Aansoek om 'n studiepermit
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Studiepermit is 'n dokument wat aan buitelanders die reg verleen om aan enige hoëronderwysinstelling in Suid-Afrika te studeer. Persoonlik by 'n Suid-Afrikaanse ambassade of missie aansoek doen.
Bo
Stappe om te volg
Diens:
n amptelike brief of registrasiebewys van 'n geregistreerde Suid-Afrikaanse opvoedkundige instelling toon besonderhede van reeds gereëlde huisvesting verstrek bewys lewer van genoeg geld om klasgeld, lewenskoste en ander onkoste mee te betaal n polisieklaringsbewys indien vir alle lande waarin hy of sy voorheen al langer as een jaar gewoon het. As die klaringsbewys nie dadelik beskikbaar is nie, moet dit binne 12 maande sedert die indiening van die aansoek ingehandig word n kopie van 'n retoervliegkaartjie toon of, indien dit gevra word, 'n deposito vir repatriasiedoeleindes betaal wat gelykstaande is aan die koste van 'n vliegkaartjie na die land van herkoms of verblyf n doktersbrief indien wat bewys dat die aansoeker in goeie gesondheid verkeer.
Aansoekers mag Suid-Afrika eers binnekom sodra hulle aansoek goedgekeur is.
n Veelvuldige binnekomspermit sal uitgereik word aan aansoekers wie se aansoeke goedgekeur is.
Minderjariges moet die besonderhede verstrek van 'n Suid-Afrikaner wat as hulle voog sal optree. Hierdie besonderhede moet ingedien word saam met 'n bevestigingsbrief, asook 'n bewys, deur albei ouers, van toestemming vir die beoogde verblyf, of 'n bewys van toestemming deur die ouer wat alleentoesig het, saam met bewys dat daardie ouer oor alleentoesig beskik.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit kan agt weke duur vir 'n permit om uitgereik te word.
Bo
Koste
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
