Aansoek om goedkeuring van 'n bul, varkbeer of hings vir die opvang van semen
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Dier mag as 'n skenker van genetiese materiaal goedgekeur word as 'n veearts gesertifiseer het dat daardie dier aanvaarbaar is ten opsigte van:
sy algemene gesondheid die afwesigheid van siekte die gehalte van sy semen ander eienskappe wat voorgeskryf mag word.
Bo
Stappe om te volg
Laai die elektroniese aansoekvorm af en vul dit in drukskrif in: gebruik slegs hoofletters. Jy kan die vorm ook by die Registrateur van Diereverbetering aanvra.
Doen aansoek in die naam van die geregistreerde sentrum waar die dier gehuisves gaan word.
Die aansoek moet by die toepaslike telersvereniging ingedien word.
Dien die volgende dokumente saam met jou aansoek in:
n uitgebreide tweegenerasie-stamboek wat deur die Stamboekvereniging of registrasie-owerheid gesertifiseer is n DNS-/bloedgroepsertifikaat die dier se prestasierekord die voorgeskrewe aansoekfooi.
Maak tjeks of posorders uit aan Die Direkteur-generaal: Landbou. Fooie kan ook regstreeks in die volgende bankrekening inbetaal word:
Rekeningnommer: 011219556
Takkode: 000845/010845
Die aansoek moet deur 'n privaat veearts gesertifiseer en deur 'n staatsveearts geëndosseer word.
Dien aansoeke in by:
Die Registrateur van Diereverbetering
Privaatsak X138
Pretoria
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
As die registrateur die aansoek afkeur, sal die aansoeker skriftelik in kennis gestel word van die besluit en die gronde daarvoor.
As die registrateur die aansoek om goedkeuring van die betrokke dier as 'n skenkerdier toestaan, sal 'n sertifikaat van goedkeuring uitgereik word.
Bo
Koste
R349 per dier
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
