Aansoek om 'n permit om vis op kommersiële grondslag in te voer
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Om vis op kommersiële grondslag in te voer, beteken dat jy aan aktiwiteite soos die invoer van seewatervis vir handelsdoeleindes deelneem. Om seewatervis te mag invoer, moet jy aansoek doen om 'n invoerpermit, wat deur die Minister van Omgewingsake en Toerisme of die gedelegeerde gesagsowerheid toegeken word. Niemand mag seewatervis sonder 'n permit invoer nie. Wanneer die bestaande invoerpermit verval, moet jyom 'n nuwe invoerpermit aansoek doen. Versuim om die permitvoorwaardes na te kom, kan tot opheffing of kansellasie van jou permit lei.
NB: Hierdie invoerpermit sluit varswatervis uit, want dit word deur die Departement van Landbou geadministreer . 'n Aansoek om 'n invoerpermit vir lewende varswatervis of tropiese vis moet by die Departement van Landbou ingedien word.
Die onderstaande invoerbeperkings geld:
Geen spesie wat deur die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Fauna en Flora gelys is, mag ingevoer word nie.
n Invoerpermit vir die vang van enige perlemoen, kreef en ander spesie wat uiteengesit is in Bylae 4, 5 & 12 van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne, Wet 18 van 1998 sal vir elke besending geldig wees .
Slegs bevrore heel krap wat wat elk 600 g of meer weeg, en hoogstens 25 ton daarvan, mag ingevoer word.
Lewende krap mag glad nie ingevoer word nie.
Bo
Stappe om te volg
Bekom 'n aansoekvorm deur 'n versoek aan Mariene- en Kusbestuur se bestuurskantoor te rig , of kry 'n vorm by die Departement van Omgewingsake en Toerisme se takkantoor, of laai 'n vorm by http://www.mcm-deat.gov.za af.
Lees die aansoekvorm noukeurig deur om seker te maak dat jy aan al die aansoekvereistes en -voorwaardes voldoen.
Verstrek die onderstaande inligting:
die uitvoerders in die land van oorsprong se fisiese adres die volksnaam en wetenskaplike naam van elke spesie die hoeveelheid wat ingevoer gaan word.
Dien jou aansoek saam met die volgende dokumente in:
n gewaarmerkte kopie van jou oorspronklike identiteitsdokument en jou maatskappy, beslote korporasie of trust se registrasiedokumente gewaarmerkte kopieë van geldige invoerpermitte van die Departement van Handel en Nywerheid of permitbekendstellings gewaarmerkte kopieë van die oorspronklike belastingklaringsertifikate wat deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens goedgekeur en uitgereik is.
As die vis wat jy gaan invoer nie vars is nie en nie vir menslike gebruik bedoel is nie, moet jy jou naaste tak van die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde daarvan in kennis stel.
Vul jou aansoekvorm in, onderteken dit en pos dit saam met die nodige ondersteunende dokumente aan Mariene- en Kustebestuur se bestuurskantoor .
Die oorspronklike aansoek moet gepos word, anders sal 'n permit nie uitgereik word nie.
Jy moet 'n aansoekfooi van R225 is betaal .
Bo
Regsraamwerk
Wet op Mariene Besoedeling , 1986
Bo
Diensstandaard
As die aansoek korrek ingedien is, kan dit 7 werksdae of langer duur om te verwerk.
Bo
Koste n Aansoekfooi van R225 moet betaal word. Fooie is onderhewig aan 'n jaarlikse hersiening en vasstelling deur die minister van Omgewingsake en Toerisme, of sy gedelegeerde gesag, in oorleg met die Minister van Finansies.
Bankbesonderhede vir die inbetaling van die aansoekfooi vir 'n invoerpermit:
Tak: Korporatiewe Rekeningdiens KaapstadTakkode: 204109
Rekening: Lopend
Rekeningnommer: 62123256382
Verwysingsnommer: Kontak die kliëntedienssentrum by 0861 123 626
Bo
Vorms om in te vul
Application for an import permit Die vorms in nie aanlyn beskikbaar nie. Tree asseblief met jou naaste departementele kantoor in verbinding.
Bo
Kontakbesonderhede
