DEPARTEMENT VAN PLAASLIKE REGERING
INHOUDSOPGAWE
Struktuur van die Departement
Funksies van die Departement
Kontakbesonderhede van die adjunk-inligtingsbeampte
Gids deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie oor die gebruik van die Wet
Rekords
Beskrywing van onderwerpe waaroor die Departement rekord hou
Rekords wat outomaties beskikbaar is
Versoekprosedure
Dienste beskikbaar aan die publiek
Reëling wat betrokkenheid by die formulering van beleid en die uitvoering van funksies toelaat
Regsmiddele beskikbaar ten opsigte van handelinge of versuim om te handel
STRUKTUUR VAN DIE DEPARTEMENT ARTIKEL 14 (a)
Direkteur Adjunkdirekteurs Administratief Klerklik
FUNKSIES VAN DIE DEPARTEMENT
Verleen bystand aan munisipaliteite om volgens die toepaslike wetgewing te funksioneer
Bevorder ontwikkelende plaaslike regering
Lewer bestuursondersteuning aan munisipaliteite en monitor die finansiële lewensvatbaarheid van munisipaliteite
Inisieer vermoëbouprogramme vir munisipaliteite ten opsigte van die skep en instandhouding van infrastruktuur volgens die Gekonsolideerde Munisipale Infrastruktuurprogram
DIREKTORAAT PLAASLIKE REGERING: WETGEWING EN ADMINISTRASIE
Verleen bystand aan munisipaliteite om binne die toepaslike wetgewing te funksioneer
Verleen bystand aan munisipaliteite ten opsigte van die administrasie van wetgewing
Stel provinsiale wetgewing in verband met plaaslike regering op
DIREKTORAAT PLAASLIKE REGERING: ONTWIKKELING
Bestuur institusionele ontwikkeling
Koördineer risikobestuur en brandvoorkoming
Monitor eiendomswaardasies en verleen hulp daarmee
Doen navorsing oor die ontwikkeling van plaaslike regering
Monitor geïntegreerde ontwikkelingsplanne en prestasiebestuur en verleen hulp daarmee
DIREKTORAAT PLAASLIKE REGERING: FINANSIES
Monitor hoëvlakse finansiële aanwysers van munisipaliteite en dien 'n verslag oor hul finansiële status by die provinsiale Minister van Plaaslike Regering in
Verskaf bestuursondersteuningsprogramme aan munisipaliteite en/of koördineer die implementering daarvan
Monitor die verslae van die Ouditeur-generaal oor jaarlikse oudits van finansiële state van munisipaliteite
Staan spesifieke finansiële goedkeuring aan munisipaliteite toe soos vereis ingevolge wetgewing in verband met plaaslike regering
KONTAKBESONDERHEDE VAN ADJUNK-INLIGTINGSBEAMPTE ARTIKEL 14 (b)
Tel.: 483-2587
Faks: 483-8789
GIDS DEUR DIE SUID-AFRIKAANSE MENSEREGTEKOMMISSIE OOR DIE GEBRUIK VAN DIE WET ARTIKEL 14 (c)
Die gids oor die gebruik van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000, sal teen nie later nie as Augustus 2003 by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie beskikbaar wees. Doen navraag by:
Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie Eenheid vir die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting
Afdeling Navorsing en Dokumentasie
Posadres: Privaat sak 2700
REKORDS
ARTIKEL 14 (d)
BESKRYWING VAN ONDERWERPE WAAROOR DIE DEPARTEMENT REKORD HOU
Wetgewing
Verordeninge
Regsmenings ten opsigte van plaaslike regering
Vergoeding van Raadslede
Gedragskode vir Raadslede
Kommissies/Komitees van Ondersoek
Litigasie
Vrae in die Wetgewer
Rampbestuur
Burgerlikebeskermingsorganisasie
Noodhulp en Noodplanne vir Ontruiming
Noodbeplanning
Brandvoorkoming
Waardasiehowe/-rade
Regsaksies teen of deur 'n Appèlraad vir Waardasie
Tussentydse waardasies
Monitering en verslaglewering: Waardasiegehalte
Heffing op Eiendomsbelasting
Ontwikkeling van Plaaslike Regering
Stedelike en Hernuwingsontwikkeling
Transformasie
Munisipale Afbakening
Prestasiebestuur
Navorsing
Plaaslike Ekonomiese Ontwikkelingsfonds
Kommunikasie
Fondse vir Maatskaplike Ontwikkeling
Billike Verdeling
Lewensvatbaarheid van projekte
Begroting
Ouditnavrae
Wentelfonds
Konsolidasiefonds
Finansiële state van plaaslike regering
REKORDS WAT OUTOMATIES BESKIKBAAR IS ARTIKEL 14 (e)
Geen formele kennisgewing is gepubliseer in verband met die kategorieë rekords binne die Departement wat outomaties aan die publiek beskikbaar is sonder dat 'n persoon toegang moet versoek ingevolge die prosedures wat in die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting bepaal word nie. Hieronder is 'n lys van sodanige rekords.
BESKRYWING VAN KATEGORIEË MANIER WAAROP TOEGANG TOT
REKORDS WAT OUTOMATIES REKORDS VERKRY WORD
BESKIKBAAR IS INGEVOLGE ARTIKEL
 VAN DIE WET OP BEVORDERING
VAN TOEGANG TOT INLIGTING, 2000
BESKRYWING VAN KATEGORIEË REKORDS WAT OUTOMATIES BESKIKBAAR IS VIR KOPIËRING OF AANKOPE INGEVOLGE ARTIKEL 15 (a)(ii)
a Indekslys van munisipale verordeninge b Provinsiale beleidsdokumente Afskrifte van hierdie rekords kan na betaling van die voorgeskrewe gelde verkry word by die Direkteur: Wetgewing en Administrasie, Waalstraat 27, Privaat sak X9083, Kaapstad.
 ... (c) Begrotingstoespraak ... (d) Jaarverslag van die Departement van Plaaslike Regering (e) Strategiese Plan (f) Begroting (in staatskoerant) ... Afskrifte van hierdie rekords kan na betaling van die voorgeskrewe gelde verkry word by die Ministeriële Skakelbeampte, Waalstraat 27, Privaat sak X9083, Kaapstad... Afskrifte van hierdie rekords kan na betaling van die voorgeskrewe gelde verkry word by die Direktoraat Finansies, Waalstraat 27, Privaat sak X9083, Kaapstad.
VERSOEKPROSEDURE
n Versoeker moet Vorm A, soos voorgeskryf in die regulasies wat ingevolge die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (Regeringskennisgewing R223 van 9 Maart 2001) gepubliseer is, gebruik.
n Versoekfooi ten bedrae van R35,00 is betaalbaar voordat die versoek verwerk sal word.
Op die bogenoemde vorm word voorsiening gemaak vir die versoeker om aan te dui of hy/sy 'n afskrif van die rekord wil hê en of hy/sy bloot daarna wil kyk.
Die vorm maak ook daarvoor voorsiening dat die versoeker kan aandui in watter taal die rekord verlang word, hoewel daar geen verpligting op die Departement rus om dit te vertaal nie.
n Versoeker kan ook aandui op watter wyse (dit wil sê 'n afskrif op papier, 'n elektroniese afskrif, ensovoorts) toegang tot die rekord verleen moet word. Daar sal by hierdie versoek gehou word, tensy dit onredelik sal inmeng met die bedrywighede van die Departement of indien daar om praktiese redes nie in die spesifieke vorm of medium toegang tot die rekords verleen kan word nie.
n Versoekfooi is betaalbaar indien die persoon byvoorbeeld afskrifte van die rekord verlang. In sekere gevalle mag die betrokke persoon ook versoek word om 'n deposito te betaal. Die versoeker kan 'n interne appèl indien teen die betaling van hierdie gelde. Die bedrag wat ten opsigte van 'n interne appèl betaalbaar is, beloop R50,00. Indien die versoeker 'n interne appèl wil indien, moet Vorm C (soos voorgeskryf in Regeringskennisgewing R223 van 9 Maart 2001) ingevul word.
Ingeval al die prosedures vir 'n interne appèl gevolg is en die versoeker nog nie tevrede is met die uitkoms nie, kan 'n hof genader word vir 'n toepaslike bevel.
Toegang tot 'n rekord sal weerhou word totdat al die toepaslike gelde betaal is.
Inligting kan namens 'n ander persoon aangevra word, maar daar moet aangedui word in watter hoedanigheid die versoek gerig word.
Indien die versoeker nie kan lees of skryf nie, of as gevolg van 'n gestremdheid nie die vorm kan invul nie, kan die versoek mondeling gerig word. Die inligtingsbeampte of 'n persoon aan wie die bevoegdheid gedelegeer is, moet dan die vorm namens hierdie persoon invul en vir hom/haar 'n afskrif van die voltooide vorm gee.
DIENSTE BESKIKBAAR AAN DIE PUBLIEK ARTIKEL 14 (f)
Geen
REËLING WAT BETROKKENHEID BY DIE FORMULERING VAN BELEID EN DIE UITVOERING VAN FUNKSIES TOELAAT ARTIKEL 14 (g)
In die meeste gevalle skryf wetgewing die prosedures vir die bekendmaking van aangeleenthede en vir openbare deelname voor.
Kennisgewing in die media, byvoorbeeld die Provinsiale Koerante, provinsiale nuusblaaie en plaaslike/gemeenskapskoerante
Die radio, veral plaaslike of gemeenskapsradiostasies
Werkwinkels en vergaderings met munisipaliteite en georganiseerde plaaslike regering
Kennisgewing op die Departement se webwerf
Handleidings en riglyndokumente (soms)
REGSMIDDELE BESKIKBAAR TEN OPSIGTE VAN HANDELINGE OF VERSUIM OM TE HANDEL
ARTIKEL 14 (h)
Wetgewing wat op die Departement van toepassing is, kan voorsiening maak vir 'n interne hersienings- of appèlprosedure. Indien hierdie prosedure gevolg is, of indien daar nie vir sodanige prosedure voorsiening gemaak is nie, kan 'n hof vir die toepaslike bevel genader word.
