Aansoek om 'n belastingaanwysing - vaste bedrag
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Hierdie aansoek om 'n aanwysing word by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ingedien om te vra dat 'n vaste bedrag aan belasting van 'n belastingbetaler se inkomste of annuïteit afgetrek moet word.
Bo
Stappe om te volg
Sorg dat jou belastingsake in orde is voordat jy om 'n belastingaanwysing aansoek doen. Die SAID sal gewoonlik nie 'n belastingaanwysing uitreik as daar nog enige van jou belastingopgawes uitstaande is of as jy nog enige uitstaande betalings moet vereffen nie.
Verstrek asseblief die volgende aan die SAID om hulle te help met die goedkeuring van jou aansoek om 'n belastingaanwysing:
jou ID-nommer en belastingverwysingsnommer jou werkgewer of fondsbestuurder se LBS-verwysingsnommer n Gedetailleerde staat van inkomste en uitgawes. Die SAID-takkantoor kan bewys van sekere uitgawes vra voor hulle jou aansoek om 'n belastingaanwysing goedkeur die metode wat gebruik is vir die berekening van jou belastingaanspreeklikheid.
Sodra jou aansoek deur die SAID goedgekeur is, sal hulle dit binne 'n paar dae bevestig, maar dit kan tot vier weke duur voordat jy die amptelike belastingaanwysing ontvang.
Dit is baie makliker om deur eFiling vir 'n belastingaanwysing aansoek te doen. As jy deur hierdie diens werk, word jou aansoek vir 'n belastingaanwysing gewoonlik binne 48 uur goedgekeur.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit kan tot vier weke duur voordat jy die amptelike belastingaanwysing ontvang.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Vul jou aansoek aanlyn in en dien dit in; of laai die vorm, Aansoek om 'n belastingaanwysing: Vaste bedrag, IRP 3 af en vul dit in.
Bo
Kontakbesonderhede
