Reëlings vir betaling van uitstaande belasting wat aan die SAID verskuldig is
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Belasting moet gewoonlik betaal word op die datum wat gespesifiseer word in die belastingaanslag of enige ander kennisgewing van betaling wat deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens uitgereik is. As die bedrag nie op daardie datum betaal word nie, moet jy rente en boetes betaal.
As jy nie die betrokke bedrag op die gespesifiseerde datum kan betaal nie, mag jy aansoek doen om reëlings vir uitgestelde betaling van die bedrag.
Reëlings vir uitgestelde betaling van die uitstaande balans op jou rekening sal vir 'n tydperk van hoogstens drie maande oorweeg word, afhangende van die redes vir die versoek.
Die SAID sal jou versoek oorweeg en 'n finale besluit oor reëlings vir uitgestelde betaling neem. Let daarop dat die SAID die keuse het om die versoek te weier.
Bo
Stappe om te volg
Rig versoeke vir reëlings vir uitgestelde betaling aan die SAID soos volg:
versoeke vir die uitgestelde betaling kan per hand by jou naaste SAID-takkantoor ingegee word telefoniese versoeke kan via die onderskeie SAID-inbelsentrums gerig word faksversoeke kan na die onderskeie SAID-inbelsentrums of jou naaste SAID-takkantoor gefaks word.
Onderteken die ooreenkoms vir uitgestelde betaling sodat die reëling op jou belastingrekord aangeteken kan word.
As jy nie hou by die voorwaardes vir die betaling van die uitstaande belasting, soos in die ondertekende ooreenkoms met die SAID aangedui is nie, sal die uitstelooreenkoms beëindig word. Die gewone opvolgprosedure vir die verhaling van die uitstaande bedrae wat jy verskuldig is, sal dan in werking gestel word.
Bo
Regsraamwerk
Inkomstebelastingwet, 1962
Bo
Diensstandaard
Daar is geen vasgestelde tydsraamwerk vir hierdie diens nie.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Daar is geen vorms om in te vul nie.
Bo
Kontakbesonderhede
