﻿

Aansoek om 'n belastingaanwysing: direkteursbesoldiging

Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

Beskrywing

Die Inkomstebelastingwet, 1962, maak voorsiening vir omstandighede waarin daar vir 'n belastingaanwysing aansoek gedoen kan word.

Een van hierdie omstandighede is wanneer 'n direkteur se verwagte besoldiging vir die huidige jaar minder is as die besoldiging wat in die vorige jaar ontvang is. Dit sal 'n oormatige betaling van LBS tot gevolg hê, wat tot swaarkry sal lei.

As die maatskappy  nie die besoldiging vir die voorafgaande jaar van aanslag bepaal het nie, moet die plaaslike kantoor van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens  gevra word om die besoldigingsbedrag te bepaal wat hulle reken die direkteur ontvang het.

Bo

Stappe om te volg

Sorg dat jou belastingsake in orde is voor jy vir 'n belastingaanwysing aansoek doen – die SAID sal gewoonlik nie 'n belastingaanwysing uitreik as daar enige uitstaande belastingopgawes of betalings is nie.

Die volgende inligting is die minimum wat op die aansoekvorm ingevul moet word:

Die laaste bekende besoldiging wat ontvang is 
Die jaar van aanslag waarin die besoldiging ontvang is.
Die getal volledige maande waarvoor die laaste bekende besoldiging ontvang is.
Die geskatte of werklike besoldiging vir die huidige jaar. 
Die aansoek moet redes vir die aanvra van die aanwysing bevat. Staaf hierdie redes met dokumente, bv. tussentydse finansiële state en notules van direkteursvergaderings, wat aandui dat die besoldiging wat aan direkteure betaal sal word, minder sal wees as die besoldiging vir die vorige jaar van aanslag.

Bo

Regsraamwerk

Inkomstebelastingwet, 1962  

Bo

Diensstandaard

Daar is geen vasgestelde tydsduur nie.

Bo

Koste

Die diens is gratis.

Bo

Vorms om in te vul



Aansoek om belasting aanwysing - direkteursvergoeding , IRP3

Bo

Kontakbesonderhede


