Aansoek om goedere na die land in te voer
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die Wet op Internasionale Handelsadministrasie, 2002 gee die Minister van Handel en Nywerheid die reg om, indien hy dit as noodsaaklik of in die openbare belang beskou, 'n kennisgewing in die Staatskoerant te publiseer waarin hy bepaal dat slegs goedere in 'n bepaalde klas of van 'n bepaalde soort na Suid-Afrika ingevoer mag word; of na Suid-Afrika ingevoer mag word mits dit geskied onder gesag van, of in ooreenstemming met die voorwaardes van 'n permit wat deur die Minister of sy gevolmagtigde uitgereik is.
Aansoeke om 'n invoerpermit vir die invoer van goedere wat aan invoerbeheermaatreëls onderworpe is, moet op die voorgeskrewe aansoekvorm ingedien word.
Hierdie vergunning is daarop gemik om te voorkom dat ingevoerde tweedehandse goedere die bedryf van die Suider-Afrikaanse Doeaneunie vernietig. Dié vergunning dra ook by tot beheer met betrekking tot omgewingsgesondheid en sekuriteit, en die nakoming van veiligheids- en gehaltestandaarde. Dit bevorder ook beheer ten opsigte van die nakoming van omgewingsvereistes.
Bo
Stappe om te volg
Vul die aansoekvorm in.
Dien die aansoekvorm by die Direktoraat: Invoer- en Uitvoerbeheer van die International Handelsadministrasiekommissie van Suid-Afrika in.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Daar is geen vasgestelde tydsraamwerk vir hierdie diens nie.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
