Aansoek om 'n visvangsreg en 'n permit om kommersiële visvangs te onderneem
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Kommersiële visvangs is primêr die uitoefening van 'n visvangsreg. Daar moet eers vir hierdie reg, om vis vir handelsdoeleindes te benut, te vang, of by 'n visvangsverwante aktiwiteit betrokke te raak, aansoek gedoen word en die reg moet toegestaan word. Hierdie reg sluit ook betrokkenheid in by visvangsverwante aktiwiteite en aktiwiteite wat nie op verbruik gerig is nie. Om jou visvangsreg te mag uitoefen, moet jy aansoek doen om 'n kommersiële visvangspermit, wat deur die Minister van Omgewingsake en Toerisme of sy gedelegeerde gesag uitgereik sal word. Die DEA&T staan volle of beperkte kommersiële visvangsregte in geselekteerde visvangsektore toe op grond van die Total Allowable Catch or Effort , wat jaarliks deur die Minister van die Departement van Omgewingsake en Toerisme Department of Environmental Affairs and Tourism vasgestel word. Niemand mag sonder 'n permit aan kommersiële visvangs deelneem nie.
Jy moet eers om 'n kommersiële visvangsreg aansoek doen voor jy om 'n kommersiële visvangspermit aansoek kan doen. Die permit moet jaarliks hernu word, en as jy nie die permitvoorwaardes nakom nie, kan jou permit opgehef of gekanselleer word, of jou visvangsreg kan herroep word.
Benewens die kommersiële visvangspermit moet 'n ook 'n vervoerpermit hê om vis te mag vervoer.
Bo
Stappe om te volg
Jy kan slegs op uitnodiging om visvangsregte aansoek doen. Hierdie uitnodiging sal in die Staatskoerant gepubliseer word.
Kry 'n aansoekvorm by die Departement van Omgewingsake en Toerisme of by die insamelings- of verpreidingspunt wat deur DEA&T aangekondig is.
Lees alles noukeurig deur sodat jy dit goed verstaan, en sorg dat jy aan al die vereistes en voorwaardes van die aansoek voldoen.
Vul die aansoekvorm in, onderteken dit en handig die aansoekvorm, saam met die nodige gewaarmerkte ondersteuningsdokumente en die nie-terugbetaalbare voorgeskrewe fooi, by die plek in wat deur DEA&T bepaal word, of by jou naaste DEA&T-kantoor.
Die aansoeke sal beoordeel word sodra die keerdatum vir indiening verstryk het, en die DEA&T sal jou per brief laat weet of jou aansoek goedgekeur is.
Bo
Regsraamwerk
Wet op Mariene Besoedeling , 1986
Bo
Diensstandaard
Soort visvangsreg:
Die aansoekproses kan een tot drie maande of langer duur, afhangende van die getal aansoeke wat ontvang word en/of die visvangsektorseisoen.
Soort visvangsreg:
Die aansoekproses kan sewe werksdae of langer duur, afhangende van die getal aansoeke wat ontvang word en/of die visvangsektorseisoen.
Bo
Koste
