Aansoek om planttelersregte
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Planttelersregte word slegs toegestaan vir variëteite van dié soorte plante wat ingevolge die Wet op Planttelersregte, 1976 verklaar is. Daar is sowat 290 soorte plante op die lys van plante waarvoor planttelersregte toegestaan mag word.
Die Registrateur: Planttelersregte kan 'n variëteit as nuut beskou en planttelersregte daarvoor toestaan indien:
Voortplantingsmateriaal van daardie variëteit nog nie vir langer as een jaar in Suid-Afrika verkoop word nie.
Voortplantingsmateriaal vir 'n variëteit van 'n boom of wingerdstok nog nie vir langer as ses jaar in die handel of aan die publiek van 'n ander land beskikbaar is nie; en vir enige ander plant nog nie vir langer as vier jaar nie.
Voortplantingsmateriaal aan die DUS-vereistes voldoen, naamlik:
dit is duidelik van enige ander variëteit van dieselfde spesie onderskeibaar dit is eenvormig, dit wil sê al die plante in 'n aanplanting lyk eenders en het dieselfde eienskappe dit is stabiel, dit wil sê al die plante van die bepaalde variëteit lyk ná herhaalde kweking nog steeds soos die oorspronklike plante dit het 'n aanvaarbare benaming.
Bo
Stappe om te volg
Raadpleeg Tabel 1 van die Wet op Planttelersregte, 1976 om vas te stel of die soort plant van die variëteit waarvoor beskerming aangevra word, reeds verklaar is.
As die soort plant nie in die tabel verskyn nie, moet jy 'n skriftelike aansoek om verklaring, met 'n motivering daarby, by die Registrateur: Planttelersregte indien.
As die soort plant wel in die tabel verskyn, moet jy die volgende indien:
n volledige aansoekvorm n tegniese vraelys die voorgeskrewe aansoek- en ondersoeksfooi saad of voortplantingsmateriaal geskrewe magtiging van die eienaar as jy nie die variëteit nie self gekweek, geselekteer of ontwikkel het nie.
Dui duidelik op die tegniese vraelys aan met watter bekende variëteite die nuwe variëteit vergelyk moet word om sy onderskeidende eienskappe vas te stel.
Jy mag om voorlopige beskerming van 'n variëteit aansoek doen. Dit beteken dat die variëteit vir die duur van die evalueringstydperk beskerm word. Jy moet skriftelik onderneem om geen voortplantingsmateriaal van die betrokke variëteit te verkoop voordat alle toetse uitgevoer en planttelersregte toegestaan is nie. Jy word aangeraai om voorlopige beskerming aan te vra vir gewasse waarvoor toetsing langer as 'n jaar neem om af te handel.
Dokumente en voortplantingsmateriaal moet op voorgeskrewe datums by die Registrateur ingedien word. Jy kan hierdie datums, asook inligting oor die hoeveelheid van die voortplantingsmateriaal wat ingedien moet word en die plek van indiening, kan by die Registrateur aanvra.
As daar reeds 'n variëteitslys bestaan vir die soort plant waarvoor jy planttelersregte aanvra, kan jy die aansoeke gelyktydig indien om geld en tyd te bespaar.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die evalueringsproses vir planttelersregte strek oor minstens een groeiseisoen.
Bo
Koste
Aansoek om die toestaan van 'n planttelersreg: R1 300 elk
Ondersoekfooi vir 'n planttelersreg, kategorie A : R2 200 elk
Ondersoekfooi vir 'n planttelersreg, kategorie B : R3 000 elk
Ondersoekfooi vir 'n planttelersreg, kategorie B : R2 600 elk
Eis om ingevolge Artikel 8 van die Wet op Planttelersregte, 1976 voorrang aan 'n aansoek om 'n planttelersreg te verleen: R700 elk
Beswaar teen die toestaan van 'n planttelersreg: R4 500 elk
Jaarlikse fooi vir 'n planttelersreg: R250 elk
Aansoek om die uitreiking van 'n verpligte lisensie vir 'n planttelersreg: R3 600 elk
Kennisgewing van die oordrag van 'n planttelersreg: R650 elk
Aansoek om die wysiging of uitbreiding van die goedgekeurde benaming van 'n variëteit: R1 500 elk
Beswaar teen die voorgenome goedkeuring van 'n wysiging of uitbreiding van die goedgekeurde benaming van 'n variëteit: R650 elk
Beswaar teen die voorgenome beëindiging van 'n planttelersreg: R650 elk
Kennisgewing van die vrywillige afstanddoening van 'n planttelersreg: Gratis
Insae in die register van planttelersregte: Gratis
Insae in 'n dokument by die registrateur ingedien in verband met 'n aansoek om die toestaan van 'n planttelersreg: R370 per geleentheid n Sertifikaat van enige besonderhende in die register of van enige dokument in verband met 'n aansoek om die toestaan van 'n planttelersreg: R370 per sertifikaat n Afskrif van enige besonderhede in die register of van 'n dokument by die registrateur ingedien in verband met 'n aansoek om die toestaan van 'n planttelersreg: R8 per aansoek plus R1,10 per fotokopie
Voorlegging van appèl teen enige beslissing van of stappe gedoen deur die registrateur ingevolge die Wet: R3 600 elke
Ondersoek van monster om variëteitsegtheid te bepaal: R2 000 , R3 000 , R2 600
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
