) van die Oorgangswet sodat die plan geag sal word 'n herstelplan te wees ingevolge die Munisipale Finansieswet 2003, wanneer die Wet in werking tree. Die herstelplan moet al die relevante elemente bevat waarna in die aanbevelings van hierdie verslag verwys word, insluitend:
Par. D.1.2, opvolg van Ouditeur-generaal verslag;
Par. D.1.3.1 en D.1.3.2, begrotingsbeheer van die 2003/04 begroting en opstel van 2004/05 begroting met publieke deelname; . Par. D.1.3.3, skei van Kapitaal en Bedryfsrekeninge; . Par. D.1.3.4, dat die finansiële state opgestel en geoudit word; . Par. D.1.4, oorweeg verdere stappe ingevolge Art. 10G (f) om verliese te verhaal; . Par. D.1.4.1, opstel en toepassing van voorskrifte vir die aanwending van opheffingsfondse; . Par. D. 1.4.2, stel realistiese perke vir die Burgermeestersfonds met geoorloofde doelwitte gebaseer op goedgekeurde programme;
Par. D.1.4.3.2, verwys dokumente oor aanwending van Burgemeesterfonds na die Ouditeur-generaal en SAPD;
Par. D.2.3, verseker dat statutêre betalings aan mediese en pensioenfondse stiptelik geskied;
Par. D.2.4, gebreke in verlof rekordstelsel moet reggestel word;
Par. D.5, toepas van riglyne ingevolge Art. 67 van Wet 56 van 2003 vir oordrag van fondse na Toerisme Buros en ander buite instansies;
Par. D.6.9 uitklaring van fondse beskikbaar vir droëvrugteprojek;
Par. D. 6.10, uitklaring van fondse beskikbaar vir die taxi staanplek, Ladismith;
en die opstel, aanvaarding en toepassing van die planne, beleide en verordeninge vermeld in paragraaf (c);
c Dat daar toegesien word dat die volgende planne, beleide en verordeninge aangeneem of hersien en toegepas word:
i Water 'n Waterdienste ontwikkelingsplan ingevolge artikels 13 - 15 van Wet op Waterdienste, 1997 Wet 108 van 1997. Dit is 'n hoë prioriteit met in ag naming van die vele klagtes en probleme t.o.v. water en riooldienste.
Deel van die lewering van hierdie basiese diens en plan moet 'n opvoedingskomponent insluit wat gedoen kan word in samewerking met privaat organisasies, nie-regeringsorganisasies ens. ten einde vennootskappe te bevorder
Waterbesparing en effektiewe water gebruik praktyke moet deel uitmaak van die voorgestelde waterdienste ontwikkelingsplan en moet binne die gemeenskap gevestig en aangemoedig word deur middel van gemeenskapsdeelname inisiatiewe, verspreiding van inligting deur middel van pamflette, huishoudelike besoeke deur gesondheid amptenare, ens.
ii Kredietbeheer 'n Hersiening van die huidige Kredietbeheer en Skuldinvorderingsbeleid moet gedoen word. Voeg ook by verpligtinge van die gemeenskap soos beoog in Art. 52 en Klantesorg-en bestuur, soos beoog in Art. 95 van die Stelstelswet en aanvaar Verordenings soos beoog in Art. 98 van die Stelselswet;
iii Tariefbeleid 'n Tariefbeleid soos bedoel in Art. 74 van die Stelselswet en Tarief Verordenings ingevolge Art. 75 van die Stelselswet moet opgestel en aangeneem word.
iv Batebestuurbeleid 'n Batebestuurbeleid ten opsigte van vaste en roerende bates moet opgestel, aanvaar en toegepas word. Vlootbestuur van die munisipale voertuie moet ook in die beleid aangespreek word.
v Beleggings en Kontantbestuursbeleid 'n Beleggings en Kontantbestuursbeleid moet opgestel, aanvaar en toegepas word.
vi Skuldbestuursbeleid Die skuld van die Kannaland Munisipaliteit en die afbetaling daarvan moet bestuur word ooreenkomstig 'n Skuldbestuursbeleid. So 'n beleid moet opgestel, goedgekeur en toegepas word.
vii Verkrygingsbeleid 'n Voorkeurverkrygingsbeleid soos bedoel in Art. 2 van die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid, 2000 Wet 5 van 2000 moet vir die Munisipaliteit Kannaland opgestel, goedgekeur en toegepas word.
viii Ouditkomitee Die Onafhanklike Ouditkomitee om 'n evalueringsfunksie uit te oefen, soos bedoel in Art. 10G2c van die Oorgangswet, wat onlangs eers tot stand gekom het, se ledetal moet uitgebrei word om verteenwoordigers van belastingbetalersvereniging, die sakekamers asook verteenwoordigers van ander belangegroepe en rolspelers in te sluit.
ix Diensstate en personeelaangeleenthede
Die huidige "Beleidsraamwerk" soos bedoel in artikels 55 en 66 van die Stelselswet moet hersien, verbeter en deur die munisipale raad goedgekeur word om die Munisipale Bestuurder in staat te stel om sy bevoegdhede ingevolge artikels 55 en 66 uit te oefen binne die goedgekeurde beleid.
Die huidige diensstaat moet krities dog objektief geëvalueer en hersien word met die oog op die daarstelling van 'n ekonomiese, effektiewe, verantwoordbare en bekostigbare administrasie.
Enige moontlike aanpassing in diensvlakke waar werknemers op te hoë vlakke aangestel is en die moontlike ontslag van werknemers op grond van bedryfsvereistes wat ter sprake mag kom, soos bedoel in artikels 189 en 189A van die Wet op Arbeidsverhoudinge 1995 (Wet 66 van 1995), soos gewysig, moet slegs gedoen word met die hulp en advies van die Wes-Kaapse Plaaslike Regerings Organisasie (WEKPRO) op versoek van Kannaland Munisipaliteit.
n Gewysigde en opgedateerde Gelyke Indiensnemingsplan "Employment Equity Plan", soos bedoel in Art. 20 van die Employment Equity Act 1998 (Wet No. 55 van 1998) moet opgestel en goedgekeur word met bepaalde klem op Art. 67 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels Wet, 2000( Wet No. 32 van 2000).
Die delegasies moet hersien en aangepas word indien die politieke strukture en die diensstate aangepas word.
Aanstellingsprosedures van werknemers (uitgesonderd die aanstelling van die Munisipale Bestuurder en ander Art. 57 aanstellings) moet hersien word om politieke betrokkenheid te beperk tot die aanneem van die beleidsraamwerke hierbo vermeld, soos beoog in die relevante wetgewing waarna verwys is.
Die rol van die Arbeidsforum moet beperk word tot die taakomskrywing soos ooreengekom in die Plaaslike Owerheids -Bedingingsraad.
x Rolle en Verantwoordelikhede van politici en amptenare
Die onderskeie rolle en verantwoordelikhede van elke politieke struktuur, politieke ampsbekleër en van die Munisipale Bestuurder moet in presiese terme omskryf word en erken en beslag aan gegee word deur toepaslike reëls, prosedures, instruksies en ander skriftelike stukke, soos bedoel in Art. 53 van die Stelselswet.
xi Prestasiebestuurstelsel 'n Prestasiebestuurstelsel soos bedoel in Hoofstuk 6 van die Stelselswet moet ontwikkel en ingestel word. 'n Kultuur van prestasiebestuur moet onder die politieke stukture, politieke ampbekleërs en in die administrasie bevorder word sodat die Munisipaliteit Kannaland sy sake op 'n ekonomiese, effektiewe, doeltreffende en verantwoordbare wyse kan administreer, soos bedoel in Art. 38 van die Stelselswet.
xii Gemeenskapsdeelname 'n Kultuur van gemeenskapsdeelname in die munisipale regering van Kannaland moet ontwikkel word soos beoog in Art. 1521e van die Grondwet en Hoofstuk 4 van die Stelselswet. Daar moet toegesien word dat meganismes, prosesse en prosedures vir gemeenskapsdeelname ontwikkel en toegepas word, soos bedoel in Art. 17 van die Stelselswet en ook wykskomitees soos bedoel in Deel 4, Hoofstuk 4 van die Strukturewet.
xiv Toegang Tot Inligting en Administratiewe Geregtigheid
Dat die Munisipaliteit ondersteun moet word om 'n Handleiding soos voorgeskryf in Art. 14 van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting 2000 (Wet 2 van 2000), op te stel; en Dat 'n kursus oor die toepassing van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting No. 2 van 2000 en die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid No. 3 van 2000 vir raadslede en amptenare van die Kannaland Munisipaliteit en lede van die gemeenskap gereël en aangebied word.
Aanbevelings ten opsigte van optrede teen raadslede en amptenare
Raadslede
Die Minister van Plaaslike Regering moet die Speaker van 'n afskrif van die verslag voorsien en hom versoek om aan die hand van die bevindinge daarin vervat, 'n ondersoek te gelas ingevolge item 13 van die Gedragskode vir Raadslede, Bylae 1 van die Plaaslike Regering: Munisipale Stelselswet, 2000 Wet 32 van 2000 om prima facie oortredings van die Kode deur die uitvoerende burgermeester, Mnr. J. Donson en die uitvoerende onderburgermeester, Mnr. C. Baartman te ondersoek, meer spesifiek verwysend na beweerde oortreding van item 11b van die Kode deur die uitvoerende burgermeester.
Werknemers
Die Munisipaliteit Kannaland moet, voorspruitend uit die bevindinge soos vervat in hierdie verslag, 'n versoek rig tot WEKPRO om hul by te staan met die formulering van klagstate asook die hou van disiplinêre verhore t.o.v. die volgende amptenare:
iii die Munisipale Tesourier, Mnr. H. Nel nie-nakoming van statutêre pligte;
Dit word aanbeveel dat gemelde werknemers geskors word met behoud van besoldiging, hangende die disiplinêre verhore. Voortgesette administratiewe steun moet deur die Eden Distriksmunisipaliteit en konsultante soos Zader Munisipale Dienste gelewer word aangesien dit 'n leemte sal laat in die topbestuur van die munisipaliteit. Die sake moet met WEKPRO se hulp so spoedig doenlik afgehandel word.
Die Munisipaliteit Kannaland moet WEKPRO ook versoek om behulpsaam te wees om alle ander hangende disiplinêre verhore so spoedig moontlik af te handel sodat daar bestendigheid en regssekerheid in die munisipaliteit se administrasie gevestig kan word.
Die nodige stappe sal in samewerking met WEKPRO gedoen moet word om toe te sien dat 'n geskikte persoon met die vereiste vaardighede en kundigheid die pos van Interne Ouditeur bekleë.
Die Munisipaliteit van Kannaland se aandag word weereens gevestig op die bepalings van die Wet op Beskermende Bekendmakings, 2000 (Wet 26 van 2000) en dat daar geen beroepsnadeel of ontslag van 'n werknemer mag plaasvind omrede die werknemer 'n beskermende bekendmaking, soos in daardie Wet omskryf, gedoen het nie. Veral werknemers wat voor die Ondersoekkomitee getuig het mag nie as gevolg daarvan enigsins benadeel word bloot omdat hulle bepaalde sake in openbare belang bekend gemaak het nie.
Die volgende aanbevelings word gemaak t.o.v. Van Wyksdorp, Calitzdorp en Zoar: . Par. B.7.4, dat Eden Distriksmunisipaliteit hoër prioriteit aan hierdie gebiede toeken; . Par. D.6.1.2, oorweeg pos van bibliotekaris vir Van Wyksdorp; . Par. D.7.4.3, toepassing van kriteria vir uitdeel van kospakkies; . Par. D.8.3.2, toepassing van G.O.P en sektorale planne; . Par. D.8.6.2, meganismes vir deelnemende demokrasie in plaaslike regering.
Drieledige Ooreenkoms
Die Minister van Plaaslike Bestuur moet die initatief neem om 'n drieledige ooreenkoms te beding tussen:
die Wes-Kaapse Departement van Plaaslike Regering;
ii die Kannaland Munisipaliteit; en iii die Eden Distriksmunisipaliteit. Gemelde drieledige ooreenkoms moet voorsiening maak vir die voorwaardes waaronder die Wes-Kaapse Provinsiale Regering en die Eden Distriksmunisipaliteit onderskeidelik bereid sou wees om die Kannaland Munisipaliteit by te staan met administratiewe, tegniese en finansiële hulp en om die bogemelde aanbevelings en ander stappe wat nodig blyk te wees op 'n standhoudende basis toe te pas. Vordering moet gemonitor word en daar moet gereelde openbare verslagdoening aan die Minister van Plaaslike Bestuur geskied.
Dit was vir die Voorsitter, Mnr. Len Dekker en vir die Lid van die Ondersoekkomitee, Mnr Efraim Oppelt, 'n voorreg om deel van die ondersoek te kon wees.
Dit word vertrou dat die verslag en aanbevelings sal lei tot 'n Kannaland Munisipaliteit wat op 'n volhoubare, ekonomiese en doeltreffende wyse dienste verskaf aan die gemeenskap volgens die riglyne vir openbare administrasie soos vervat in Art. 195 van die Grondwet.
Soos blyk uit die veelvoudige verwysings na plaaslike regeringswetgewing in hierdie verslag, het Suid-Afrika seker van die beste wetgewing oor die onderwep wat daar tans te vind is. Die probleem lê nie by die wetgewing nie, maar by die gebrekkige kennis en toepassing daarvan.
Beide demokraties verkose politieke ampsbekleërs en aangestelde kundige amptenare het 'n rol te speel in munisipale regering en administrasie. Dit is nodig dat hierdie rolle en funksies duidelik uitgespel word, soos hierbo aanbeveel is. Waar raadslede op 'n onbehoorlike wyse inmeng in die administrasie en amptenare se optrede deur politieke dienstigheid bepaal word, is dit 'n resep vir wanadministrasie; dit is een van kernbelangrike lesse te leer uit die Kannaland Ondersoek.
Amptenare wat polities dienstig is teenoor raadslede en nie hul statutêre pligte nakom nie, doen nie hulself of die raadslede 'n guns nie - dit lei tot probleme vir albei en ook vir die gemeenskap wat hulle moet dien.
Hoe meer 'n man hom laat gebruik, hoe minder bruikbaar is hy".
Dank word betuig aan die volgende persone en instansies:
die Minister van Plaaslike Regering, Mnr. Cobus Dowry vir die vertroue in ons gestel met die aanstelling;
die Hoofondersoeker van die Openbare Beskermer, Adv. C. Fourie, vir sy samewerking om onnodige duplikasie van ondersoeke uit te skakel;
die amptenare van die Wes-Kaapse Provinsiale Regering onder leiding van Mnr. Michael Brewis, Direkteur Wetgewing en Administrasie vir hul tegniese bystand met die ondersoek;
die raadslede en amptenare van die Kannaland Munisipaliteit onder leiding van Burgermeester J. Donson en Munisipale Bestuurder, Mnr. F. Human, wat te midde van kritiek en onder soms moeilike omstandighede nogtans hul volle samewerking aan die Ondersoekkomitee verleen het;
die getuies wat bereid was om in die openbaar onder eed getuienis af te lê en onder kruisverhoor geneem te word;
die groot getal lede van die plaaslike gemeenskap wat hul belangstelling getoon het deur die openbare verhore by te woon;
die lede van die sakekamer onder leiding van Mnr. Bob Reinecke wat tyd en fondse beskikbaar gestel het om voorleggings aan die Ondersoekkomitee voor te lê;
die media wat dekking aan die Ondersoek gegee het en die publiek daaroor ingelig het en sodoende 'n bydrae gemaak het tot openbare verantwoordingdoening;
die Voorsitter se sekretaresse, Yvonne Snyman, wat te midde van moeilike omstandighede die verslag getik het asook die lid van die Ondersoekkomitee, Mnr. Efraim Oppelt se sekretaresse, Ancia Schröder, vir haar tyd en opofferinge; en die eienaars van die historiese Albert Manor Gastehuis op Ladismith, Mysi en Hennie Louw wat die Ondersoekkomitee se verblyf in Kannaland so aangenaam gemaak het dat hulle weer as toeriste daarheen wil terugkeer met die volle vertroue in die munisipale dienste nl. dat daar nie 'n kragonderbreking sal wees nie en die drinkwater helder en skoon.
BYLAE
LYS VAN GETUIES EN VERTOË / DOKUMENTE INGEHANDIG TYDENS
DIE ONDERSOEK
Me. Koen Privaat
Me. A. Nel A C V 
J. H. Smit Verklaring 3
P. H. J. Klink Verklaring 6
F. Human Munisipale Bestuurder se Voordrag
Ondersoekkomitee Lys Vrae gestel deur Ondersoekkomitee aan Munisipaliteit vir beantwoording
Sakekamer Skriftelike Betoog
