Aansoek om 'n belastingaanwysing - vaste persentasie
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Hierdie aanwysing word voorgelê wanneer 'n versoek gerig word dat 'n vaste koers van 'n belastingbetaler se besoldiging afgetrek word. Die werkgewer moet hierdie versoek namens die werknemer voorlê.
Aanwysings is nie oordraagbaar nie en as die werknemer van werk verander, moet 'n nuwe aansoek voorgelê word. As jy meer as een werkgewer het, moet 'n aparte aansoek om 'n aanwysing vir elke werkgewer gedoen word.
Afskrifte van aanstellingsbriewe, dienskontrakte en ander tersaaklike dokumente moet ingedien word sodat die diensbepalings en -voorwaardes geverifieer kan word.
n Vastekoersaanwysing sal vir hoogstens 12 maande uitgereik word. Daarna moet dit hernu word.
Bo
Stappe om te volg
Sorg dat jou belastingsake in orde is voor jy vir 'n belastingaanwysing aansoek doen - die SAID sal gewoonlik nie 'n belastingaanwysing uitreik as daar enige uitstaande belastingopgawes of betalings is nie.
Verstrek die onderstaande inligting op jou aansoekvorm om 'n belastingaanwysing:
jou ID- en belastingverwysingsnommer jou werkgewer se LBS-verwysingsnommer.
Heg die volgende dokumente by jou aansoek aan:
n Afskrif van 'n dienskontrak n Verduidelikende brief indien jou ID-nommer of LBS-verwysingsnommer nie beskikbaar is nie.
Handig jou aansoek om 'n vastepersentasie-aanwysing per hand by jou SAID-takkantoor in, aangesien die werknemer 'n volledig gespesifiseerde staat van inkomste en uitgawes moet aanheg.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
As die SAID jou aansoek goedkeur, sal hulle dit binne 'n paar dae bevestig. Dit kan egter tot vier weke duur om die amptelike belastingaanwysing uit te reik.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Aansoek om belastingaanwysing: Vaste persentasie, IRP3
Bo
Kontakbesonderhede
