Aansoek om 'n verdragspermit
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Verdragspermit is 'n dokument wat buitelanders toestemming gee om Suid-Afrika binne te kom om aan programme deel te neem waarvoor daar 'n ooreenkoms tussen Suid-Afrika en hulle onderskeie lande bestaan.
Bo
Stappe om te volg
Vul aansoekvorm BI-1738 by jou naaste Suid-Afrikaanse ambassade of missie in.
Handig die volgende in:
n Brief van die staatsdepartement wat by die ooreenkoms betrokke is. Die brief moet die volgende bevestig: die aard van die program, die ooreenkoms waarvolgens die program uitgevoer word, die deelname van die aansoeker aan die program en die soort aktiwiteite waaraan die aansoeker ingevolge die ooreenkoms moet deelneem.
n Polisieklaringsertifikaat van elke land waar die aansoeker en eggenoot gewoon het sedert hulle 18 jaar oud was, en 'n polisieklaringsertifikaat vir elke afhanklik kind van 18 jaar en ouer wat saam met die aansoeker na Suid-Afrika wil kom.
Mediese en radiologiese verslae .
n Geskrewe onderneming van die werkgewer, waarin hy onderneem om die aansoeker en sy afhanklikes se deportasiekoste te betaal as dit nodig is. As die werkgewer 'n regeringsdepartement is en nie so 'n geskrewe onderneming kan indien nie, kan die aansoeker se land so 'n onderneming namens hom of haar indien.
Dokumente wat die aansoeker se huwelikstatus aandui, 'n eggenootsverklaring, en dokumente oor minderjarige afhanklikes - as die aansoeker se eggenoot en afhanklike kinders saamkom.
n Geelkoorsinentingsertifikaat - as jy beplan om van of deur 'n area te reis waar geelkoors algemeen voorkom.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Daar is geen vasgestelde tydsduur nie.
Bo
Koste
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
