Aansoek deur 'n werkgewer om 'n leerlingskap te begin
Beskywing n Leerlingskap is 'n alternatiewe soort opleiding wat klem lê op praktiese ondervinding.
n Leerlingskap bestaan uit formele opleiding by 'n opleidingsentrum of kollege, asook indiensopleiding in die werksplek.
Vir meer inligting, besoek die Departement van Arbeid.
Stappe om te volg
Werkgewers moet besluit watter vaardighede hulle nodig het, en hulle mag besluit op enige leerlingskap wat deur enige sektorale onderwys-en-opleidingsowerheid aangebied word.
Werkgewers kan by SOOO om 'n toelae aansoek doen sodra hulle 'n leerlingskapooreenkoms onderteken het. Dis egter belangrik dat werkgewers eers met hulle SOOO moet skakel om te bepaal of die SOOO oor genoeg fondse beskik. Vind by die SOOO uit hoe om aansoek te doen.
Identifiseer iemand in jou organisasie om aan die leerders leiding te verskaf en om hulle by te staan met enige probleme wat hulle in jou organisasie kan teëkom.
Kry iemand om elke leerder met die akademiese sy van die leerlingskap by te staan deur 'n opleidingverskaffer te kies. Die opleidingverskaffer moet by die SOOO geakkrediteer wees.
Werkgewers kan leerders uit die bestaande werkerskorps aanwys of werklose mense vir die leerlingskap kies. Indien hulle werkloses vir die leerlingskap wil hê, kan hulle met die naaste arbeidsentrum in verbinding tree om 'n lys van beskikbare kandidate te bekom. Werkgewers is nie verplig om by voltooiing van die leerlingskap aan hierdie werklose leerders werk te verskaf nie.
Werkgewers, opleidingverskaffers en leerders moet gesamentlik 'n leerlingskapooreenkoms onderteken.
Werkgewers moet 'n kontrak met werklose leerders aangaan wat aan die sektorale bepaling van leerlingskappe voldoen. Dit is nie nodig om nuwe kontrakte met bestaande werknemers aan te gaan nie.
Dis belangrik vir werkgewers om hulle leerlingskapooreenkoms met die SOOO te registreer. Indien hulle dit nalaat sal hulle nie vir belastingkorting by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens kan aansoek doen nie. Skakel met SAID vir besonderhede oor hoe om vir die belastingkorting aansoek te doen.
Sodra al bogenoemde stappe afgehandel is, kan werkgewers die leerlingskap instel.
Regsraamwerk
Dit kan tot 30 dae neem om 'n leerlingskap in te stel.
Koste
Die diens is gratis.
Vorms om in te vul
Doen by die Departement van Arbeid navraag.
Kontakbesonderhede
