Aansoek om 'n belastingaanwysing - gratifikasies
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Hierdie versoek moet by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ingedien word wanneer jy 'n aanwysing vir belastingaftrekking met betrekking tot diverse enkelbedragbetalings deur werkgewers nodig het.
Bo
Stappe om te volg
Sorg dat jou belastingsake in orde is voor jy vir 'n belastingaanwysing aansoek doen - die SAID sal gewoonlik nie 'n belastingaanwysing uitreik as daar enige uitstaande belastingopgawes of betalings is nie.
Verskaf die onderstaande aan die SAID om hulle help om jou aansoek om 'n belastingaanwysing goed te keur:
jou ID- en belastingverwysingsnommer jou werkgewer se LBS-verwysingsnommer.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
As die SAID jou aansoek goedkeur, sal hulle dit binne 'n paar dae bevestig. Dit kan egter tot vier weke duur om die amptelike belastingaanwysing uit te reik.
Dit is baie makliker om deur eFiling vir 'n belastingaanwysing aansoek te doen. As jy deur hierdie diens werk, word jou aansoek om 'n belastingaanwysing gewoonlik binne 48 uur goedgekeur.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Vul jou aansoek aanlyn in en dien dit in; of laai die vorm, Aansoek om belastingaanwysing: Gratifikasie af en vul dit in.
Bo
Kontakbesonderhede
